![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 4 of 4 matches in All Departments
Tillie het ’n heel goeie lewe, dankie. Ja, sy werk haar oor ’n mik as kelnerin in Mellville, en ja daar’s nie iemand spesiaals in haar lewe nie, en ja, haar beste vriendin Milanka ís highmaintenance, maar so ken Tillie haar, en Milanks het al vir haar báie beteken. Haar eksieperfeksie, #blessed vriendin Milanka. Maar uhm… Sy’t nou nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is, moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie! Eensklaps is Tillie in ’n warrelwind van warmlugballonne, dringende missed calls en uitheemse Milankabestellings: reënbooghoringperde, en ’n Alice in Wonderlandtema, en en en… En dít terwyl Jacques eintlik aanvanklik Tillie se date was! Soos Milanka ál meer op Bruidzilla begin trek, begin Tillie bemerk iets is nie pluis nie. Wat skuil agter Milanka se monstermondering? Sal sy en Jacques ooit gekerk kom – en sal haar vriendskap met Tillie dit oorleef?
In die klein myndorpie Goudfontein weet almal iets van mekaar … maar
niemand ken die volle waarheid nie.
Dewald se ouers stuur hom na 'n nuwe skool na sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en elke skool het sy boelies, en dis nie maklik om 'n tiener te wees met 'n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind, om sin te maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit nie. Dit terwyl een van die grootste boelies in die skool sy lewe hel maak. En hy besluit: genoeg is genoeg. 'n Hartroerende verhaal oor relevante tienerkwessies.
Op Oukersaand sit Zoe Zietsman stoksiel alleen voor haar rekenaar. Sy het niemand nie - selfs nie eers 'n hond waarmee sy kan cuddle nie. En cuddle is volgens Zoe 'n 'verdomde basic human right'. Vanaand is die aand, besluit sy terwyl sy as 'Volksie' op www.matchmate inlog. . . So ontmoet sy vir Donatello, die advokaat wat sy klerekas colour code en net suiwer Afrikaans praat. Zoe, daarenteen, mix haar taal, ry nog met haar Vespa en leef vir joga. Wanneer Donatello en Volksie (oftewel Anton en Zoe) mekaar uiteindelik in die vlees ontmoet, is die gevolge sowel katastrofies as skreeusnaaks.
|
![]() ![]() You may like...
Occupational Therapy Approaches to…
Laura H. Krefting, Jerry A Johnson
Hardcover
R4,468
Discovery Miles 44 680
Developing and Sustaining Play Therapy…
Erin M. Dugan, Krystal Vaughn, …
Hardcover
R7,089
Discovery Miles 70 890
Evidence-Based Interventions for…
Kathleen Hague Armstrong, Julia A. Ogg, …
Hardcover
R2,349
Discovery Miles 23 490
Wellbeing in Dementia - An Occupational…
Tessa Perrin, Hazel May, …
Paperback
R1,130
Discovery Miles 11 300
Vestibular Processing Dysfunction in…
Kenneth J. Ottenbacher, Margaret A Short Degraft
Hardcover
R4,469
Discovery Miles 44 690
Research Anthology on Rehabilitation…
Information Reso Management Association
Hardcover
R12,320
Discovery Miles 123 200
Hand Rehabilitation in Occupational…
Jane Bear-Lehman, Florence S. Cromwell
Hardcover
R4,464
Discovery Miles 44 640
|