![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Doendinge in 'n Dorp is ’n handige nuwe volkleur gids tot Suid-Afrika se 150 gunsteling dorpies regdeur al nege provisies. Hierdie gids is saamgestel deur bekende avontuurfotograaf en -journalis, Jacques Marais, en is ook beskikbaar in Engels as Things to do in a Dorp. Van Arniston en Baardskeerdersbos tot Wuppertal en Zeerust – Doendinge in ’n Dorp dek groot, middelslag en klein dorpies in pragtige volkleur blaaie. Dorpe is gerieflik uitgele in 'n alfabetiese lys asook op 'n gebruiksvriendelike gebiedskaart. Elke dorp is uitgele op een of twee volbladsye met vinnige feite, plekkaarte en GPS-koordinate, 'n gedetailleerde oorsig, interessante feite, pragtige foto’s en historiese feite ingesluit. Uniek aan Doendinge in a Dorp is ’n lys van die top op elke dorp en sluit in: plekke van belang, historiese terreine, restaurante, bergfiets- en staproetes, perdry en ander avontuur-aktiwiteite. Die lys sluit ook groot funksies en feeste in wat die dorp jaarliks aanbied.
Niks meer bevredigend as om jou gesin op 'n kampeervakansie te neem, kwaliteittyd saam deur te bring en die wonders van Moeder Natuur te geniet nie. Hierdie nuttige gids help jou om jou bestemming te kies, hetsy 'n strand-oord met stergradering of 'n afgesonderde boskamp. Die terreine word volgens provinsie gelys, met kleurkodering vir maklike verwysing. Elke inskrywing bevat 'n kort beskrywing van die terrein, die soort oord, die prysreeks, en simbole wat die beskikbare geriewe aandui, asook die gradering toegeken deur die Raad vir Toerismegradering, waar van topassing. Volledige kontakbesonderhede en GPS-koordinate word verskaf.
Die honger reisiger is sowel 'n lekkerlees reisbundel as 'n reseptebundel sonder saaits. Marie Heese weet hoe om 'n storie te vertel sodat jy dit nie kan neersit nie. Die titel is propvol staaltjies en amusante waarnemings oor die reise wat sy en haar sielsgenoot-man, Chris, na eksotiese lande soos Turkye, Eritrea, Ethiopie, Frankryk, Egipte en Rusland onderneem het.
Dr. Abraham Lückhoff het as dominee, koerantman en diplomaat op drie vastelande gewerk en so ’n leeftyd se humoristiese staaltjies en stories bymekaargemaak. Hy vertel van sy sorgelose kinderdae op Clanwilliam, die guitige manewales van sy tienerjare op Graaff-Reinet en die snaakse wedervaringe van sy lewe as predikant in Amerika, Mexiko en België.
Die Suid-Afrikaanse Gids is ’n omvattende naslaanbron vir enige belangstellende – oud of jonk, Suid-Afrikaans of ’n toeris – wat enige inligting omtrent Suid-Afrika maklik wil bekom. Die gids bevat ’n ietsie van alles: van die geskiedenis van ons land, ons fauna en flora, wildparke, sportstatistieke tot wenke oor geldbesparing, die aankoop van ’n motor, goeie maniere en trou-etiket. Hierdie gids is ’n moet vir enige huis, boekwinkel, hotel, toeristekantoor, biblioteek en skool. |
You may like...
The New Evangelical Social Engagement
Brian Steensland, Philip Goff
Hardcover
R3,754
Discovery Miles 37 540
|