Ontdek die verrassings wat weggesteek lę in die bekende tekste van die Evangelies.
Weet ons presies wat staan alles in die Evangelies, of dínk ons ons weet? In Geloofskatte in die Evangelies diep Adrio König honderde verrassende skatte op wat die leser op ’n totaal nuwe manier na die Evangelies sal laat kyk.
Hy bespreek vrae soos:
- Hoekom wou Johannes die doper nie vir Jesus doop nie?
- Het Jesus en die dissipels mekaar verstaan?
- Het Jesus opgestaan, of is Hy opgewek?
- Hoekom het Jesus nie in die Grieke belanggestel nie?
- Het Jesus regtig sy dissipels verbied om na die heidene te gaan? Hoe kan ons dan?
- Het Jesus iets van boerdery geweet? Hoe kan Hy dan vertel van ’n boer wat driekwart van die saad mors?
- Watter slinkse plan het die Joodse leiers gemaak om Jesus te vang?
- Het Jesus regtig gesę ons mag niemand oordeel nie? Hy het dan mense erg geoordeel.
Adrio König beantwoord hierdie vrae eerlik en die antwoorde is diep begrond in deeglike Skrifstudie. Hierdie kort, amper weggesteekte, genadeskatte sal die leser onder ’n dieper besef bring van al die belangrikste Christelike geloofsoortuigings en só vaster laat staan in sy of haar geloof.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!