![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Die ikoniese en geliefde skrywer Dana Snyman deel sy 100 gunstelingstories in ’n buksie van ’n bundel, net betyds vir Kersfees. Die stories strek van ou familiestories, reisverhale uit Dana se Weg!- dae en ware lewensdrama uit sy Huisgenootdae, tot intieme verhale uit sy meer onlangse werk, waar hy selfondersoekend en met ’n skerp waarnemingsin ons land en sy mense betrag. Daar is ook 20 nuwe stories, oor die pandemie en oor rugby. Wat al die stories in gemeen het, is die meelewendheid en waardering vir gewone mense wat Dana se werk kenmerk, saam met sy soms skokkende eerlike insigte in sy eie psige, as kind van SuidAfrika. Soos Sarie se resensent opgemerk het: “Hy laat jou met nuwe oë na alledaagse gebeure en mense om jou kyk.”
Die vierde boek in ‘n reeks. Al die boeke is met intensiteit baie fyn geskryf, Christof neem die leser op vlerke, elkeen het ‘n besonderse boodskap betreffende die natuur wat uitgedra word, dit gaan oor skryfkuns, vertelkuns wat jou vasvang, nie net oor die spesifieke reise wat gekies is nie, maar veral hoé dit beskryf is. Ervaar die passie waarmee dit geskryf is, met balans die natuurlewe uitbeeld soos dit daar gebeur, die unieke manier hoe die tonele en prentjies in die reisjoernaal die gebeure in Afrikaans vasvat, ook in die ruskampe, hoe die woorde ingespan word. In die natuur gebeur daar nooit niks nie, al is daar byvoorbeeld nie ‘n leeujag nie, Christof en sy vrou volg die gebeure soos dit daar in die natuur met hul besoeke gebeur, die leser sien nie net die prentjies en tonele, wat beskryf word, hoor die geluide van die bos nie, maar ervaar dit asof hy/sy daar mét hulle is, jy ruik dit, proe dit, jy kan daaraan vat. Die natuurlewe het sy eie ritme en bekoring, nét soos musiek, met elke lewende wese wat, in die omgewing waarin hulle moet oorleef, die sintuie en vaardighede wat aan hulle, eie aan hul soort, toegedeel is, ook teen die elemente inspan om hul spesie se voortbestaan te verseker. Dit is soos dit in die Op Vlerke boeke geskilder word, met eie ritme, die note hou, om uiting aan elkeen se oorlewingsmeganisme te gee. Die manier van uitdrukking gee, diere, voëls beskryf, hier en daar ‘n insek, wat hulle doen, hoé, interaksie, beweging, gevoel, klanke, wat jou vasvang, die omgewing, plantegroei, die veld lewe gee, water, die terrein, dít is waaroor die boeke gaan, die skryfkuns met spesifiek die natuurlewe, waarin mens die skryfstyl kan uitleef wat met elke sintuig van jou praat.
Iets heerliks gebeur. Dis asof ek nie meer Lanie-op-’n-fiets op ’n mission is nie, maar een word met die natuur om my; of ek nog van altyd af hier was, hier hoort. Asof die lewe nog altyd eenvoudig was. Ek klim af en gaan lê op my rug en kyk deur die herfsblare wat goud aan die bome hang tot by die ysblou lug ver bo. Ek wil iets gee, iets sê… Net mooi fine is die opvolg van Lanie van Reenen se suksesvolle boek C’est la Vie. Hierin beskryf sy wat gebeur het sedert haar hotelprojek in Frankryk gefaal het; hoe sy die nuwe realiteite van haar eie gestroopte lewe te bowe moet kom terwyl sy ook die verwerende château moet probeer red of verkoop. Op haar pad na heling onderneem Lanie vele avonture: soms alleen per fiets, soos wanneer sy die Camino Portuguese voltooi; maar ook te voet, soos die tog na die berg Everest se basiskamp wat sy ter wille van liefdadigheid onderneem. In hierdie ontroerende omstandighede ontstaan die vraag: Wat is die somtotaal van verlies? En hoe groot is die wins wat verlies tot gevolg kan hê as jy bewustelik daarmee omgaan, sodat ʼn mens ten slotte kan sê: “Eintlik is alles net mooi fine”?
In 1983 verruil Ilse Mouton en haar dokterman Andre hul stedelike bestaan en blou Bolandse berge vir die verrykende ervaring van ‘n plattelandse leefwyse en vestig hulle in Gobabis, waar hul nuwe heimat ‘n onuitwisbare nalatenskap in hul wese laat. Teen die agtergrond van politieke veranderinge word die wel en wee van Gobabis gedurende die 1980’s met pieteit, eerlikheid en ‘n ruim skoot humor beleef.
Daar is nie ’n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers ’n monument in sy visier het, sal hy dit vind. In hierdie boek reis hy oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts. In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan ’n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers. Elke provinsie sal ’n kaart hê wat die monumente aandui.
This is a reproduction of a book published before 1923. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book. ++++ The below data was compiled from various identification fields in the bibliographic record of this title. This data is provided as an additional tool in helping to ensure edition identification: ++++ Across Thibet: Being A Translation Of "De Paris Au Tonkin a Travers Le Tibet Inconnu," Volume 1; Across Thibet: Being A Translation Of "De Paris Au Tonkin a Travers Le Tibet Inconnu"; Gabriel Bonvalot Gabriel Bonvalot C. B. Pitman Cassell, 1891 History; Asia; China; Asia, Central; History / Asia / China; Tibet; Tibet (China); Travel / Asia / China
Hierdie bundel sluit aan by Brink se 2012 keur uit sy reissketse uit die sestigerjare, Herinneringe aan Parys, en bevat die beste stories uit die boeke oor sy reise deur die Mediterreense lande – Italie, Spanje en die suide van Frankryk: Sempre diritto (1963), Ole (1965) en Midi (1969). Baie leesbare verhale wat steeds iets weerspieel van daardie “eerste vroee opgetoendheid oor ’n wereld wat nog gele en wag het om in Afrikaans ontdek te word”, soos Brink dit gestel het. Sy vertellinge wissel tussen humor en erns, is speels en ook indringend.
Die avontuurgids van Suid-Afrika is jou handleiding tot al die sport- en ontspanningsopsies wat net buite jou nege-tot-vyf landskap op jou wag. Die boek dek verskillende aktiwiteite. Sommige avonture is wild, ander is geskik vir die hele gesin – die een ou se klim is die ander se hartaanval. Met meer as ’n 1000 avonture behoort jy vir ’n ruk lank vasgenael te bly in die blaaie van hierdie avontuurgids.
Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee is 'n rusbankreis deur die wereld vir die van ons wie se wanderlust nog nie tot uitbarsting gekom het nie. Dus, sit terug en kom kuier saam in Farnese, Libie, Haiti, die Midde-Ooste, Hong Kong, Finland, Chili, Afghanistan, Irak, Papua New Guinea, Reni in die Oekraine, en nog baie ander vreemde plekke.
City boy Deon Maas flees the suburbs in search of adventure and Africa is where he reckons he will find it. Over a period of 15 years he embarks on several journeys, once with his whole family in tow, to discover what it means to be African.He ends up ducking pirates in Madagascar, spending a night with oil thieves in Nigeria and narrowly escaping death at a roadblock in the Congo. Interwoven with his travel stories is his search for local music and the musical legends of the countries he visits. His stories are spiced with fascinating characters, strange sightings and... his cocky attitude Anything but the typical tourist, Deon sets out to meet the locals and experience the underbelly of every new city. This means that he often ventures to places where he isn't meant to be and he ends up in a tight spot more than once. Impudent and blatantly honest, even ordering a hotel breakfast can become an adventure when Deon Maas is involved. His self-deprecating humor and offbeat take on most situations make for an unforgettable reading experience.
In my geval was dit nie 'n ligte mistykie om af te tree nie, maar 'n moerse een. Meestal is dit net ek en my nuutgevonde pel Johnnie Walker. My vrou is bekommerd oor hierdie vriendskap. Erg. So begin Franz Kemp se lakoniese en bitterbekkige vertelling oor sy sestig dae in die Suid-Soedan. Om van verveling te ontsnap aanvaar hy 'n werksaanbod om 'n nuwe TV-stasie in Juba, die hoofstad van die Suid-Soedan, van die grond af te kry deur die daaglikse nuusbulletin op te stel. Dis makliker gese as gedaan. Want Juba is "die gatkant van die wereld", verneem Kemp op die lughawe. En Kemp is maar 'n kwasterige man.
Twee broers. ‘n Voëltrip. Die voorbode. Twee en twintig dae oorlewing… Kissmas in Mosambiek is die boeiende verhaal van twee broers, die kaartevrou se voorbode en ‘n onvergeetlike avontuur op soek na daardie enkele rare en unieke voëls. Nooit het hulle besef dat hierdie Afrikatrip sou verander in twee en twintig dae oorlewingstryd nie … …en sou eindig in Grace Safari - ‘n ontdekkingsreis vol ‘belonings’ en beauty. Die skrywer skryf in ‘n gemaklike vertelstyl wat die leser vanaf die eerste bladsy boei, maar ook kort-kort tot introspeksie te bring. Met die lees van die boek word ‘n mens se lewe weer in oënskou gebring en geherevalueer. Kissmas in Mosambiek is ‘n moet-lees vir elke Suid-Afrikaner wat in negatiwiteit en pessimisme verval het en beswaarlik daagliks meer iets positiefs ervaar.
This guide to caravanning and camping in South Africa covers such topics as: choosing a tent or caravan; the kind of lighting to select; the equipment for the outdoor kitchen; sleeping arrangements; clothing; storage; accessories; and survival in the wild. Caravanning and camping are becoming increasingly popular, as a reasonably inexpensive way of taking a family on holiday. This guide to caravaning and camping in South Africa should provide everything the novice caravanner/camper could need to know when planning a trip.
This atlas has been designed as a comprehensive touring guide to the country, its major centres, and places of interest. The country is divided onto 19 regions and the major attractions, recreational opportunities, and geography of each area are explored.
Veelbekroonde reisskrywer Dana Snyman vertel die verhaal van sy eie lewensreis, die van sy familie en van sy land. Hy reis agter stories uit die verlede aan, van die eerste Snyman, seun van 'n wit pa en 'n slavin-ma, tot vandag, waar mense op die platteland hom in hul geheime inlaat. Elkeen van ons het mos sy eie 'Inkandla' - tuisdorp - en Dana se reis neem hom onder meer ook na Julius Malema se ouma se huis en na President Zuma se werklike Inkandla in KwaZulu-Natal, waar hy bokvleis met President Zuma se broer geeet het. Dan keer Dana terug huis toe, via Bloedrivier en die museum waar sy oupa se broek nog uitgestal word. Dana se verhaal is vervleg met die stories van ons almal wat 'hiervandaan' is. Eg, warm en gevul met deernis, soos ons Dana leer ken en leer liefkry het.
Volg Andre Pretorius 500 jaar na die begin van die Kerkhervorming op 31 Oktober 1517, in die spore van die groot Hervormers - Martin Luther en Johannes Calvyn. Hy besoek die plekke waar die sleutelsepisodes van daardie grootse rewolusie afgespeel het en sien hoe daardie plekke nou lyk. Hy gaan na die plekke waar die godsdiensoorloe van die Hervormingsera ondenkbare verwoesting gesaai het, maar ook na die plekke waar die kreatiwiteit gebore uit die Protestantse verstaan van woorde en musiek van die grootste kunswerke van die mensdom geinspireer het. Hy bring dit alles terug na sy eie plattelandse Suid-Afrikaanse, Calvinistiese opvoeding.
Die honger reisiger is sowel 'n lekkerlees reisbundel as 'n reseptebundel sonder saaits. Marie Heese weet hoe om 'n storie te vertel sodat jy dit nie kan neersit nie. Die titel is propvol staaltjies en amusante waarnemings oor die reise wat sy en haar sielsgenoot-man, Chris, na eksotiese lande soos Turkye, Eritrea, Ethiopie, Frankryk, Egipte en Rusland onderneem het. |
You may like...
Integrated Population Biology and…
Arni S.R. Srinivasa Rao, C.R. Rao
Hardcover
R6,219
Discovery Miles 62 190
Fat Chance - Probability from 0 to 1
Benedict Gross, Joe Harris, …
Hardcover
R1,923
Discovery Miles 19 230
Statistics For Business And Economics
David Anderson, James Cochran, …
Paperback
(1)
Statistical Tools and Analysis in Human…
Dipak Kumar Bhattacharyya
Hardcover
R4,404
Discovery Miles 44 040
|