0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (3)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments

Bruidzilla (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Bruidzilla (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine
Sold By Booksmart Africa - Fulfilled by Loot
R330 Discovery Miles 3 300 Ships in 15 - 17 working days

Tillie het ’n heel goeie lewe, dankie. Ja, sy werk haar oor ’n mik as kelnerin in Mellville, en ja daar’s nie iemand spesiaals in haar lewe nie, en ja, haar beste vriendin Milanka ís high­maintenance, maar so ken Tillie haar, en Milanks het al vir haar báie beteken. Haar eksieperfeksie, #blessed vriendin Milanka.

Maar uhm… Sy’t nou nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is, moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie!

Eensklaps is Tillie in ’n warrelwind van warmlugballonne, dringende missed calls en uitheemse Milanka­bestellings: reënbooghoringperde, en ’n Alice in Wonderland­tema, en en en… En dít terwyl Jacques eintlik aanvanklik Tillie se date was!

Soos Milanka ál meer op Bruidzilla begin trek, begin Tillie bemerk iets is nie pluis nie. Wat skuil agter Milanka se monster­mondering? Sal sy en Jacques ooit gekerk kom – en sal haar vriendskap met Tillie dit oorleef?

Web van Leuens (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Web van Leuens (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine 1
Sold By Booksmart Africa - Fulfilled by Loot
R285 Discovery Miles 2 850 Ships in 15 - 17 working days

In die klein myndorpie Goudfontein weet almal iets van mekaar … maar niemand ken die volle waarheid nie.

Wanneer drie matrikulante – die ambisieuse hoofmeisie Lerato, die skool se rugbykaptein Marno, en die loskop rebel Clayton – gelyktydig anonieme dreigboodskappe ontvang, begin ʼn gevaarlike speletjie van manipulasie en leuens. Maar wie is so desperaat om hul geheim te beskerm dat moord die enigste opsie word?

Vlerke Vir Almal (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Vlerke Vir Almal (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine
Sold By Booksmart Africa - Fulfilled by Loot
R248 Discovery Miles 2 480 Ships in 15 - 17 working days

Dewald se ouers stuur hom na 'n nuwe skool na sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en elke skool het sy boelies, en dis nie maklik om 'n tiener te wees met 'n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind, om sin te maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit nie. Dit terwyl een van die grootste boelies in die skool sy lewe hel maak. En hy besluit: genoeg is genoeg. 'n Hartroerende verhaal oor relevante tienerkwessies.

Donatello En Volksie (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Donatello En Volksie (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 4 - 6 working days

Op Oukersaand sit Zoe Zietsman stoksiel alleen voor haar rekenaar. Sy het niemand nie - selfs nie eers 'n hond waarmee sy kan cuddle nie. En cuddle is volgens Zoe 'n 'verdomde basic human right'. Vanaand is die aand, besluit sy terwyl sy as 'Volksie' op www.matchmate inlog. . . So ontmoet sy vir Donatello, die advokaat wat sy klerekas colour code en net suiwer Afrikaans praat. Zoe, daarenteen, mix haar taal, ry nog met haar Vespa en leef vir joga. Wanneer Donatello en Volksie (oftewel Anton en Zoe) mekaar uiteindelik in die vlees ontmoet, is die gevolge sowel katastrofies as skreeusnaaks.

Donatello & Volksie (Afrikaans, Paperback): Erskine. Marion Erskine. Marion Donatello & Volksie (Afrikaans, Paperback)
Erskine. Marion Erskine. Marion
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R299 Discovery Miles 2 990 Ships in 5 - 7 working days

Dis die goeie ou dae van chat rooms en Internet Explorer; emoji’s met leestekens; waar jy moet verduidelik wat afkortings soos LOL beteken; en Joost en Amor is Suid-Afrika se “it couple”.

Zoë Zietsman sit op Oukersaand stoksielalleen voor haar rekenaar – sonder selfs ’n hond om mee te cuddle. En cuddle is volgens Zoë ’n basic human right. Vanaand is die aand, besluit sy terwyl sy as “Volksie” op die Matchmatewebwerf inteken.

Só ontmoet sy vir “Donatello”, ’n advokaat wat sy klerekas colour code en net suiwer Afrikaans praat. Zoë, daarenteen, meng haar tale, sy ry nog met haar Vespa en gee jogaklasse vir swanger vroue.

Wat het ’n konserwatiewe metro-man en ’n alternatiewe maltrap soos Zoë gemeen? Met twee goeie feë in die gedaante van ’n gay boesembuddie en ’n huishulp wat nie met haar laat sukkel nie, kan Mars en Venus dalk tog bymekaarkom.

Maar kan mens regtig jou instink vertrou oor skerms, sleutelborde en digitale kabels?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Implementation Strategies for SAP R/3 in…
Hardcover R1,738 Discovery Miles 17 380
The Orlando Innamorato
Matteo Maria Boiardo Paperback R543 Discovery Miles 5 430
Africa's Billionaires - Inspirational…
Chris Bishop Paperback  (2)
R400 R369 Discovery Miles 3 690
Discrimination Law
Sandra Fredman Fba Hardcover R1,612 Discovery Miles 16 120
Smart Public Procurement and Labour…
Albert Sanchez Graells Hardcover R1,984 Discovery Miles 19 840
The Invisible Economy of Consumer…
Robert L Hand Hardcover R1,109 R955 Discovery Miles 9 550
Carl Crow - A Tough Old China Hand - The…
Paul French Hardcover R775 R675 Discovery Miles 6 750
Taming the Mouse - How a Small Hong Kong…
Tom Mehrmann, Michael Switow Hardcover R680 R620 Discovery Miles 6 200
Working Within Two Kinds of Capitalism…
Irene Lynch-Fannon Hardcover R1,863 Discovery Miles 18 630
Numberblocks 1-10: A Wipe-Clean Book
Board book R246 Discovery Miles 2 460

 

Partners