Books > Fiction > Genre fiction > Crime & mystery
|
Buy Now
Blinde Gode - Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Loot Price: R275
Discovery Miles 2 750
You Save: R45
(14%)
|
|
Blinde Gode - Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Series: Gode, 2
(sign in to rate)
List price R320
Loot Price R275
Discovery Miles 2 750
You Save R45 (14%)
Expected to ship within 7 - 11 working days
|
Die vraag wat die Romeinse digter Juvenalis 2000 jaar gelede gevra het,
word vandag steeds onbeantwoord gelaat: Wie sal toesien dat die
bewakers bewaak word?
Aella O’Malley is bevorder na bevelvoerder van die speurtak op Opathe
sedert die dramatiese gebeure in Dowe gode. Dis nou eers ’n week en sy
moet nog gewoond raak daaraan wanneer mense haar as kolonel aanspreek.
Sy sukkel steeds om die dood van haar geliefde Roel te verwerk en is
getraumatiseer deur Whistler se verraad. Sy ontvang besoek van ’n
afgevaardigde van ’n presidensiële kommissie van ondersoek na korrupsie
in die strafregstelsel – op die presiese tydstip wat ’n plaaslike
landdros dood in sy motor gevind word. Hy is tereggestel.
Aella is verplig om kontak te maak met majoor Christophe Leblanc om
haar te help om data te herwin ten einde die ondersoek te bespoedig.
Leblanc is ’n Fransman van Interpol wat Suid-Afrika toe gestuur is om
uit te vind wat van die geld word wat Europa vir renoster bewaring
skenk.
Terselfdertyd word twee renoster stropers koelbloedig voor kolonel
Alexander MacLachlan op die verre noordelike grens van die provinsie
doodgeskiet. Hy arresteer die moordenaar op die toneel. Sy saak word
beduiwel toe die moordenaar homself om die lewe bring.
Hoe hou die moord op ’n landdros en die teregstelling van twee renoster
stropers met mekaar verband? Die ondersoek lei O’Malley en MacLachlan
na mekaar, met skokkende gevolge.
Die ondersoek is egter ook ’n helingsproses vir O’Malley. Deur die
harde werklikheid van ’n moordondersoek leer sy dat die dooies die
dooies moet begrawe en dat hoop nooit ydel kan wees nie.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.