0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (8)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 9 of 9 matches in All Departments

Helene de Kock Keur 8 - Abel se Dogters / Soetwyn vir 'n Sondagkind (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Helene de Kock Keur 8 - Abel se Dogters / Soetwyn vir 'n Sondagkind (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) In Stock

Helene de Kock Keur 8 sluit in ’n Oos-Vrystaatse familiesage en een van haar wynlandromans.

In Abel se dogters smag Abel Buitendag se dogters na meer warmte en kontak. Sedert hul ma se dood, toe hulle nog klein was, klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos hulle een vir een uit die huis verlaat en deel word van die groter wêreld, gryp die lewe hul met woede en vreugde vas. Hulle ervaar die mooi, en ook die bitterheid, wat liefde bring. Adelien bevind haar skielik op ’n plek waar sy dringend haar eie hart moet leer ken. Bernadette loop ’n pad wat geen vrou ooit self sal kies nie. En Christelle kan eenvoudig nie haar jeugliefde vergeet nie.

Soetwyn vir ’n Sondagkind is die verhaal van ’n jong meisie wat vir die eerste keer voor die kompleksiteite van die lewe te staan kom en in die proses ryp word. Kleintyd al het Nicola besluit dat sy eendag soetwyn gaan maak op haar steifpa se wynplaas. Maar wanneer sy terugkom van haar studie in die buiteland, het dinge verander.

Die Man van Elders (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Die Man van Elders (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R255 Discovery Miles 2 550 Save R95 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Ná drie jaar op ’n passasierskip smag Jean Botha na ’n plek wat syne is en waar hy gewoon net mens kan wees. Tans verkeer hy elders: iewers en tegelykertyd nêrens.

Die oomblik toe hy terug op eie bodem vir Renette Brink op Stellenbosch ontmoet, weet Jean een ding vir seker: Hy sal haar nooit weer kan vergeet nie. Maar Renette is verloof aan Martin Hoogendyk, ’n gesiene boer van die Oos-Vrystaat.

Toe sy vriend Duncan Weston aanbied dat Jean op sy plaas naby Bethlehem gaan toesig hou oor die bedrywighede daar, gryp hy die die geleentheid dadelik aan. Op Heuningkrans slyp hy sy nuutgevonde kunstalent en begin sy eie skilderye te verkoop. Hy besoek selde die dorp en vermy so enige onverwagse herontmoeting met Renette.

Intussen is onheil besig om in die pasgetroude Hoogendyks se huishouding te ontvou. Gaan Renette betyds die regte besluit maak?

’n Meesleurende roman oor twee mense wat hulself vir die keuses van die verlede moet vergewe voor hulle ’n ware tuiskoms en liefde kan vind.

Drome het ook Asem (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Drome het ook Asem (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Duncan Weston, eienaar van Soeterwijn, voel of hy uit homself kan stap. Hoe kan ’n mens alles hê en tog voel asof jy niks het nie?  ’n Vakansie weg van sy alledaagse roetine is wat hy nodig het. In Rome wag Isabel Haasen hom by die lughawe in. Ondanks haar kil houding voel Duncan intuïtief tuis in haar geselskap, maar daar is iets wat sy  wegsteek . . .

Drome het ook asem se karakters en intrige beloof om lesers te boei en te betower. ’n Fyn genuanseerde verhoudingsroman vir volwassenes.

Elisabet Se Oorlog (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Elisabet Se Oorlog (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dis 1938 en Elisabet Uys se onrus oor haar voorgenome huwelik met Johannes Barnard groei saam met die gerugte dat daar dalk ’n tweede Groot Oorlog mag uitbreek. Gepantser met Ouma Liesbet se raad besluit sy kort voor haar troue om die verlowing te verbreek en vrou-alleen na Europa te reis. Sal Elisabet in die oorloggeteisterde London vryheid en onvoorwaardelike liefde vind?      Helene de Kock op haar beste. 

Debora Gaan Huis Toe (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Debora Gaan Huis Toe (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In die opvolg op Debora en seuns is die fokus weer die lief en leed van die Schlagerfeldts. Dis nou die 1960’s, en die hoofkarakter is Debora se kleindogter, ook ’n Debora. Die 27-jarige dokter kom terug na die Oos-Vrystaat om by haar pa in sy praktyk aan te sluit. Maar dan ontmoet sy dr Tristan Murray en al haar voorgenome drome stort ineen. Sy volg haar neef na Londen om haar wonde te lek, en vind dat die pad van verlore liefde na geluk deur gevaar en hartseer lei.

Helene de Kock Keur 10 (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Helene de Kock Keur 10 (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Plek van die bittermaan besluit die beeldskone Tessa, ’n ongetroude enkelma, om met haar seuntjie stad toe te vlug waar sy “anoniem” sal kan wees. Maar dis nie nie so maklik nie en sy word voor hartverskeurende keuses gestel.

In Kamer van die stormwind moet die jong Jessica afskeid neem van haar man wat ná ’n rugbybesering al maande in ’n koma is. Maar ten spyte van die hartseer, bly sy steeds deel van die stroom van die lewe.

Diana Se Dag (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Diana Se Dag (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Toemaar, jou dag sal kom . . .

​Dis die woorde wat Diana Botha, wynmaker van die spoglandgoed Soeterwijn, help om staande te bly en telkens weer die lewe met nuwe ywer aan te pak. As jong meisie erf sy die las vir ’n skande vir iets waaraan sy geen skuld het nie. Dit pla haar tot ’n studiebeurs haar help om haar passie vir wynmaak te laat ontluik.

Maar in die Boland leer sy opnuut dat vooroordeel steeds stewig in die mensdom sit.

Helene de Kock Keur 7 - Ver Vlug Na More / Met Vandag Se Brood (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Helene de Kock Keur 7 - Ver Vlug Na More / Met Vandag Se Brood (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Twee vroeë romans deur een van Afrikaans se gewildste liefdesverhaalskrywers. Albei verhale speel af in die Vrystaatse Riemland, die heimat van die Bassons en Baumanns, twee families wie se geskiedenis deur vriendskap en intrige verweef is.

In Ver vlug na môre reis Eugene Basson na Europa om te gaan vasstel wat van sy gevoelens vir die mooi blonde Elsje geword het.

In Met vandag se brood is Renier, die jong dominee op Petrusdal, vasgevang tussen sy verstand en sy hart.

Mense Van Faam (Afrikaans, Book): Helene De Kock Mense Van Faam (Afrikaans, Book)
Helene De Kock
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R160 Discovery Miles 1 600 Ships in 2 - 4 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Modern Bioelectricity
Andrew A. Marino Hardcover R11,058 R4,426 Discovery Miles 44 260
Epic Movie/Date Movie
Kal Penn, Adam Campbell, … DVD R86 Discovery Miles 860
The Pickled Priest and the Perishing…
Hal West Hardcover R649 R583 Discovery Miles 5 830
The Shakespeare Marriage Picture - With…
John Malam Paperback R334 Discovery Miles 3 340
Is a Little Pollution Good for You…
Kevin C. Elliott Hardcover R2,728 Discovery Miles 27 280
Raphael Santi - His Life and His Works
Alfred Freiherr Von Wolzogen Paperback R501 Discovery Miles 5 010
Sing-Along Songs
Beth Costanzo Hardcover R561 Discovery Miles 5 610
The Breuss Cancer Cure - Advice for the…
Rudolf Breuss Paperback R292 R271 Discovery Miles 2 710
Being There - Backstories From The…
Tony Leon Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Beauty Among The Ashes - An Artist's…
Shane Grammer Hardcover R1,626 Discovery Miles 16 260

 

Partners