0
Your cart

Your cart is empty

Books > Fiction > General & literary fiction > Modern fiction

Buy Now

Hans 4: Hans Hou Sy Lyf Sherlock (Afrikaans, Paperback) Loot Price: R241
Discovery Miles 2 410
You Save: R39 (14%)

Other Buying Options

Seller Price R370
Expected to ship within 2 - 4 working days
Hans 4: Hans Hou Sy Lyf Sherlock (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg

Hans 4: Hans Hou Sy Lyf Sherlock (Afrikaans, Paperback)

Rudie van Rensburg

Series: Hans, 4

 (2 ratings, sign in to rate)
List price R280 Loot Price R241 Discovery Miles 2 410 You Save R39 (14%)

Bookmark and Share

Expected to ship within 4 - 8 working days

Hans van Kraaienburg is mos nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie, en hy ken geldsake. Hý sal hom nie met ’n piramideskema laat vang nie . . . of hoe?

Toe Huis Madeliefie se mense onder ’n gladdebek-skelm deurloop en hul kosbare geldjies soos mis voor die son sien verdwyn, trek Hans sy kuite styf. Dié swendelaar se akker gaan nie ongekraak bly nie, besluit hy. Toe die polisie ’n beloning uitloof aan enigeen wat hulle na die skurk kan lei, neem Hans die handskoen met mening op. Met behulp van ’n mankolieke bussie en karavaan, mannemoed en vrouedaadkrag gaan Hans en trawante op die oorlogspad, Weskus toe. Javel Davel sál hul geld teruggee, of Hans laat los Nella en haar magtige bloomers op hom . . . Maar twee geslepe broers, Hans se paranoïese dogter en ’n venynige Valke-kaptein belemmer Hans se Sherlock-speurtog telkens.

In die mees avontuurlike Hans-verhaal nóg vorder ons geliefde ouetehuiskommando tot by Paternoster se Panty Bar, en anderkant uit. Maar gaan hul beursies maer bly?

General

Imprint: Queillerie Publishers (Pty) Ltd
Country of origin: South Africa
Series: Hans, 4
Release date: July 2022
Authors: Rudie van Rensburg
Dimensions: 200 x 132 x 18mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 223
ISBN-13: 978-0-7958-0253-9
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Fiction > General & literary fiction > Modern fiction
Books > Afrikaans > Fiksie
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Drama
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
LSN: 0-7958-0253-6
Barcode: 9780795802539

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

#uitdieperdsebek

Wed, 6 Jul 2022 | Review by: Anschen C.

#Hanshousylyfsherlock – Rudie van Rensburg #Queillerie Hans sou reken hy is die allerlaaste mens wat vir ‘n piramideskema sal val; hy het darem al 94 jaar se lewensondervinding. Maar ook hy word ingeloop deur ‘n bloedjong swendelaar: ‘Hy het nog poeier tussen sy lieste… ‘n Bogkind van in sy veertigs…’ (5) wat hom so slim hou soos ‘n boom vol uile (7). Sy enigste kans om sy neseiertjie terug te kry en hom die beterweterige preke van sy wysneus-dogter, Carla, te spaar, is om die pestilensie self op te spoor nadat hy na bewering na die Weskus gevlug het. So hou Hans dan sy lyf Sherlock, ten spyte van ‘Al ondervinding wat hy van daardie dissipline het, was toe hy donkiejare gelede sy seun, Ben, toe twaalf jaar oud, se reëls as Patrys-speurder bestudeer het.’ (48) Gelukkig is hy nie alleen nie; in ‘n mankolieke kombi met ‘n karavaan wat voorheen ‘n hoenderhok was, vertrek hy in Boswell-Wilkie styl saam met Vasie (Biesiepol !); Maatjie; Liesbet (wat hom Hôns noem); Senter (die enigste een wat nog mag bestuur en die wêreld in rugbyterme beleef); Wielietjies (‘By my siel, ek maak sommer ‘n wawiel!’ – 7) en hulle geheime wapen, Nella, wie se kolmuis gereeld wasgoed vreet (222): ‘Ons het beskerming… Sy was ‘n formidabele gewigstoter op haar dae. Swaar van been en boud, sal sy enige kwaaddoener opfrommel. Hoe oud is sy? Nog relatief jonk. Hoe oud is relatief jonk, Pa? Ses-en-tagtig.’ (128) Hulle waaghalsige speurtog neem hulle al die pad tot by Paternoster se Panty Bar en bring hulle in konflik met ‘n onbeholpe Valke-Kaptein wat dreig om hulle op te sluit (‘En wat sal nou so erg daaraan wes om op hulle ouderdom tronkstraf uit te dien? Dit sal immers nie dekades agter tralies beteken nie.’ – 58) en ‘n geslepe tweeling wat sterk aan Kuifie se Uys en Buys herinner wat intelligensie betref. Maak geen fout nie; dis onrealisties; vergesog en selfs absurd, maar hoogs vermaaklik en die perfekte afleiding vir almal wat al effens vuisvoos is van misdaad, politiek en korrupsie. En dit is tog dikwels hoekom ons lees; om vir ‘n wyle van die werklikheid te ontvlug. Hans se dramatiese, argaïese taalgebruik en slimpraatjies sorg, soos in hierdie humoristiese roman se drie voorgangers, vir groot pret. Die finale konfrontasie met die skelm Javel was veral skreeusnaaks. Gegewe die aanvaarde feit dat humor een van die mees uitdagende genres is, bly Hans ‘n groot hoogtepunt in my lees oeuvre en dink ek die bewoners van Huis Madeliefie se dapper manewales verdien hierdie keer 5 sterre.

Did you find this review helpful? Yes (0) | No (0)

Uitstekende boek

Fri, 15 Jul 2022 | Review by: Marlize T.

Fantastiese boek, soos al Rudie se boeke. Dankie Loot, ons het gepreorder en dit was bitter vinnig by ons.

Did you find this review helpful? Yes (0) | No (0)

You might also like..

The Tea Merchant
Jackie Phamotse Paperback R300 R215 Discovery Miles 2 150
Bad Luck Penny
Amy Heydenrych Paperback  (1)
R334 Discovery Miles 3 340
The Boy Who Could Keep A Swan In His…
John Hunt Paperback  (1)
R347 Discovery Miles 3 470
The Finish Line
Gail Schimmel Paperback R340 R266 Discovery Miles 2 660
The Heron's Cry
Ann Cleeves Paperback R381 Discovery Miles 3 810
bundle available
Southern Man
Greg Iles Paperback R443 Discovery Miles 4 430
A Short Life - A Novel
Nicky Greenwall Paperback R300 R219 Discovery Miles 2 190
The Life Impossible
Matt Haig Paperback R380 R265 Discovery Miles 2 650
The School Gates
Fiona Snyckers Paperback R277 Discovery Miles 2 770
The Tea Ladies Of St Jude's Hospital
Joanna Nell Paperback R456 R374 Discovery Miles 3 740
Still Life
Sarah Winman Paperback R346 Discovery Miles 3 460
A Distant Shore
Karen Kingsbury Hardcover R582 Discovery Miles 5 820

See more

Partners