Tillie het ’n heel goeie lewe, dankie. Ja, sy werk haar oor ’n mik as
kelnerin in Mellville, en ja daar’s nie iemand spesiaals in haar lewe
nie, en ja, haar beste vriendin Milanka ís highmaintenance, maar so
ken Tillie haar, en Milanks het al vir haar báie beteken. Haar eksieperfeksie, #blessed vriendin Milanka.
Maar uhm… Sy’t nou nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is,
moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie!
Eensklaps is Tillie in ’n warrelwind van warmlugballonne, dringende
missed calls en uitheemse Milankabestellings: reënbooghoringperde, en ’n Alice in Wonderlandtema, en en en… En dít terwyl
Jacques eintlik aanvanklik Tillie se date was!
Soos Milanka ál meer op Bruidzilla begin trek, begin Tillie bemerk iets
is nie pluis nie. Wat skuil agter Milanka se monstermondering? Sal
sy en Jacques ooit gekerk kom – en sal haar vriendskap met Tillie dit
oorleef?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!