Wanneer 'n skatryk Angolese sakeman met twee koeëlgate in sy bors in 'n hotelkamer in Kaapstad aangetref word, moet Kassie en Rooi die saak ondersoek. Die kokaïen, ongeslypte diamante en edelgesteentes in sy bagasie laat hulle koppe draai. Wat doen 'n gesiene persoon, wat 'n Suid-Afrikaanse minister kom adviseer het, met vermoedelik smokkelware in sy besit?
Die nuwe en omgesukkelde tydelike bevelvoerder van die Spookeenheid laat Kassie-hulle boonop ligtrap. Hy soek resultate—en eintlik wou hy dit al gister gehad het.
'n New Yorkse beleggingsbestuurder, 'n Angolese skurk met verskeie geldmaakplanne, en 'n hoogaangeskrewe en geslepe sakevrou is almal op een of ander manier met die vermoorde man verbind. Maar wat presies het hulle met sy raaiselagtige transaksies te doen?
Kassie en Rooi moet nie net 'n moord oplos nie, maar ook 'n internasionale netwerk van kriminele aktiwiteite ontbloot—een waarbinne daar nie geskroom word om mense permanent uit die weg te ruim nie.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!