Wanneer ʼn dossier uit ʼn polisiekantoor verdwyn, word ʼn jong vrouekonstabel,
Lisa Olckers, van diefstal beskuldig en geskors. Ná ’n grusame aanval op
haar ouers se plaas, besef haar broer, Thinus Olckers, dit was meer as net ʼn
gewone rooftog. Hy besluit om reg in eie hande te neem en die aanvallers op
te spoor.
Maar Thinus Olckers is nie die enigste man uit op wraak nie: die geheimsinnige
Patel, ’n oorlewende van ʼn martelkamp in Angola, soek die bloed
van Vusi Radebe, destyds ʼn wag in die kamp. Vusi is nou ʼn generaal in die
Suid-Afrikaanse Weermag en Patel ’n skatryk goudsmokkelaar. Dit blyk dat
die vermiste dossier in opdrag van Patel gesteel is en Thinus Olckers krap
nou waar dit nie jeuk nie.
Kaptein Dirk Bremer, ’n stroomop alleenloper, is op die spoor van sowel
die plaasaanvallers as Thinus, nou ʼn gevaarlike vigilante. Daar is ʼn gruweldaad
op Bremer se werf gepleeg en hy is ewe onverbiddelik as Thinus en
Patel.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!