|
|
Books > Children's & Educational > Language & literature > Modern languages (other than English) > Literary texts > General
Die Vuma Leesinstruksieprogram is uniek omdat die skrywers wat dit
geskryf en ontwikkel het, Afrikaanssprekend is en begrip het vir
die taal se gemeenskap en kultuur. Vuma se karakters en hul
omgewing is eg Suid-Afrikaans, iets wat u jong leerders onmiddellik
sal aantrek. Die stories word kleurvol en boeiend vertel. So word
dit pret en genotvol om te leer lees, en aktiwiteit waarop hulle
van meet af aan versot raak. Die Vuma Leesinstruksieprogram is tans
beskikbaar in Afrikaans Huistaal, isiZulu Huistaal, Sepedi Huistaal
en Engels Eerste Addisionele Taal.
In die gedig sprak of sprook waaruit die titel van hierdie bundel
kom, betreur die digter dit dat ons dikwels so oppervlakkig met
moderne kommunikasiemiddele werk. Eintlik "sprak ons dan geen
sprook nie. Daarteenoor kan die studie en die fyn lees van gedigte
ons weer die wonder van die woord laat beleef - die magiese spreke
van die sprokie, maar ook die logika van die woord wat goed oorweeg
en versigtig in 'n fyn net van verbande en assosiasies gespreek is.
Sodoende maak woorde nuwe werelde binne die leser en daarbuite oop.
Elke gedig in hierdie bundel kan 'n opwindende reis wees; is daar
nie net iets van die bekende te leer nie, maar ook iets van die nog
onbekende, streke van die menslike gees - 'n grootse reis wat die
onuitputlike bron van die poetiese woord bied. Met illustreerder
Dale Blankenaar se eiesoortige en dikwels vermaaklike
interpretasies van die tekste, kan hierdie byderwetse bundel elke
leser inspireer om self vele sproke te spreek!