|
|
Books > Children's & Educational > Language & literature > Modern languages (other than English) > Literary texts
Ons wereld is vol verskillende vorms. Sommige is natuurlik en
sommige is deur mense gemaak. Die boek sal jou wys hoe nuttig
verskillende vorms kan wees. Lees verder om agter te kom waarom
wiskunde belangrik is as jy iets wil bou, uit te vind watter vorms
versteekte krag het, te leer oor patrone, baie kopkrappers te doen
en 'n vlieer te bou. Heinemann se Lees is Maklik-reeks bevat ‘n
verskeidenheid stories vir die Intermediere Fase-leerder.
Die leesboeke is ontwikkel deur taalspesialiste en onderwysers om
die vaardighede in Afrikaans te bevorder en te verryk. Die reeks
dek ‘n verskeidenheid van genres: drama, komedie, avontuur,
rillers, aksie, tradisionele stories, misterie en nie-fiksie.
Elke graad bestaan uit 20 titels, ‘n totaal van 60 titels vir die
Intermediere Fase met stimulerende leesstof vir lesse. Elke verhaal
het opwindende illustrasies en aktiwiteite wat gebaseer is op die
storie.
|
|