Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 19 of 19 matches in All Departments
Omstrede en skatryk oud-politikus Armand Deysel is vermoor, en Kassie en Rooi het nie minder nie as ses verdagtes. ’n Britse ondersoeker is op die spoor van die waardevolle Doolhof-halssnoer, en ’n platsakman steier telkens terug van die samelewing se dwarsklappe. Kassie en Rooi pak hul ondersoek sonder forensiese rugsteun aan, en al die verdagtes hardloop kringe om hulle. Gaan iemand dié keer vir Kassie ore aansit ̶ en met die perfekte moord wegkom?
’n Reeksmoordenaar maai bekendes op ’n streep af.
Die laaste voerings van oudpolisiespeurder Carl Bester se lewe torring los, en hy sluit aan by die Kaapse tak van Mercurius, ’n CIA-steunpilaar. Intussen word ’n Saoediese joernalis in ’n konsulaat in Istanbul vermoor, met ’n SA joernalis as onwillige ooggetuie. Gevolge van dié joernalis se besluite kring uit na Kaapstad, waar Carl opdrag kry om die saak te hanteer. Saoediese agente en ’n siellose mesmoordenaar is maar twee van die monster se vele tentakels wat Carl een-een moet afkap.
Wanneer die bejaarde maar onstuitbare Hans besluit om te trou, laat sy
aanstaande bruid se ryk familie die troureëlings aan ’n befaamde
troubeplanner, Alexander Fokkens, oor. Maar Hans wil keer dat die troue
in ’n spektakel ontaard. En gou besef Fokkens dat Hans van Kraaienburg
hom nie laat hiet en gebied nie. Toe vriend Vasie boonop ondeurdagte
planne beraam om geld te maak uit die onthaal, voel Hans aan sy broek
se pype dat die bruilof op ’n ramp afstuur.
Hans het geen begeerte om ná soveel jare sonder sy geliefde Saartjie weer vrou te vat nie. Hy leef heel gemaklik alleen in Huis Madeliefie. Maar alles verander wanneer ’n nuwe inwoner, Liefiediefie, in die ouetehuis land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaak sy ’n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los. Nog ’n aantreklike nuwe inkommer, Janneman Vermaak, en Hans se nuwe buurman, kry egter al Liefiediefie se aandag. Hy het die ander inwoners ook gou onder sy duim met die opwindende talentkompetisies wat hy reël, waar groot prysgeld elke keer gewen kan word. ’n Verdere pen word in Hans se hart gedryf toe hy besef hierdie opperse snoeshaan het sy posisie as leidsman in die tehuis oorgeneem. Hy begin aanvaar dat ’n ou viool nie meer nuwe liedjies kan speel nie. Maar die ou Hans van Kraaienburg ontwaak gou wanneer hy aan sy broek se naat voel daar vind ’n gekonkel by die talentkompetisies plaas . . .
Hans van Kraaienburg, verlosser van die inwoners van Huis Madeliefie (2017 se Hans steek die Rubicon oor), is óp van al hul klagtes. Noudat hul drakoniese matrone iets van die verlede is, is daar steeds etlike klein probleempies wat Hans as beheerraadslid moet oplos – en dít met gans te min geld in die kietie. Wanneer sy vriend Vasie hom dus nooi vir ’n vakansietjie op Hermanus, as huisgaste van dié se neef Herklaas, is Hans maar te gretig om sy safaripakke te pak. Op Hermanus gekom, vind die twee dat Herklaas in die sop is: sy blyplek staan net mooi op die plek wat die Overstrand se rykste skobbejak, Grond Graaffwater, geoogmerk het vir sy enorme nuwe hotel – maar Herklaas wil nié verkoop nie. Wanneer Grond en sy kriminele handlangers hardhandig raak, tree Hans tot die stryd toe – Herklaas moet ’n stel horings kry, en vir Grond trompop loop! Hans steek die Rubicon oor was ’n topverkoper, veral na voorlesing op RSG. Hans se tweede avontuur gaan lesers net so laat kraai van die lag.
Huis Madeliefie word deur die staat se vlak 5-inperking in die gesig gestaar. Hans besef teen dié virus groei geen kruid nie, maar die drakoniese reëls van die tehuis se interne bevelsraad kry nie vatplek by Hans en kie nie. Voorts is Hans oor die hoof gesien as leier van dié raad. Altoon Ahlers, befaamde akteur van weleer, neem die leisels. Hans se plan om die inwoners met die verbode vrug se sap aan sy kant te kry, boemerang sleg. Hy sal Ahlers op ’n ander manier moet onttroon . . .
Hans loop op 90 nié met ’n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis en in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone. Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.
Iemand se beendere word gevind op ’n stortingsterrein... Skielik moet kaptein Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede, en die moorde kom vinnig opmekaar. Tussendeur die aantreklike nuwe buurvrou wat Kassie aan die swymel het, en sy enorme posseël-meevaller weens nóg ’n sterfte, moet hy uitwerk waarom ’n geheimsinnige witboordjie-bende van binne uitgeroei word. Is dit dalk nié doodgewone bende-oorlog soos Kassie se kollegas glo nie? Wie kan die verraaier in hul midde wees − die een met die vlymskerp broodmes? Elke warm leidraad lewer ’n koue lyk op, en Kassie en Rooi kan nie voorbly nie . . .
Twee gewese speurders word koelbloedig langs 'n plaasdam afgemaai. En Kassie en Rooi moet die moordsaak oorneem by 'n uitgedunde Paarlse speurspan wat al 'n week lank daarmee kleitrap. Met die ooglopendste aspekte van die ondersoek reeds afgehandel, voel dit vir Kassie of hulle 'n saak erf waarvan die karkas klaar skoon gevreet is. Kassie bevraagteken egter die Paarliete se afleiding dat diefstal die motief vir die moorde was. Wanneer hy en Rooi ander moontlikhede ondersoek, begin dinge doller as kopaf raak. Geraamtes uit die verlede, 'n oud-lid van die Brixtonse Moord en Roof-eenheid, 'n leier van 'n eens berugte tronkbende, en 'n swendelaar wat die grootste maatskappy-gekonkel sedert Steinhoff orkestreer, sorg vir talle vrae waarvan die Spookeenheid-speurders probeer sin maak. En sit daar dalk iemand anders agter die man wat die sneller getrek het? Om sake vir Kassie te vererger, beleef hy 'n yslike persoonlike krisis wat hy nie weet hóé om te hanteer of op te los nie.
When Captain Kassie Kasselman of Newlands SAPD starts investigating a missing ex-colleague, it’s quickly clear that more is going on than a simple drug-related disappearance. It somehow seems linked to the kidnapping that has struck his colleague Rooi Els’ wife’s place of work, a curio shop. From the Cape ganglands to Kruger’s rhino poachers, from a grisly smallholding to the glitz of the diplomatic world, Kassie has to feel his way quickly but carefully – or Rooi Els’ wife is fish food. Afrikaans readers have grown to love anti-hero Captain Kassie Kasselman since Rudie van Rensburg’s first crime novel, Slagyster (2013). His unique style of detective story, with a strong focus not only on the investigation but also on the criminals in question, creating a complex and satisfying web of motives and plot, is now available in English for the first time.
'n Vuur brand in Kassie Kasselman se binneste. Reeds as
groentjiespeurder het hy geleer dat jy altyd afsydig moet staan van 'n
saak, anders maak jy oordeelsfoute. Maar hierdie saak krioel in sy
binneste soos 'n bondel giftige slange. Die gedagte aan die kinders,
aan wat hulle moet meemaak . . . En die slagoffers gil desperaat om
hulp. In Medusa boor Van Rensburg 'n nuwe, donkerder aar oop vir ons
geliefde speurder kaptein Kassie Kasselman.
Wanneer Kassie Kasselman die verdwyning van 'n ekskollega begin
ondersoek, is dit duidelik dat hier meer as net 'n dwelmverwante
verdwyning skuil. Hoe lyk dit dan of dit verband hou met die ontvoering
wat sy kollega Rooi Els se vrou se werkplek getref het?
Kassie has never had to cope with a case like this before, and his
emotions are getting the better of him. As a rookie cop he learned to
keep his distance from a case, not get emotionally involved, because
that’s when mistakes happen. But this case makes distance impossible .
. . children’s lives are at stake. And every time he and Rooi seem to
be making progress with the case, it slithers out from under them, like
a venomous snake.
Hans van Kraaienburg is mos nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie, en hy ken geldsake. Hý sal hom nie met ’n piramideskema laat vang nie . . . of hoe? Toe Huis Madeliefie se mense onder ’n gladdebek-skelm deurloop en hul kosbare geldjies soos mis voor die son sien verdwyn, trek Hans sy kuite styf. Dié swendelaar se akker gaan nie ongekraak bly nie, besluit hy. Toe die polisie ’n beloning uitloof aan enigeen wat hulle na die skurk kan lei, neem Hans die handskoen met mening op. Met behulp van ’n mankolieke bussie en karavaan, mannemoed en vrouedaadkrag gaan Hans en trawante op die oorlogspad, Weskus toe. Javel Davel sál hul geld teruggee, of Hans laat los Nella en haar magtige bloomers op hom . . . Maar twee geslepe broers, Hans se paranoïese dogter en ’n venynige Valke-kaptein belemmer Hans se Sherlock-speurtog telkens. In die mees avontuurlike Hans-verhaal nóg vorder ons geliefde ouetehuiskommando tot by Paternoster se Panty Bar, en anderkant uit. Maar gaan hul beursies maer bly?
’n Reeksmoordenaar jag by stormweer, en Rooi en Kassie moet hom vastrek. Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n aanvallige mede-seëlversamelaar. Vlerksleep is nie vir sissies nie. Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas daarvan verdink dat sy hul ondersoek in die wiele ry, en Kassie moet haar onskuld bewys. Intussen word Kaapse vroue vermoor wanneer daar onweer broei.
Kassie het geglo sy speurderdae is getel ná die Medusa-pedofielsaak, en sy hartaanval. Maar ses maande tuis bring perspektief – hy is ’n speurder in murg en been. Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi: Hulle moet ’n reeksverkragter vastrek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk. 'Is die skuldige die man wat beskryf word as “’n weerwolf met die sperm van ’n wildehond”? Of lê die antwoord by die spesifieke merk wat hy op sy slagoffers laat?
Van Nigeriese rebellegroepe, dwelmsluikhandel uit Kaapstad wat raak aan
die Taliban, en polisiemolle met duister geskiedenisse moet Kassie -
posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met 'n ernstige
waarskuwing op sy diensrekord - sin maak. Iemand het sleg geknoei, maar
hoe hoog op strek die kwaad?
Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank poeliesman gewees, maar
wat hy nóú alles oor die SAPD lees . . . Hy't juis 'n ander
werksaanbod. En dan kom hy teen die grieseligste booswig nóg te staan,
en moet blitsig slim skuiwe bedink om die Pion van die bord af te vee.
Spioenasie, wapenhandelkorrupsie en 'n moordenaar uit jou nagmerries .
. .
|
You may like...
Health and health care in South Africa
H.C.J. van Rensburg
Paperback
Beat Cancer Kitchen - Deliciously Simple…
Chris Wark, Micah Wark
Paperback
Basic science for health students
C. Radue, W. Schoeman, …
Paperback
|