0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (16)
  • R250 - R500 (5)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 21 of 21 matches in All Departments

Die Nege Lewens van Mevrou Smit (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Die Nege Lewens van Mevrou Smit (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R330 R294 Discovery Miles 2 940 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kan sy dit weer doen?

Die fantastiese Mevrou Smit is terug! En daar is weer ’n geheimsinnige moord…

Gaan die aweregse, hardekwas vrou met die skerp tong weer die moordenaar vastrek? Die nege lewens van Mevrou Smit is die heerlike opvolg op die gewilde  Die fantastiese Mevrou Smit,  die eerste boek in hierdie nuwe lekkerlees-spanningsreeks.

Dié keer hou Aronspoort bruilof en die dorp bewe behoorlik van op-winding. Maar op die troudag verloop niks volgens plan nie. Nie met Mevrou Smit in die omtrek nie …

Net voordat die skone bruid kansel toe stap waar haar aanstaande blouoogdokter vir haar wag, slaan dié se eksvrou morsdood in een van die kerkbanke neer. Pandemonium bars los. Was dit moord? En wie sal so ’n verskriklike ding op so ’n heuglike dag doen? Boonop loop die dorp onder ’n reeks boewery deur.

Wie of wat skuil agter al hierdie boosheid en wat het dit met Mevrou Smit se eie donker verlede te doen? Sal sy die dorp en haarself kan red?

Die Fantastiese Mevrou Smit (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Die Fantastiese Mevrou Smit (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R330 R305 Discovery Miles 3 050 Save R25 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Skaars op Aronspoort, of mevrou Smit hoor sy slaap in die polisieselle – vir haar “onaanvaarbare gedrag” en drink-agter-die-stuur. Wanneer sy die volgende oggend uiteindelik by haar nuwe huis instap, wag ’n lyk op die kombuisvloer. Moes dit dalk eerder sý gewees het, daar in die bloedkol?

Maar mevrou Smit is nie ’n lelie wat jy sonder skêr pluk nie. Sy gáán die moordenaar vastrek, maak nie saak op hoeveel tone sy trap of hoeveel van die dorp se skandes uitpeul nie. Die sterftesyfer styg en sy raak al hoe meer ongewild. Haar skerp tong spaar nie eens die dokter met die mooi blou oë nie.

Want sien, sy is ’n vrou met ’n donker verlede. Wat sy met los klere, gemaklike skoene en natuurlike, grys hare probeer verbloem. As die polisie te lank krap, kom hulle dalk op háár spoke af. En dit mag nie gebeur nie.

Mevrou Smit se Reëls vir Goeie Gedrag (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Mevrou Smit se Reëls vir Goeie Gedrag (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R330 R294 Discovery Miles 2 940 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ou geraamtes en nuwe gevare. Mevrou Smit moet haar eie reëls neerlê om te oorleef ...

’n Vloed spoel ’n dekades oue geraamte op die oewer van die rivier oop en Aronspoort is weer vasgevang in ’n blyspel van intriges. Mevrou Smit wil die raaisel oplos voor sy weer paaie kruis met daardie lastige Kaapse speurder.

Intussen kry Hester die ystervark ’n maat en mevrou Smit se smeulende verhouding met dokter Tomas vat vlam. Maar dit is moeilik om op hartsake te konsentreer terwyl ’n moordenaar koelbloedig die verlede probeer toesmeer.

Skuil daar meer agter oom Apie se dood? Wat weet tannie Annatjie en haar heldersiende niggie Hanna? Was die vars sterfte op die dorp werklik ’n ongeluk? En kan die verhouding tussen mevrou Smit en dokter Tomas tot iets lei wat haar uiteindelik op Aronspoort sal anker?

Elf Dae in Oxford (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Elf Dae in Oxford (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R245 R219 Discovery Miles 2 190 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die sestienjarige Alicia word na Oxford gestuur om te gaan kyk hoe dit met haar suster gaan. Inez het innoverende nuwe programmatuur ontwikkel, maar 'n onderduimse professor probeer dit verkoop. Voor sy weet waarin sy haar begewe, steel Alicia die verlore dagboek van Charles L. Dodgson, beter bekend as Lewis Carroll. Dit bevat ’n formule wat Inez se werk ver kan laat vorder. Met SkyTech kort op haar hakke maak almal op Alicia staat om die Wonderland-program te beskerm . . . 

Speurhond Willem in Japan (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Speurhond Willem in Japan (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman; Illustrated by Chris Venter
R190 R170 Discovery Miles 1 700 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Adriaan wen 'n reis na Japan, waar kinders van oor die hele wêreld 'n fees bywoon. Hy behoort seker al te weet dat die Internasionale Speurdiens gereeld die resultaat van kompetisies bewimpel soos dit hulle pas. En Willem se nuutgevonde kennis van Japannese kultuur laat Adriaan onraad vermoed . . . Hulle besef gou van die deelnemers is robotte, maar almal neem deel in kostuums uit die Menagerie-reeks. Wie is wie? Adriaan en Willem se missie is om te sorg dat die robotte nie wen nie!

Die Avonture Van Speurhond Willem: Omnibus 2 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Die Avonture Van Speurhond Willem: Omnibus 2 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R270 R241 Discovery Miles 2 410 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Paar jaar gelede het 'n sending van die beroemde Willem skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swartenwit spanjoelhondjie raakgeloop het. En nou is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie tweede omnibus bevat nog drie lekkerleesavonture: Hulle reis na die Internasionale Ruimtestasie (ja, honde in die ruimte is nie so ongewoon nie!), NewYork en Namibië, en oral wag daar speurwerk.

Elf Dae In New York (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Elf Dae In New York (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R245 R219 Discovery Miles 2 190 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval ’n ontstellende gesprek af. Boonop word die twaalf balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer!

Doodgewoon Mevrou Smit (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Doodgewoon Mevrou Smit (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R330 R250 Discovery Miles 2 500 Save R80 (24%) Pre-order

Bendes in die Kaap is weer op mevrou Smit se spoor. Sy sal self moet ingryp as sy haar doodgewone lewe wil behou.

Al wat sy wil wees, is doodgewoon. Maar dít is vir mevrou Smit nie so maklik beskore nie. Sy en Tomas is uiteindelik getroud, maar sy trek vinnig haar kop uit die huweliksknoop toe iemand uit haar verlede weer opduik om moeilikheid te maak.

’n Ou vriend van haar gewese man probeer ’n ooreenkoms tussen mevrou Smit en die polisie beding om die uitbreiding van die Kaapse onder-wêreld te stuit, in ruil vir haar veiligheid.

Dinge loop skeef, en mevrou Smit moet bontstaan om te keer dat meer bloed vloei.

Die Avonture van Anna Atoom (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Die Avonture van Anna Atoom (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R325 R290 Discovery Miles 2 900 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die lewe op 'n eiland in die Indiese Oseaan is op die oog af idillies, maar Anna Atoom is eintlik nogal eensaam. Haar ma is dag in en dag uit aan die werk in die laboratorium, van waar sy die aarde monitor vir dreigende omgewingsrampe. Dis juis so 'n krisis wat Anna van haar pragtige eiland na die verste uithoeke van die planeet neem. Net sy kan die wêreld red!

Speurhond Willem In Australië (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Speurhond Willem In Australië (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R120 R108 Discovery Miles 1 080 Save R12 (10%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Willem is weg! Adriaan doen speurwerk en vind uit dat Sherlock, Willem se seun, as snuffelhond in Australië werk. Maar daar word berig dat Sherlock daarvan verdink word dat hy kop in een mus is met 'n berugte smokkelbende. Adriaan weet dat Willem hom beslis nêrens anders as in Australië bevind nie - besig met sy eie snuffelwerk om sy seun se naam in ere te herstel. Adriaan en Willem se eerste avontuur doer onder is vol aksie. Boonop maak 'n paar ou bekendes hulle verskyning . . .   

Speurhond Willem In Skotland (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Speurhond Willem In Skotland (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R190 R170 Discovery Miles 1 700 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hoofkommissaris Servin het 'n ou kasteel naby Edinburgh gekoop, maar 'n doedelsakspelende spook veroorsaak dat gaste hulle vinnig uit die voete maak! Willem en Adriaan moet kom help. Maar daar's ook 'n bende bankrowers doenig in Skotland en soos dit maar gaan, bevind Willem en Adriaan hulle kort voor lank in nog 'n speurtog, op die spoor van die Bandy-broers. 

Elf Dae in Amsterdam (Paperback): Elizabeth Wasserman Elf Dae in Amsterdam (Paperback)
Elizabeth Wasserman
R245 R219 Discovery Miles 2 190 Save R26 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days
Die Avonture Van Speurhond Willem (3-In-1) (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Die Avonture Van Speurhond Willem (3-In-1) (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R270 R241 Discovery Miles 2 410 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Willem is oor die wêreld heen beroemd as speurhond. Maar 'n paar jaar gelede het 'n sending skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En van daardie dag af is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie omnibus bevat die eerste drie avonture: hulle reis na Istanbul, Parys en Londen, 'n seerower-avontuur op 'n passasierskip en die Bosveld-vakansie waarin hulle 'n bende renosterstropers vastrap. 

Elf Dae In Parys (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Elf Dae In Parys (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R245 R219 Discovery Miles 2 190 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

n Studiereis na Parys was die laaste ding wat Emma vir haar 16de verjaardag wou he! Sy word egter gou oorrompel deur die skoonheid van die stad. Boonop is daar Luc, Madame Flaubert se seun, wat gids speel en die stad se bes bewaarde geheime vir Emma oopsluit. Soos dat die sleutels tot Parys as middelpunt vir musiek, argitektuur en letterkunde deur drie muses gedra word. Na elke eeu moet hierdie sleutels aan Parys se burgemeester oorhandig word. Maar wat het dit met Emma te doen?

Anna Atoom en die seerower se dolk: Gr 2 (Afrikaans, Paperback, School ed): Elizabeth Wasserman Anna Atoom en die seerower se dolk: Gr 2 (Afrikaans, Paperback, School ed)
Elizabeth Wasserman
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Ekologiese ramp tref die aarde: alge begin die oseane oorgroei en bedreig alle lewe in die see. Terwyl Anna se ouers probeer uitvind wat dit veroorsaak het, en hoe om dit te keer, stel Anna net in een ding belang: n antieke dolk wat sy in die see gevind het. Sy glo dit het meer as tweehonderd jaar gelede aan n beroemde seerower behoort. Maar waar l?ie wrak van sy skip? En wat het van sy skat geword? Die Anna Atoom-reeks is bekroon met die Alba Bouwer-prys vir kinderliteratuur (2013). Hierdie skooluitgawe van Anna Atoom en die seerower se dolk is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.

Elf Dae Op 'n Eiland (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Elf Dae Op 'n Eiland (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R245 R219 Discovery Miles 2 190 Save R26 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Danika ontmoet uiteindelik die man wat sy net van 'n ou foto af ken: haar pa, bewaarder op 'n eiland in die Seychelles! Die heel eerste aand op die eiland hoor sy toevallig van 'n ryk sjeik wat sy oog op die eiland het. Wat daarvan as hy nie werklik belang stel in ekotoerisme nie, maar in die finansiële gewin uit 'n painiet-myn? Uit die bloute kom nog bekendes uit Kaapstad op Cousin aan . . . So word dit elf dae wat Danika nooit sal vergeet nie!

Speurhond Willem en die diamantdiewe (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Speurhond Willem en die diamantdiewe (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman; Illustrated by Chris Venter
R190 R170 Discovery Miles 1 700 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie sesde avontuur is Adriaan en Willem nader aan eie bodem aan die werk: in Nambie moet hulle ’n bende diamantsmokkelaars help vasvat. Maar hier moet hulle met ’n ander betroemde speurhond saamwerk: sersant-majoor Maximiliaan. Hulle is net nie so seker of hy en sy patrolliemaat, konstabel Kolgans, vertrou kan word nie ... Die ander titels is Speurhond Willem op reis, Speurhond Willem en die seerowers, Speurhond Willem en die wilddiewe en Speurhond Willem in die ruimte en Speurhond Willem in New York.

Anna Atoom en die digitale draak (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Anna Atoom en die digitale draak (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R212 Discovery Miles 2 120 Ships in 2 - 4 working days

In die derde en laaste boek in die reeks is daar twee identiese drake, gemaak uit die nuwe element Drakium. Die twee drake is kwantum verstrik en sal ongekende onstabiliteit veroorsaak indien hulle min of meer gelyktydig in die magna van die aarde (die vloeibare lawalaag van die aardkors) beland. Maar wie sit hieragter? Niemand anders as Uranus Draak nie! Hierdie reeks is 'n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, wetenskap, natuurlewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en ’n sterk "groen" boodskap. Anna Atoom se ouers is wereldberoemde wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wereld van ondergang red. Die skrywer hanteer al hierdie uiteenlopende storiedrade moeiteloos en met 'n heerlike sin vir humor.

Speurhond Willem op reis (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Speurhond Willem op reis (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman; Illustrated by Chris Venter
R190 R170 Discovery Miles 1 700 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days
Dogtective William in New York (Paperback): Elizabeth Wasserman Dogtective William in New York (Paperback)
Elizabeth Wasserman; Illustrated by Chris Venter
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 2 - 4 working days

In the fifth adventure in the series William and Alex go to New York City, where they meet William’s Uncle Berlioz. It has been three weeks since Fifi, the poodle of a well known Broadway actress has been kidnapped. William and Alex must apprehend the kidnappers before more celebrities’ pets are kidnapped and held for ransom.

Praktiese Geologie - Raak handig met fossiele! (Afrikaans, Paperback): Alix Wood, Elizabeth Wasserman Praktiese Geologie - Raak handig met fossiele! (Afrikaans, Paperback)
Alix Wood, Elizabeth Wasserman
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R175 R158 Discovery Miles 1 580 Save R17 (10%) Ships in 5 - 7 working days

Hierdie volkleur boeke is vol interaktiewe pret en inligting. Kinders kan ekperimente doen en prakties te werk gaan met die boublokke van ons planeet.

Meet byvoorbeeld ’n klip se digtheid of maak ’n vorm-en-giet-fossiel en grawe dit dan op soos ’n kundige! Vryantwoordvrae moedig verdere denke en studie aan.

Die boeke gee lesers ’n briljante insig tot die wetenskap van geologie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Covenant Theology of Jonathan…
Paul J Hoehner Hardcover R1,346 Discovery Miles 13 460
Single-Molecule Tools for Bioanalysis
Shuo Huang Hardcover R3,403 Discovery Miles 34 030
From Cell to Brain, Volume 65 - The…
G. Zaccai, J. Massoulie, … Hardcover R2,828 Discovery Miles 28 280
Letters of Samuel Rutherford - Complete…
Samuel Rutherford, Andrew A. Bonar Hardcover R1,139 Discovery Miles 11 390
The Sun And Her Flowers
Rupi Kaur Paperback  (5)
R435 R320 Discovery Miles 3 200
Biological Magnetic Resonance - In Vivo…
Lawrence J. Berliner, Pierre-Marie Robitaille Hardcover R5,291 Discovery Miles 52 910
The Judaizing Calvin - Sixteenth-Century…
G Sujin Pak Hardcover R2,622 Discovery Miles 26 220
Biomedical Applications of Magnetic…
Jeffrey N. Anker, O. Thompson Mefford Paperback R2,507 Discovery Miles 25 070
Trinity and Organism - Towards a New…
James Eglinton Hardcover R4,633 Discovery Miles 46 330
Gode Van Papier
Cas Vos Paperback R61 Discovery Miles 610

 

Partners