In elke Christen se hart leef die versugting: “Here, help my om u stem te hoor! Leer my hoe om by U tot rus te
kom.”
Oomblikke van stilte, uit die pen van Lizette Murray, lei vroue om fyn te luister en te hóór – en in
gehoorsaamheid op te staan en te dóén. Die 365 sielsverrykende oordenkings volg die spoor van Bybelfigure wat
God heelhartig gevolg het, maar ook die twyfelaars en hardkoppiges. Vroue word met hulle eie geloofspad
gekonfronteer: Met die dinge wat hulle van ’n gehoorsaamheidslewe weerhou; met verlies wat hulle stom en
vertwyfeld laat, maar ook die verwondering wanneer hulle besef dat Christus Immanuel is – die God wat tussen
ons leef.
In Oomblikke van stilte ontdek vroue God se stem word nooit stil nie. Hy verlang dat gelowiges sal antwoord:
“Praat, Here. Hier is ek. Ek luister.”
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!