Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Promotions > South African Heritage Shop
Die dood. Dis al waaraan Lumi kan dink en in ’n poging om seker te maak dat sy verder as haar sewentiende verjaarsdag leef, word sy deur haar peetouers in ’n kosskool vir tienerfae gesit. Hier vind sy haarself vasgevang in ’n web van onbeheerbare faemagte, nuwe vriende en ’n vyand wat net nie wil los nie. En dan is daar Colden Breakspear. Die ligtekop, blou-oog Kruisfae wat haar gedagtes gevangene hou, maar iets pla. Waarom is hy amper belangriker as wat sy is vir twee van die sterkste faemonarge in Tír na hÓige? En wat presies het hulle ouers met alles te doen?
Vir ‘n man is daar nie nou tyd in Tillie se lewe nie. Sy sy wil haar avontuurlustige drome uitleef sonder die komplikasies van 'n verhouding. Maar dan duik ‘n geleentheid onverwags op om ‘n lank gekoesterde droom te vervul. Professor Ryk Broodryk maak haar ‘n aanbod wat sy nie kan weier nie: Trou met hom vir ‘n jaar om sy erfporsie te behou in ruil vir eenmiljoen rand. Die enigste voorwaarde is dat sy bereid moet wees om vir drie maande saam met hom in die Amasone deur te bring. Wat sy egter nie verwag nie, is vir die singende en ernstige professor om haar voete onder haar uit te slaan om haar hart in sy hande te hou. Gaan Ryk haar avontuurlustige drome kelder, of gaan hy haar mees vervullende avontuur nóg word?
Gr 10-12 home and additional languageEnglish and Afrikaans50 000 hit wordsWord breaks and word stressParts of speechPast tense and past participlesIrregular verbsPlural formsNegative formsDegrees of comparisonCollective nounsAbbreviations, short forms and acronymsMasculine and feminine formsLabels indicating contextCross-referencesHomonymsCompound nouns and derivativesCollocations and fixed phrasesSynonymsAntonymsIdioms and proverbs
Sonder werk of heenkome en met haar hart en toekomsplanne aan flenters, gaan kruip Annelize in haar vriendin, Jolanie, se leë woonstel op Flenterbaai weg. Sy moet nog die gebeure van die afgelope tyd verwerk en hoop dat sy by die see weer mettertyd rus en rigting sal vind. Min weet sy Jolanie se brombek van ‘n broer by die huis langs die woonstel gaan opdaag en haar vrede versteur. Hy, met sy Wiskundeboek wat klaar geskryf moet word én sy beeldskone meisie wat haar neus vir net mooi alles optrek, verál vir Annelize. Ludwig is kortaf en baasspelerig en boonop glo hy nie Annelize serede hoekom sy op Flenterbaai kuier nie. Dan gebeur daar een koue wintersmiddag iets wat veroorsaak dat Annelize nie langer kan wegsteek wié en wát sy is nie. Die vraag is: Wat gaan Ludwig maak noudat hy die waarheid weet?
Kort na haar agtiende verjaardag reis Karlijn Verhoefen per skip vanaf Nederland na die Kaap. Een stormagtige aand, val Karlijn oorboord en word deur capitaine Jean van die skip Die Carlotta gered. ‘n Vriendskap ontwikkel tussen hulle en namate sy hom beter leer ken, ontwikkel sy onbekende gevoelens wat haar verwar. Jean stel egter nie belang in enige ander vrou nie, want sy hart behoort reeds aan Simoné Dubois. Maar hoekom soen hy haar dan die dag toe hulle reis tot ‘n einde kom en hul paaie skei?Karlijn begin bou aan ‘n nuwe toekoms in die Kaap. Dinge verloop vlot totdat sy en Jean mekaar weer op ‘n dag raak loop. Die onvoorspelbare gebeur en saam begin ‘n reis wat lei tot ‘n skatkis vol verrassings.
’n Nuwe lewe wag op hom In 1939 bars die oorlogbom in Europa. Drie miljoen kinders word uit London ontruim na veiliger gebiede. Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na ’n onbekende tante van sy pa in ’n klein dorpie in Skotland. By aunty Grace wag ’n nuwe lewe op hom. Aan die anderkant van Europa ruk die Duitse Sesde Leër op teen Rusland. Tussen die manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun. Voor hulle wag die Russiese winter, Stalingrad en die krygsgevangenekampe van Siberië. 90 000 word gevange geneem, net sesduisend oorleef. Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Beide bevind hulself egter op pad na ’n plaas in Afrika waar hul paaie sal kruis met dié van Seretse Khama en Mentje de Vries.
Patriarg Tjaart van der Walt se verlede haal sy kleindogters in ná sy dood toe ’n gas onverwags by sy kleindogter, Lenore van der Walt, se bruilof opdaag. Die bewaringstatus van Bateleur Reservaat en Khulula Renosterskuiling word daardeur bedreig. Die gas wil met ’n mynbaas saamspan om ’n steenkoolmyn in die Laeveld te vestig. Sikloon Dineo tref die reservaat langs die Mosambiek-grens en derduisende klimaatvlugtelinge word blootgestel aan mensehandel en ontvoerings. Die toenemende stel van slagysters vir bosslaghuisvleis lei ook tot ernstige vergrype teen diere. Die drie Van der Walt-niggies – Lenore, Tarien en Bella – word meegesleur in die gety van ontheemding en dierevergrype. Ook op geestelike vlak is daar ’n vervreemding tussen die niggies en hul Skepper wanneer seer uit die verlede hul inhaal en hul binne-vrede moet vind om weer tuis by God te voel. Romanse en nuwe vriendskappe te midde van natuurrampe en aanvalle deur insypelaars word ’n toevlug toe ’n bonkige huursoldaat en die Olifantbekoorder van die Laeveld tot die niggies se lewens toetree.
This Study Work Guide has been written according to the requirements of the Curriculum and Assessment Policy Statement of the DBE for Grade 10 English Home Language. This guide will assist learners in their understanding of the novel and their preparation for examinations. Key points: - The "official study guide" - developed by Tafelberg, the original publisher of the novel, under the series Best Books Study Work Guides - Pre-, during and post reading activities including analysis and questions - Formal assessment activities for examination purposes Answer sheets downloadable for FREE from http://www.nb.co.za/Books/19971
As a teenager in today’s crazy online world, you may think you’ve got it all sussed out. But even YOU don’t know about all the legal pitfalls, hidden dangers and future implications of what you do, see and post online. Selfies, Sexts And Smartphones is the book every teenager (and their parents) should read. It covers all of the major issues teenagers face in the digital age, including cyberbullying, sexting, addiction, internet safety, porn, anxiety, depression, privacy and reputation, and does so within a South African context. Accessible, informative and even fun, this book will help guide you to a happy, rewarding and, most importantly, safe online life.
I heard there’s a girl in school growing wings. No, she’s not
graduating or anything. She’s legit growing wings, just like this other
oke in school.
This book hopes to create awareness around endangered animals, to help educate and empower the next generation to be the game changers. Who knows? Some readers may even aspire to become game rangers! It is time to stand up and say, ‘enough is enough’, even though the task may seem very tough. (The list is only getting longer and longer, these endangered animals getting fewer and fewer). It is not too late to join in the quest. Let’s stand up and put these poachers to the test. There is power in team work as more can be done. Let’s stand together to save every last one!
Die fokus van die boek is om die onderwyser in die klas met hierdie genre te help. Hoe gemaak wanneer jy filmstudie as ’n genre in jou klas moet behandel? Druk speel! is spesiaal geskryf om onderwysers te help om die hoe en wat van filmanalise beter te kan verstaan. Nie net help flimstudie met leerders se verbetering van visuele geletterdheid nie, maar dit bevorder ook kritiese denke. Volkleurfoto’s van Suid-Afrikaanse fi lms word gebruik om filmiese aspekte te verduidelik. Aspekte soos die volgende word bespreek:
This joke book is packed with 300 hilarious one-line jokes that are bound to appeal to young comedians. The jokes have been arranged from A to Z, so finding the perfect gag for every occasion is easy. The jokes are kid-safe and familyfriendly, and include golden oldies as well as brand-new material.
Dawid Uys, ’n jong dominee op die platteland word gekonfronteer met vrae oor sy oorsprong en ook sy geloof wanneer daar skielik geleenthede en uitdagings oor sy pad kom. Hy kom ook te staan voor moeilike keuses wanneer hy ’n onverwagse oproep van ’n prokureur kry en hoor dat hy Oom Boela se plaas, Aurora, geërf het. Dawid het Oom Boela skaars geken en nou kom die plaas nog met ‘n klomp bepalings en voorwaardes. Die plaas en die kerk sorg vir eindelose struikelblokke en dan is daar nog Dawid se liefdeslewe ook. Hy moet konfrontasies op die kerkraad en moeilike plaaswerkers hanteer en intussen raak hy verlief op die buurman se dogter. Daar is ook ’n nuwe intrekker op die dorp, ’n beeldskone enkelma met ’n misterieuse verlede. Aurora neem vir Dawid en die leser op ’n geestelike reis soos min en die uiteinde van die verhaal is amper so onvoorspelbaar soos die lewe self.
Die Skot Quinn Sutherland het Ella du Toit se hart ses maande gelede
gebreek toe hy bloot opgehou het om op haar teksboodskappe te antwoord.
Nou kyk ons nog in ’n dowwe spieël ... Doktor Olaf Demeyer herstel nog van sy vierdubbele hartomleiding en die trauma van vorige ondersoeke waarby hy betrokke was. Om die waarheid te sê, hy moes lankal aftree as forensiese profileerder van die SAPD. Maar dan kom vra Lucida Winterbach sy hulp. Sy glo ’n moordenaar teiken studente van haar Elegant Queens Academy, ’n skool vir skoonheid en modelwerk. Al die meisies is minderjarig, met blinkoogdrome van skoonheidstitels en modelkontrakte. Tot van hulle naak op die bodems van swembaddens in die omgewing gevind word. Olaf se lewenslange beskermingsdrang teenoor die weerloses motiveer hom om gehoor te gee aan haar versoek. Gou besef hy egter dat dit hier gaan oor soveel meer as die feite en bewyse wat ’n mens kan sien en hoor. Olaf twyfel aan sy oordeel en instinkte. Hy word geteister deur verwronge beelde van die meisies en homself. Uiteindelik weet hy: Ons sal altyd alles slegs ten dele ken, en ons moet ’n manier vind om elke dag saam met dié wete te leef. Vir Olaf is dit daardie wete wat dreig om hom na jare in die bedryf van sy kop af te dryf.
Lekker & Goed is Carmen Niehaus se nuutste kookbook nadat sy reeds meer as twintig kookboeke uitgegee het. Dit is ’n lekker-eet-boek met ou bekendes en nuwelinge wat gesonder gemaak is om steeds heerlik te kan eet sonder om skuldig te voel – net soos Carmen aan huis eet. LEKKER & GOED sluit ook ’n paar resepte in wat lae-koolhidrate bevat, glutenvry en vegetaries is en bevat heelwat vars en ongeprosesseerde produkte. Carmen strewe na ’n gesonde lewenswyse en haar kookfilosofie en grootste uitdaging is daarom juis om alledaagse kos gesonder te maak sonder dat dit smaak of geur inboet. Die uitgangspunt is amper ’n tipe Mediterreense eetstyl, eerder as ’n dieetboek of ’n gesondheidshandleiding.
Waar lê die lyn tussen inwoner en inkommer? “Ek, Plakker Prinsloo, weet nie of ek nou al gereed is om vir die eerste keer saam met Bennie Afrikaner uit te ry Kom toe nie. Ek was nog nooit ’n reisiger nie, dit is nou as jy nie my en Ma se ewige getrek voor Pa se misdaadrekord uit reis kan noem nie.” Inkommers is ’n eietydse verhaal, ’n kroniek van die Afrikaners – die familie, nie die volk nie – wat al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel boer. Is dit moontlik dat net gebore Kommers in die Kom hoort? Hoe gemaak met inkommers wat tot dusver nie juis welkom was nie? ’n Mens moet versigtig wees vir vreemdelinge. Die Afrikaners is hoeka aan die min word en hulle wil hulle omgewing tot ’n erfenisgebied verklaar kry. Dan is die liefde ook nog aan die uitsterf. Iemand moet daarop reageer, rebelleer selfs, maar rebelleer die ware rebel vir iets of teen iets?
Verbly julle in die hoop is die tweede boek in die drieluik met die temas geloof, hoop en liefde wat verbeeld word deur die lewensverhaal van Andreas Beyers. Ons eerste ontmoeting met ’n jong Andreas is in Geloof soos ’n mosterdsaadjie, en hier vind ons hom waar hy terug delf in die verlede. Dit is Vrydag 20 Maart 2020: Die huis waar Andreas die afgelope vyf jaar gewoon het, is opgepak. Die volgende dag vertrek hy saam met sy kinders na ’n aftreeoord in die Strand waar hy die laaste jare van sy lewe sal slyt. Hoewel Covid-19 inperkings aan die orde van die dag is, weet die meeste SuidAfrikaners, asook Andreas en die ander mense op die plattelandse dorpie glad nie wat op hulle wag nie. Verbly julle in die hoop sal harte aanraak en twyfelaars nuwe moed gee. Jesus se volgelinge hoop nie omdat hulle wens dat dit eendag beter met hulle sal gaan nie; hulle leef in blydskap omdat hul wense reeds vervul is. Dit moes Andreas Beyers eers leer voordat hy blywende geluk kon vind.
Jana, 'n aspirantfilmmaker, raak verlief op Alex, die nuwe matriekleerling wat langs hulle intrek. Die verhaal sentreer rondom Jana se coming out. Nes Jana is Alex ook versot op films en lid van die skool se filmklub. By 'n partytjie ontmoet Jana, Mia se matrieksuster, 'n universiteitstudent. Jana se passie vir filmmaak help haar om haar ware gevoelens teenoor Alex te wys, en ook om Mia uit 'n moeilike situasie te help.
The original Zackie Mostert series has thousands of young fans - and now there's also a reading series, perfect for beginner readers. Each book in the series features bright full colour illustrations and simple, easy-to-read text that will make these fun-filled stories accessible to young readers. Zackie and his class are off to visit the zoo! But Anton the bully is also going on the trip. Will he ruin everyone's day?
Mila se nuwe maat moet skool toe gaan. Maar sal sy weet hoe om haar soos ’n regte dogtertjie te gedra? Juffrou Kadawer jaag Annabel sommer dadelik uit die klas oor haar vreemde kat-maniere. Maar waar kom hierdie nuwe juffrou vandaan, en hoekom is sy op Rottes se spoor? Die toorpolisie keer die maats vas, en dan laat val Jannus ’n vuurhoutjie op die verkeerde plek ...
Die Profesie-Bybel Nuwe Testament is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie - ’n eerste in Afrikaans! Elke Nuwe-Testamentiese Bybelboek is vergesel van ’n inleiding wat fokus op die profetiese inhoud en belang van daardie boek. Die 50 artikels dek profesieë en sluit temas in soos geheimenisse en profesie, die Kerk en profesie, die laaste dae, tekens van die tye, die Antichris, die merk van die dier, die Nuwe Jerusalem en veel meer. Profesie beslaan ’n groot gedeelte van die Bybel. ’n Bietjie meer as ’n kwart van die Skrif was profeties toe die Heilige Gees dit geïnspireer het. Vervulde profesie wys dat God getrou is om sy beloftes na te kom. Dit wys ook dat die Woord van God waar is. Omdat God waar en getrou is, kan Hy geglo en vertrou word om steedsonvervulde beloftes en profesieë ook te vervul (vgl Joh 13:19). Verder wys profesieë dat God soewerein oor die geskiedenis en tyd is (Jes 46:9-11; Dan 2:20-22). God is in beheer: Hy bring sy plan in Christus as Verlosser en Koning in die geskiedenis tot vervulling (Hand 4:12; Op 11:15). Profesie gee hoop vir ons toekoms in Christus.
Die bure het ’n nuwe dogter. Waar kom sy vandaan, en hoekom lyk sy so baie na Annabel, die kat wat weggeraak het? Boonop is hierdie buurmeisie se naam óók Annabel ... Mila besluit om ondersoek in te stel. Maar haar boetie Jannus spring haar voor en steel Annabel se mens-word-middel. Hy voer dit vir sy aaklige troeteldier, Rottes, net om te kyk wat gebeur. Katastrofe! |
You may like...
Sy Is Veilig - 'n Onthulling Van Die…
Emma van der Walt
Paperback
(1)
Under The Baobab Tree
Roslynne Toerien, Julie Smith-Belton
Hardcover
(1)
|