Ná drie jaar op ’n passasierskip smag Jean Botha na ’n plek wat syne is
en waar hy gewoon net mens kan wees. Tans verkeer hy elders: iewers en
tegelykertyd nêrens.
Die oomblik toe hy terug op eie bodem vir Renette Brink op Stellenbosch
ontmoet, weet Jean een ding vir seker: Hy sal haar nooit weer kan
vergeet nie. Maar Renette is verloof aan Martin Hoogendyk, ’n gesiene
boer van die Oos-Vrystaat.
Toe sy vriend Duncan Weston aanbied dat Jean op sy plaas naby Bethlehem
gaan toesig hou oor die bedrywighede daar, gryp hy die die geleentheid
dadelik aan. Op Heuningkrans slyp hy sy nuutgevonde kunstalent en begin
sy eie skilderye te verkoop. Hy besoek selde die dorp en vermy so enige
onverwagse herontmoeting met Renette.
Intussen is onheil besig om in die pasgetroude Hoogendyks se
huishouding te ontvou. Gaan Renette betyds die regte besluit maak?
’n Meesleurende roman oor twee mense wat hulself vir die keuses van die
verlede moet vergewe voor hulle ’n ware tuiskoms en liefde kan vind.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!