In Verwonde jare spat Daniël Pohl se wêreld aan skerwe met die verskyning van
’n skokkende nuusberig: ’n Man in ’n silwergrys Mercedes het ’n vrou se baba in
sy stootwaentjie doodgery en weggejaag. Daniël het presies só ’n motor, en hy’s
dieselfde middag opgemerk in die omgewing waar die voorval plaasgevind het.
In Môre lê ver word die rykmansdogter Tania Erasmus se gemaksugtige bestaan
op sy kop gekeer toe ’n vreemdeling onverwags by haar verlowingspartytjie
opdaag. Sy word ’n baie belangrike lewensles geleer: dat ryk nie gelyk is aan
beter nie.
En in Die meisie van Klaradynstraat het prokureur Owen Kemp Elsa Brits van
haar agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde van
al die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is tot die
agterstrate nie. Hul dogter Isobel het alles wat haar hart begeer, maar sy kry
pynaanvalle wat deur ’n diep ongelukkigheid veroorsaak word.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!