Om ’n kerkkamp saam met sy eks-boelie by te woon is vir Heinrich al erg
genoeg – maar noudat Conrad skielik so hoogheilig is dat hy sommer
Heinrich se beste vriend probeer steel, is dit net een te veel. Voor
Heinrich iets daaraan kan doen, word hy en Conrad saam weggevoer na ’n
Bybelse ryk vol wonderwerke en gevaar, en skielik is daar ver
belangriker dinge op die spel: hulle lewens. Kan Heinrich en Conrad
hulle verskille oorkom en saam die regte keuses maak om weer by die
huis te kom?
Hierdie kies-jou-eie-avontuurverhaal deur die meesterlike De Wet Hugo
vat lesers saam op ’n ongelooflike sending. Die verhaal is gebaseer op
verskeie geliefde Bybelverhale.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!