0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R250 - R500 (11)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 11 of 11 matches in All Departments

Woestynblom (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Woestynblom (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Isabella voel nie soos die tradisionele beeldskone heldin wat jy op ’n silwerskerm gaan raaksien nie, want sy is ietwat sag om die kante en haar hare het ’n onbuigbare wil van hul eie. Sy besluit die tyd het aangebreek vir opwinding en avontuur, want sy wil nie meer stry teen die knaende begeerte in haar om skaamteloos aan die ontvangkant van ’n man se hartstogtelike liefde te wees nie.

Sy vlug uit die stad om van haar oorbeskermende ouers weg te kom en asem te skep in die oop ruimtes waar niemand vir haar voorskryf wat om te doen nie. Isabella soek ’n man wat haar voete onder haar gaan uitslaan en sy is vasbeslote om hom te kry. Iemand wat haar gaan liefhê vir wie sy in al haar volrondheid is. Tydens haar soektog ontmoet sy ’n hele paar mans wat nou nie almal eintlik as goeie mans met suiwer intensies beskou kan word nie. En wie is die geheimsinnige man wat oral onverwags opduik en pal op haar spoor bly?

Maar toe gebeur die ondenkbare tydens ’n gesinskrisis wat opduik. Al die geraamtes wat uit die kas begin tuimel dwing Isabella om tot stilstand te kom en die waarheid in die oë te staar. Sommige antwoorde kan ’n vrou net op haar knieë by die Here kry. Hulle sê die waarheid maak vry en die liefde bedek ’n menigte van sondes. Miskien sal die kronkelpaaie van Isabella se lewe haar ook na liefde en vryheid lei sodat selfs ’n verlore woestynblom soos sy kan blom.

Vivaldi en Wasabi (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Vivaldi en Wasabi (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R302 Discovery Miles 3 020 Ships in 4 - 8 working days

Jacki de Wet is verslaaf aan die internet en sosiale media. Van Facebook, Instagram, X en TikTok weet sy genoeg om gevaarlik te wees. Sy en Pulani vorm ’n formidabele span en hou Die Boekhoek aan die gang. Miskien moes iemand vir Gary, Jacki se baas en verloofde, gewaarsku het toe hy ’n affair met Sally Smith wou begin. “Ebony and Ivory” laat nie met hulle mors nie.

Om van Gary se skelmpie ontslae te raak, is maklik genoeg, maar wat doen sy met die verraad en die woede? Nou sit Jacki sonder iemand om haar ’n bietjie vas te hou, sonder werk en sonder ’n huis. In Tamatiestraat.

Toe die musikant Giovanni Ignacio Mancini sy verskyning maak, verwar hy haar verder. Hy is soos die mooie Vivaldi-musiek wat hy op sy Stradivarius-viool speel – soms guitig of baldadig, soms strelend, smeulend, altyd sensueel. En dan is daar Sebastian, die wonderkind, wat eintlik maar net ’n seuntjie is met ’n groot hartseer.

Jacki sing falsetto, sy weet nie waar sy inpas nie. Sy wil ’n sushi-en-sjampanje-lewe hê, maar die wasabi brand en gee haar sooibrand … en eintlik is sy net ’n vis-en-tjips-meisie.

Roxy (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Roxy (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Jessica Rabbit probeer nie voorgee om iets te wees wat sy nie is nie. Sy’s ’n uitlokkende vrou en klaar.

Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy sy soek ’n roekelose, skelrooi lipstiek-lewe. Almal dink in elk geval sy is sletterig en uitgesproke – grotendeels weens haar blog wat sy onder die skuilnaam Jessica Rabbit skryf. Haar kollega Zander dink sy is Jessica Rabbit in lewende lywe: so witwarm sensueel dat sy ’n nat lap aan die brand kan steek. Roxy voel allesbehalwe sensueel, en die geraamtes uit haar verlede beduiwel telkens haar flirtasies en verhoudings. Daarom gryp sy nou na rooi lipstiek.

Wanneer Zander se pa, die bekende motiveringspreker Adam Muller, op die toneel verskyn, raak Roxy se lipstiek-lewe nog meer deurmekaar. Die enigste sekerheid in Roxy se nuwe wêreld blyk Ouma Lot te wees – totdat dié ook in raaisels begin praat. Roxy se lipstiek begin al meer na oorlogsverf lyk. . .

Vroue Met Vlerke (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Vroue Met Vlerke (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie boek is ’n hersiene weergawe van Emma is g’n engel nie (2011).

Emma dra verskriklike verwyte in haar binneste rond. Sy het iets vreesliks gedoen en dit kou aan haar. Sy voel al klaar moeilik om lief te hê met haar mollige lyf en haar vaal gelaatstrekke. Miskien as sy ook funky en blond en pret kon wees sou sy liefde kon vind. Sy wil ook weet hoe dit voel om iemand se arms styf om jou te voel … iemand soos Burger Botha.

Dis ’n eensame pad wat sy stap en die laaste mense by wie sy kan troos soek is haar ma en suster. Die Bybelversies van haar kindertyd weergalm in haar kop en herinner haar dat sy eintlik maar ’n closet Christen is. Sy weet wat sy verkeerd gedoen het, wat sy aangevang het, maar hoe gaan sy dit regmaak? Waar begin sy om na vergifnis te soek?

As ’n mens nie van jouself hou nie is dit moeilik om te glo dat iemand anders van jou sal kan hou. En as Emma nie haarself kan vergewe, of vir haarself lief kan wees nie, wie sal ooit kan? Sy voel allesbehalwe soos ’n engel, eintlik meer soos ’n duiwel, om die waarheid te sê. Haar skuld is te swaar om alleen te dra.

Emma het gehoor dat bevryding jou vlerke gee, en daar is soveel engel-vroue rondom haar met vlerke. Dalk kan hulle haar help om haar eie vlerke te kry sodat sy uiteindelik vry en haarself kan wees.

Blom in die Hare (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Blom in die Hare (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In haar grootwordjare in die laat tagtigs dra vroue skreeuhelder neonkleure, skouerkussings en groot hare. Maar nie háár aanneemma nie en ook nie Kaila sélf nie. Sy skáám haar!

Haar ma is kerklik en koeklik en oorgewig en nie regtig lief vir haar nie.

Kaila word bespot en leer verwerping ken op vele vlakke.

Daar is ’n gevaarlike, verbode aantrekkingskrag tussen haar en haar Wiskunde-onderwyser. Sal hy die liefde van haar lewe wees?

Ná ’n motorongeluk wat ernstige letsels laat, verdwyn Kaila se ma spoorloos. Die onsekerheid en verlange spook lank daarna nog by haar.

As enkelouer stort sy jare later al haar liefde uit op haar seun, Sebastian. As hy tog net nie bevriend was met Bertina, die wildewragtige dogter van Max Viljoen, nie! Toe Bertina swanger raak, staan Kaila se seun se toekomsdrome gevaar om verpletter te word. Wat gemaak met die swangerskap wat soveel mense se lewe in skerwe laat spat? Max is vasbeslote dat sy dogter nie alleen met die baba in die arms gaan bly staan nie terwyl Kaila haar seun wil beskerm. Eintlik het Kaila en Max mekaar nodig, maar Kaila se hart breek wanneer sy die pyn in haar jong seun se oë sien.

En Kaila weet, sy weet, ’n mens het meer nodig as ’n blom in jou hare om gelukkig te wees.

Die Lang Papawer (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Die Lang Papawer (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe vind?

Libbi de Lange is die langste meisie in die kontrei. In die hele wye wêreld, of so voel dit vir haar. Die lewe werk rof met iemand wat nie by die gewone inpas nie; die neiging is mos oral om die kop af te kap van ’n papawer wat aanhou uitstyg. As jy dan nog die dogter is van ’n pastoor van ’n volksvreemde kerk in die Knysnabosse, is die verleentheid groot en die hoop min.

Die nuwe millennium is op pad, die vrees vir die Y2K-virus ’n werklikheid. Libbi moet trou, en gou ook sodat sy die gespot oor haar van kan agterlaat. Nogal moeilik as jou dansmaat se kop deur jou boobs verswelg word.

Dis Flooze, haar kamermaat op universiteit, wat Libbi leer om haar eie identiteit te omarm en uitdagend anders te wees, om uit die soetkoekblik te klim. Die verlange na liefde bly egter knaag, die honger van die lyf ook. Toe word sy maar mevrou Libbi Landman – en sit steeds met ’n honger vir 51% meer as wat sy gekry het. Boonop vergemaklik haar vriend Beer se huiwering op haar drumpel glad nie sake nie.

Tydens Covid kry die komplikasies rondom haar liewe, halfheilige pa, Beer en haar gesin net kleintjies. Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe ontdek? Voordat die lang papawer kan blom?

Eendag Is Nou (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Eendag Is Nou (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Jacomien is moeg vir haar man. Haar lewe lank wag sy op eendag om gelukkig te wees net om te besef dat eendag nie meer op haar wag nie. Eendag is hier - eendag is nou. Eendag is nou.

Sjokoladesoene (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Kristel Loots Sjokoladesoene (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Kristel Loots
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R347 Discovery Miles 3 470 Ships in 2 - 4 working days

Jessie Jansen weet sy het haarself as vrou die afgelope tyd verwaarloos. Nee, meer nog, sy vergryp haar gruwelik aan soetgoed. Sjokolade.

Maar sjokolade, weet sy, maak daardie gat in haar toe. Die gat wat Andries gelos het toe hy met die jong dingetjie weg is. So oud soos haar kind.

Maar Bruno Baumann sien haar in die supermark raak. Dink sy pas perfek in hulle reklameveldtog vir nuwe onderklere – die gewone vrou wat ander kan laat verstaan dat hulle tog sensueel is. Mooi en maer ofte nie.

Net, Jessie is vir hom beeldskoon. Maar sy het genoeg bagasie om ’n man te laat verbyhou. Hy sal hom liewer vermaak met die jong dollas wie se foto’s hy in sy beursie hou.

Lemoenseisoen (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Kristel Loots Lemoenseisoen (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Kristel Loots
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R397 Discovery Miles 3 970 Ships in 2 - 4 working days

Al is sy Mevrou Dominee, is Suzy in die eerste plek ’n mens, ’n bloedwarm vrou wat deur haar man bemin wil word. Maar hy stel lankal nie meer belang nie, en sy moet ’n ingrypende besluit neem – ’n besluit wat die skindertonge losmaak en haar reputasie aan flarde ruk.

Om die kroon te span is daar ’n seerplek diep in haar verlede wat dreig om oop te bars. Maar Suzy laat haar nie onderkry nie. Sy begin haar nuwe lewe met oorgawe en pak dinge aan wat haar in ongemaklike situasies laat beland. Watter vrou wil immers in ’n geleende ontwerpersrok tussen ’n spul duur koivisse orent kom, druipnat, en dit saam met ’n dodelik aantreklike man?

Sommer ’n gewone vrou is Suzy voorwaar nié, sy storm in waar engele dit nie sou waag nie. Maar haar waaghalsigheid is ook haar redding. Dit laat haar terugloop op haar spore van die verlede, en in ’n bibberkoue Londen besweer sy haar seer en kom daar vir haar liefde soos sy nooit geken het nie.

Die Ander Vrou (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Die Ander Vrou (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R305 Discovery Miles 3 050 Ships in 2 - 4 working days

Linda is die ander vrou, die oorwinnaar in die liefdesdriehoek. Maar die krake in haar huwelik wys reeds tydens die wittebrood. Dié roman vorm ’n tweeluik met Eendagmooi, waarin die versaakte vrou se verhaal vertel word.

Sarah Plus Een (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Sarah Plus Een (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R290 R250 Discovery Miles 2 500 Save R40 (14%) Pre-order

Sarah het geen begeerte om met grasie oud te word nie. Sy dra onpaar oorbelle, ’n groot sonbril en haar hare is bloedrooi gekleur. Wat sy wel nie op haar ouderdom verwag het nie, is om na haar 55ste martriekreünie genooi te word. En boonop vereis die uitnodiging dat sy ’n metgesel saambring  – wat sy, ’n weduwee, wáár moet kry? Sy is nuuskierig oor die affêre, maar om na haar grootworddorp terug te keer gaan ou wonde oopkrap. En sy gaan vir Franco, die hartevertrapper, weer in die oë moet kyk!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Essential Prosperity - The Fourteen Most…
Napoleon Hill, James Allen, … Paperback R708 R651 Discovery Miles 6 510
Agatha - a Fanciful Flight for a Gusty…
George Halse Paperback R489 Discovery Miles 4 890
Return To Life - Extraordinary Cases Of…
Jim B. Tucker Paperback  (1)
R460 R398 Discovery Miles 3 980
Archaeological Notes on Western…
Albert B. Reagan Paperback R941 Discovery Miles 9 410
An Authentic Narrative of Some…
John Newton Paperback R487 Discovery Miles 4 870
A Discourse, Preached at the Dedication…
William Ellery Channing Paperback R355 Discovery Miles 3 550
Quantum Body - The New Science Of Living…
Deepak Chopra Paperback R380 R339 Discovery Miles 3 390
The Two Knights; Or, Delancey Castle
Mary Martha Sherwood Paperback R564 Discovery Miles 5 640
Full House - A Wild Cards Collection
George R. R. Martin Paperback R527 R497 Discovery Miles 4 970
Hell is for Children
Jo Szewczyk, Haunted Mtl Paperback R613 Discovery Miles 6 130

 

Partners