Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 4 of 4 matches in All Departments
Dit is Halloween in Radysstraat, maar Otto sit alleen by die huis. Selfs Harry Griesel hou hom skaars, want sy nuwe baas by die S.B.I., Rufus Rittelbeen, is baie streng oor kuiertjies in werkstyd. Gelukkig kan oom Archibald nou vir Otto help om sy vermiste ouers op te spoor. Hulle vind uit dat sy ouers deur 'n Grieselgryper met 'n houtbeen ontvoer is. Is dit toevallig dat Rufus daardie beskrywing pas?
Otto en Emily het ’n nuwe onderwyser wat baie vreemd optree en gedurig vrae vra oor Otto se vermiste oom Archibald. Harry Griesel het ook probleme: Iemand het ’n onwettige deurgang na Die Oorkant oopgesluit en nou krioel die stad van zombies! Die SBI moet dadelik uitvind wie die skuldige is en Otto en sy vriende is op die punt om die raaisel op te los, wanneer tannie Sharon haarself skielik in groot gevaar bevind.
Daar is 'n spookplaag in die dorp! 'n Hele klomp kinders in Otto se skool word skielik deur spoke geterroriseer en 'n oorlede Spaanse bulvegter wil by Otto se tante intrek. Maar drie huisspoke en 'n pratende vlermuis is klaar genoeg – Otto het beslis nie nog 'n huismaat nodig nie. Waar kom al die spoke vandaan? En hoe raak mens van hulle ontslae? Gelukkig het Otto se vriend Harry, die Grieselgryper, goeie kontakte aan die Oorkant.
'n Fortuinverteller trek oorkant die straat van Otto en tannie Sharon in en ewe skielik begin vreemde dinge in die buurt gebeur. Harry die Grieselgryper vind uit dat 'n poltergees die vrou se huis oorgeneem het! Dit is 'n baie gevaarlike soort spook en Grieselgrypers is hulpeloos teen hulle. Otto en Harry moet 'n spesiale eenheid van die SBI inroep: die spookmeesters. Maar dit lyk nie of die ouens hulle regtig wil help nie . . .
|
You may like...
|