Die SARR Kliniek het vyf jaar gelede Marina se toevlug geword toe haar lewe in
duie stort. Dan sien sy Christiaan van Breda se naam op ’n lêer. Dié nuwe
pasiënt kan tog nie dieselfde man wees wat haar siel geknak het nie? Dieselfde
man wat die oorsaak is dat sy tot vandag toe nog nie enige ander man behoorlik
kon vertrou nie. Hoe gaan sy hom na al die jare weer in die oë kyk om sy
fisioterapeut te wees?
Dadelik klim die seer en vernedering wat sy só netjies vir die mense om
haar – haar ouma, haar kollegas en haar seuntjie – kon wegsteek, terug in haar
lewe. Nou voel sy selfs meer magteloos as daardie dag toe sy besluit het om
haar rug op haar eksman en sy manewales te keer.
Nie alles in die verlede is egter sleg en onaangenaam nie. Daar is juis
soveel mooi dinge wat tussen hulle gebeur het, en Marina sukkel om die warboel
emosies onder beheer te kry. Sal sy dit regkry om Christiaan te help? Hoe gaan
sy die groot geheim onthul wat sy al die jare so sorgvuldig bewaar het?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!