0
Your cart

Your cart is empty

Books > Fiction > Genre fiction > Romance

Buy Now

Onweerstaanbare Passie (Afrikaans, Paperback) Price: R310
Discovery Miles 3 100

Onweerstaanbare Passie (Afrikaans, Paperback)

Marijke Greeff

Series: Romanza Omnibus

 (sign in to rate)
Price R310
Sold by
Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
Discovery Miles 3 100

Bookmark and Share

Expected to ship within 2 - 4 working days

Nog 'n Marijke Greeff-omnibus ...

Onweerstaanbare passie is 'n samestelling van drie van Marijke Greeff se vorige Romanzas, 'n Ongewone meisie, Soleil en die sakeman en Formuleliefde. Die leser kan onweerstaanbare helde, sterk heldinne, interessante kinkels in die storielyne en vurige liefdestonele verwag!

'n Ongewone meisie:

Alhoewel hy Juli se teenwoordigheid verpes, begeer hy haar ook. Toe Juli Baxter se biologiese pa haar as lyfwag vir Zack huur, beskou sy dit as bloot 'n opdrag. Sy kom egter gou agter sy het haar lelik misgis …Wie haat Zack genoeg om hom te wil vermoor? En wat is die betekenis van die wit angeliere wat telkens voor 'n aanslag op sy lewe by Zack afgelewer word? Juli oortree elke reël van professionaliteit wanneer sy voor sy sjarme swig. Die spanning - ook tussen Zack en Juli - bereik 'n hoogtepunt toe Zack die moordenaar uitlok, maar byna self in sy eie strik trap …

Soleil en die sakeman:

Soleil het van kleins af 'n heldeverering vir Jason gekoester, sedert haar ma as huishoudster in sy pa se diens getree het. Sy is skaars agtien toe sy die passie in hulle verhouding ontdek. Kort daarna verdwyn Jason - waarheen, weet nugter alleen. Nou, twaalf jaar later, het sy haar mediese studie voltooi en Jason is terug. En Soleil kan nie eens teenoor haarself erken met hoeveel drif sy hierdie man liefhet nie. Maar 'n ander kant van Jason word ook nou duidelik: dié van 'n berekende sakeman. Van haar droom om 'n kliniek te heropen vir minderbevoorregtes, wil hy niks weet nie. Is sy aandrang op 'n skynverlowing ook deel van sy sakemansvernuf?

Formuleliefde:

Jarod Hunter speel nie met sy mededingers én vyande nie. Hy word nie verniet Die Jagter genoem nie. Dié formule-een-wêreldkampioen verpes die media, en Catherine is juis 'n joernalis - met die opdrag om sy verlede oop te krap en sappige brokkies aan haar lesers op te dis. Jarod weet nie sy is 'n verslaggewer nie en laat haar onder valse voorwendsels naby hom toe. Ná sy vrou se geheimsinnige motorongeluk steur hy hom nie aan vroue nie, maar Cat kan hy nie weerstaan nie. Totdat hy agterkom dat sy 'n lid van die media is en sy intiemste besonderhede op haar koerant se voorblad lees …

General

Imprint: LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
Country of origin: South Africa
Series: Romanza Omnibus
Release date: 2019
Authors: Marijke Greeff
Dimensions: 198 x 129 x 30mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 400
ISBN-13: 978-0-7993-9165-7
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Fiction > Special features > Short stories
Books > Fiction > Genre fiction > Romance > General
Books > Afrikaans > Fiksie
Promotions
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
LSN: 0-7993-9165-4
Barcode: 9780799391657

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

You might also like..

Bad Luck Penny
Amy Heydenrych Paperback  (1)
R365 Discovery Miles 3 650
Impossible
Sarah Lotz Paperback R328 Discovery Miles 3 280
Rut & Boas - 'n Liefdesverhaal
Barend Vos Paperback  (1)
R275 R258 Discovery Miles 2 580
The Wish
Nicholas Sparks Paperback R442 Discovery Miles 4 420
The Recovery Agent
Janet Evanovich Paperback R372 Discovery Miles 3 720
A Distant Shore
Karen Kingsbury Hardcover R643 Discovery Miles 6 430
Book Lovers
Emily Henry Paperback  (4)
R245 R226 Discovery Miles 2 260
Icebreaker
Hannah Grace Paperback R240 Discovery Miles 2 400
The Hardest Fall
Ella Maise Paperback R240 Discovery Miles 2 400
Nova - Renegades: Book 2
Rebecca Yarros Paperback R305 R272 Discovery Miles 2 720
Rebel - Renegades: Book 3
Rebecca Yarros Paperback R305 R272 Discovery Miles 2 720
Wilder - Renegades: Book 1
Rebecca Yarros Paperback R305 R272 Discovery Miles 2 720

See more

Partners