0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (15)
  • R250 - R500 (6)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 22 of 22 matches in All Departments

Bloedblou (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Bloedblou (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R280 R239 Discovery Miles 2 390 Save R41 (15%) Ships in 7 - 11 working days

Kya Rothman het nog altyd haar diamanthalssnoer as haar kosbaarste besitting beskou. Haar ouers het dit met haar geboorte vir haar gegee, en die legende sę dat dit vervloek is. Kya het nooit veel waarde aan die stories geheg nie, selfs nie toe haar ma die dag ná haar geboorte oorlede is nie – die dag nadat haar pa die diamant gekoop het.

Maar wanneer haar pa vals beskuldig word van die moord op sy beste vriend en hul lewens in duie stort, begin Kya wonder of daar dalk meer aan die legende is as wat sy gedink het. In ’n poging om haar pa se naam skoon te kry, wend sy haar tot meneer Cohen, ’n ou
familievriend met ’n winkel vol geheime. Daar ontmoet sy Eddie Nonnies, en ’n intense vonk skiet tussen hulle.

Saam moet Kya en Eddie deur ’n web van intrige en gevaar vaar om die waarheid te ontdek. Terwyl hulle probeer om Kya se pa te red, moet hulle ook hul eie lewens – en die geheimsinnige diamant – beskerm. Aksie, romanse en raaisels verweef in ’n onvergeetlike
avontuur wat jou op die punt van jou stoel sal hou.

Breath (Paperback): Jan Vermeulen Breath (Paperback)
Jan Vermeulen
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

A wild night of partying and a run-in with one of the most notorious drug dealers in Gauteng turns Barries’ life upside down.

The police give him one simple choice – if he wants to stay out of jail, he has to spend the next six weeks on a farm, near a small coastal town in the Eastern Cape, right in the middle of nowhere. With his estranged father.

Slowly but surely, Barries comes to realise that the bottle of brandy stashed under the bed is not the only – or the darkest – secret his father is hiding.

Breath, a translation of the best-selling Asem, is a gripping novel for teens that doesn’t hesitate to tackle difficult themes.

Veergewig (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Veergewig (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 5 - 7 working days

Talia is ’n bokser. Sy is deel van die veergewig-kategorie in die skoolspan. Maar haar afrigter het nie baie genade vir haar nie. Dit maak nie saak hoe hard sy boks nie, sy kan net nie sy goedkeuring wen nie.

Sy is ook nie vreeslik gewild ná haar broer, Hamer, vrygelaat word op parool nie. Hy was vir ’n jaar lank in die tronk oor diefstal. Almal behandel hom steeds soos ’n krimineel. Maar ... was hy werklik skuldig?

’n Boeiende roman oor die kompleksiteit van gesinne en die gevegte wat ons almal soms met onsself en ons naastes moet veg.

Om 'n Leeu Se Bek Toe Te Bid (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Om 'n Leeu Se Bek Toe Te Bid (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ses tieners op ’n vasbyt-kerkkamp in die veld, elkeen met hul eie geheime en vrae oor geloof.

Die matriekseun wat hulle lei, vol drome van dominee word maar sonder studiegeld. Een afgetrede sirkusleeu en die geblikte jagter agter hom aan. ’n Plaas met ’n verlede vol ongeregtigheid, nou deur droogte geteister. Jan Vermeulen se meesleurende nuwe jongvolwasseneverhaal gaan jou van begin tot einde op die punt van jou stoel hou en nuut laat dink oor gebed, geloof en genade. Die storie bevat ’n tikkie avontuur, ’n tikkie liefde, ’n tikkie geloof en hope naelbyt-spanning.

Jeanette Ferreira, skrywer en redakteur, sę die volgende oor die verhaal: Sprankelende titel. Lieflike verhaal. Spannend van die openingstoneel af tot op die allereinde. Daarby vol spitsvondigheid.

Soen (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Soen (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R255 R239 Discovery Miles 2 390 Save R16 (6%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Peet Rautenbach is Algoa Hoër se hoofseun: hoogs intelligent en met baie talent in musiek, kuns en redenaars. Daar word sewe A's van hom verwag. Daarby is Peet 'n toegewyde, voorbeeldige seun in die oë van sy pastoor-ouers. Maar Peet het 'n swakte: sy obsessie met die blonde onderwyseres Scarlett Rose Reynolds. Dit maak die deur oop vir talle aanslae op hom, en wat hom uiteindelik amper sy lewe kan kos.

Ondier (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Ondier (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Nagjagter (Paperback): Jan Vermeulen Nagjagter (Paperback)
Jan Vermeulen
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Ondier (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Ondier (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die hulp van die forensiese profileerder, doktor Olaf Demeyer, word ingeroep toe voetslaners aan die voet van Bosberg op die naakte lyk van 'n vrou afkom. Sy is vasgemaak teen 'n jong bloekom. Verskeie meswonde ontsier haar liggaam.

Maar Olaf sien nie kans nie. Hy het sy praktyk gesluit, want “Ek is oor die muur. Ek het vir te lank te veel oor hierdie soort afgronde van mense gehang, om te probeer help. Toe my eie dogter deur 'n reeksmoordenaar ontvoer word, het ek oor my eie afgrond gedonder. Tot onder in die hel. Nooit weer nie. Ek kan nie meer nie. Ek het genoeg gehad.”

Maar so maklik is dit nie om sy rug op hierdie trauma te draai nie. Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober, die vrou vir wie hy lief geword het. Sy het uit sy lewe gestap toe sy agterkom sy verwag sy kind. Cor is nou twee maande oud en hy ly aan 'n ernstige hartdefek. Hy moet dringend in die Kaap kom vir 'n operasie, maar hy het verdwyn. Hy word vermoedelik deur sy ma se moordenaar aangehou. Sy uurglas is besig om leeg te loop.

“Jy het jou dogter se lewe gered,” soebat adjudant Jordaan van Somerset-Oos vir Olaf. “Kom help ons nou om jou babaseun ook te red.”

Kwessies soos geestesversteuring, seksverslawing en kannibalisme word aangespreek teen die agtergrond van 'n reeks bisarre misdade waarin jong vroue grusaam vermink word voordat hulle sterf en hulle babas verdwyn. Ondier is die skrywer se tweede volwasse roman en volg op Die Vyfde Aspoester.

Gom Vir Jou Stukkende Wereld - 5 Waarhede Om Aan Te Kleef (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Gom Vir Jou Stukkende Wereld - 5 Waarhede Om Aan Te Kleef (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Met dekades se ervaring in die geestelike- en jeugbediening en ’n hele paar jeugverhale agter sy naam skryf Jan Vermeulen hierdie insiggewende, Bybelse gids vir tieners. GOM vir jou stukkende węreld bevat 5 belangrike Bybelse waarhede wat tieners kan bekwaam om: Die kernboodskap van die Bybel beter te verstaan. Antwoorde op hul geestelike vrae te vind. Beter lewenskeuses te maak. In die stukkende węreld waarin ons lewe ervaar baie mense trauma en verwarring. Hierdie gids gee tieners die hulpmiddels wat hulle nodig het om hul węreld weer heel te maak. Hierdie boek bevat antwoorde op belangrike vrae, ruimte vir self-refleksie en vrae om die leser verder te laat dink en antwoorde in die Bybel te soek.

Klaskameraad Studiegids: Veergewig (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Klaskameraad Studiegids: Veergewig (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen; Compiled by Mia Singels
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie gebruikersvriendelike en praktiese gids is ideaal vir klaskamergebruik. Die gids is so saamgestel dat dit die analise van die roman vir die onderwyser vergemaklik: literęre aspekte word binne die konteks van die roman bespreek, daar is kontekstuele vrae met nasienriglyne, daar word verskeie skryf- en mondelingaktiwiteite binne konteks van die roman gegee, en daar is klasbesprekingspunte.

Poppie Viool en die Swartwoud-arende (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Poppie Viool en die Swartwoud-arende (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Poppie Viljoen is op pad na die Swartwoud Kinderhuis toe nadat eers haar ouma en toe haar oupa oorlede is. Sy is alleen. En al wat sy oorhet, is 'n viool wat al lank in die familie is. Van die oomblik dat sy by die kinderhuis aankom, hoor sy die gerugte oor spinnekoppe wat so groot is soos katte en oor die mensvreter-arende ... Poppie steur haar nie veel daaraan nie tot sy een aand voorgestel word aan professor Mancini, 'n pratende portret. Hy is eintlik 'n musiekonderwyser. Hy lei Poppie om te ontdek dat haar viool baie spesiaal is ... en dat die musiek van haar viool die krag het om mensvreter-arende se harte te verander sodat hulle uiteindelik weer mense word. Hierdie boeiende storie word pragtig vertel deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen. Die storie van Poppie Viool sal lesers herinner aan die krag van musiek en liefde!

Soeter As Heuning - Delf Daagliks Dieper In Die Woord (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Soeter As Heuning - Delf Daagliks Dieper In Die Woord (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Dawid skryf in Psalm 119:103, “Hoe aangenaam is U Woord, soeter as heuning in die mond.” Soos wat ’n vars byekorf nog uitgepers moet word om egte, onverwerkte heuning voort te bring, so help Soeter as heuning jou om Bybelse waarhede te ontdek en selfs te herontdek, soos jy diep oor elkeen nadink en dit in jou lewe toepas.

Deur God se Woord sorgvuldig in te neem, ontdek Dawid die diepte van God se liefde en vergifnis. Hy ervaar innerlike genesing en lewensvreugde wat net God in sy lewe kon bring.

Soeter As Heuning kan jou help om ook so ’n ervaring soos Dawid te hę.

Hoeveel Tande Het 'n Engel? (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Hoeveel Tande Het 'n Engel? (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

“Hulle wil my been afsit, Simphi. Net hierso.” Alex trek sy liniaal oor sy kaal bobeen. “Woep-wap-konynkap, weg is Alex Brown se been én sy beroemde skopvoet.”

Die nuus is presies wat die veertienjarige Alex nie wou gehoor het nie: sy beenkanker is te laat ontdek en nou is daar ’n sterk kans dat hulle sy been sal moet afsit. Hy gaan nooit weer rugby of krieket kan speel nie. Vir ’n lang tyd nie skool toe kan gaan nie. Dalk selfs nie eers sy vyftiende verjaarsdag sien nie …

Sy beste vriend, Simphiwe, het nie veel raad nie. Maar toe ontmoet Alex vir Agapé-Ann; ’n pastoor se dogter met dieselfde tipe kanker wat ses maande vroeër haar eie been verloor het. Hy begin saam met haar kerk toe gaan, en stadig maar seker leer hy meer oor geloof en die Here, en dat sy kanker nie ’n straf is nie. En oor engele.

Gaan sy jong geloof die grootste toets ooit kan oorleef?

Studiegids: Baster (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Studiegids: Baster (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen; Compiled by Petro Meiring
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Die Vyfde Aspoester (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Die Vyfde Aspoester (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Donkerkopmeisie se liggaam word in ’n agteraf hotel in ’n Aspoester-uniform gevind. Haar linkervoet se tone is afgesny sodat die voet in die glasskoen kon pas. Haar oë is netjies verwyder. Daarna is haar nekaar gekloof sodat sy haar kon doodbloei.

“Hoe sal jy voel as ek dieselfde met jóú dogter doen? Haar naam is mos Franci?”

Dit is wat die elektronies vermomde stem vir doktor Olaf Demeyer, forensiese profileerder, vra terwyl hy die dossierfoto’s van die moordtoneel bestudeer.

“Hoekom sou jy dieselfde met my dogter wou doen?”

’n Koggellaggie klink op. “Dit is wat jy moet uitvind, Doktor. Kom ons kyk of jy werklik so baie vir verontregde vroue omgee soos wat die media beweer. En kom ons kyk of jy my betyds met jou agtste sintuig kan uitoorlę.”

Die lyke van nog drie meisies word binne ’n paar dae gevind. Olaf besef hy sal baie diep in sy eie donker profiel moet delf na die waarheid as hy wil verhoed dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word.

Herinneringe aan sy traumatiese kinderjare, sy oordrewe skuldgevoelens en sy fobie vir lemme, maak nie sy taak vir hom ligter nie. Intussen voel hy hoe die uurglas baie vinnig vir Franci leeg loop.

Asem (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Asem (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

’n Aangrypende grootwordverhaal oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. ’n Kragtoer van ’n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.

Studiegids: Asem (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Studiegids: Asem (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen; Compiled by Carol Kriel
R140 R132 Discovery Miles 1 320 Save R8 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Leesgids wat gebruik word as hulpmiddel in die klaskamer om die voorgeskrewe boek aan te vul.

Oopmond (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Oopmond (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Soms vind harte mekaar selfs oor eeue heen …

Sewe maande ná haar hartoperasie begin Madelaine Taaibosch vermoed daar is iets verkeerd. Sy is seker die skenkerhart wat in haar borskas klop, is 'n gebroke hart. Die dokters verseker haar daar is niks met die hart verkeerd nie, maar sy begin vreemde dinge sien. Dinge uit die verlede. Dinge wat in die toekoms gaan gebeur. Dis wanneer Madelaine op haar antieke hemelbed lę dat die Franssprekende Camille verskyn en sy in die verlede terugreis. Dis wanneer sy Koba word en verlief raak op Buks, wat sterf wanneer hy haar tydens die Anglo-Boereoorlog teen die Engelse beskerm; dis wanneer sy Madelaine Taillefert word en haar lewe nog eens deur haar beminde, Hildebrand von Solms, gered word …

En dan is daar Brand, die rekenaar- en geskiedenisboffin wat graag navorsing oor sy stamboom doen. Hy vind uit Buks was sy pa se oupagrootjie en dat Hildebrand von Solms ook een van sy voorvaders was. Brand se oorlede meisie se hart klop nou in Madelaine se bors …

Terwyl Madelaine en Brand die geheime van die verlede stadig maar seker ontrafel, is hulle gewikkel in 'n stryd teen tyd voordat die hart in Madelaine se borskas ophou klop …

Hierdie asemrowende jeugroman deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen laat die grense tussen droom en werklikheid, hede en verlede meesterlik vervaag in 'n wegholrit van 'n liefdesverhaal wat jou meesleur tot op die laaste bladsy.

'n Uitdagende, boeiende roman vir jong volwassenes; temas soos sterflikheid, orgaanskenking, tweede kanse, reďnkarnasie, tydreise en tienerromanse word ondersoek.

'n Vorige roman deur Jan Vermeulen wat die LAPA Jeugromankompetisie in 2015 gewen het, is Asem.

*Geskik vir ouderdomsgroep 17+

Baster (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Baster (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hondegevegte en doodsdreigemente!

Baster is die storie van Karel, ’n seun wat met honde kan praat, en Hęppie, ’n liefdevolle brak wat gedwing word om ’n straatvegter te word. Die verhaal vertel die storie van al die honde waarvoor Karel lief is, maar ook die hartverskeurende verhaal van die hondegevegte en geweld wat sy samelewing verskeur

Fighting Poverty in South Africa - A practical guide (Paperback): Jan Vermeulen Fighting Poverty in South Africa - A practical guide (Paperback)
Jan Vermeulen
R540 Discovery Miles 5 400 Ships in 10 - 15 working days
Laaste Dans (Afrikaans, Paperback, Re-issue): Jan Vermeulen Laaste Dans (Afrikaans, Paperback, Re-issue)
Jan Vermeulen
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R110 Discovery Miles 1 100 Ships in 2 - 4 working days
Geraamtes dra nie klere nie (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Geraamtes dra nie klere nie (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R226 Discovery Miles 2 260 Ships in 2 - 4 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Full House - A Wild Cards Collection
George R. R. Martin Paperback R527 R497 Discovery Miles 4 970
Louisiana Conservationist, Vol. 54…
Janice Collins Paperback R403 Discovery Miles 4 030
The Diary of Samuel Pepys ... - for the…
Samuel Pepys Paperback R490 Discovery Miles 4 900
Feng Shui For Dummies, 2nd Edition
Dd Kennedy Paperback R566 R525 Discovery Miles 5 250
The Denver Snuffer Podcast Volume 3…
Denver C Snuffer Hardcover R758 Discovery Miles 7 580
Beyond Stalingrad - Manstein and the…
Dana V. Sadarananda Hardcover R2,746 Discovery Miles 27 460
The Way Into The Future - A Handbook For…
Joshua Free Hardcover R856 Discovery Miles 8 560
In Hiding - Surviving an Abusive…
Benno Benninga Paperback R523 Discovery Miles 5 230
Alto Saxophone Mastery
Dylan Cramer Hardcover R687 Discovery Miles 6 870
Friends, Lovers And The Big Terrible…
Matthew Perry Paperback R472 Discovery Miles 4 720

 

Partners