![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 4 of 4 matches in All Departments
Elke kind is by tye moeilik - uitdagend, uitputtend, irriterend en rebels. Dis ons taak as volwassenes om hulle reg te hanteer as ons gelukkige, selfversekerde kinders wil grootmaak. Wyse raad en duidelike voorbeelde vir die hantering van verskeie gedragsprobleme en uitdagings wat ouers ondervind. Hoofstukke oor spesifieke knelpunte soos twis tussen kinders, enkel- en stiefouerskap, geskeide ouers, kinders met spesiale behoeftes, en dissipline in die klaskamer. Wenke spesifiek vir oupas en oumas.
In hierdie boek gee Anne Cawood, ouerskapkenner en self 'n ouma van etlike kleinkinders, wyse raad aan grootouers wat hierdie wonderlike lewensfase betree of reeds daar is, met haar uitgebreide praktyknotas as basis. Oupas en oumas speel 'n geweldige groot rol in die lewens van die nuwe generasie - hulle eie kinders sowel as hulle kleinkinders s'n. Selfs in die hedendaagse wereld van tegnologiese ontwikkeling, oombliklike kommunikasie en blitsreise, is daar eenvoudig niks wat die sorg, liefde en ondersteuning van die uitgebreide gesin kan vervang in die lewensiklus waar grootouers die allerbelangrike skakel tussen die verlede en die toekoms vergestalt nie. Hierdie boek is gemik op alle grootouers, of enigiemand wat hierdie uiters belangrike rol in 'n kind se lewe vervul. Dit bied leiding en ondersteuning om grootouers insig te gee in die lewens van kinders in die 21ste eeu, en bevat talle wenke en inligting oor waardevolle vaardighede en positiewe strategiee om hulle kleinkinders te hanteer en geniet. So kan hulle steeds betekenisvolle lewens lei wat aan hul eie behoeftes voldoen, en hulle welverdiende vryheid en onafhanklikheid koester.
Die skrywer, 'n raadgewer, bemagtig jou danksy jare se praktiese ervaring om jou kinders se angstigheid en gevoelens van onsekerheid te beperk en so doeltreffend moontlik die ewewig in jou gesin te hervestig. Sy gee praktiese riglyne oor die volgende aan die hand van talle gevallestudies uit haar omvangryke leers: Hoe, wanneer en waar om jou kinders op 'n ouderdomsgepaste en eerlike manier in te lig; Emosionele ondersteuning vir jou as ouer; Hoe om aktief te luister, woede te hanteer en duidelike, ferm en konsekwente grense daar te stel; Die regsaspekte van die nuwe Kinderwet wat die beste belange van die kind beklemtoon; Ooreenkomste vir gesamentlike ouerskap; Voortgesette verhoudings met uitgebreide familie en hoe om nuwe lewensmaats bekend te stel; Raad aan stiefouers en ouers wat nooit voor die skeiding getroud was nie.
Ouers oraloor ervaar die stres en druk van die tienerjare wanneer selfs die gemoedelikste kinders oenskynlik in monsters ontaard. Hierdie titel rus ouers toe om die uitdagings eie aan tienerkinders die hoof te bied deur onder andere op die volgende te fokus: Dissipline as leiding, nie straf nie; Ontwikkelingsuitdagings van ouers en tieners; Luister - 'n noodsaaklike vaardigheid vir ouers; Algemene tienergedragskwessies; Selfone, rekenaars, PlayStations en ander tienerbykomstighede; Adolesssente seksualiteit; Ernstiger tienerkwessies soos alkohol en dwelms. Die donker kant van adolessensie - depressie, eetstoornisse en selfmoord.
|
![]() ![]() You may like...
Persistent Organic Chemicals in the…
Bommanna G. Loganathan, Jong Seong Khim, …
Hardcover
R5,142
Discovery Miles 51 420
Informal Institutions in Policy…
Anna Korppoo, Iselin Stensdal, …
Hardcover
R2,840
Discovery Miles 28 400
Angela Harding: The Wild Silence (Foiled…
Flame Tree Studio
Notebook / blank book
R246
Discovery Miles 2 460
I Am Your Sister Collected and…
Rudolph P. Byrd, Johnetta Betsch Cole, …
Hardcover
R1,282
Discovery Miles 12 820
|