0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (9)
  • R100 - R250 (5)
  • R250 - R500 (17)
  • R500+ (10)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Wiskunde en Wetenskap

Voels Van Suider-Afrika - Die Volledige Fotogids (Afrikaans, Paperback): Burger Cillie, Niel Cillie, Phil Penlington, Trevor... Voels Van Suider-Afrika - Die Volledige Fotogids (Afrikaans, Paperback)
Burger Cillie, Niel Cillie, Phil Penlington, Trevor Hardaker, Karen Wiesler 11
R695 R568 Discovery Miles 5 680 Save R127 (18%) Ships in 5 - 10 working days

VELD Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids bring die heel nuutste foto’s, navorsing en verspreidingsdata oor alle voëlspesies wat tot op hede in Suider-Afrika aangeteken is, byeen.

Hierdie omvattende veldgids bevat nagenoeg 2 000 pragtige kleurfoto’s, asook:

  • die nuutste inligting oor die 991 voëlspesies in Suider-Afrika
  • bondige inskrywings wat fokus op identifikasie, moontlike verwarring, gedrag en habitat, asook verskille in geslag, ouderdom, kleurvariasies en subspesies
  • opsommende inligting oor elke voëlspesie se grootte, kos, status en sosialiteit
  • bygewerkte, kleurgekodeerde verspreidingskaarte wat elke voël se status en digtheid aandui
  • ’n volledige en verkorte register
  • ’n toepassing (“app”) met voëlroepe en addisionele foto’s van kleurvariasies.

Of jy buite in die veld of op die rusbank in jou huis is, is hierdie gids ’n onontbeerlike metgesel.

Sasol Voëls Van Suider-Afrika (Met PVC-Omslag) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe): Ian Sinclair, Phil Hockey Sasol Voëls Van Suider-Afrika (Met PVC-Omslag) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe)
Ian Sinclair, Phil Hockey
R600 R468 Discovery Miles 4 680 Save R132 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Die vyfde uitgawe van Sasol Voëls van Suider-Afrika is tans volledig bygewerk deur die deskundige skrywerspaneel, met bykomende bydraes van twee nuwe voëldeskundiges. Hierdie omvattende topverkopergids is grootliks verbeter en sal beslis sy plek behou as een van die mees betroubare veldgidse in Afrika.

Belangrike kenmerke van die nuwe uitgawe:

  • Meer as 800 nuwe illustrasies
  • Skandeer en speel voëlroepe deur die gratis aflaaibare toep te gebruik
  • Omvattende hersiening (met mees onlangse spesierekords), verspreidingskaarte en plaatbyskrifte
  • Nuwe toevoegings van bydraende skrywers
  • Omvattende dekking van die streek se voëls
Sasol Voëls van Suider-Afrika (Met Skandeer Strepieskodes Vir Voëlroepe) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe): Ian... Sasol Voëls van Suider-Afrika (Met Skandeer Strepieskodes Vir Voëlroepe) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe)
Ian Sinclair, Phil Hockey 2
R550 R429 Discovery Miles 4 290 Save R121 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Die vyfde uitgawe van Sasol Voëls van Suider-Afrika is tans volledig bygewerk deur die deskundige skrywerspaneel, met bykomende bydraes van twee nuwe voëldeskundiges. Hierdie omvattende topverkopergids is grootliks verbeter en sal beslis sy plek behou as een van die mees betroubare veldgidse in Afrika.

Belangrike kenmerke van die nuwe uitgawe:

  • Meer as 800 nuwe illustrasies
  • Skandeer en speel voëlroepe deur die gratis aflaaibare toep te gebruik
  • Omvattende hersiening (met mees onlangse spesierekords), verspreidingskaarte en plaatbyskrifte
  • Nuwe toevoegings van bydraende skrywers
  • Omvattende dekking van die streek se voëls
Botanicum (Afrikaans, Hardcover): Kathy Willis Botanicum (Afrikaans, Hardcover)
Kathy Willis; Illustrated by Katie Scott; Translated by Ria Crafford
R430 Discovery Miles 4 300 Ships in 4 - 8 working days

Botanicum is 'n pragtige volkleur boek wat 'n hele klomp raaisels om plante onthul.

Hoe het die eerste plante gelyk? Wanneer het die eerste woude gevorm? Wanneer het plante begin blomme dra? Watter plante is die grootste, kleinste, vreemdste, seldsaamste, lelikste en stinkste op aarde? In Botanicum kan jy die mees eksotiese en veemdste plante bymekaar sien.

Leer hoe plante al miljoene jare langer as ons bestaan en fassinerede dinge soos hoekom party plante groen is en ander nie en hoe party plante in water leef en ander in die lug hang sonder enige kontak met die grond.

Kom ontdek binne Botanicum die wonderlike planteryk in sy kleurryke, verrassende glorie.

Ontsluier Die Heelal - 'n Inleiding Tot Sterrekunde (Afrikaans, Hardcover): J.E. van Zyl Ontsluier Die Heelal - 'n Inleiding Tot Sterrekunde (Afrikaans, Hardcover)
J.E. van Zyl
R430 Discovery Miles 4 300 Ships in 4 - 8 working days

Die skrywer se doelstelling met hierdie publikasie is om die beginsels van sterrekunde toeganklik te maak vir almal, om ‘n teks daar te stel wat bruikbare toeligting vir die amateursterrekundige is en kan dien as voorbereiding vir verdere studie in die sterrekunde.

Van Zyl se eenvoudige, onderhoudende skryfstyl dra verder by tot die boek se toeganklikheid vir sterrekundiges sowel as leke met ‘n besondere belangstelling in die heelal. Deurgaans word gepoog om te verduidelik hoe sterrekundiges te werk gaan. Om begrip te vergemaklik, verskyn ook 11 bladsye bylaes waarin die wiskunde wat gebruik word uit grondbeginsels herlei word. Dit bevat gedetailleerde beskrywings en verduidelikings van die heelal se geheime.

Inligting oor nuwe ontdekkings en teoriee, kleurvolle diagramme en foto’s verhoog die waarde.

Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 2: Gr 2: Leesboek - Huistaal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 2: Gr 2: Leesboek - Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R90 R78 Discovery Miles 780 Save R12 (13%) Ships in 4 - 8 working days
Die Siel Van Die Mier (Afrikaans, Paperback): Eugene N. Marais Die Siel Van Die Mier (Afrikaans, Paperback)
Eugene N. Marais; Edited by J C Kannemeyer
R186 Discovery Miles 1 860 Ships in 4 - 8 working days

Sedert die tweede druk van die tweede uitgawe in 1975 was Die siel van die mier egter slegs as ’n skaars tweedehandse eksemplaar beskikbaar. Hierdie uitgawe is verryk deur ’n inleidende besinning oor die vraag of Maeterlinck, die Belgiese Nobelpryswenner, Marais se teorie oor die termietnes as organiese eenheid oorgeneem het. Origens blyk dit uit die verskillende drukke en uitgawes hoe Afrikaans in die jare twintig van die twintigste eeu nog op weg was om ’n wetenskaplike woordeskat te vind en die addendum bevat artikels wat vandag slegs met moeite uit ou tydskrifte en koerante opgediep kan word.

Statistical tables/Statistiese tabelle (English, Afrikaans, Staple bound, 4th ed): D J Stoker Statistical tables/Statistiese tabelle (English, Afrikaans, Staple bound, 4th ed)
D J Stoker
R260 R241 Discovery Miles 2 410 Save R19 (7%) Ships in 7 - 10 working days

A valuable, bilingual guide to the most useful statistical tables.

Kwantitatiewe statistiese tegnieke (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): A. Swanepoel, F.L. Vivier, S.M. Millard, R. Ehlers Kwantitatiewe statistiese tegnieke (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
A. Swanepoel, F.L. Vivier, S.M. Millard, R. Ehlers
R635 R587 Discovery Miles 5 870 Save R48 (8%) Ships in 7 - 10 working days
Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Tracey Hawthorne Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Tracey Hawthorne
R120 R94 Discovery Miles 940 Save R26 (22%) In Stock

Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika bied aan die jong leser 'n fassinerende blik op die reptiele van die streek. Met behulp van volkleur fotoÆs en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die algemene reptielspesies in Suider-Afrika kan identifiseer.

Identifiseer die Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Bygewerkte Uitgawe): Braam van Wyk, Piet Van Wyk Identifiseer die Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Bygewerkte Uitgawe)
Braam van Wyk, Piet Van Wyk
R380 R297 Discovery Miles 2 970 Save R83 (22%) Ships in 5 - 10 working days

’n Regstreekse, voor die hand liggende en effektiewe gids tot boom-identifikasie.

Dié boek se titel sê dit alles! Hierdie bygewerkte tweede uitgawe verskaf ’n duidelike uiteensetting van hoe bome saamgestel is en waarna om op te let wanneer ’n boom geïdentifiseer word. Die boek bestaan uit twee dele:

- Deel 1 beskryf en illustreer duidelik die verskillende dele van ’n boom en hul rol in boomidentifikasie.

- Deel 2 bevat ’n sleutel tot 43 boomgroepe, gebaseer op maklik waarneembare stingel- en blaarkenmerke. Dit gee ’n duidelike oorsig van elke groep, sowel as die Suider-Afrikaanse boomfamilies wat in die onderskeie groepe verteenwoordig word. Talle kleurfoto’s en verduidelikende illustrasies ondersteun die teks wat dié handleiding toeganklik en gebruikersvriendelik maak.

Identifiseer die Bome van Suider-Afrika sal lesers toerus met ’n goeie begrip van die bou van bome en waarna hulle moet oplet om dit korrek te kan identifiseer.

Also available in English as How to Identify Trees in Southern Africa .

Sasol Oorsiglys Van Voëls In Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Struik Nature Sasol Oorsiglys Van Voëls In Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Struik Nature
R80 R63 Discovery Miles 630 Save R17 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Al lank ’n gewilde hulpbron, die nuwe, opgedateerde Oorsiglys van Voëls in Suider-Afrika is nou beskikbaar. Dit bevat ’n lys van al die voëls wat in die streek te sien is, en bied ’n eenvoudige metode om aan te dui waar en wanneer jy hulle waargeneem het.

In gerieflike sakformaat bied dit:

  • Kruisverwysings na die nuwe Sasol Voëls van Suider-Afrika (vyfde uitgawe)
  • Ses kolumme vir veelvuldige waarnemings op ses verskillende plekke
  • Jongste name van alle Suider-Afrikaanse voëls
  • Endemiese en bedreigingstatus

Sal verwelkom word deur die streek se voëlkykers wat hulle waarnemings in Afrikaans wil nasien en opteken.

Insektopedie - Die Geheime Wereld van Suider-Afrikaanse Insekte (Afrikaans, Paperback): Erik Holm Insektopedie - Die Geheime Wereld van Suider-Afrikaanse Insekte (Afrikaans, Paperback)
Erik Holm
R350 R273 Discovery Miles 2 730 Save R77 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Insektopedie lê die betowering en ryke verskeidenheid van die wêreld van insekte bloot. Dit deurgrond hul fassinerende gedrag en biologie – van paring en broeigedrag, metamorfose en beweging tot sig, reuk, gehoor en hul aanpassings by hitte en koue.

’n Hoofstuk oor superorganismes ondersoek die merkwaardige verskynsel van sosiale gemeenskappe; ’n ander een dek die kritieke rol wat dié diertjies speel om die fyn balans van lewe op ons planeet in stand te hou.

Die boek sluit af met ’n 60-bladsy geïllustreerde veldgids wat die meeste insekordes en hul belangrikste families beskryf. Voorheen as Inseklopedie van Suider-Afrika gepubliseer, maar die nuwe uitgawe is nou grondig hersien en herontwerp, met die nuutste inligting, ’n uitgebreide ID-seksie en ’n paar honderd nuwe foto’s.

Sasol Eerste Veldgids tot Algemene Voels van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Tracey Hawthorne Sasol Eerste Veldgids tot Algemene Voels van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Tracey Hawthorne
R120 R94 Discovery Miles 940 Save R26 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Algemene Voels van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die voellewe van die streek. Met behulp van volkleurfoto's en verspreidingskaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene voelspesies in Suider-Afrika kan identifi seer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en broeigewoontes.

Newman se Voels van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Kenneth Newman Newman se Voels van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Kenneth Newman
R480 R375 Discovery Miles 3 750 Save R105 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Die gedenkuitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika is 'n opdatering van 'n klassieke voelboek, asook 'n huldeblyk aan een van die streek se voelkenners, Kenneth Newman. Met die ondersteuning van Faansie Peacock ('n opkomende voelkenner) het Vanessa Newman (die outeur se dogter) die teks en illustrasies vir die nuwe uitgawe volledig hersien, opgedateer en uitgebrei.

Die titel bevat al die voels wat waargeneem is tussen Antarktika en die Zambesirivier, en sluit in voels van die Suidelike Oseaan, Suid-Afrika, Zimbabwe, Namibie, Botswana, Swaziland, Lesotho en Mosambiek. Die bekende, gebruikersvriendelike formaat van Newman se Voëls van Suider Afrika is behou, maar die boek spog met 'n moderne nuwe voorkoms. Kleurkodes is gebruik vir voelgroepe en kruisverwysings tussen die teks, en illustrasies is behou.

Die bekende groot, akkurate illustrasies van elke spesie wys die voel soos wat hy in die veld voorkom, en byskrifte tot die illustrasies lig nou hoofkenmerke uit.

'n Hersiende inleiding wys lesers stap-vir-stap hoe om die nuutste uitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika te gebruik.

Sasol 300 Maklik Sigbare Voels van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Chevonne Reynolds Sasol 300 Maklik Sigbare Voels van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Chevonne Reynolds
R340 R266 Discovery Miles 2 660 Save R74 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie praktiese, eenvoudige gids tot van die voëls in Suider-Afrika wat die meeste gesien word, is gemik op beginner- en selfs juniorv oëlkykers. Dit is meer toeganklik as ’n volwaardige veldgids, en baie nuttig met eenvoudige teks, duidelike illustrasies en foto’s van 300 van die streeks se voëls wat die maklikste te sien is.

Vir elke voël bied die boek:

- Eenvoudige teks met onder meer ‘vind dit;’ ‘identifiseer dit’ en ‘verstaan dit’

- Illustrasies en foto’s in volkleur

- ’n Verspreidingskaart

- Die gewone Afrikaanse naam, wetenskaplike naam en gewone name in Engels en ander Afrika-tale

- Gemiddelde grootte en besonderhede oor die nes

- Omraamde teks met bykomende inligting vir sommige voëls.

Hierdie kleurryke, tersaaklike boek met bondige aanwysings vir identifisering behoort groot byval te vind by Suider-Afrikaanse voëlkykers en buitelewe-entoesiaste.

Sasol Eerste Veldgids tot Sterrehemel van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Cliff Turk Sasol Eerste Veldgids tot Sterrehemel van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Cliff Turk
R120 R94 Discovery Miles 940 Save R26 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Sterrehemel van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die suidelike sterrehemel. Met behulp van volkleurfoto’s en illustrasies, maandelikse sterrekaarte en maklik leesbare teks, sal die ontluikende sterrekundige die meer sigbare voorwerpe in ons naghemel kan uitken en meer van die unieke verskynsels in ons sterrestelsel te wete kom.

Algemene plantkunde (Afrikaans, Book): H.P. van der Schijff Algemene plantkunde (Afrikaans, Book)
H.P. van der Schijff
R785 R720 Discovery Miles 7 200 Save R65 (8%) Ships in 7 - 10 working days

In hierdie verbeterde, uitgebreide en aangepaste uitgawe van Algemende Plantkunde is die benadering steeds om basiese plantkunde, die vakwetenskap wat oor plante handel, aan studente bekend te stel. Die boek bied aan studente op voorgraadse vlak 'n waardevolle biologies-wetenskaplike basis. Die skrywers, onder leiding van HP van der Schijff, is gemoeid met die bekende, byna klassieke, maar tog moderne vorm van plantkunde om sodoende die hedendaagse student en navorser tot diens te wees, en aan hom/haar 'n onderbou te gee in die werklikheid van vorm, bou , funksie en voortplanting van die plante waarmee hy/sy werk.

Sasol Eerste Veldgids tot Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Elsa Pooley Sasol Eerste Veldgids tot Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Elsa Pooley
R120 R94 Discovery Miles 940 Save R26 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Bome van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die bome van die subkontinent. Met behulp van volkleurfoto's en verspreidingskaarte, asook maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene bome in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle groei, en meer te wete kom oor hul unieke eienskappe.

Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Sean Fraser Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Sean Fraser
R120 R94 Discovery Miles 940 Save R26 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika bied aan die jong leser ’n fassinerende blik op die diere lewe van die streek. Met behulp van volkleur foto’s en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die meer algemene soogdierspesies in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en teelgewoontes.

Veldgids tot Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Braam van Wyk Veldgids tot Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Braam van Wyk
R630 R492 Discovery Miles 4 920 Save R138 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie omvattend uitgebreide, hersiene uitgawe van die beste verkoper onder boom-veldgidse vir die streek bied veel meer as die hoogs suksesvolle eerste uitgawe. Volledig bygewerkte teks (insluitend bykomende spesie-inskrywings) en verspreidingskaarte, talle nuwe foto’s en ’n nuwe seksie van 87 bladsye met foto’s van die hele boom maak dié gewilde gids nog meer noodsaaklik in die veld.

Suider-Afrika het ’n ryk verskeidenheid bome, met sowat 2 100 inheemse en meer as 100 genaturaliseerde uitheemse spesies. Veldgids tot Bome van Suider-Afrika beskryf en illustreer meer as 1 000 hiervan, met die klem op die algemeenste bome en dié wat waarskynlik die meeste teëgekom word. Spesies is op grond van maklik waarneembare blaar- en stingelkenmerke logies in 43 groepe gerangskik, elke inskrywing met volkleurfoto’s van die diagnostiese dele van die plant. Praktiese gebruike van die plante word ook genoem.

Sasol Eerste Veldgids tot Roofvoels van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): David Allan Sasol Eerste Veldgids tot Roofvoels van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
David Allan
R120 R94 Discovery Miles 940 Save R26 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Roofvoëls van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die voellewe van die streek. Met behulp van volkleur-foto’s en -verspreidingskaarte, asook maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene roofvoels in Suider- Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en broeigewoontes.

Sasol Eerste Veldgids tot Paddas van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Vincent Carruthers Sasol Eerste Veldgids tot Paddas van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Vincent Carruthers
R120 R94 Discovery Miles 940 Save R26 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot die Paddas van Suider-Afrika is ’n interessante gids tot die paddas van die streek. Volkleurfoto’s, verspreidingskaarte en verstaanbare teks sal nuwelinge en aspirantnatuurkenners help om die algemeenste paddaspesies in Suider-Afrika uit te ken, te ontdek waar hulle voorkom en te leer van hul unieke gedrag en buitengewone eienskappe.

Evolusie vir Christene (Afrikaans, Paperback): Albert Alberts Evolusie vir Christene (Afrikaans, Paperback)
Albert Alberts

Daar is baie intelligente en toegewyde Christene wat evolusie sien as ‘n ateistiese dogma wat die kern van die geloof van ‘n Christen bedreig. Dit het al begin na die publiskasie van Charles Darwin se boek oor evolusie maar is meer onlangs op ‘n spits gedryf deur die aggressiewe publikasies van ateistiese natuurwetenskaplikes wat beweer dat daar nou geen rol meer bestaan vir God in die skepping nie. Dit het op sy beurt weer ongelukkig gelei tot veelvuldige publikasies deur toegewyde Christene wat probeer het om die wetenskap van evolusie te diskrediteer. Opwindende nuwe navorsing oor die meganisme van evolusie het al hoe duideliker in die afgelope dekades geword. Die leser word hieraan blootgestel en dit sal duidelik word dat God op opwindende maniere evolusie gebruik het om ons, die uiteindelike kroon van Sy skepping, daar te stel. Dit is die wese van die teistiese benadering. Al die verskillende geloofsmodelle word bespreek en daar word veral op die teistiese benadering klem geplaas. Knelpunte word deeglik uitgelig. Aan die einde van die boek sal die toegewyde Christen besef dat hy of sy die wetenskap van evolusie ten volle kan aanvaar en steeds in verwondering die hande kan ophef en Hom prys en eer vir Sy krag en majesteit.

Fynbos - ekologie en bestuur (Afrikaans, Paperback): Karen J. Esler, Shirley M Pierce, Charl de Villiers Fynbos - ekologie en bestuur (Afrikaans, Paperback)
Karen J. Esler, Shirley M Pierce, Charl de Villiers
R407 Discovery Miles 4 070 Ships in 5 - 7 working days

Of jy nou 'n grondeienaar of bestuurder van 'n stuk natuurlike veld in die Kaap, of 'n besoeker aan hierdie unieke deel van Afrika is, neem dit jou nie lank om die merkwaardige rykdom van die streek te waardeer nie. Bergreekse, valleie, kusgebiede en vleilande dra by tot 'n ongeewenaarde biodiversiteit van wereldwye belang - in so 'n mate dat groot dele daarvan Werelderfenis-status verwerf het. Hierdie boek is 'n gids om besoekers, inwoners, bestuurders of eienaars van grond in die Fynbosbioom te help om die uitsonderlike rykdom te waardeer en te bestuur. Deur te put uit die omvattende kennis van navorsers en bestuurders in die Fynbos Forum-gemeenskap, het ons gepoog om `n praktiese, toeganglike stuk gereedskap vir die verbetering van grondbestuur in die Fynbosbioom daar te stel, en om die jongste wetenskaplike kennis oor die bestuur van hierdie globaal belangrike, ryk ekostelsel te deel.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
ሳይንስና ኢቮሉሽን ክፍል 2 - ኢቮሉሽናዊ ቲዎሪዎችን ውድቅ…
Zeleke Behailu Paperback R496 Discovery Miles 4 960
Annales Des Sciences Naturelles…
Anonymous Paperback R925 R790 Discovery Miles 7 900
Konec Teorije Velikega poka - Renesansa…
Srečko Sorli Paperback R579 Discovery Miles 5 790
ሳይንስና ኢቮሉሽን ክፍል 1 - ኢቮሉሽናዊ ቲዎሪዎችን ውድቅ…
Zeleke Behailu Paperback R502 Discovery Miles 5 020
Maklike aftrek van wiskunde vir kinders…
Alexa Club Paperback R289 Discovery Miles 2 890
Leer wiskunde-tafel vir kinders…
Alexa Club Paperback R289 Discovery Miles 2 890
Leer maklike wiskundetoevoeging vir…
Master Curriculum Paperback R289 Discovery Miles 2 890
Die filosoof se klip boek - antieke…
Steven School Paperback R246 Discovery Miles 2 460
Le ons d'Alg bre - 3 me Ed
Charles Briot Paperback R868 R744 Discovery Miles 7 440
Annales Des Sciences Naturelles…
Anonymous Paperback R869 R745 Discovery Miles 7 450

 

Partners