![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 25 of 306 matches in Afrikaans
Die derde uitgawe van Skryf Afrikaans van A tot Z (SAAZ3) is bygewerk volgens die elfde Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2017). Dié stylgids:
SAAZ3 is vir alle teksversorgers asook ander taalgebruikers wat effektief in Afrikaans wil kommunikeer.
Hierdie elfde, omvattend herbewerkte uitgawe bied (naas bestaande hoofstukke oor wisselvorme, getalle ens.) twee nuwe hoofstukke wat onderskeidelik leestekens en trappe van vergelyking bereel. Bestaande reels is aangepas en word eenvoudiger verduidelik. Nuwe lyste bied duidelike leiding oor plekname in die Ooste, landname met hul geldeenhede en ISO-kodes, en elemente in die periodieke tabel. Skryfhulp oor transliterasie, Omgangsafrikaans en die SI-stelsel maak die uitgawe ’n volledige hulpbron.
Gr 10-12 home and additional languageEnglish and Afrikaans50 000 hit wordsWord breaks and word stressParts of speechPast tense and past participlesIrregular verbsPlural formsNegative formsDegrees of comparisonCollective nounsAbbreviations, short forms and acronymsMasculine and feminine formsLabels indicating contextCross-referencesHomonymsCompound nouns and derivativesCollocations and fixed phrasesSynonymsAntonymsIdioms and proverbs
Die hersiene uitgawe van die Tesourus van Afrikaans gee ’n uitstekende
beeld van die verskeidenheid en kompleksiteit van die Afrikaanse
woordeskat en die fyn net van betekenisse wat binne die woordeskat
geweef word. Vir elkeen wat in Afrikaans belangstel en doeltreffend wil
komminukeer, is dit ‘n besondere instrument.
The popular Pharos Bilingual School Dictionary (2020, 9th impression)
boasts a brand-new orange cover!
A bonus supplement with additional information on parts of speech, words easily confused, and idioms and proverbs, makes this perfect as a one-stop reference in both the classroom and at home.
Die HAT Afrikaanse Sakwoordeboek bevat sowat 30 000 Afrikaanse woorde en uitdrukkings, duisende voorbeeldsinne en -frases, meer as 300 illustrasies, sinonieme, antonieme, inligting oor die herkoms van woorde, intensiewe vorme, manlike en vroulike vorme, afkortings en terme vir Afrikaans Huistaal (graad 4-12) en Afrikaans Eerste Addisionele Taal (graad 6+).
Die Pharos Junior tweetalige skoolwoordeboek fokus op leerders van graad 4–7 en het 'n paar nuwe, unieke kenmerke. Die woordeboek bevat sowat 5000 trefwoorde en is geskik vir Afrikaans en Engels huistaal of addisionele taal. Van die kenmerke wat die gebruiker kan verwag, is: - Voorbeeldsinne; sinonieme en antonieme; homonieme en homofone; frases; idiome en spreekwoorde - Woordverdeling en klem; woordsoorte volledig uitgeskryf - Attributiewe vorm, trappe van vergelyking, meervoud, verkleiningsvorm, deeltjiewerkwoorde, verlede tyd - Inligtingskassies met verdere inligting oor grammatika, spelling en taalgebruik - Afleidings van basiswoorde met hul vertalings Unieke kenmerke van die woordeboek is die byvoeging van woordsoorte se onderafdelings; intensiewe vorme; homofone en woorde wat dikwels verwar word by die betrokke inskrywing, plus die vertalings; en by diername, die versamelnaam, manlik en vroulik, woord vir die kleintjies en die dier se geluid.
Hierdie tweetalige woordeboek (Afrikaans-Engels | Engels-Afrikaans) is
’n splinternuwe, kompakte naslaanwerk wat ontwerp is vir vinnige
toegang tot hedendaagse taalgebruik. Taalleiding sluit
lettergreepverdeling, woordsoorte, verbuigings en genommerde
vertalings in.
Hierdie woordeboek is ontwerp om jou te help om beter Afrikaans, indien jy n leerder van Afrikaans is, of beter Engels, indien jy n leerder van Engels is, te skryf en te praat. Dit bied ondersteuning in vier sleutelareas, soos hieronder aangetoon. This dictionary has been designed to help you write and speak better Afrikaans, if you are a learner of Afrikaans, or better English, if you are a learner of English. It offers support in four key areas, as shown below. Features: help leerders om die regte vertaling te kies; bied slegs dikwels gebruikte vertalings aan; wys hoe woorde werklik gebruik word; sluit nuwe woorde vanuit die hele kurrikulum in; helps learners choose the right translation; gives frequently used translations only; shows how words are really used; and includes new words from across the curriculum.
n Eerste tematiese, tweetalige geillustreerde kinderwoordeboek in volle kleur. Vrolike rympies ondersteun die bekende temas. Die liggaamsdele, kleure en vorms, aktiwiteite en syfers vul die temas aan. Direkte assosiasie tussen voorwerp en woord. / A first thematic bilingual illustrated wordbook in full colour. Cheerful rhymes support the familiar themes. The parts of the body, shapes and colours, activities and figures complement the themes. Direct association between object and word.
Die PHAROS BEKNOPTE VERKLARENDE WOORDEBOEK bou voort op ’n tradisie van betroubare naslaanwerke en is ’n staatmaker in die Afrikaanse klas, huis en kantoor. Dié gebruikersvriendelike woordeboek is kompak dog omvattend: dit bevat meer as 30 000 woorde en terme met bondige verklarings. Kry taalleiding:
Die My "desktop" woordeboek is ontwerp , geskryf en geillustreet vir jong kinders wat aan geskrewe taal blootgestel word. Kenmerkwe van My "desktop: woordeboek is :
Aanvullende woordelyste oor gewilde onderwerpe en temas aan die einde van die boek.
The Oxford Bilingual
Illustrated Maths Dictionary is the ideal resource for learners who
need help in learning and understanding the language of Maths in
English when it is not their home language.
Die Pharos Afrikaansgids bied eenvoudige riglyne vir spelling en skryfwyses volgens die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls en is KABV- geskik. Dit dek die belangrike taalsake wat oor leerders se pad kom en is 'n praktiese, alledaagse gids vir voorgraadse studente en ander taalgebruikers. - Deel A bevat naslaanlyste van woorde wat dikwels spellingprobleme oplewer, meervoude en verkleining, intensiewe vorme, vergelykings en idiome. - Deel B is ’n naslaangedeelte wat belangrike en algemene taalreëls aan die hand van eenvoudige definisies en enkele voorbeelde verduidelik. - Deel C bevat nuttige inligting oor byvoorbeeld sinsoorte, woordorde in sinne en die konstruksie van paragrawe. Daar is ook ’n kort oorsig oor tekstipes.
Children can explore their world with this fun first dictionary and learn the names of various things around them. Each page is packed with pictures and things to find and talk about. These books are hard back with full colour illustrations. Kinders kan hulle wêreld met hierdie prettige eerste woordeboek verken en die name van allerlei dinge rondom hulle leer. Elke bladsy is vol prente en dinge om te soek en oor te praat. Dié boeke is hardeband met volkleur illustrasies.
Die Pharos Grondslagfasewoordeboek Afrikaans–Engels/English–Afrikaans
is geskik vir leerders in graad 1 tot 4. Die woordeboek bevat die
sigwoorde en spelwoorde wat in die taalkurrikulums vir Afrikaans en
Engels in die Grondslagfase gespesifiseer word.
Daar het in die diskoersgemeenskap van Kuns 'n dringende behoefte
ontstaan aan 'n moderne Woordeboek vir die Beeldende Kunste. In
antwoord hierop het die Kommissie 'n werkkomitee gestig, bestaande uit
prof Alex Duffey (projekleier), prof Estelle Mare, prof Margaret
Slabbert, dr Albert Werth, dr Marietta Alberts, mnr Samuel Pauw, mnr
Eric Dunkelman, mnr Niek Coetzee, mnr Balthi du Plessis, mev Rina de
Villiers, mev Dirkie Offringa, mev Esme Kruger, mev Valerie Bester en
mev Susan Roets om aan die projek te begin werk. 'n Verteenwoordigende
groep vakspesialiste en -deskundiges uit 'n verskeidenheid velde en
subvelde is genader om termlyste uit hul onderskeie velde by te dra
soos byvoorbeeld Estetika, Argitektuur, Kunsgeskiedenis, -metodologie,
-onderrig en -praktyk, Kunsweefwerk, Keramiek, Grafiese Ontwerp,
Rekenaargrafika, Telefisiegrafika, Animasie, Industriele ontwerp,
Inligtingsontwerp, Museumkunde, Fotografie, Drukwerk, Litografie, a,
Fotografie, Pottebakkerskuns en Argitektuur.
Hierdie splinternuwe titel is die eerste taalnaslaanbron wat KABV-gebaseer is. Dit bestaan uit twee dele. Die eerste deel sluit taalreëls en nalsaanlyste in, en die tweede deel bevat algemene kennisfeite oor Suid-Afrika en die res van die wêreld. KABV-vereistes vir Afrikaans Huistaal en Eerste en Tweede Addisionele Taal vorm die basis vir die onderwerpe wat in dié boek bespreek word. Hierdie onderwerpe sluit onder meer die volgende in: punktuasie, sametrekkings, woordsoorte, letterlike en figuurlike betekenis, geluide van dinge en diere, tye, sinonieme en antonieme, homonieme en homofone en leenwoorde, om maar ’n paar te noem. Dit bevat ook ’n lys met handige literêre terme soos hiperool, klanknabootsing en personifikasie, sowel as nuttige notas oor skriftelike werk. Die tweede deel van die boek fokus op algemene kennisfeite soos die nasionale simbole van Suid-Afrika, wie ons buurlande is, waar ons elf amptelike tale gepraat word, wie die wêreldleiers is, watter geldeenheid waar gebruik word, en groot uitvindsels van die wêreld. Die eenvoudige uitleg en duidelike leiding maak hierdie titel ’n moet-hê vir elke leerder wat Afrikaans as ’n Huistaal of Eerste of Tweede Addisionele Taal wil slaag. Dit is ook ’n handige naslaanbron vir volwassenes. *Die Engelse ekwivalent van hierdie publikasie is ook beskikbaar onder die titel English for All.
Die handige klein tweetalige woordeboek is reeds dekades lank 'n wenner. Die herverpakte uitgawe van Klein woordeboek bevat talle hedendaagse woorde en uitdrukkings, afkortings en akronieme wat in omloop gekom het vanwee die veranderende situasie in Suid-Afrika, asook tegnologiese ontwikkelings. 'n Nuttige bylae bevat die name van Suid-Afrika se nege provinsies en elf ampstale.
Die handige, immergewilde Tweetalige Sakwoordeboek bevat die 35 000
frekwentste woorde in Afrikaans en Engels. Trefwoorde word in blou
aangegee en betekenisonderskeidings van dieselfde woord is genommer
sodat gebruikers inligting makliker kan vind. Etikette en
gebruiksleiding help gebruikers verder om die gepaste vertaling vir 'n
woord te kies. By elke trefwoord word die woordsoort aangedui en
fleksievorme, soos meervoude en verledetydsvorme van die trefwoord,
word aangegee in gevalle waar hulle onreelmatig gevorm word. Die
woordeboek is 'n staatmaker in die klaskamer, kantoor, tuis of in die
skooltas.
Hierdie miniwoordeboek vir Nederlands en Afrikaans is ideaal om vir 'n taalkursus te gebruik of om op reis saam te neem. Die woordeboek is baie volledig en prakties en is 'n gerieflike sakboekgrootte. Dit is tweedelig en bevat 30 000 aktuele Afrikaanse en Nederlandse woorde. Algemene uitdrukkings en gesegdes word ingesluit. Die grondbeginsels van Nederlands word ook gegee.
The Explanatory Dictionary of Politics (EDP) contains 2 620 key political terms and definitions. The main goal of the EDP is to facilitate a proper understanding of the political realm. The EDP provides assistance to subject specialists and language practitioners. The disciplines involved, which are loosely referred to as the political sciences, include politics, international politics, international relations, African politics, strategic studies, as well as aspects of political development, political administration and political economy. Die Verklarende Politieke Woordeboek (VPW) is gebaseer op die bekroonde tweetalige Nuwerwetse Politieke Woordeboek (NPW) van 2011, en bevat 2 620 politieke kernterme en -definisies. Die hoofdoel van die VPW is om behoorlike begrip van die politieke bestel moontlik te maak. Die VPW verleen hulp aan vakspesialiste en taalpraktisyns. Die dissiplines betrokke en waarna breedweg as die politieke wetenskappe verwys word, sluit in politiek, internasionale politiek, internasionale verhoudinge, Afrikapolitiek, strategiese studies, sowel as aspekte van politieke ontwikkeling, politieke administrasie en politieke ekonomie. |
You may like...
|