|
Showing 1 - 15 of
15 matches in All Departments
Etienne Leroux word steeds beskou as een van die grootste skrywers
wat die Afrikaanse literatuur opgelewer het. J.C. Kannemeyer se
biografie oor hierdie geheimsinnige en dikwels omstrede figuur
behels meer as n magdom waardevolle inligting. Dit is ook 'n
persoonlike beskouing van Leroux, die mens, sy politieke opvattings
en sy siening van sensuur. 'n Fotoseksie waarin skaars foto's van
Leroux, sy familie en medeskrywers opgeneem is, verryk die
biografie en dra by tot 'n boeiende portret van n hoogs
verwikkelde en enigmatiese man.
Sedert die tweede druk van die tweede uitgawe in 1975 was Die siel
van die mier egter slegs as n skaars tweedehandse eksemplaar
beskikbaar. Hierdie uitgawe is verryk deur n inleidende besinning
oor die vraag of Maeterlinck, die Belgiese Nobelpryswenner, Marais
se teorie oor die termietnes as organiese eenheid oorgeneem het.
Origens blyk dit uit die verskillende drukke en uitgawes hoe
Afrikaans in die jare twintig van die twintigste eeu nog op weg was
om n wetenskaplike woordeskat te vind en die addendum bevat
artikels wat vandag slegs met moeite uit ou tydskrifte en koerante
opgediep kan word.
Briewe van Peter Blum bevat briewe wat die digter tussen 1955 en 1966 aan literere persoonlikhede van sy tyd geskryf het. Die briewe van die digter Peter Blum, wat beskou word as die voorloper van Breyten Breytenbach, is geskryf aan bekende letterkundiges soos D J Opperman, W E G Louw, Van Wyk Louw, Ernst Lindenberg, Jan Rabie, Uys Krige, Barend Toerien.
Met die groot vyf wolkekrabbers in die stadskern wysig Hannes van
der Merwe saam met ander, in die jare sestig en sewentig, die
luglyn van Kaapstad: die Naspers-gebou, die Cartwright-hoekgebou,
die uitbreiding aan die kantore van die Kaaplandse Provinsiale
Administrasie se gebou, die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die
Kaapstadse Burgersentrum (vandag die Unistad-hoofkantoor). Maar
Hannes van der Merwe is veel meer as bloot argitek. Hy was jare
lank betrokke by die Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste en
die Raad van Trustees van die Suid-Afrikaanse Kunsmuseum en het
selfs op sy dag n bietjie toneel gespeel. Een van die boeiendste
fasette van sy lewe is sy vriendskap met belangrike skrywers en
joernaliste Boerneef, D.J. Opperman, Piet Cillie en Izak de
Villiers waaroor daar in hierdie boek meer vertel word.
Hierdie kosbare briefwisseling tussen N.P. van Wyk Louw en W.E.G.
Louw is n belangrike bron vir navorsing na die geskiedenis van die
Afrikaanse letterkunde en waardevolle dokumente vir n studie van
die intellektuele geskiedenis van die Afrikaner. Die teks is
voorsien van sowel verhelderende annotasies as n bondige, besonder
knap en maklik leesbare inleiding. Dit is n
vlees-en-bloed-weergawe van al die vertwyfeling, frustrasies en
emosionele probleme wat N.P. van Wyk Louw die hoof moes bied terwyl
hy aan sy belangrikste bydraes gewerk het. Sommige van sy mees
oorspronklike standpunte oor die bestaanstryd van Afrikaners en
Afrikaans kom hier die eerste keer voor.
n Versameling briewe van die broers W.E.G. en N.P. van Wyk Louw. Die briefwisseling tussen Van Wyk en W.E.G. Louw vanaf 1941 tot met Van Wyk Louw se dood in 1970 strek oor 'n periode van bykans dertig jaar. Die korrespondensie tussen die twee broers, waarby ook enkele briewe van Truida Louw aansluit, beslaan 'n totaal van 226 briewe, poskaarte en telegramme en foto's ingesluit.
J.M. Coetzee: a life in writing is the first biography of Nobel
laureate J.M. Coetzee. A global publishing event of the rarest
kind, the book has been written with the full cooperation of
Coetzee, who granted the author interviews and put him in touch
with family, friends, and colleagues who could talk about events in
Coetzee's life. For the first time, Coetzee allowed complete access
to his private papers and documents, including the manuscripts of
his 16 novels. J.C. Kannemeyer has also made a study of the
enormous body of literature on Coetzee, and through archival
research has unearthed further information not previously
available. The book deals in depth with Coetzee's origins, early
years, and first writings; his British interlude from 1962-1965;
his time in America from 1965-1971; his 30 years back in South
Africa, when he achieved international recognition and won the
Booker prize; and his Australian years since 2002, during which
time he won the Nobel Prize in Literature. J.M. Coetzee: a life in
writing is a major work that corrects many of the misconceptions
about Coetzee, and that illuminates the genesis and implications of
his novels.This magisterial biography will be an indispensable
source for everybody concerned with Coetzee's life and work.
|
|