Die verhaal van 'n veertigjarige vrou se bestekopname van haar lewe. Sy is morbied obees en kos speel 'n baie belangrike rol. Dis in die vorm van dagboekinskrywings, sms'e en e-posse. Dit bied 'n kykie in die psige van 'n eetverslaafde; iets waarmee baie lesers sal kan identifiseer. Dis ook 'n liefdesverhaal (wat in die verlede afspeel), d.m.v. sms'e en e-posse en derdens volg die leser die broodkrummels na die jeugtrauma wat haar gedefinieer het.
Hierdie is 'n roman wat jou verbeelding beetpak en nie maklik laat gaan nie. Omdat dit in kleinerige brokke aangebied word, omdat dit soveel donker humor bevat en ontdaan is van selfbejammering, omdat die taal so lewendig is, is dit toeganklik sowel as ... wel, gewigtig.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
Stukkies van 'n hart
Mon, 6 Jun 2022 | Review
by: Chanele R.
Adele Vorster se Tien voor een boek. Adele se woorde lę soos 'n oopgevlekte hart in 'n anatomie klas voor jou. Die woorde is rou en eg. Glas pomp deur die are en skeur hulle oop sodat jy saam met haar huil oor hoe diep die seer lę. Die verhaal van die jong meisie wat haar bes doen om die lewe te oorleef loop in parallel met haar wyser, ouer self. Die veelvuldige verhale vleg en weef in en uit soos wat geestestoestande met jou geheue kan maak. Adele balanseer haar węreld alles fyntjies binne hierdie strome soos 'n papier-bootjie. Soos geestes- en eetversteurings, liefdesteleurstellings en slegte dinge wat met kinders in die donker gebeur, iets waaroor daar nie gepraat word nie. Adele spreek haarself en die leser met empatie en objektiwiteit hieroor aan en kry dit reg om oor aaklige, ongemaklike, pynlike ervarings te skryf. Haar openhartigheid om haarself bloot te stel met al haar gebreekte stukkies, maak vir die mooiste mosaďek.
Did you find this review helpful?
Yes (0) |
No (0)