0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
Status
Brand

Promotions > South African Heritage Shop

Kanker Schmanker! (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Kanker Schmanker! (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R388 Discovery Miles 3 880 Ships in 2 - 4 working days

Die oorlewingstog van 'n dapper vrou.

“ ʼn Kale vlakte waar my regterbors eens was. Ek maak my o toe en laat my brein toe om te proe aan hierdie monumentale ding. Kanker schmanker, besluit ek. Ek is nog net soveel vrou soos voor die operasie. My vroulikheid het toe al die tyd nie in my bors gesit nie. Dit sit in my kop, in my hart, in daardie onmeetbare, onaantasbare iets wat die gees genoem word.”

In hierdie aangrypende boek deel die bekende spanningsverhaalskrywer Madelein Rust die intiemste besonderhede van haar reis met borskanker. Dit is ʼn brutaal eerlike vertelling wat haar belewenis van die siekte met patos en humor uitbeeld. Lesers verkry ʼn eiesoortige blik op die fisieke ervarings van borskankerstryders sowel as die ewig veranderende binnewreld van di wat teen die siekte veg.

Kanker schmanker! rus borskankerstryders toe met inligting wat nie altyd geredelik beskikbaar is nie en help hul geliefdes om die reis met kanker beter te verstaan. Dit is ʼn boek van hoop en triomf wat die leser hardop laat huil en laat lag. Dis 'n verhaal vir elkeen van ons wat ʼn stryd van enige aard stry.

Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik Groener Aan Die Ander Kant? (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik Groener Aan Die Ander Kant? (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Moet ek bly of emigreer? Is hier plek vir my in Suid-Afrika?

Ons moet ons besluite as morele keuses benader. Ons het dan minder keuses om te maak omdat ons al daardie selfsugtige keuses van die tafel af vee.Morele keuses organiseer ons opsies beter in verskillende kompartemente vanaf eties tot oneties, en vanaf nuttig tot nutteloos.

Ons wil h ons lewens moet iewers tel, daarom maak ons gedurig goeie keuses. Ons maak morele keuses - ook wanneer ons reis-en-verblyf keuses maak.

Bloedbande (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Bloedbande (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellenbosch polisiediens word gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van ’n kwekery en sy vrou te ondersoek. Die De Winters is beide met ’n skerp voorwerp aangeval, maar daar was geen teken van ‘n struweling of enige getuies om sin te maak van die voorval nie.

Terwyl Luna sukkel om ’n moord sonder verdagtes of leidrade op te los, maak Mike Grant weer sy onverwagte verskyning. Hierdie keer is hy op ’n geheime sending onder die geledere van ’n plaaslike dwelmsindikaat. Ten spyte van sy nuwe voorkoms vind Luna dit onmoontlik om nie die deur oop te maak wanneer hy klop nie.

Soos Mike homself in die onderwreld ingrawe, begin Luna op tone trap om haar eie raaisel op te los. Was die De Winters wie almal dink hulle was? Weet die kinders dalk meer as wat hulle voorgee? Wat gaan aan by die studentehuis oorkant die straat? En wie is die man in die sportmotor wat so op die buitewyke van haar ondersoek beweeg?

Om antwoorde te kry sal Luna die donkerte en als wat daarin skuil moet trotseer. Bloedbande is die vierdie boek in Jeanette Stals se Luna Joubert-reeks.

Lekkerlag Pretboek (Paperback): De Wet Hugo Lekkerlag Pretboek (Paperback)
De Wet Hugo; Illustrated by Tumi K. Steyn
R185 R174 Discovery Miles 1 740 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die pretboek beloof ure se vermaak!

Hier is grappe wat jou sal laat skater en raaisels wat jou sal laat kopkrap. Hier is ook vreeslike vreemde feite, prettige speletjies en snaakse limerieke. Jy sal giggel wanneer jy hoor waarom spoke nie leuens kan vertel nie. Jou o sal rek as jy uitvind wat gebeur as mens te veel wortels eet!

En jy gaan op die grond rondol as jou maats moet verduidelik waarom hulle kies om ’n mak krokodil se tande te borsel f eerder in ’n swembad vol spoeg sal swem!.

The English Handbook and Study Guide - A Comprehensive English Reference Book - Grades: 5 to 12 + Tertiary (Paperback): Beryl... The English Handbook and Study Guide - A Comprehensive English Reference Book - Grades: 5 to 12 + Tertiary (Paperback)
Beryl Lutrin 1
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) In Stock

English Handbook and Study Guide is a comprehensive English Reference book, invaluable to teachers, students and as home reference.

Die Bewonderaar (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Die Bewonderaar (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks 1
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Jou diepste vrees is sy grootste begeerte...

Geen lang naels nie. Geen skoenveters nie. Dit is maar enkele van die rels in die Molenberg-Psigiatriese hospitaal. Selfmoord is ʼn inwoner hier, en die pasinte word as psigopate bestempel.

Dominique du Randt word in Molenberg opgeneem n haar ma se wrede moord. Niemand glo dat sy nie verantwoordelik is vir haar ma se dood nie. Niemand glo dat sy deur ʼn man agtervolg is wat homself die Bewonderaar noem nie. Haar sielkundige, Martin, het wel sy bedenkinge. Daarom dat hy sy eie speurwerk doen.

Wat Martin ontdek, is die Ophelia-klub. ’n Plek van grusame geheime, fantasie en donker vergrype. Wanneer een van die vroulike pasinte in Molenberg-Psigiatriese hospitaal verdwyn, is Dominique oortuig die Bewonderaar weet presies waar sy is. Hy is, soos voorheen, weer in beheer van di skrikwekkende spel.

Maar hoe beskerm jy jouself in ’n plek soos Molenberg? Hier waar niemand jou glo en jy geen vryheid of beheer het nie?

Junior Tweetalige Skoolwoordeboek / Bilingual School Dictionary - Afrikaans Engels / English Afrikaans (Paperback, Heruitgawe): Junior Tweetalige Skoolwoordeboek / Bilingual School Dictionary - Afrikaans Engels / English Afrikaans (Paperback, Heruitgawe)
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Suitable for Gr 4-7 home and additional language.

5000 headwords
Word division and word stress
Full parts of speech, with subcategories
Degrees of comparison, plural, irregular verbs and past participles, past tense
Example sentences
Derivatives with translations
Phrases; idioms and proverbs
Synonyms and antonyms
Homonyms and homophones with translations
Animals: collective noun, male and female, the young, their sound
Additional information boxes

Geskik vir graad 4-7 Afrikaans en Engels huistaal of addisionele taal

5000 trefwoorde
Woordverdeling en klem
Woordsoorte uitgeskryf, plus onderafdelings
Attributiewe vorm, trappe van vergelyking, meervoud, verkleining, deeltjiewerkwoorde, verlede tyd
Voorbeeldsinne
Afleidings met vertalings
Frases, idiome en spreekwoorde
Intensiewe vorme
Sinonieme en antonieme
Homonieme, homofone, plus die vertaling
Diere: versamelnaam, manlik en vroulik, woord vir die kleintjies, geluid
Inligtingskassies

The Afrikaans Handbook and Study Guide - An English Student's Guide to Afrikaans - Grades: 5 to 12 + Tertiary (Afrikaans,... The Afrikaans Handbook and Study Guide - An English Student's Guide to Afrikaans - Grades: 5 to 12 + Tertiary (Afrikaans, Paperback, 2nd Edition)
Beryl Lutrin
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) In Stock

A comprehensive reference book and set of notes that covers everything in one book. Covers the basics and fills in the gaps. Practical and user-friendly - simple, visual and logical. Colour - coded for easy understanding, recall and application.

Liefde Met 'n Uitklophou (Paperback): Felicia Snyman Liefde Met 'n Uitklophou (Paperback)
Felicia Snyman
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Met haar besige beroep as ‘n paalfiksheidsinstrukteur, stel Shaylyn nie in ‘n verhouding belang nie. Sy en Cameron, die uiters aantreklike eienaar van die vegklub oorkant haar studio, stamp nie net koppe nie, maar beland ook saam in die vegkryt.

Shaylyn dra swaar aan die laste van die verlede. Sy is die voog van haar gestremde suster en het die verantwoordelikheid om haar teen hulle wrede verlede te beskerm. Sy leer egter vinnig in die o en arms van Cameron dat nie alle mans dieselfde is nie.

Die spoke van die verlede stap ook saam met Cameron. Hy besef gou dat Shaylyn sy hart met een hou verower het en sal enige iets in sy vermo doen om haar te beskerm. Maar ‘n misverstand ruk hulle uitmekaar en moet Shaylyn kies tussen haar eie geluk en haar suster se veiligheid. Gaan sy toelaat dat die verlede en dreigende vrees ‘n toekoms saam met Cameron verwoes? Of gaan die liefde hierdie keer ‘n uitklophou slaan?

Kringloop (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Kringloop (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Reine Duvenage, ’n tweedejaar kunsstudent en finalis in die universiteit se debutantekompetisie, trek die aandag van ’n sluipjagter wat jong vrouens teiken. Sy oorleef ’n wreedaardige aanranding, maar hou emosionele en fisieke letsels oor. Pieter Taljaard, die speurder wat die saak moet oplos, se ondersoek lei hom na verskeie mans met wie sy in kontak was.

Gedurende haar herstelproses kwalifiseer Reine deur afstandonderrig as onderwyser. Sy aanvaar as Renette Mouton ʼn pos by ’n plattelandse horskool in die laeveld omdat die jagter steeds bedrywig is n twee jaar.

Haar poging om anoniem te bly en nie weer ’n slagoffer te word nie, word bemoeilik toe mans uit haar verlede onverwags in die dorp opdaag en die sluipjagter haar opnuut begin treiter. Onseker oor die identiteit van die sluipjagter wantrou sy almal, ook Charl de Jongh, die finale jaar kliniese assistent wat haar behandel het, Jacques Ritsen, die verteenwoordiger van Frey Skoonheidshuis wat haar geborg het, Francois Booyens en Carlo von Brandis van Erasmus Foto-ateljee wat haar foto’s geneem het, en die ontwerper, Giorgio van Jolie Mam’selle Boetiek wat haar rok ontwerp het vir die debutantebal. Selfs Stefan Treurnicht, die blinde klavierstemmer lyk vir haar verdag.

Ondanks die teenwoordigheid van haar troue waghond beland sy weer in die sluipjagter se strik. Kan Pieter Taljaard die leidrade betyds ontrafel om ’n moord te voorkom?

Under The Baobab Tree (Hardcover): Roslynne Toerien, Julie Smith-Belton Under The Baobab Tree (Hardcover)
Roslynne Toerien, Julie Smith-Belton 1
R190 R176 Discovery Miles 1 760 Save R14 (7%) Ships in 5 - 10 working days

On a hot summer’s day, the animals wandered, they roamed and explored, they galloped and soared, in search for the perfect tree for their needs.

Many trees were falling one by one, from the force and destruction of what the elephants had done. And some of the trees that had stood the test, had patches of bark missing from the rhino’s unrest.

And looking more closely at the top of the trees, sat fish eagles in waiting to soar and fly free.

Will the animals find the perfect tree?

Sy is Veilig - 'n Onthulling Van Die Donker Wereld Van Mensehandel (Afrikaans, Paperback): Emma van der Walt Sy is Veilig - 'n Onthulling Van Die Donker Wereld Van Mensehandel (Afrikaans, Paperback)
Emma van der Walt 1
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Emma van der Walt is ’n pastor, ’n ma en eggenoot, en ’n vrou met ’n hart vir God. Sy is ook die vreeslose stigter van die niewinsgewende organisasie, Brave to love.

Daagliks betree hulle die donker wreld van die seksbedryf en mensehandel om jong vroue uit die kloue van euwel te red. Hierdie meisies word dan met liefde en leiding ’n nuwe begin gebied.

Emma en haar span werk sy-aan-sy met plaaslike en internasionale wetgewende instansies. Saam beveg hulle mensehandel en slawerny en vlek die korrupsie en ontsaglike lyding wat agter toe deure plaasvind, oop.

Hierdie is haar storie en die skokkende verhale van die gelukkiges wat gered kon word om die hel van mensehandel te oorleef.

Aleit Apteit - 'n Kookboek Gevul Met Resepte En Stories (Paperback): Aleit Swanepoel Aleit Apteit - 'n Kookboek Gevul Met Resepte En Stories (Paperback)
Aleit Swanepoel
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Aleit Apteit is ’n boek gevul met stories van die geliefde Aleit Swanepoel. Kom reis en kook saam met hom met ongeveer 50 resepte uit sy pen.

Die Sondagaand voor Aleit se afsterwe was hy volstoom aan die gang, besig om onder meer sy alombekende lamsboud gaar te maak. Die bestanddele is gekoop en die span was reg vir ’n week van kosmaak. Kom beleef saam die nostalgie, sy spesiale menswees en die heerlike kos wat hy nie net smullekker kon maak nie, maar ook mooi kon laat lyk: die ‘Aleit-Way’. Deel sy hartskos – veral sy Sondagmiddagetes in sy ouerhuis, net soos sy ma dit gemaak het. Dit was spesiaal vir hom, en hy wou dit graag oordra en met sy mense deel.

Hy het aande gesit en skryf, en dit dan baie opgewonde aan sy span gestuur en ges: “Julle! Ek het nog ’n storie!!”

Aleit Apteit is ’n hoofstuk van sy nalatenskap en ’n manier waarop hy vir altyd in mense se hart, kombuis en lewe kan voortleef. Dit is ’n pragkookboek, maar ook een wat deel van jou kombuis se bestanddele moet uitmaak – gevul met bekende hartskos en bypassende stories geskryf deur ’n legende.

Anderkant Die Blou (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Anderkant Die Blou (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Lienke en Dezi beleef die vakansie van hulle lewe in Kalkbaai.

By die hotel ontmoet hulle Danroy, 'n kelner wat vakansiewerk doen, wat hulle na al die mooiste plekke in die baai vat. Hulle leer ken Danroy se "skwad" en sy geliefde Uncle Kaz. Dan is daar 'n tragedie op see wat Danroy en sy ma se lewe omkeer.

Soos Uncle Kaz altyd s: "Mens het net drie goete nodig om gelukkig te wees: iemand om lief te h, iets om jou hande mee besig te hou, en iets om na uit te sien."

Quinn se Jaar van Kwik (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Quinn se Jaar van Kwik (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Excellentia is g’n gewone skool nie. Die plek is vol geheime en tradisies wat Quinn se hare laat rys. Maar sy is nie daar om te integreer nie – sy is daar om te leer. Ongelukkig is die lewe nie so voorspelbaar soos ’n chemie-eksperiment nie. En soms maak dit nie saak wat jy doen nie, die moeilikheid kom soek jou.

She Is Safe - An Expos Of The Dark World Of Human Trafficking (Paperback): Emma van der Walt She Is Safe - An Expos Of The Dark World Of Human Trafficking (Paperback)
Emma van der Walt
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Emma van der Walt is a pastor, mother and wife, and woman of God. She is also the fearless founder of the nonprofit organisation, Brave to Love. They tackle the dark world of sex trade and human trafficking head on to rescue young women from the clutches of evil. These girls are then lovingly cared for and guided as they embark on their new beginnings.

Emma and her team work side by side with local and international law enforcement agencies. Together they combat human trafficking and slavery to uncover the corruption and immense suffering that goes on behind closed doors.

This is her story and the shocking tales of the lucky ones who survive to escape the hell of human trafficking.

Rooigety (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Rooigety (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe ver sal jy gaan om jou kind te beskerm?

Inwoners van Makulu Manzi het skaars herstel van die kinderpornografieskandaal wat die dorp vroer die jaar getref het. Nou is daar gerugte van moetiemoorde en ekstremistiese groepe wat kinders werf vir selfmoordbomaanvalle. Die plaaslike skool stuur rebelse tieners na regrukkampe, en selfs georganiseerde bloedskenking word met agterdog bejen.

Wanneer Daleen Boshoff se dogter tydens ’n uitstappie op die lyk van ’n tienerseun afkom, ruk dit die fondament onder hul uit. Is dit inderdaad moord vir moetie? Of hou die vermiste kinders verband met die bomaanvalle teen die kus van Afrika?

Rooigety is die opvolg van Dooiegety (2019).

Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback): PJ Botha, Geo Botha Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback)
PJ Botha, Geo Botha
R250 R195 Discovery Miles 1 950 Save R55 (22%) In Stock

Wat is die geheime en strategie van die uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professioneles of salaristrekkers, n boonop daarin slaag om hul geld te laat groei, te geniet en oor te dra na komende generasies?

In Word ryk, bly ryk help Geo en PJ Botha, onafhanklike finansile adviseurs en medeaanbieders van kykNET se gewilde Welvaartskeppers, gewone Suid-Afrikaners om geld te maak in ’n uitdagende omgewing en dit te laat groei. Hulle begelei jou op jou reis na rykdom en die vrugte daarvan.

Suksesstories van entrepreneurs soos Michael Jordaan, Alb Geldenhuys en Whitey Basson sal jou ’n kopskuif help maak om geleenthede raak te sien in moeilike ekonomiese omstandighede. Die skrywers se maklik verstaanbare finansile ekspertadvies, gemik op die kweek van goeie gewoontes, rig jou fokus en ondersteun jou op jou welvaartreis.

Thabo The Space Dude - Logbook 3: Voyagers In Space (Paperback): Lori-Ann Preston Thabo The Space Dude - Logbook 3: Voyagers In Space (Paperback)
Lori-Ann Preston; Illustrated by Zinelda McDonald
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In the past two months, Thabo has experienced many exciting things.

He has:

  • Flown to Mars;
  • Met two Martians;
  • Almost been eaten by a pod of seriously dodgy aliens;
  • And also flown off Mars.

Now, Thabo and all his friends - human and alien - are on their way to the planet Gliese. Everything will go super-smoothly ... Right?!

Die Woud Van Sneeu & Ys (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Die Woud Van Sneeu & Ys (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“ … Ons noem jou Mysti,” sê Ravka, “dit pas by jou ... dis misterieus en mooi.” Mysti word in die sneeu in Lapland wakker. Verkluim. Met geen idee wie sy is of waar presies sy is nie. Ravka ontferm hom oor haar. Hy en sy ma Tóva neem Mysti onder hulle vlerk terwyl sy haar geheue probeer herwin. Intussen help sy Ravka by die rendiersentrum in Menetetty om getraumatiseerde rendiere te versorg, en raak al liewer vir hom. Maar iets onverklaarbaar gebeur in die nag met haar. Haar lyf verander en vervorm. Sy verstaan nie wat met haar gebeur nie. Mysti besluit om die raad van ’n heks in die vervloekte Iselande woud te gaan opsoek – voor Ravka uitvind daar is iets fout met haar. Wanneer Mysti moet kies waar sy wil bly, daag Cosmo, iemand uit haar verlede, op. Hy het haar kom haal om terug te neem na die woud waar sy vandaan kom. Saam met hom onthou sy al meer wie sy is. Is Ravka regtig wie hy sê hy is? Wie is Ozymoz? En hoe pas die legende van Joulupukki by die raaisel in?

Die Manjifieke Onthulling Van Mel (Afrikaans, Paperback): Jacolet van den Berg Die Manjifieke Onthulling Van Mel (Afrikaans, Paperback)
Jacolet van den Berg
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wanneer die lewe jou omwentel is die wt binne-in jou.

Vir Mel is haar eie melkweg skitterend. Sy het wat sy wil h, sy is wie sy wil wees. Sy maak die rels en sy dra nie maskers nie, want sy is in beheer. Maar skielik maak ’n veel groter ster haar verskyning: Isabella, ʼn ongevraagde toevoeging tot die gesin. En boonop besef Mel dat haar beroepskeuse as mediese suster ʼn ode was aan haar oorlede ma. Susterwees was dalk haar ma se passie, maar is dit regtig hare? Mel maak gereed om uit haar einste, skitterende melkweg te verskiet. Dit is ʼn waagstuk, iets wat s nie haar ding is nie. Die ontdekkingsreis vat haar na ʼn wreld wat sy nog altyd vermy het, tussen mense wat nie haar dam se ganse is nie.

By die flats van Belhar kom sy tot die besef dat die dam dalk nie hare is nie, maar dat sy tog, teen haar verwagting, inpas by die ganse. Sy ontmoet ’n jeugwerker met tatoes en ʼn skaatsplank wat baanbrekerswerk onder die jeug doen. Sy leer Llewellyn, haar stiefsuster se grootste aanhanger, beter ken en wys hom sy is nie so upstairs soos hy gedink het nie. Mel ontdek haarself en ʼn wreld buite haar eie rels.

Moet sy kies tussen wie sy was en wie sy kan wees? Of is daar plek vir Mel die skateboarder, die biker en die kelner in haar melkweg?

Donker Water (Afrikaans, Paperback): Martin Steyn Donker Water (Afrikaans, Paperback)
Martin Steyn
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dis donker. Dis koud. Jy’s alleen. En dis wanneer jy twyfel.

N drie jaar in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is konstabel Alex Steytler gewoond aan die roetine van douvoordag opstaan, inry Kaap toe, op ’n trein klim en twaalf ure lank trokke of stasies patrolleer. Die lelike kant van die lewe is waar hy werk, anders as Tasha in die woonstel langsaan wat haar kamera op die mooi fokus.

Maar nou het sy vriend en medebeampte hom by nog iets ingesleep, en hierdie keer is dit nie so eenvoudig soos ’n motorfiets koop nie. Nee, Pyper wil by die duikeenheid aansluit, want treintrappe, tikkoppe en messtekers bied klaarblyklik nie genoeg opwinding nie. En nou staan Steytler tot by sy naeltjie in ’n rivier vol riool op soek na die slagoffer van ’n boendoehof.

Dis net die begin. Om lede van die duikeenheid te word, sal hulle behoorlik aan die diep kant ingegooi word. Toe Steytler vroeg in die jaar tussen die stukke van ’n treintrapslagoffer gestaan het, kon hy nie weet dat hy teen die einde sy eie stukke sal moet bymekaar maak, of moontlik dele van homself vir ewig verloor nie.

“Hierdie tou is jou lifeline. Jy los hom nie.” Want in donker water is dit al hoe jy jou pad kan terugvind.

Hartklop - Die Ontwaking Van Winter: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Sunel Combrinck Hartklop - Die Ontwaking Van Winter: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Sunel Combrinck
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die dood. Dis al waaraan Lumi kan dink en in ’n poging om seker te maak dat sy verder as haar sewentiende verjaarsdag leef, word sy deur haar peetouers in ’n kosskool vir tienerfae gesit. Hier vind sy haarself vasgevang in ’n web van onbeheerbare faemagte, nuwe vriende en ’n vyand wat net nie wil los nie.

En dan is daar Colden Breakspear. Die ligtekop, blou-oog Kruisfae wat haar gedagtes gevangene hou, maar iets pla.

Waarom is hy amper belangriker as wat sy is vir twee van die sterkste faemonarge in Tr na hige? En wat presies het hulle ouers met alles te doen?

Pharos Senior Tweetalige Skoolwoordeboek / Senior Bilingual School Dictionary (Afrikaans, English, Paperback): Pharos Senior Tweetalige Skoolwoordeboek / Senior Bilingual School Dictionary (Afrikaans, English, Paperback)
R235 R221 Discovery Miles 2 210 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Gr 10-12 home and additional languageEnglish and Afrikaans50 000 hit wordsWord breaks and word stressParts of speechPast tense and past participlesIrregular verbsPlural formsNegative formsDegrees of comparisonCollective nounsAbbreviations, short forms and acronymsMasculine and feminine formsLabels indicating contextCross-referencesHomonymsCompound nouns and derivativesCollocations and fixed phrasesSynonymsAntonymsIdioms and proverbs

Na 'n Plaas In Afrika (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Na 'n Plaas In Afrika (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Nuwe lewe wag op hom

In 1939 bars die oorlogbom in Europa. Drie miljoen kinders word uit London ontruim na veiliger gebiede. Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na ’n onbekende tante van sy pa in ’n klein dorpie in Skotland. By aunty Grace wag ’n nuwe lewe op hom.

Aan die anderkant van Europa ruk die Duitse Sesde Ler op teen Rusland. Tussen die manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun. Voor hulle wag die Russiese winter, Stalingrad en die krygsgevangenekampe van Siberi. 90 000 word gevange geneem, net sesduisend oorleef.

Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Beide bevind hulself egter op pad na ’n plaas in Afrika waar hul paaie sal kruis met di van Seretse Khama en Mentje de Vries.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Nova - Renegades: Book 2
Rebecca Yarros Paperback R305 R272 Discovery Miles 2 720
Bestway Glitter Seahorse Swim Ring…
R270 R256 Discovery Miles 2 560
Progress in Optomechatronics…
Indrani Bhattacharya, Yukitoshi Otani, … Hardcover R4,573 Discovery Miles 45 730
Kreepy Krauly Prepack Regulator Valve…
R115 Discovery Miles 1 150
Electrophosphorescent Polymers Based on…
Shiyang Shao Hardcover R2,997 Discovery Miles 29 970
Sugarcane Biofuels - Status, Potential…
Muhammad Tahir Khan, Imtiaz Ahmed Khan Hardcover R4,662 Discovery Miles 46 620
The Strawberry Patch Pancake House
Laurie Gilmore Paperback R295 R229 Discovery Miles 2 290
SAICA Student Handbook 2024/2025 Volume…
Paperback R1,209 Discovery Miles 12 090
Nation On The Couch - Inside South…
Wahbie Long Paperback R335 R314 Discovery Miles 3 140
Better Choices - Ensuring South Africa's…
Greg Mills, Mcebisi Jonas, … Paperback R350 R317 Discovery Miles 3 170

 

Partners