Bellingan het nie ontsag vir heilige koeie nie. In haar brief aan
meneer Mbeki vermeld sy: "Ek gaan vandag met die deur in die huis
val. Wel, dis wat die diewe Saterdagaand met my agterdeur gedoen
het." Kunstefeeste? Op plekke soos Afganistan, Irak en Aardklop
sien jy dinge wat geen sielkundige kan regpraat nie. Dalk is dit
hoekom sy 'n play wil skryf, Jakkals is ook die bliksem in. Sy
onderskat ook nie die Engelse nie. Hulle het "'n reuserol gespeel
in die ontwikkeling van die spoeltoilet". Scotland Yard soek steeds
na haar nadat sy agterop 'n Nederlandse vrugtelorrie die land
onwettig verlaat het. Advokaat Dubbel D lyk soos Saartjie Baartman
wat op haar hande loop. En al dra die meeste mans in Kaapstad
maskara en noem mekaar "dahling" is dit ten minste een plek in die
land waar mans dink Patricia Lewis is 'n meubelwinkel op Drie
Susters.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!