In Sondes van die vaders is Danny Hector en haar ondersoekspan weer warm op
die spoor van ’n nuwe moordverdagte.
Die weeskind Hansie Roodt, wat in die 1980’s as tienerseun galgdiens moes
doen, het begin om die nasate van diegene wat hom destyds te na gekom het,
vir húl sondes te laat boet. Hansie, nou bekend as Gabriël, is ’n
reeksmoordenaar met ’n slinkse modus operandi wat aanhou uitdaag en verras,
en kreatiewe maniere moet gevind word om hom te vang.
Nes sy voorganger beloof Sondes van die vaders om ook ’n groot gunsteling by
lesers te wees – ’n viering van ’n skrywer wat ’n sonderlinge aanvoeling vir
karakters, dialoog en bowenal vir stórie gehad het.
Die veelsydige en veelbekroonde François Bloemhof is verantwoordelik vir die
afronding van Lerina se manuskrip.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!