Markus Gerlach en sy kameraad Domingos Magadzi vlug oor die grens van Suid-Afrika na die noorde van Mosambiek omdat hulle vrees dat hulle van die moord op drie mense aangekla sal word. Vir Phoebe Maritz, ’n kleindorpse joernalis, is dit ’n kans om eindelik ’n storie van internasionale belang na te jaag en sy sit die twee met die hulp van ’n veiligheidskontrakteur, Paul Fryer, agterna.
Sy hoop om ’n eksklusiewe onderhoud met Markus los te slaan en die waarheid te ontbloot. Maar Cabo Delgado, waar Markus wegkruip, word deur verwoestende terreur geteister en niemand is daar veilig nie.
Gou bevind Phoebe haar in die middel van ’n plofbare botsing tussen gevreesde insurgente, kastige filantrope, private militêre kontrakteurs, agente van internasionale olie-en-gasmaatskappye en – erger nog – ’n bloeddorstige reeksmoordenaar.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
Thu, 6 Oct 2022 | Review
by: Wessie V.
In the present day in South Africa you find the war between right and wrong.
This gives an intense story of the happenings on the way to conclution.
Did you find this review helpful?
Yes (0) |
No (0)