0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (3)
  • R250 - R500 (14)
  • R500 - R1,000 (5)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 22 of 22 matches in All Departments

Droomjagter (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Droomjagter (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Gaan hulle mekaar vind of vernietig?

Lucas Jordaan sluit sy bosveldlodge naby Hoedspruit nadat sy meisie onder raaiselagtige omstandighede verdwyn. Dan stop joernalis Renske du Toit voor Jagtersrus se hekke, gestuur deur ’n reistydskrif om oor die lodge te skryf.

Die aantrekking tussen hulle is dadelik tasbaar, al probeer albei dit ontken. Maar wanneer Renske begin stories hoor van die duiwel-in-die-bos wat glo sy eks uit die weg geruim het, ontdek sy ’n donker kant aan Lucas wat haar bang maak, maar ook bedwelm.

Intussen duik nog onheilspellende raaisels op. Wat steek hy vir haar weg? Hoekom waarsku almal haar oor hom? Wat beteken die hangertjie om sy nek? En wie stuur vir hom gedurig kriptiese, dreigende boodskappe?

Hoe meer Renske hom leer ken, hoe sterker haar aangetrokkenheid, maar ook hoe groter die gevaar. Gaan hulle mekaar in hierdie waaghalsige stryd vol begeerte vind of vernietig?

Droomjagter is ’n erotiese spanningsverhaal vol kinkels wat jou om meer as een rede uitasem sal laat.

Nagreisiger (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Leon van Nierop Nagreisiger (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Leon van Nierop
R240 Discovery Miles 2 400 View more sellers Ships in 4 - 8 working days

’n Ligte spanningsverhaal met ’n tikkie liefde.

Nerien-hulle se huishulp vertel haar van kinderdae af van die nagreisiger. Sy kry dikwels nagmerries oor hom – ’n man wat haar in die donker agtervolg of langs die pad staan en duimgooi. Sy kan nooit sy gesig uitmaak nie. Op ’n dag besef Nerien dat die nagreisiger mens se gewete is – en dis onmoontlik om dit te ontvlug. Waarheen ook al jy gaan – jou gewete reis saam …

Die Nagreisiger het oorspronklik in 1995 as ’n tydskrifverhaal in Huisgenoot verskyn, en is in 2004 as roman gepubliseer. Hierdie boek is ’n verwerkte weergawe van die 2004-publikasie.

Druk Speel - 'n Gids Vir Filmstudie In Die Klas (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Druk Speel - 'n Gids Vir Filmstudie In Die Klas (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Die fokus van die boek is om die onderwyser in die klas met hierdie genre te help.

Hoe gemaak wanneer jy filmstudie as ’n genre in jou klas moet behandel?

Druk speel! is spesiaal geskryf om onderwysers te help om die hoe en wat van filmanalise beter te kan verstaan. Nie net help flimstudie met leerders se verbetering van visuele geletterdheid nie, maar dit bevorder ook kritiese denke. Volkleurfoto’s van Suid-Afrikaanse fi lms word gebruik om filmiese aspekte te verduidelik.

Aspekte soos die volgende word bespreek:

  • verskillende vorme van films
  • kamerawerk
  • redigering
  • kostuums en grimering
  • musiek en klank
  • hoe om resensies te skryf
Duiwelsroos (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Duiwelsroos (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R360 R337 Discovery Miles 3 370 Save R23 (6%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

’n Orkaan waai privaatspeurder Beer Henning tot op die spogroosplaas Roosbaron. Daar ontdek hy pikswart rose wat ’n dodelike geheim versteek: die duiwelsroos.

Hy ontmoet die eksentrieke eienares van die plaas, Mathilda van Eck. Haar sewentienjarige seun Marnus is presies ’n jaar gelede in verdagte omstandighede dood. Sy huur Beer om uit te vind wat werklik gebeur het.

Beer vermoed Marnus is vermoor en dat die motief reg onder sy neus is. En in so ’n geval is die moordenaar daar op die plaas!

Die Volmaakte Moord (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Die Volmaakte Moord (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R320 R279 Discovery Miles 2 790 Save R41 (13%) Pre-order

Moord aan boord van die Leonardo

Forensiese patoloog Madelein Blignaut het al te veel dood in haar loopbaan gesien. Ná nog ’n ontstellende hofsaak besluit sy om ontvlugting te gaan soek op die Leonardo, ’n luukse passasierskip wat deur die verre ooste vaar.

Daar ontmoet sy ’n groep fassinerende Suid-Afrikaners: Die bekroonde pianis Tibor Lindeque wat kort-kort bekommerd vir haar kyk en ’n aantreklike kulkunstenaar Helmut Coleman wat gou vir haar onweer-staanbaar raak.

Wanneer hulle op Okinawa afklim, vertel Tibor vir haar die inwoners van hierdie eiland word oeroud. “Daar is nie dood op Okinawa nie.”

Maar hy is verkeerd. Kort voor lank tref hulle die een na die ander medepassasier se lyk aan. ’n Storm dwing hulle na dieper waters toe, en dan besef Madelein daar is ’n moordenaar op die Leonardo. Wie is dit? Wat wil hulle hê? En, meer belangrik, wie’s volgende?

Het Van Verlangekraal (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop, Johann Bekker Het Van Verlangekraal (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop, Johann Bekker
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Het Heiberg. Die weggooikind wat Verlangekraal se naam sou verewig. Sy het dit gewaag om in opstand te kom teen ’n rigiede skoolsisteem wat geen rebelsheid of individualiteit sou duld nie. Net meneer Doep het tussen haar en die verderflike skoolhoof meneer Erlank gestaan.

Hierdie geliefde en diep menslike verhaal wys vir die eerste keer Het Heiberg se kant van die saak. Wie in haar lewe saak gemaak het en wat in haar gedagtes omgegaan het. Dit vertel bowenal hoe sy oorleef het.

Movies made easy - A practical guide to film analysis (Paperback, 2nd ed): Leon van Nierop Movies made easy - A practical guide to film analysis (Paperback, 2nd ed)
Leon van Nierop
R597 Discovery Miles 5 970 Ships in 7 - 10 working days

The introduction of film study or analysis into the school curriculum along with the presentation of courses on the art of cinema at several universities and universities of technology, has led to more and more students becoming cinema literate. Movies made easy is a guideline for students who want to discover or rediscover the joys of cinema, while focusing on important elements such as editing, subtext, directing and irony in a film. This is an update of Seeing sense - on film analysis, but provides greater balance between classic and contemporary films, and South African films and Hollywood blockbusters.

Seeing Sense: On film analysis (Paperback, Reissue): Leon van Nierop Seeing Sense: On film analysis (Paperback, Reissue)
Leon van Nierop
R597 Discovery Miles 5 970 Ships in 7 - 10 working days

The introduction of film study or analysis into the school curriculum, along with the presentation of courses on the art of cinema at technikons, universities and film and television schools, has led to more and more students becoming cinema literate at an early age. It is not intended as a text on film criticism, film theory or communication studies. Instead it sets out to provide practical answers to questions confronted by newcomers to courses on film analysis and appreciation. The contemporary examples, case studies and many photographs enhance the student-driven approach of this interesting publication.

Doodloopstraat (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Doodloopstraat (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R203 Discovery Miles 2 030 View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Lourens Schoeman veroorsaak 'n beroering met sy aankoms op 'n dorpie in Botswana. Die gemeenskap wonder hoekom die aantreklike jong man 'n pak klere dra ten spyte van geweldige hitte en waarom daar soveel hartseer in sy oë skuil. Maar hy swyg soos die graf oor sy verlede. Toe Elzaan Jonker dit regkry om Lourens effens beter te leer ken, besluit sy om ondersoek in te stel. Sy is vasbeslote om uit te vind wat hom jaag en hoekom 'n plaaslike inwoner glo dat hy die doodsengel is.

Daar Doer in Die Fliek (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Daar Doer in Die Fliek (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop 1
R396 Discovery Miles 3 960 View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Daar doer in die fliek sluit aan by die televisiereeks met dieselfde naam wat op kykNet uitgesaai is. Die omvangryke boek gee 'n oorsig oor die ontwikkeling van Afrikaanse rolprente vanaf die heel vroegste stilprente tot en met die heel nuutste rolprente van ons tyd. Die geskiedenis begin met die dokumentere films wat tydens die Anglo-Boereoorlog gemaak is en die epiese De Voortrekkers uit die tyd van die stilprente. Daarna word gedetailleerde aandag aan elke dekade van die 20ste eeu gegee met belangrike figure soos Pierre de Wet, Jamie Uys, Emil Nofal Jans Rautenbach, Katinka Heyns, Leon Schuster en Dirk de Villiers. Die titel is ontleen aan Jamie Uys se baanbreker-rolprent van 1951, Daar doer in die bosveld, wat die begin was van Uys se hoogs suksesvolle loopbaan met rolprente soos Lord oom Piet en die internasionale treffer The gods must be crazy. Van Nierop kon gebruik maak van skaars rolprente in KykNet se videoteek en in die Nasionale filmargief. Talle onderhoude met akteurs, regisseurs en vervaardigers gee eerstehandse inligting oor die vervaardiging van bekende en suksesvolle rolprente. Alhoewel die klem op Afrikaanse rolprente val, word ook na baanbreker-rolprente in Engels en die inheemse tale verwys. Ten slotte word besondere aandag gegee aan die opbloei van die Afrikaanse rolprente in die eerste twee dekades van die 21ste eeu, waardeur talentvolle mense die geleentheid kry om aan hul drome uiting te gee. Die boek is Leon van Nierop se huldeblyk aan een van die oudste rolprentindustriee in die wereld. Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse rolprentkuns word met 'n groot aantal foto’s geillustreer.

Sielsmokkelaar (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Sielsmokkelaar (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R240 Discovery Miles 2 400 View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Ramon Fraser is al sy hele lewe lank 'n uitgeworpene. Sy ma vlug met hom vandat hy kan onthou. Sy is 'n fortuinverteller, maar weier om sý toekoms te lees. Tot op die verskriklike dag toe die mantelman hulle inhaal ...

Ramon moet weer vlug en beland op 'n plaas met wuiwende grasvelde, Boesmangrotte en poue wat se angsgille die dood nader roep; die poue met die sterte wat bestaan uit duisende oë wat na hom kyk. Iewers in daardie oë sien hy die mantelman wat die niemandsland tussen hemel en hel oppas en verlore siele vir ewig daar opsluit. Hy wink Ramon om deel te word van sy donkerte, moord en waansin.

En so begin die stryd tussen die mantelman en die seun wat die Sielsmokkelaar genoem word. Hy wat siele tussen die hede en ewigheid vervoer, en wie se eie siel as losprys gebruik word om die donker ryk te oorwin.

Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Onderwysersgids Huistaal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen,... Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Onderwysersgids Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
R400 R375 Discovery Miles 3 750 Save R25 (6%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Uiteindelik! ’n Reeks wat al die soorte tekste bevat wat die nuwe kurrikulum voorskryf! Piekfyn Afrikaans Graad 11 het die wereld van multimediatekste betree – ons bied ’n TV-film vir interaktiewe taalaktiwiteite in die Afrikaanse klas aan. Die leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Huistaal. Hierdie unieke onderwysersgids en DVD ondersteun die onderwyser se taak deur beplanning en voorbereiding tot die minimum te beperk; volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook ritse riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In 'n neutedop; te fokus op kommunikatiewe en teks- en temagebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; 'n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas; volledige onderrigplanne vir elke tweeweeklikse module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; 'n formele assesseringsprogram vir graad 11, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel; aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take van die Afrikaansonderwyser in te sluit deur op die kieslys van die DVD op “Lees” te kliek en die dokumente uit te speel vir die onderwysersleer. Ook volkleur plakkate! Ons weet die Piekfyn-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om Afrikaans te onderrig.

Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Leerderboek Huistaal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon... Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Leerderboek Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
R456 R427 Discovery Miles 4 270 Save R29 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Piekfyn Afrikaans Graad 11 bevat interessante en kontemporere leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met die van verskeie ander vakke geintegreer wat jou ervaringswereld sal verryk en jou deeglik vir Graad 12 sal voorberei. Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In 'n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids gaan jou voorbereiding vir enige soort assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook: vir begrip en pure genot interessante tekste lees; in verskillende sosiale situasies kommunikeer; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en ekspressief praat en toesprake lewer; noukeurig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture deeglik en foutloos gebruik; heelwat transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf volgens die stappe van prosesskryf. Maar dis nie al nie . . . Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou gaan jy dit alles in die Afrikaanse klas doen! Jy gaan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy weer na al die mense van Mandela-rylaan kyk. Ja, Piekfyn Afrikaans het sy eie film en filmsterre! “Mandelarylaan se stories” is ’n tipies Suid-Afrikaanse TV-sepie. Behalwe kyk, gaan jy ook lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure. Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!

Bladsak: Gr 11: Onderwysersgids - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop,... Bladsak: Gr 11: Onderwysersgids - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
R412 R386 Discovery Miles 3 860 Save R26 (6%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Uiteindelik! ’n Reeks wat al die soorte tekste bevat wat die nuwe kurrikulum voorskryf! Bladsak Graad 11 het die wereld van multimediatekste betree – ons bied ’n TV-film vir interaktiewe taalaktiwiteite in die Afrikaanse klas aan. Die leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Eerste Addisionele Taal. Hierdie unieke onderwysersgids en DVD ondersteun die onderwyser se taak deur visuele geletterdheid maklik te kan onderrig aan die hand van 'n TV-sepie, Stories van Mandela-rylaan, wat spesiaal vir Bladsak verfilm is; 'n volledige antwoordsleutel vir elke episode te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite in afdelings soos Padkoswenke, Bladsak kosblik, die Taalgids en Letterkundegids. Ritse wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk, skryf en aanbied te gee; te fokus op kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas; bruikbare onderrigplanne vir elke episode, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; 'n omvattende, formele assesseringsprogram vir graad 11, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel. Gratis visuele materiaal (plakkate) vir klaskamer gebruik op die DVD te voorsien. Ons weet hierdie reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om skool te hou.

Bladsak: Gr 11: Leerderboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop,... Bladsak: Gr 11: Leerderboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
R355 R333 Discovery Miles 3 330 Save R22 (6%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou kan jy dit albei in die Afrikaanse klas doen! Bladsak Graad 11 is 'n cool boek. Jy aan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy na die tweede DVD van "Mandela-rylaan se stories" kyk – ons eie TV-sepie en wat spesiaal vir jou as leerder wat Afrikaans neem as Eerste Addisionele Taal, verfilm is. Behalwe kyk, gaan jy ook 'n lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure in verskillende sosiale situasies kommunikeer; vir begrip en pure genot interessante tekste lees; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en ekspressief praat en toesprake lewer oor die sepie en ander funky onderwerpe; noukeurig en krities na taalgebruik luister; taalstrukture deeglik hersien en foutloos gebruik; splinternuwe woorde en sinne gebruik; heelwat transaksionele tekste beplan en skryf; gereeld assessering van jou eie of jou maat se werk doen; deeglik vir die eksamen voorberei aan die hand van die Taalgids en Letterkundegids. Bladsak Graad 11 bevat omvattende, geintegreerde aktiwiteite wat propvol interessante idees en uitdagings is. Alles wat jy moet verstaan en ken om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieende vaandels te slaag, is in hierdie boek saamgevat. Geniet hierdie Bladsak-leerervaring!

Bladsak: Gr 10: Leerdersboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Henry October, Leon van Nierop,... Bladsak: Gr 10: Leerdersboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Henry October, Leon van Nierop, Heleen Stevens, Belinda Prinsloo
R430 R403 Discovery Miles 4 030 Save R27 (6%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days
Toyboy (Paperback): Leon van Nierop Toyboy (Paperback)
Leon van Nierop 3
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R305 Discovery Miles 3 050 Ships in 2 - 4 working days

From the moment 26-year-old Tristan Hansen steps out of the shower and onto the roof garden of his Maboneng loft, Toyboy pulsates with eroticism. The air is hot and humid, and there’s a Joburg thunderstorm brewing on the horizon. The first flashes of lightning illuminates Tristan’s spectacular flat and the riches it contains: gifts of thanks from his many clients, tokens of their appreciation. Because Tristan is an angel of pleasure, an exclusive escort to Johannesburg’s rich and powerful women. And he is one of a kind.

At how the enigmatic Tristan were trained in the art of lovemaking his clients can only guess. He seldom speaks of those who helped him shake off the strictures of his conservative mother who had to raise him on her own when his father committed suicide. Christina, his first love, and their story set far off in a small Italian village, he also keeps to himself.

But how did Tristan end up here? Who were those women who taught him all he knows? And who is the mystery caller who keeps on phoning and whose calls are filled with menacing silence?

Twenty years ago, Leon van Nierop published his Afrikaans bestseller Plesierengel. Toyboy, published in Afrikaans and English, is its prequel.

Ballade vir 'n Enkeling (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Ballade vir 'n Enkeling (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R568 Discovery Miles 5 680 Ships in 9 - 17 working days

Gebaseer op die treffer TV-reeks. Jacques Rynhard, een van die land se gewildste skrywers, verdwyn op die kruin van sy loopbaan. Joernalis Carina Human moet uitvind waar hy is, maar meer belangrik, hoekom hy verdwyn het. Sy krap 'n perdebynes oop van verraad, donker geheime, moord en mislukte verhoudings.

Plesierengel (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Plesierengel (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R587 Discovery Miles 5 870 Ships in 10 - 15 working days

Tristan Hansen is 'n man wat R15 000 per nag vra en die land se mees invloedryke en wêreldwyse vroue soveel plesier gee dat hulle terugkom vir meer. Maar wanneer een van sy kliënte haar eie lewe neem, verander die plesierengel in 'n doodsengel, en bely sy kliënte die een na die ander wat agter toe deure gebeur het. Maar waarom doen hy dit? Beslis nie net vir die geld nie. 'n Sielkundige, Erika Hamilton, ontmoet hom toevallig. Albei van hulle bied op beroepsvlak verligting van neurose, onvervuldheid en frustrasie - die een op akademiese wyse, die ander met lyflike plesier. Wat gebeur wanneer hulle ontmoet?

Insomnia (Paperback): Leon van Nierop Insomnia (Paperback)
Leon van Nierop
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R254 Discovery Miles 2 540 Ships in 2 - 4 working days

Louise gaan soek hulp teen insomnia by die Jerigo Slaapkliniek in die mistige klowe van die Pelgrimsrus-omgewing. Sy gaan ook soek na haar verloofde wat hier is vir hulp, maar vir 'n ruk niks van hom laat hoor het nie. Of is hy nie hier nie? In die geheimsinnigheid van die feitlik ondeurdringbare bos wat Jerigo omring en uit die gebou se toringvensters hou iemand haar dop – sy voel dit, sy weet dit. Of verbeel sy haar dit omdat sy reeds begin hallusineer...

Verklikker (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Verklikker (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R305 Discovery Miles 3 050 Ships in 2 - 4 working days

Treine het nog altyd vir Marco Lange 'n bekoring ingehou. Tot daardie verskriklike nag van die ongeluk toe sy lewe ingrypend verander het. Hierna raak Marco intens bewus van die konflik tussen leuens en waarheid en sy pad kruis met die poligraaf wat tot in sy siel kan sien, wat dinge raaksien waarvan hy self nie bewus is nie.

Dan is daar Ludwig Benouw, die man met die dood in sy oë. En die rottang. Wat die skildery maak van die wese met die oopgesperde mond. Maar wat Marco nie verwag het nie, is die bloedigste moord wat die gemeenskap nog ooit beleef het. En die geheimsinnige kondukteur wat diep in die nag by die verlate trein waghou. ’n Kondukteur wat net Marco kan sien.

Wolwedans In Die Skemer (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Wolwedans In Die Skemer (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R602 Discovery Miles 6 020 Ships in 10 - 15 working days

Hierdie verhaal van Leon van Nierop is ’n fenomeen wat oorspronklik die lig gesien het as radiovervolgverhaal (1979), toe ’n roman geword het (1983), daarna ’n televisiereeks (1985) – en nou word dit in Oktober vanjaar uitgereik as rolprent, die eerste “Boere-noir”.

Leon het self die draaiboek geskryf, en dít het hom geïnspireer om weer hierdie roman te skep! Dit is dus ’n totaal nuwe roman wat tot stand gekom het, met dieselfde geliefde karakters as destyds, maar geplaas in die hier-en-nou van hedendaagse Suid-Afrika.

Die mooi jong Sonja Daneel beland in Hazyview in ’n motorongeluk. Sy herwin haar bewussyn, maar ly egter aan geheueverlies. Sy herstel by die skouspelagtige Hotel Njala, en raak betrokke by die intriges en lotgevalle van ’n formidabele familie wie se lewens onlosmaakbaar verbind is aan dié onheilspellende hotel.

Voeg hierby geraamtes uit Sonja se eie verlede wat spoedig hul opwagting begin maak en die tafel is gedek vir ’n heerlike, spannende storie wat lesers nie sal kan neersit nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Black Tax - Burden Or Ubuntu?
Niq Mhlongo Paperback  (2)
R340 R304 Discovery Miles 3 040
The Conservative Press in Eighteenth…
Ronald Lora, William Henry Longton Hardcover R2,500 Discovery Miles 25 000
Photojournalism and Foreign Policy…
David Perlmutter Hardcover R2,769 Discovery Miles 27 690
Power And Loss In South African…
Glenda Daniels Paperback R380 R351 Discovery Miles 3 510
Racialized Coverage of Congress - The…
David Niven, Jeremy Zilber Hardcover R2,198 Discovery Miles 21 980
Waterboy - Making Sense Of My Son's…
Glynis Horning Paperback R320 R295 Discovery Miles 2 950
The Popular Press, 1833-1865
William E. Huntzicker Hardcover R4,321 Discovery Miles 43 210
Recipes
SuzelleDIY Paperback R350 R323 Discovery Miles 3 230
Beaten But Not Broken
Vanessa Govender Paperback  (3)
R280 R259 Discovery Miles 2 590
The Rise And Fall Of The ANC Youth…
Rebone Tau Paperback R230 R213 Discovery Miles 2 130

 

Partners