![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Wiskunde en Wetenskap
Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika bied aan die jong leser ’n fassinerende blik op die diere lewe van die streek. Met behulp van volkleur foto’s en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die meer algemene soogdierspesies in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en teelgewoontes.
Daar is baie intelligente en toegewyde Christene wat evolusie sien as ‘n ateistiese dogma wat die kern van die geloof van ‘n Christen bedreig. Dit het al begin na die publiskasie van Charles Darwin se boek oor evolusie maar is meer onlangs op ‘n spits gedryf deur die aggressiewe publikasies van ateistiese natuurwetenskaplikes wat beweer dat daar nou geen rol meer bestaan vir God in die skepping nie. Dit het op sy beurt weer ongelukkig gelei tot veelvuldige publikasies deur toegewyde Christene wat probeer het om die wetenskap van evolusie te diskrediteer. Opwindende nuwe navorsing oor die meganisme van evolusie het al hoe duideliker in die afgelope dekades geword. Die leser word hieraan blootgestel en dit sal duidelik word dat God op opwindende maniere evolusie gebruik het om ons, die uiteindelike kroon van Sy skepping, daar te stel. Dit is die wese van die teistiese benadering. Al die verskillende geloofsmodelle word bespreek en daar word veral op die teistiese benadering klem geplaas. Knelpunte word deeglik uitgelig. Aan die einde van die boek sal die toegewyde Christen besef dat hy of sy die wetenskap van evolusie ten volle kan aanvaar en steeds in verwondering die hande kan ophef en Hom prys en eer vir Sy krag en majesteit.
Voels en Bybels in die Geskiedenis het tot stand gekom omdat die skrywer Tian Hattingh beide 'n student van Bybelse Hebreeus en 'n amateur voelkundige is. Na 'n aantal besoeke aan die Heilige Land is hy geinspireer om die voels in die Christelike Bybels te bestudeer. Tian se interessante ontdekkings, tesame met sy begeerte om die kennis met 'n wyer gehoor te deel, het uitgeloop op die publikasie van Voels en Bybels in die Geskiedenis.
Hierdie boek, geskryf vir die leek in 'n gebruikersvriendelike styl, wys hoe jy met jou eie oe of met 'n verkyker aktief aan sterrekunde kan deelneem. Die boek verduidelik hoe jy byvoorbeeld Venus in die daglig kan sien en hoe 'n mens die mane van Jupiter, wat voordurend in die aand van posisie verander, kan dophou. Sterrekunde binne bereik is ook ideaal om skoliere sowel as onderwysers by te staan as 'n sterrekunde-hulpbron, en om 'n belangstelling in algemene wetenskaplike beginsels soos ellipse, te prikkel. Vind ook uit waarom die dae van die week van sterrekunde afgelei is. |
You may like...
Collaborative Networks and Digital…
Luis M. Camarinha-Matos, Hamideh Afsarmanesh, …
Hardcover
R2,780
Discovery Miles 27 800
Data Analytics for Social Microblogging…
Soumi Dutta, Asit Kumar Das, …
Paperback
R3,335
Discovery Miles 33 350
Blockchain Technology for Global Social…
Jane Thomason, Sonja Bernhardt, …
Hardcover
R4,865
Discovery Miles 48 650
Handbook of Research on Edge Computing…
G. Nagarajan, R I Minu
Hardcover
R7,006
Discovery Miles 70 060
AI-Driven Intelligent Models for…
Samala Nagaraj, Korupalli V Rajesh Kumar
Hardcover
R6,199
Discovery Miles 61 990
|