0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 693 matches in All Departments

Die Verkeerde Vrou (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Die Verkeerde Vrou (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Liela Oloffson se ouers is in ’n huisbrand oorlede toe sy tien jaar oud was, maar vandag het sy alles wat meeste mense begeer. Skoonheid, roem, en ’n blink loopbaan as aktrise. Maar dan verdwyn sy een Vrydagnag spoorloos en kaptein Kgomotso vra gesoute misdaadjoernalis Ami Prinsloo se hulp.

Soos ’n bloedhond volg Ami Liela se spoor van waar sy laas by ’n Engen-garage in Johannesburg gesien is. Maar waarom lyk dit op die CCTV-kamera of Liela alleen van die garage wegry? Kruip Liela weg of is sy gekaap? Of dalk ontvoer? En waaroor het sy en haar verloofde so hewig baklei net voor sy verdwyn het?

Die Verkeerde Vrou is die tweede boek in Irma Venter se nuwe reeks met misdaadjoernalis Ami Prinsloo as hoofkarakter. Die Verkeerde Vrou volg op Minder As Niks, maar kan ook alleen gelees word.

Red Tide (Paperback): Irma Venter Red Tide (Paperback)
Irma Venter
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

A week before her wedding Janien Steyn is found dead, grotesquely arranged on a bike in her wedding dress, with a long red bridal train in her wake, as if in mid flight. Retired policeman Jaap Reyneke asks Sarah Fourie, a hacker with a criminal record and zero social skills, to help solve the case.

Janien was a successful artist and business woman, and on the point of marrying her university sweetheart.

Was it suicide or murder? Why was her body arranged so carefully, almost artfully? And why did she wipe her computer’s memory so thoroughly before her death?

Na 'n Plaas In Afrika (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Na 'n Plaas In Afrika (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Nuwe lewe wag op hom

In 1939 bars die oorlogbom in Europa. Drie miljoen kinders word uit London ontruim na veiliger gebiede. Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na ’n onbekende tante van sy pa in ’n klein dorpie in Skotland. By aunty Grace wag ’n nuwe lewe op hom.

Aan die anderkant van Europa ruk die Duitse Sesde Leër op teen Rusland. Tussen die manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun. Voor hulle wag die Russiese winter, Stalingrad en die krygsgevangenekampe van Siberië. 90 000 word gevange geneem, net sesduisend oorleef.

Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Beide bevind hulself egter op pad na ’n plaas in Afrika waar hul paaie sal kruis met dié van Seretse Khama en Mentje de Vries.

Sondag (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Sondag (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter 2
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sondag. Oukersaand. Ná ’n inbraak by die Stables Estate in Pretoria-Oos word sakeman Lafras van Zyl vir dood agtergelaat. Die res van die Van Zyl-gesin verdwyn spoorloos. Kaptein AJ Williams moet inspring om te help. Alex en Ranna is op die spoor van ’n meisie, wat in Johannesburg vermis geraak het. Twee misdade. Meer vrae as antwoorde.

Minder As Niks - Ami Prinsloo: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Minder As Niks - Ami Prinsloo: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Dertig jaar gelede is Johan Botha lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op drie tienermeisies. Terminaal siek en pas vrygelaat, vra hy misdaadjoernalis Ami Prinsloo om hom te help om sy onskuld te bewys.

Hoe kan sy nee sê? Dis ’n uitstekende storie. En as ’n voormalige swemkampioen met geraamtes in haar eie kas, weet sy hoe dit voel om als te verloor. Om te sukkel om mense in die oë te kyk. Hoe dit voel as iemand na aan jou vermoor word en te weet dat die skuldige nog op vrye voet is . . .

Handbook Of Public Relations (Paperback, 12th Edition): Irma Meyer, Dalien Rene Benecke, Renitha Rampersad, Kate Skinner Handbook Of Public Relations (Paperback, 12th Edition)
Irma Meyer, Dalien Rene Benecke, Renitha Rampersad, Kate Skinner
R592 Discovery Miles 5 920 Ships in 6 - 10 working days

Handbook of Public Relations is a South African text that offers academic and practical perspectives on public relations (PR) in the business and management environment.

The new edition provides current, relevant and topical PR developments in the industry using case studies on issues such as digital communication. It also aligns current international practice with local contexts to ensure a decolonised approach and relevant theories.

Die Drie Weduwees (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Die Drie Weduwees (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R350 R146 Discovery Miles 1 460 Save R204 (58%) In Stock

Ami het geweet die dag gaan kom dat sy moet afskeid neem van Paul de Jager, die afgetrede polisiegeneraal wat met mening teen alzheimers baklei het.

Maar wat sy nie verwag het nie, is sy laaste opdrag aan haar: Sy moet met behulp van sy drie eksvroue na ’n onopgeloste saak uit die 1990’s kyk.

Die drie weduwees, soos hulle genoem word, is aanvanklik ewe min lus om aan Paul se versoek gehoor te gee. Wanneer ’n vyftienjarige seun van Pretoria op pad kafee toe met net R20 in sy sak spoorloos verdwyn, behoort daar tog iewers ’n leidraad te wees –
iets meer as die wit paneelwa wat daardie dag in die straat opgemerk is.

Met haar eerste besoek aan die Moot besef Ami sy is in die moeilikheid. Hierdie storie gaan haar heel insluk en eers uitspoeg as die boomryke buurt se laaste geheim blootgelê is.

Die drie weduwees is die vierde boek in hierdie opwindende misdaadfiksiereeks. Dit volg op Minder as niks, Die verkeerde vrou en Al wat tel, maar kan ook alleen gelees word.

Understanding Educational Psychology (Paperback): Irma Eloff, Estelle Swart Understanding Educational Psychology (Paperback)
Irma Eloff, Estelle Swart
R677 R622 Discovery Miles 6 220 Save R55 (8%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

If you are wanting insight into the vibrant field of educational psychology in South Africa at the present moment, this is the book for you. Researchers and practitioners from sixteen South African universities have collaborated to provide succinct, thoughtful and contextually relevant insights into the dynamics encountered in educational psychology today. Educational psychology as a science is explored within a variety of environments and connected to the dynamic profession of being an educational psychologist. The text presents South African examples, which are deeply rooted in the South African context, and presents nuanced understandings of the complexities of educational Psychology as a developing field.

Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toe Ami hoor dat ’n man voor haar gim geskiet is, weet sy daar is moeilikheid. Hoekom is die Valke op die misdaadtoneel? Was dit ’n sluipmoord? En wat is dit wat die speurder optel en in sy sak druk? Voor Ami hierdie raaisels kan oplos, kruis haar pad met dié van ’n Duitse joernalis wat bewerings van ’n ontstellende voorval in Mosambiek ondersoek. Is daar werklik ’n verband tussen die twee stories?

Hard Rain (Paperback): Irma Venter Hard Rain (Paperback)
Irma Venter
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Journalist Alex Derksen’s new assignment in Tanzania should be easy, but he soon finds himself on the wrong side of the news.

It starts when he meets Ranna, a beautiful photographer with something to hide. When an IT billionaire washes up onshore after seasonal flooding, he finds himself at the center of an investigation.

Should he listen to his heart and help Ranna hide the bloody trail leading to her?

Anderkant Pontenilo (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Irma Joubert Anderkant Pontenilo (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Irma Joubert
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Nuwe uitgawe van die geliefde roman, wenner van die ATKV-prys vir Liefdesromans.

Die Tweede Wêreldoorlog verdeel die wêreld, dit skeur gesinne uitmekaar. Binne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine – jongmense met drome en aspirasies wat elkeen op ’n unieke manier deur die oorlog beïnvloed word.

Wanneer ’n Italiaanse krygsgevangene op die Fouries se Bosveldplaas ’n klipbrug oor die Nyl moet kom bou, ontmoet hy vir Klara en vind in haar ’n geesgenoot . . .

Skoenlapper (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Skoenlapper (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) View more sellers In Stock

Alex het 'n teorie oor chaos. Waar hy ookal gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanie bevind. By 'n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, 'n vryskutfotograaf met 'n bos swart krulhare, 'n t-hemp wat se Dr. Seuss is altyd reg, en 'n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reen en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van 'n Amerikaanse IT-biljoener op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang?

Kronkelpad (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): Irma Joubert Kronkelpad (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
Irma Joubert
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Deernisvolle roman oor die kronkelpaaie van die lewe en die liefde. Marco Romanelli, ’n Italianer wat in ’n konsentrasiekamp was, gaan woon in 1948 om gesondheidsredes in die Bosveld. Daar ontmoet hy vir dr. Lettie Viljoen. Die liefde blom tussen hulle . . . maar dan breek die polio-epidemie van die jare vyftig uit.

Persomi: Anderkant Pontenilo (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Irma Joubert Persomi: Anderkant Pontenilo (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Irma Joubert
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Boelie is mister Fourie se oudste seun en erfgenaam; Pérsomi is die bywonerskind. Maar Pérsomi is slim en het haar intelligensie waarskynlik van haar onbekende biologiese pa geërf. Sy presteer op skool en bekwaam haar as prokureur.

’n Baie spesiale vriendskap ontwikkel tussen Boelie en Pérsomi, maar iets hou haar terug – waarom kan sy nie met oorgawe liefhê nie? En wanneer sy as baie jong prokureur inwillig om die Indiërwinkeliers se gedwonge verskuiwings in die hof te beveg, bring dit haar in direkte konflik met die gemeenskap – én met Boelie.

Te midde van alles bly die vraag: Wie is Pérsomi se pa? En wanneer sy eindelik uitvind, hoe sal dit haar lewe beïnvloed?

’n Meesleurende roman wat afspeel teen die agtergrond van die stormagtige politiek van die 1940’s en die apartheidswette van die 1950’s.

Sewe-en-Veertig (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Sewe-en-Veertig (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sarah Fourie kry halfvier op ’n koue wintersoggend ’n oproep van Mosela Mosholi, ’n ou vriendin uit haar tronkdae. Sarah moet nóú kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help.

Sarah kan nie nee sê nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot. Sy sleep haarself uit die bed, gryp ’n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke moet saam – sy jare as polisieman is al raad wat sy het indien ’n moordenaar in die moederstad skuil.

Dit is ’n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. ’n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou stilweg tred hou van goeie én minder goeie dade, en toeriste salig onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei.

Nog ’n verbluffende roman deur die meester-krimiskrywer Irma Venter.

Love, you don't know (Paperback): Irma Kurti Love, you don't know (Paperback)
Irma Kurti
R268 Discovery Miles 2 680 Ships in 10 - 15 working days
Man Down (Paperback): Irma Venter Man Down (Paperback)
Irma Venter
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ranna Abramson wants to disappear. But she knows she can’t keep running when a former enemy tracks her down in Mumbai with dire news: her onetime lover, journalist Alex Derksen, has disappeared back home in South Africa.

Torn between her desire for him and fear of a homecoming, Ranna knows she’s the only one who can find him. But only two things in South Africa would welcome her—the inside of a cell or the bottom of a grave. There, to the police she’s the prime suspect in three murders. To the press, she’s the Black Widow serial killer.

Despite her instinct to stay away, Ranna makes the journey. But the key to finding Alex lies in her painful past. And to uncover it, she’ll need to unravel a web of secrets tied to a long-forgotten crime.

Even if she finds Alex before it’s too late, Ranna must answer for past sins…or risk losing him forever.

Skarlaken (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Skarlaken (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Afgetrede polisieman Jaap Reyneke vra Sarah Fourie, ’n rekenaargenie met ’n kriminele rekord, om die raaisel rondom die dood van sy peetdogter, Janien Steyn, op te los. Janien was op die oog af geliefd, ’n suksesvolle kunstenaar met ’n slag vir besigheid, en op die punt om met haar universiteitsliefde te trou. Was dit selfdood of moord? Waarom is die toneel om haar liggaam so sorgvuldig, amper kunstig, gerangskik? En hoekom is haar rekenaar se geheue voor die tyd so sorgvuldig skoongevee?

Skrapnel (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Skrapnel (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

n Opwindende nuwe spanningsverhaal deur die skrywer van Skoenlapper. Journalis Alex Derksen verdwyn terwyl hy 'n storie oor 'n mynsindikaat dek. Sy hacker vriendin, Sarah, spoor Ranna Abrahamson in Indie op en oorreed haar om na Suid-Afrika terug te keer. Sarah hou vol dat sy Alex slegs met Ranna se hulp kan opspoor. Haar motiewe is egter nie heeltemal suiwer nie. Ranna moet die traumatiese aand van haar pa se dood onthou om die buit van ’n lank vergete rooftog kan opspoor en so Alex se lewe te red.

Die Mak Maniere Van Wilde Diere (Afrikaans, Paperback): Irma Raspel Die Mak Maniere Van Wilde Diere (Afrikaans, Paperback)
Irma Raspel
R199 R184 Discovery Miles 1 840 Save R15 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die Mak Maniere van Wilde Diere is ’n boek om kinders deur die avonture van Suid-Afrika se wild te inspireer.

Met stories van olifante wat trou of slange wat in knope vasgebind word, ontlok hierdie plaaslike kindertitel 'n gevoel van verwondering. Hierdie vier kortverhale, wat gemik is op ouderdomme 5-10 jaar, vorm 'n prettige wêreld van dieremanewales.

Met pragtige illustrasies van Annerina de Beer; die verhale is geskryf deur 'n ma van twee met die doel om 'n liefde vir stories by Suid-Afrika se jong generasie te kweek.

The Life and Works of Mrs. Therese Robinson (Talvj) (Paperback): Voigt Irma Elizabeth 1882- The Life and Works of Mrs. Therese Robinson (Talvj) (Paperback)
Voigt Irma Elizabeth 1882-
R418 Discovery Miles 4 180 Ships in 10 - 15 working days

Unlike some other reproductions of classic texts (1) We have not used OCR(Optical Character Recognition), as this leads to bad quality books with introduced typos. (2) In books where there are images such as portraits, maps, sketches etc We have endeavoured to keep the quality of these images, so they represent accurately the original artefact. Although occasionally there may be certain imperfections with these old texts, we feel they deserve to be made available for future generations to enjoy.

Sirkus (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Sirkus (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Dis die laat tagtigs in Johannesburg. Adriana van der Hoon is agtien. Haar aktivis-pa het jare lank oorsee geld vir die Education Trust ingesamel, en nou staan die veiligheidspolisie op haar drumpel met 'n ultimatum. In Berlyn leer sy oorleef. Dis waar sy haar talent om messe te gooi vervolmaak, en waar sy Yasen Todorov ontmoet. Hier, weg van alles wat bekend is, leer Adriana dat mens oor alles kan onderhandel, ook jou onskuld.

'Sirkus' is Venter se vyfde roman - haar beste nog.

Aus den letzten Jahren der Kaiserin Elisabeth (Hardcover): Irma Grafin Sztáray Aus den letzten Jahren der Kaiserin Elisabeth (Hardcover)
Irma Grafin Sztáray
R866 Discovery Miles 8 660 Ships in 18 - 22 working days
The Perfumer's Palette - Recreating the Classics Naturally: Irma Nyberg The Perfumer's Palette - Recreating the Classics Naturally
Irma Nyberg
R1,387 Discovery Miles 13 870 Ships in 18 - 22 working days
The Power of Purim, and Other Plays (Hardcover): Irma Kraft The Power of Purim, and Other Plays (Hardcover)
Irma Kraft
R804 Discovery Miles 8 040 Ships in 18 - 22 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Pilot's Handbook of Aeronautical…
U.S. Department of Transportation, Federal Aviation Administration (FAA) Hardcover R1,377 R1,180 Discovery Miles 11 800
UAV PILOT LOGBOOK 2nd Edition - A…
Michael L Rampey Hardcover R723 Discovery Miles 7 230
Airplane Flying Handbook - FAA-H-8083-3C
Paperback R503 Discovery Miles 5 030
Caraval: 4-Book Collection - Caraval…
Stephanie Garber Hardcover R2,683 R2,122 Discovery Miles 21 220
Hunting Evil
Chris Carter Paperback  (2)
R295 R264 Discovery Miles 2 640
New Times
Rehana Rossouw Paperback  (1)
R280 R259 Discovery Miles 2 590
Aviation Manager's Toolkit - How to…
Harun Soylu Hardcover R1,534 Discovery Miles 15 340
Project Hail Mary - A Novel
Andy Weir Paperback R540 R488 Discovery Miles 4 880
Doolhof
Rudie van Rensburg Paperback R365 R326 Discovery Miles 3 260
Noel Merrill Wien - Born to Fly
Noel Merrill Wien Paperback R410 Discovery Miles 4 100

 

Partners