![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Piet Maritz was vir jare lank 'n karakoelpelskoper in die ou Suidwes. Gedurende sy vele omswerwinge het hy baie interessante mense ontmoet en dinge ondervind. In Kruis en dwars deur ou Suidwes deel hy van hierdie herinneringe en laat jou lag, huil en verlang na vervloe dae.
Bart de Graaff is ’n Nederlandse historikus en joernalis wat ’n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibie gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense” van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude. De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers gehad het. In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is ’n belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.
Met kaarte en geografiese grense sal mens wel kan bepaal waar le die Tankwa-Karoo. maar vir Adriaan Oosthuizen kry jy die streek wanneer jy die langste grondpad tussen twee dorpe in Suid-Afrika aanpak: die pad tussen Ceres en Calvinia. Saam met Adriaan se foto’s vertel Leti Kleyn van haar besoek aan hierdie geliefde stuk land en dit word aangevul deur Dawid Slinger se vertellings en skrywes. ’n Fees vir die oog, lekkerleesboek en ’n inligtinggids ineen oor die geliefde streek wat die Tankwa-Karoo heet.
Namakwaland is soos ’n geslypte diamant. Dit het baie fasette wat ’n mens eers regtig raaksien as jy van nader daarna kyk. En wie beter om dit teen die lig te hou as iemand wat self 80 jaar lank deur hierdie besondere landstreek geslyp is? In Eenkantland, ’n keur uit die werk van Theunis Uys, maak die leser kennis met al die fasette van Namakwaland se rykdom: die veld, die diere, streeksgeskiedenis, diamantsmokkelary, boerdery, gunstelinggeregte, rygoed, gebruiksartikels, snaakse gebeure en streekseie verskynsels, maar bowenal met sy mense – Sandvelders, Binnevelders en Boesmanlanders. Sien Namakwaland deur die oë van iemand wat die beste blomjaar in menseheugenis, 1925, soos gister onthou, en deel in die geheime bekoring van ’n streek wat jou nooit laat los as hy jou eers beetgepak het nie.
Die laaste reis is Karel Schoeman se “reisbriewe” ? mymeringe, gedagtes en herinneringe van sy laaste drie kort reise na Lesotho saam met Jemina Meko en Mamohau Lekula wat hom die afgelope nege jaar versorg het. Dit behels drie kort verslae oor sy besoeke in die maand voor sy dood en is in die vorm van e-posse aan ’n paar “persoonlike korrespondente” gestuur. Vanselfsprekend staan die tema van afskeid sentraal in die briewe.
Dink mens aan Wes-Afrika, dink jy aan woestyn en kamele, Bedoeiene en swaar tekstielweefstof, silwer juweliersware en stomende speserye. Tog is daar naas die bykans mistieke idille-beeld mediaflitse van honger en armoede, politieke onstabiliteit en diktatorskap, vrees en verskrikking. As vryskutjoernalis in Dakar kry Louw die geleentheid om lande soos Senegal, Togo, Ghana, die Ivoorkus en Burkina Faso nie net as “toubab” (Westerling) en toeris te besoek nie, maar kry sy ook glimpse van die streek se hartklop: onreg, ongelykheid en onmag wat dekades na die val van kolonialisme nog die vinger wys na Europese hebsug ... maar ook die kuns, die kleur en die ritme van ’n leefstyl so diep verweef met die waai van die wind, die skakerings van sandduine en die val van die Afrika-son dat dit byna anderkant Westerse woordeskat le. Anderkant ’n eerste kyk. Anderkant Timboektoe.
Die fassinerende ontwikkelingsgeskiedenis van Berlyn loop baie nou saam met die ontwikkeling van die staat Pruise, die Eerste Wereldoorlog, die opkoms van Nazisme, die konsentrasiekampe naby die stad en die gruwels van die Tweede Wereldoorlog. Daar word ook uitgewei oor die bloeityd van die kabaret en film in die tyd tussen die oorloë en na die verdeling van die stad in Oos- en Wes-Berlyn ná die Tweede Wêreldoorlog.
W.A de Klerk was een van die voortreflikste literêre joernaliste in Afrikaans. In Drie Swerwers In Suidwes vertel hy die verhaal van ’n reis wat hy en sy reisgenote onderneem het deur Suidwes-Afrika in 1948. Hulle volg die voetspore van die Duitse geoloë Henno Martins en Hermann Korn wat in die Namib gaan skuil het tydens die Tweede Wêreldoorlog om die interneringskampe te ontsnap. Sy lewendige verteltrant laat dié veelbewoë stuk geskiedenis uit die stof van ou geskrifte opstaan. Dit is ’n rygeskakeerde boek vol wetenswaardighede, lewenslustigheid en lewenswysheid.
’n Grieselrige reis na die plekke waar van Suid-Afrika se bekendste moorde gepleeg is asook ’n hele aantal minder bekendes. Maak kennis met die moordenaars en die doodgewone gemeenskappe waar slagoffers van die vroegste tye tot die onlangse verlede wreed aan hul einde gekom het.
Bekende televisiepersoonlikheid, programvervaardiger en ervare avonturier Johan Badenhorst vertrek in Mei 2009 saam met die res van die Voetsporespan uit Casablanca, Marokko. Die ses manne (in drie 4x4-voertuie) se doel is om in minder as 100 dae na Kaapstad te reis – om 'n weg te baan af teen die westekant van Afrika. Die reis neem hulle deur die ongenadige Sahara, die indrukwekkende reenwoude van Sentraal-Afrika en die ongebaande wee van die Suide. Hulle trotseer uitdagings soos min, maar ontdek in die proses magiese stede soos Fes, Oudane, Timbuktu, Agadez, Kano, Limbe en Fanceville en reis dan kuslangs in Angola waar Damaraland roep. Suid-Afrika se grens word gekruis by Sendelingsdrift en van Alexanderbaai reis hulle saam met familie en vriende tot hulle eindelik hul doel bereik: Kaapstad.
W.A de Klerk was een van die voortreflikste literêre joernaliste in Afrikaans. In Drie Swerwers Oor Die Einders, vir die eerste maal in 1953 uitgegee, sit hy en twee vriende hul reis deur die uithoeke van Namibië (toe Suidwes-Afrika) voort. Hy vertel op boeiende wyse van hulle wedervaringe tussen die Boesmans saam met die legendariese P.J. Schoeman, en van hulle omswerwinge in Damaraland en die Kaokoveld, deur Ovamboland en die streke om die Kunene. Hulle doel was om so ver moontlik die pad van die Dorslandtrek deur die noordwestelike hoek van Namibië te volg, en so kruis hul pad met talle kleurryke karakters. Drie Swerwers Oor Die Einders is ’n ryk geskakeerde boek vol wetenswaardighede.
Op 40 voel Gerard Scholtz onfiks, vet en verveeld. Hy koop ’n tweedehandse fiets en trap saam met sy vrou Anuta die Argus tot hulle gereed is om verder te reis. Van St Petersburg tot Moskou; die lengte en breedte van Frankryk; oor die Alpe, oor die groot riviere van Europa, Ierland en Wallis reis hulle. Later is dit twee skoeters waarmee hulle elke jaar tot 10 000 kilometer deur Europa aflê. Hulle reis ook per trein, per motor, boot en soms te voet. In hierdie bundel spreek Gerard se vertellings van sy kennis en liefde vir geskiedenis, kuns, musiek, letterkunde … Hy word veel meer as net reisiger en verteller. Gerard neem die leser ook ’n op metafisiese avontuur …
In sy nuutste boek het Dana van sy ware ontmoetings geboekstaaf – ontmoetings met mense, maar soms ook met dinge – die vleispastei, of tuisgemaakte braai-apparate. Die stories het hy aanvanklik op Facebook gepos. Die wat die grootste reaksie gekry het is hierin verwerk. 'n Ware interaktiewe Suid-Afrikaanse boek.
As Suid-Afrikaner wat in Engeland woon, het André Pretorius die geleentheid om plekke te besoek wat vir die meeste van ons net drome bly. Maar met sy uitstekende skryfwerk bring hy in hierdie boek talle van die eksotiese plekke naby sy lesers. Hy laat ons deel in die soektog na ’n kelim in die mark van Marrakesj, in die nostalgie van Nobelpryswenner Orhan Pamuk se Istanboel, in die verhewe skoonheid van die St. Pieterskerk in Rome en in ’n bootrit op die magtige Irrawaddy-rivier in Birma gedurende die reënseisoen wanneer dit voel asof die waters van hemel en aarde versmelt. Daar is ook vermaaklike oomblikke, soos wanneer hy aan ’n wynproe-cum-marathon in die Medoc-vallei deelneem (met voorspelbare gevolge) en wanneer hy met net ’n klein lappie as bedekking dit na ’n openbare bad in Boedapest waag.
Twee vriendinne besluit om die spoor van die die Nama-mense (afstammelinge van die Khoi-Khoi) van die Noord-Kaap te volg. Hulle vertrek met die doel om uit te vind hoe hulle "gefragmenteerde" kulturele ervaringe eenders of anders as die van Annie en haar mense, die sogenaamde Kaapse bruinmense is. Maar wat begin het as 'n soeke na "objektiewe" feite en inligting, het mettertyd gelei tot 'n proses van selfondersoek en 'n ontdekkingstog wat deur noue, intieme interaksie met die mense van Namakwaland, hoop skep dat lampe aangesteek kan word wat die "andersheid", maar veral die "eendersheid" van die verskillende etniese en kulturele groepe in SA sal uitlig.
“Not sex please,” sê die monnik en toe hy die verbouereerde uitdrukkings op ons gesigte sien, glimlag hy gerusstellend. “Seven is better . . . OK?” Tussen misverstande, pogings om die taal en skrif te leer en lokvalle van swendelaars wat daarop uit is om ’n vinnige yuan te maak, is daar die vriendelike vreemdelinge wat soos ’n goue draad deur Elkarien Fourie se ervarings in China loop. Hulle is die “mede”-mense wat uitstaan tussen die gedrang van miljoene in die megastede; wat aanbied om die pad saam te loop eerder as om dit net te verduidelik. Elkarien het Confucius se voorskrif gevolg en haar hele hart saamgeneem op hierdie avontuur wat haar gekies het eerder as andersom.
Christine Louw is die dogter van Christine van Wyk, die bekende stigter van Christine van Wyk Toere. Die skrywer neem die leser saam op reis na onbekende, avontuurlike plekke. Reisgogga gaan oor die mens se begeerte om die vreemde te verken. En oor die lewenslesse en avvontuur wat met die uitdagings van reis gepaardgaan. Reis is 'n ontdekking en ontdekking is 'n reis.
In Riviereland lewer Karel Schoeman verslag van twee reise deur Nederland. In die eerste, korter deel skryf hy oor 'n besoek aan die stede Amsterdam, Rotterdam, Delft, Haarlem en Leiden as deel van uitgebreide navorsing oor die VOC-tydperk, maar besoek ook kleiner plekkies soos Meppel en Hattem wat bande met sy eie grootouers het. Die tweede deel handel oor 'n langer verblyf in die provinsie Gelderland, die mees landelike van die Nederlandse provinsies. Die reis het weer eens ten doel om navorsing te doen oor figure soos Jan van Riebeeck, Simon van der Stel en baron Van Reede van Oudtshoorn, asook die gewone werkslui wat in diens van die VOC was, soos die vryburger Jan van Herwerden en sy vrou Jannetje Boddijs. Terselfdertyd word die skrywer voortdurend getref deur die skoonheid van die landskap in gebiede soos die Hoge Veluwe en die groot riviere die Ryn, die Maas en die IJssel wat deur die vlak land vloei. Die boeiende verslag van 'n verblyf in die buiteland word dus telkens verryk deur herinnerings aan en verbintenisse met die vroeë koloniale geskiedenis van Suid-Afrika en die skrywer se eie familiegeskiedenis.
In Dana se nuwe bundel vertel hy die stories van ons land se mense, die gewone mense, mense wat sommerso onder die radar leef... Eg, warm en gevul met deernis, soos ons Dana leer ken en leer liefkry het. Hy skryf met groot nederigheid en respek oor die mense wat andersinds ongesiens lewe en in die proses verryk en verruim hy ons. Boonop is hy dikwels skreeusnaaks.
Die vierde boek in ‘n reeks. Al die boeke is met intensiteit baie fyn geskryf, Christof neem die leser op vlerke, elkeen het ‘n besonderse boodskap betreffende die natuur wat uitgedra word, dit gaan oor skryfkuns, vertelkuns wat jou vasvang, nie net oor die spesifieke reise wat gekies is nie, maar veral hoé dit beskryf is. Ervaar die passie waarmee dit geskryf is, met balans die natuurlewe uitbeeld soos dit daar gebeur, die unieke manier hoe die tonele en prentjies in die reisjoernaal die gebeure in Afrikaans vasvat, ook in die ruskampe, hoe die woorde ingespan word. In die natuur gebeur daar nooit niks nie, al is daar byvoorbeeld nie ‘n leeujag nie, Christof en sy vrou volg die gebeure soos dit daar in die natuur met hul besoeke gebeur, die leser sien nie net die prentjies en tonele, wat beskryf word, hoor die geluide van die bos nie, maar ervaar dit asof hy/sy daar mét hulle is, jy ruik dit, proe dit, jy kan daaraan vat. Die natuurlewe het sy eie ritme en bekoring, nét soos musiek, met elke lewende wese wat, in die omgewing waarin hulle moet oorleef, die sintuie en vaardighede wat aan hulle, eie aan hul soort, toegedeel is, ook teen die elemente inspan om hul spesie se voortbestaan te verseker. Dit is soos dit in die Op Vlerke boeke geskilder word, met eie ritme, die note hou, om uiting aan elkeen se oorlewingsmeganisme te gee. Die manier van uitdrukking gee, diere, voëls beskryf, hier en daar ‘n insek, wat hulle doen, hoé, interaksie, beweging, gevoel, klanke, wat jou vasvang, die omgewing, plantegroei, die veld lewe gee, water, die terrein, dít is waaroor die boeke gaan, die skryfkuns met spesifiek die natuurlewe, waarin mens die skryfstyl kan uitleef wat met elke sintuig van jou praat.
Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie. In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het – daar is neusoptrekkerige kelners, statige hertoginne, etlike botsings met die berugte Franse burokrasie en natuurlike talle faux pas in sy gebrekkige Frans. Om die vervalle château saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier, in ’n boetiekhotel te omskep het groot geduld en uithouvermoë geverg. Talle lesse is op die harde manier geleer. Een daarvan is dat vier verwarmers geensins genoeg is om ’n hele château te verhit nie en dit sal jou dae lank sonder elektrisiteit laat. Louis vertel ook van kaskenades met hulle gaste en hul eie avonture soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur aan. Hy vermeng stories oor hul lewe in Frankryk met brokkies geskiedenis en fassinerende inligting oor eg Franse tradisies. Dit is ’n moet vir Frankofiele! |
![]() ![]() You may like...
Muti en Mites uit Afrika
Heather Dugmore, Ben-Erik Van Wyk, …
Paperback
|