0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (12)
  • R500 - R1,000 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 16 of 16 matches in All Departments

Na 'n Plaas In Afrika (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Na 'n Plaas In Afrika (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Nuwe lewe wag op hom

In 1939 bars die oorlogbom in Europa. Drie miljoen kinders word uit London ontruim na veiliger gebiede. Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na ’n onbekende tante van sy pa in ’n klein dorpie in Skotland. By aunty Grace wag ’n nuwe lewe op hom.

Aan die anderkant van Europa ruk die Duitse Sesde Leër op teen Rusland. Tussen die manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun. Voor hulle wag die Russiese winter, Stalingrad en die krygsgevangenekampe van Siberië. 90 000 word gevange geneem, net sesduisend oorleef.

Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Beide bevind hulself egter op pad na ’n plaas in Afrika waar hul paaie sal kruis met dié van Seretse Khama en Mentje de Vries.

Anderkant Pontenilo (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Irma Joubert Anderkant Pontenilo (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Irma Joubert
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

’n Nuwe uitgawe van die geliefde roman, wenner van die ATKV-prys vir Liefdesromans.

Die Tweede Wêreldoorlog verdeel die wêreld, dit skeur gesinne uitmekaar. Binne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine – jongmense met drome en aspirasies wat elkeen op ’n unieke manier deur die oorlog beïnvloed word.

Wanneer ’n Italiaanse krygsgevangene op die Fouries se Bosveldplaas ’n klipbrug oor die Nyl moet kom bou, ontmoet hy vir Klara en vind in haar ’n geesgenoot . . .

Persomi: Anderkant Pontenilo (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Irma Joubert Persomi: Anderkant Pontenilo (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Irma Joubert
R370 R315 Discovery Miles 3 150 Save R55 (15%) Ships in 4 - 8 working days

Boelie is mister Fourie se oudste seun en erfgenaam; Pérsomi is die bywonerskind. Maar Pérsomi is slim en het haar intelligensie waarskynlik van haar onbekende biologiese pa geërf. Sy presteer op skool en bekwaam haar as prokureur.

’n Baie spesiale vriendskap ontwikkel tussen Boelie en Pérsomi, maar iets hou haar terug – waarom kan sy nie met oorgawe liefhê nie? En wanneer sy as baie jong prokureur inwillig om die Indiërwinkeliers se gedwonge verskuiwings in die hof te beveg, bring dit haar in direkte konflik met die gemeenskap – én met Boelie.

Te midde van alles bly die vraag: Wie is Pérsomi se pa? En wanneer sy eindelik uitvind, hoe sal dit haar lewe beïnvloed?

’n Meesleurende roman wat afspeel teen die agtergrond van die stormagtige politiek van die 1940’s en die apartheidswette van die 1950’s.

Kronkelpad (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Kronkelpad (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert 2
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kronkelpad speel af teen die agtergrond van die polio-epidemie van die 1950's. Marco Romanelli, 'n Italianer wat in 'n konsentrasiekamp was, gaan woon in die Bosveld vir gesondheidsredes. Daar ontmoet hy vir Dr. Lettie Viljoen. Die liefde blom, maar hulle toekoms is gevul met vele struikelblokke.

Verbode Drif (Afrikaans, Paperback, 2de Heruitgawe): Irma Joubert Verbode Drif (Afrikaans, Paperback, 2de Heruitgawe)
Irma Joubert 1
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) In Stock

Sy’s ʼn boeremeisie, hy ʼn Jood. ʼn Boerejood, ja, maar nogtans ʼn Jood. Vir hulle liefde is daar geen toekoms as hulle dit nie self skep nie.

Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz, weet Elizabeth, maak altyd ʼn plan. Altyd.

Hy, met sy lag, sy terg, die sagtheid in sy oë. Die paadjie wat aan hulle toebedeel is, is ongelyk. Soos die middelmannetjie in die drif. Hulle weet van mekaar vermy, van voorgee sodat niemand iets vermoed nie. Van wag. En van liefhê … Totdat Elizabeth gedwing word om ʼn doodsbelofte te maak. En sy weet, sy wéét, hierdie keer is dit verby, nie eers Izak sal nou meer raad hê nie.

Tolbos (Afrikaans, Paperback, Unabridged edition): Irma Joubert Tolbos (Afrikaans, Paperback, Unabridged edition)
Irma Joubert; Narrated by Carla Smith 1
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

In Suid-Afrika se onstuimige tagtigs raak Katrien Neethling bewus van ’n ander wêreld wat nog altyd daar was maar wat sy nie geken het nie. Kan mens net ophou om ’n Afrikaner te wees? Helaas nie. Soos ’n tolbos in die wind bly sy dwarrel tussen politieke woelinge en haar geliefdes wat behoudende boeremense is. Dit is ook die jare waarin die Voëlvry-toer konserwatiewe Suid-Afrikaners en hulle kinders tref met die gevleuelde woorde: “Ons is die mense teen wie julle ouers julle gewaarsku het.” Kort tevore het Wladek Kowalski die politieke woelinge in Pole beleef. Hy met sy digte bos hare en sy eie hartseer verhaal uit die ysige noorde. Ook hy betaal die prys van mense wat anders begin dink. En al is die verlange na sy geboorteland onhoudbaar by tye, kry hierdie hardekwas Afrikaanse meisie dit reg om hom teen sy sin te fassineer. En Katrien leer by Wladek wat die mooi Poolse woorde “moje kochanie” beteken.

Immer Wes (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Immer Wes (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dis met 'n skok dat sy Gustav weer sien by een van die baron se talle onthale. Die swaarkry van die oorlog het egter sy tol geeis en daar is weinig oor van die eens beeldskone en ryk vrou. Hy herken haar nie dadelik nie. Sy doen moeite om te sorg dat dit so bly, want die vernedering sal vir haar te groot wees met haar rooigeskropte hande, haar dowwe hare en haar brandmaer lyf.

Veilige hawe (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Veilige hawe (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Veilige hawe is 'n heruitgawe van twee van haar romanses. In Vonkpos vir die hart probeer Liezl die muur om Pieter Naude afbreek. Na die moord op sy gesin is dit nie maklik nie. Sy verstaan egter - sy het self haar man verloor. Tog raak sy lief vir hom. Na wie luister sy - haar hart of haar verstand? ’n Beskermengel vir Marlene is die drie-en-twintigjarige weduwee, Marlene, se verhaal. Sy is bang en vertrou niemand nie - totdat Adolf opdaag. Haar bang word vertroue. Sy erken dat sy hom liefhet en hy baai haar in sy omgee en sorg … Tot die verlede hulle inhaal.

Tussen Stasies (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Tussen Stasies (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

As ’n Duitse wesie kom Gretl ná die Tweede Wêreldoorlog Suid-Afrika toe. Vir haar oorlewing, het Jakób Kowalski besluit. Maar net Jakób ken haar groot geheim, kan dalk die vuur in haar drome verstaan. En help heelmaak.

Mentje, Kind Van Pas-Opkamp (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Mentje, Kind Van Pas-Opkamp (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die Here, Pappa se Hemelse Vader, het saam met Pappa verdwyn. In hierdie tent vol mense is sy stokalleen. “Ek is net maar hier, dink Mentje. Net maar nog ’n mond wat moet kos kry, nog ’n lyf wat gewas moet word, nog ’n asem in die hut. Nog ’n kind.”

Die Tweede Wêreldoorlog in al sy hebsug en barbaarsheid breek uit toe Mentje de Vries, ’n Nederlandse oorlogswesie, tien jaar oud is. Sy beland saam met Joodse vlugtelinge in ’n geheime kamp in die Nederlandse woude. Toe die situasie te gevaarlik raak omdat die Duitsers die kamp enige dag gaan ontdek, moet sy vlug na familie in Arnhem, maar daar is sy ook nie welkom nie. Sy moet veg om oorlewing tydens die Slag van Arnhem en gepaardgaande Honger Winter van 1944­ - 1945.

Byna aan die ander kant van die wêreld, in Suid-Afrika, sluit Tinus van Jaarsveld as ’n valskermsoldaat by die Britse Leër aan. Dit is nie soseer trou aan die Britse Ryk wat hom daartoe dryf nie, maar die vergoeding wat hy daarvoor gaan kry, want hy wil die Van Jaarsvelds se familieplaas terugkoop. Toe hy by Arnhem gewond word, stel Mentje haar lewe in gevaar om hom te red.

Ná die oorlog laat kom Tinus haar na Suid-Afrika en sy moet aanpas by nuwe omstandighede, midde-in drie geslagte van die verskeurde Van Jaarsvelds. Verlies en versoening, mensliewendheid en vergifnis is die kamerade wat Mentje en Tinus deur beproewende tye dra.

Irma Joubert is ’n geliefde naam in historiese fiksie. Al haar vorige romans was topverkopers en met Mentje, kind van Pas-Opkamp sit sy hierdie tradisie voort.

Child of the River (Paperback): Irma Joubert Child of the River (Paperback)
Irma Joubert 1
R323 R249 Discovery Miles 2 490 Save R74 (23%) Ships in 12 - 19 working days

A timeless coming-of-age tale of heartbreak and triumph set in South Africa at the dawn of apartheid. Persomi is young, white, and poor, born the middle child of illiterate sharecroppers on the prosperous Fourie farm in the South African Bushveld. Persomi's world is extraordinarily small. She has never been to the local village and spends her days absorbed in the rhythms of the natural world around her, escaping the brutality and squalor of her family home through the newspapers and books passed down to her from the main house and through her walks in the nearby mountains. Persomi's close relationship with her older brother Gerbrand and her fragile friendship with Boelie Fourie-heir to the Fourie farm and fortune-are her lifeline and her only connection to the outside world. When Gerbrand leaves the farm to fight on the side of the Anglos in WWII and Boelie joins an underground network of Boer nationalists, Persomi's isolated world is blown wide open. But as her very small world falls apart, bigger dreams open to her-dreams of an education, a profession, a native country that values justice and equality, and of love. As Persomi navigates the changing landscape around her-the tragedies of war and the devastating racial strife of her homeland-she finally discovers who she truly is, where she belongs, and why her life-and every life-matters. The English language publication of Child of the River solidifies Irma Joubert as a unique and powerful voice in historical fiction. "Filled with lessons of grace and love, Child of the River is a story that reminds us all to hold steady through life's most fragile hours." -Julie Cantrell, New York Times and USA TODAY bestselling author of Perennials

The Crooked Path (Paperback): Irma Joubert The Crooked Path (Paperback)
Irma Joubert
R293 R248 Discovery Miles 2 480 Save R45 (15%) Ships in 12 - 19 working days

From the bestselling author of The Girl From the Train, comes another compelling coming of age story of delayed love, loss, and reconciliation in WWII-era South Africa.

Lettie has always felt different from and overshadowed by the women around her– this friend is richer, that friend is more beautiful, those friends are closer. Still, she doesn’t let this hold her back. She works hard to apply her mind, trying to compensate for her perceived lack of beauty with diligent academic work and a successful career as a doctor. She learns to treasure her friendships, but she still wonders if any man will ever return her interest.

Marco’s experience in the second world war have robbed him of love and health. When winters in his native Italy prove dangerous to his health even after the war has ended, he moves to South Africa to be with his brother, husband to one of Lettie’s best friends. Marco is Lettie’s first patient, and their relationship grows as she aids him on the road back to restored health.

In the company of beloved characters from The Child of the River, Marco and Lettie find a happiness that neither of them thought possible. With that joy comes pain and loss, but Lettie learns that life—while perhaps a crooked path—is always a journey worth taking.

Ver Wink Die Suiderkruis (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Ver Wink Die Suiderkruis (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dis 1933 – ses jaar voor die Tweede Wêreldoorlog. Kate Woodroffe was nog die heeltyd in watte toegedraai en soos ’n porseleinpoppie opgepas totdat sy besef dat daar ’n ander wêreld bestaan as die herehuis in Parktown Ridge. Haar studierigting bring haar in aanraking met die verwoestende armoede van Vrededorp, skaars tien kilometer van waar sy woon, en sy besluit om ’n verskil te maak in die stukkende wêreld om haar. Maar die man wat haar pa aanstel om haar op te pas terwyl sy navorsing doen in die agterbuurte, krap haar netjiese planne deurmekaar. Want hy leer haar hart vlieg, laat ’n vreugde diep binne-in haar oopbreek. Maar hy ketting haar ook vas. “In die regte lewe is daar nie ’n óns nie, Kate …” Kate weet dit. Sy is ryk John Woodroffe se dogter, midde-in die wurgende depressie, die armblankes oral, die woedende myners diep in haar pa se goudmyne. En Bernard Neethling is ’n mynwerker. Hul wêrelde is onversoenbaar. En dis ononderhandelbaar. Albei weet dit. Maar hy skulp haar toe met sy krag, sy warmte. Hy wil die Suiderkruis vir haar pluk. En dit, weet Kate, sal makliker wees as om hul liefde te laat blom.

The Girl From the Train (Paperback): Irma Joubert The Girl From the Train (Paperback)
Irma Joubert
R390 R259 Discovery Miles 2 590 Save R131 (34%) Ships in 12 - 19 working days

Six-year-old Gretl Schmidt is on a train bound for Auschwitz. Jakob Kowalski is planting a bomb on the tracks. As World War II draws to a close, Jakob fights with the Polish resistance against the crushing forces of Germany and Russia. They intend to destroy a German troop transport, but Gretl's unscheduled train reaches the bomb first. Gretl is the only survivor. Though spared from the concentration camp, the orphaned German Jew finds herself lost in a country hostile to her people. When Jakob discovers her, guilt and fatherly compassion prompt him to take her in. For three years, the young man and little girl form a bond over the secrets they must hide from his Catholic family. But she can't stay with him forever. Jakob sends Gretl to South Africa, where German war orphans are promised bright futures with adoptive Protestant families-so long as Gretl's Jewish roots, Catholic education, and connections to communist Poland are never discovered. Separated by continents, politics, religion, language, and years, Jakob and Gretl will likely never see each other again. But the events they have both survived and their belief that the human spirit can triumph over the ravages of war have formed a bond of love that no circumstances can overcome. Praise for The Girl from the Train: "A riveting read with an endearing, courageous protagonist . . . takes us from war-torn Poland to the veldt of South Africa in a story rich in love, loss, and the survival of the human spirit." -Anne Easter Smith, author of A Rose for the Crown Full-length World War II historical novel International bestseller Includes a glossary

Persomi (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Persomi (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R672 Discovery Miles 6 720 Ships in 10 - 15 working days

Boelie is Mister Fourie se oudste seun en erfgenaam; Persomi is die bywonerskind. Maar Persomi is slim, waarskynlik te danke aan haar onbekende biologiese pa. 'n Baie spesiale vriendskap ontwikkel tussen Boelie en Persomi, maar iets hou Persomi terug - waarom kan sy nie met oorgawe liefhe nie? En wanneer sy as baie jong prokureurtjie inwillig om die Indierwinkeliers se gedwonge verskuiwing in die hof te beveg, bring dit haar in direkte konflik met die gemeenskap - en met Boelie.

Anderkant Pontenilo (Afrikaans): Irma Joubert Anderkant Pontenilo (Afrikaans)
Irma Joubert
R658 Discovery Miles 6 580 Ships in 10 - 15 working days

Die Tweede Wereldoorlog verdeel nie net die wereld nie, maar ook gesinne. In die Fourie-huishouding staan Pa by Hertzog wat neutraal wil bly, Oupa by Smuts wat tot die oorlog toetree en die seuns by Malan wat die oorlog teestaan. Binne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine – jongmense met drome en aspirasies wat elkeen op ‘n unieke manier deur die oorlog beinvloed word. En in ‘n klein Italiaanse dorpie woon die beeldhouer Guiseppe Romanelli en sy seuns. Ook Don Veneto en sy pragtige dogter Gina. Die dorpsmense het van altyd af geweet dat sy en Antonio, Guiseppe se een seun, vir mekaar bestem was; die twee raak spoedig verloof. Antonio word opgeroep om in Noord-Afrika te gaan veg, maar hy word ‘n krygsgevangene en beland op die Fouries se Bosvelplaas in Suid-Afrika waar hy klipwerk doen. En hier ontmoet hy vir Klara, ‘n meisie wat ‘n vriend en geesgenoot word... ‘n Eg menslike verhaal wat met insig en begrip uitbeeld dat oorlog almal raak. En dat die brue wat ons bou soms ‘n opdraand pad aan die anderkant het.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Archives of Physiological Therapy…
Anonymous Hardcover R991 Discovery Miles 9 910
Suid-Afrikaanse Kookboek Vir Allergiee…
Hilda Lategan Paperback R382 Discovery Miles 3 820
The Theory of Density - From an…
Mohammad Javanshiry Hardcover R1,577 Discovery Miles 15 770
Graded Questions On Auditing 2024
G. Richard, C. Roets, … Paperback R784 Discovery Miles 7 840
Notices of the Proceedings at the…
Royal Institution of Great Britain Paperback R730 Discovery Miles 7 300
Public Policy and the Quality of Life…
Randall G. Holcombe Hardcover R2,909 Discovery Miles 29 090
Autophagy - How to Live Healthy and…
Lauren Prieto Hardcover R808 Discovery Miles 8 080
The Amazing Spider-Man
Stan Lee, Steve Ditko Paperback R803 R694 Discovery Miles 6 940
Redemption - 2017 Tales from the Writers…
Bernie Dowling, Vera M Murray, … Hardcover R848 Discovery Miles 8 480
The Hermit Abroad
Felix M'donogh Paperback R574 Discovery Miles 5 740

 

Partners