Voetspore is ’n dokumentêr-avontuur op SABC 2. Johan Badenhorst en sy makkers het onlangs die agtste reeks, Voetspore op die Ewenaar, voltooi. Maar sulke reise kos fyn beplanning, veral wat die spys en drank aanbetref. Wie kan gaan krokodille kyk of ’n voertuig uit die modder sleep op ’n leë maag?
Johan en Alma het uit ondervinding die resepte en beplanningslyste saamgestel. Alle resepte dui die voorbereidings- en gaarmaaktyd aan – sodat jy self kan besluit hoeveel tyd jy het voor die son sak. Die resepte is eenvoudig maar watertand-lekker, alles saamgestel uit die beplande inkopies.
Hoogtepunte in die nuwe uitgawe sluit in Keniaanse Vermicelli brood, Pangebraaide oester, Hoenderflambe in whiskey en Cajun Kabeljou. Die kookboek pas gemaklik in jou voertuig se paneelkissie – en is net so belangrik soos jou domkrag, spaarwiel en sleeptou.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!