|
|
Books > Travel > Travel writing
Dana Snyman sien dinge op sy eiesoortige, aweregse manier. In deel
een is hy op pad saam met die TV-span van Op pad met Dana. Soos
hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net
die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook sy
eie innerlike reis. Hy kom huistoe met 'n optelhond -- en met 'n
nuwe manier van kyk. In deel twee kyk hy rugby. In kroee,
township-huisies, saam met oom Frik du Preez en Joost van der
Westhuizen. Snaaks, skerp en onthutsend eerlik.
|
|