Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 19 of 19 matches in All Departments
Die fantastiese Mevrou Smit is terug! En daar is weer ’n geheimsinnige moord… Gaan die aweregse, hardekwas vrou met die skerp tong weer die moordenaar vastrek? Die nege lewens van Mevrou Smit is die heerlike opvolg op die gewilde Die fantastiese Mevrou Smit, die eerste boek in hierdie nuwe lekkerlees-spanningsreeks. Dié keer hou Aronspoort bruilof en die dorp bewe behoorlik van opwinding. Maar op die troudag verloop niks volgens plan nie. Nie met Mevrou Smit in die omtrek nie… Net voordat die skone bruid kansel toe stap waar haar aanstaande blouoogdokter vir haar wag, slaan dié se eksvrou morsdood in een van die kerkbanke neer. Pandemonium bars los. Was dit moord? En wie sal so ’n verskriklike ding op so ’n heuglike dag doen? Boonop loop die dorp onder ’n reeks boewery deur. Wie of wat skuil agter al hierdie boosheid en wat het dit met Mevrou Smit se eie donker verlede te doen? Sal sy die dorp en haarself kan red?
Skaars op Aronspoort, of mevrou Smit hoor sy slaap in die polisieselle – vir haar “onaanvaarbare gedrag” en drink-agter-die-stuur. Wanneer sy die volgende oggend uiteindelik by haar nuwe huis instap, wag ’n lyk op die kombuisvloer. Moes dit dalk eerder sý gewees het, daar in die bloedkol? Maar mevrou Smit is nie ’n lelie wat jy sonder skêr pluk nie. Sy gáán die moordenaar vastrek, maak nie saak op hoeveel tone sy trap of hoeveel van die dorp se skandes uitpeul nie. Die sterftesyfer styg en sy raak al hoe meer ongewild. Haar skerp tong spaar nie eens die dokter met die mooi blou oë nie. Want sien, sy is ’n vrou met ’n donker verlede. Wat sy met los klere, gemaklike skoene en natuurlike, grys hare probeer verbloem. As die polisie te lank krap, kom hulle dalk op háár spoke af. En dit mag nie gebeur nie.
Hierdie volkleur boeke is vol interaktiewe pret en inligting. Kinders kan ekperimente doen en prakties te werk gaan met die boublokke van ons planeet. Meet byvoorbeeld ’n klip se digtheid of maak ’n vorm-en-giet-fossiel en grawe dit dan op soos ’n kundige! Vryantwoordvrae moedig verdere denke en studie aan. Die boeke gee lesers ’n briljante insig tot die wetenskap van geologie.
Hierdie volkleur boeke is vol interaktiewe pret en inligting. Kinders kan ekperimente doen en prakties te werk gaan met die boublokke van ons planeet. Meet byvoorbeeld ’n klip se digtheid of maak ’n vorm-en-giet-fossiel en grawe dit dan op soos ’n kundige! Vryantwoordvrae moedig verdere denke en studie aan. Die boeke gee lesers ’n briljante insig tot die wetenskap van geologie.
'n Paar jaar gelede het 'n sending van die beroemde Willem skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swartenwit spanjoelhondjie raakgeloop het. En nou is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie tweede omnibus bevat nog drie lekkerleesavonture: Hulle reis na die Internasionale Ruimtestasie (ja, honde in die ruimte is nie so ongewoon nie!), NewYork en Namibië, en oral wag daar speurwerk.
Hoofkommissaris Servin het 'n ou kasteel naby Edinburgh gekoop, maar 'n doedelsakspelende spook veroorsaak dat gaste hulle vinnig uit die voete maak! Willem en Adriaan moet kom help. Maar daar's ook 'n bende bankrowers doenig in Skotland en soos dit maar gaan, bevind Willem en Adriaan hulle kort voor lank in nog 'n speurtog, op die spoor van die Bandy-broers.
Willem is oor die wêreld heen beroemd as speurhond. Maar 'n paar jaar gelede het 'n sending skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En van daardie dag af is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie omnibus bevat die eerste drie avonture: hulle reis na Istanbul, Parys en Londen, 'n seerower-avontuur op 'n passasierskip en die Bosveld-vakansie waarin hulle 'n bende renosterstropers vastrap.
Willem is weg! Adriaan doen speurwerk en vind uit dat Sherlock, Willem se seun, as snuffelhond in Australië werk. Maar daar word berig dat Sherlock daarvan verdink word dat hy kop in een mus is met 'n berugte smokkelbende. Adriaan weet dat Willem hom beslis nêrens anders as in Australië bevind nie - besig met sy eie snuffelwerk om sy seun se naam in ere te herstel. Adriaan en Willem se eerste avontuur doer onder is vol aksie. Boonop maak 'n paar ou bekendes hulle verskyning . . .
Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval ’n ontstellende gesprek af. Boonop word die twaalf balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer!
Die sestienjarige Alicia word na Oxford gestuur om te gaan kyk hoe dit met haar suster gaan. Inez het innoverende nuwe programmatuur ontwikkel, maar 'n onderduimse professor probeer dit verkoop. Voor sy weet waarin sy haar begewe, steel Alicia die verlore dagboek van Charles L. Dodgson, beter bekend as Lewis Carroll. Dit bevat ’n formule wat Inez se werk ver kan laat vorder. Met SkyTech kort op haar hakke maak almal op Alicia staat om die Wonderland-program te beskerm . . .
Danika ontmoet uiteindelik die man wat sy net van 'n ou foto af ken: haar pa, bewaarder op 'n eiland in die Seychelles! Die heel eerste aand op die eiland hoor sy toevallig van 'n ryk sjeik wat sy oog op die eiland het. Wat daarvan as hy nie werklik belang stel in ekotoerisme nie, maar in die finansiële gewin uit 'n painiet-myn? Uit die bloute kom nog bekendes uit Kaapstad op Cousin aan . . . So word dit elf dae wat Danika nooit sal vergeet nie!
Die lewe op 'n eiland in die Indiese Oseaan is op die oog af idillies, maar Anna Atoom is eintlik nogal eensaam. Haar ma is dag in en dag uit aan die werk in die laboratorium, van waar sy die aarde monitor vir dreigende omgewingsrampe. Dis juis so 'n krisis wat Anna van haar pragtige eiland na die verste uithoeke van die planeet neem. Net sy kan die wêreld red!
n Studiereis na Parys was die laaste ding wat Emma vir haar 16de verjaardag wou he! Sy word egter gou oorrompel deur die skoonheid van die stad. Boonop is daar Luc, Madame Flaubert se seun, wat gids speel en die stad se bes bewaarde geheime vir Emma oopsluit. Soos dat die sleutels tot Parys as middelpunt vir musiek, argitektuur en letterkunde deur drie muses gedra word. Na elke eeu moet hierdie sleutels aan Parys se burgemeester oorhandig word. Maar wat het dit met Emma te doen?
In hierdie sesde avontuur is Adriaan en Willem nader aan eie bodem aan die werk: in Nambie moet hulle ’n bende diamantsmokkelaars help vasvat. Maar hier moet hulle met ’n ander betroemde speurhond saamwerk: sersant-majoor Maximiliaan. Hulle is net nie so seker of hy en sy patrolliemaat, konstabel Kolgans, vertrou kan word nie ... Die ander titels is Speurhond Willem op reis, Speurhond Willem en die seerowers, Speurhond Willem en die wilddiewe en Speurhond Willem in die ruimte en Speurhond Willem in New York.
'n Ekologiese ramp tref die aarde: alge begin die oseane oorgroei en bedreig alle lewe in die see. Terwyl Anna se ouers probeer uitvind wat dit veroorsaak het, en hoe om dit te keer, stel Anna net in een ding belang: n antieke dolk wat sy in die see gevind het. Sy glo dit het meer as tweehonderd jaar gelede aan n beroemde seerower behoort. Maar waar l?ie wrak van sy skip? En wat het van sy skat geword? Die Anna Atoom-reeks is bekroon met die Alba Bouwer-prys vir kinderliteratuur (2013). Hierdie skooluitgawe van Anna Atoom en die seerower se dolk is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.
In die derde en laaste boek in die reeks is daar twee identiese drake, gemaak uit die nuwe element Drakium. Die twee drake is kwantum verstrik en sal ongekende onstabiliteit veroorsaak indien hulle min of meer gelyktydig in die magna van die aarde (die vloeibare lawalaag van die aardkors) beland. Maar wie sit hieragter? Niemand anders as Uranus Draak nie! Hierdie reeks is 'n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, wetenskap, natuurlewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en ’n sterk "groen" boodskap. Anna Atoom se ouers is wereldberoemde wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wereld van ondergang red. Die skrywer hanteer al hierdie uiteenlopende storiedrade moeiteloos en met 'n heerlike sin vir humor.
Vir 8- tot 11-jariges. Willem en Adriaan is terug vir hulle derde avontuur saam! Nadat hulle Europa en die Indiese Oseaan deurkruis het, is hulle die keer op eie bodem doenig: in die Laeveld, waar daar in die gebied rondom tannie Lolla se plaas op renosters jag gemaak word. Willem-hulle word ingeroep om die stropers te help aankeer. Hierdie is die derde boek in die reeks.
|
You may like...
|