![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 25 of 36 matches in Verwysing
‘Miskien issit omdat poverty my define en nie die racial politics vannie land ie.’ Wit issie ’n colour nie is ’n versameling verhale oor grootword en die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek, sosio- ekonomiese kwessies en bruin kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika waarin ons ons bevind. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings van pogings om die lewe op die Vlakte te navigeer. Hierdie versameling is diep persoonlik en ’n ontstellend waar weergawe van die lewe aan die ander kant van die spoor, geskryf in Kaapse Afrikaans.
Wat doen jy wanneer jou kind uit die bloute ’n vraag vra waarop jy nie
dadelik die antwoord het nie? Of dalk dink jy dat jy die antwoord het,
maar jou kind is nie heeltemal tevrede met jou verduideliking nie?
Ons praat Afrikaans – diverse mense – een taal is meer as net nog ’n fotoboek: dit is die eindproduk van ’n projek wat sy ontstaan gevind het in een individu se liefde vir die Afrikaanse kultuur en taal, Douw Greeff. Die projek is geloods in 2016 toe fotograwe (amateur en ook professioneel) genader is om werke in te skryf wat hulle voel die Afrikaanse kultuur en taal raakvat. Verskeie inskrywings is ontvang en die top foto’s het deurgegaan na ’n beoordelings-rondte, waar ’n paneel die beste foto’s gekies het om in hierdie pragpublikasie te pronk.
Die eerste volledige streekgids oor die inheemse bome wat in die Magaliesberg voorkom.
Benut ons Inheemse Bome is ongetwyfeld die nuttigste en mees praktiese boek wat oor die onderwerp in Suid-Afrika gepubliseer is.
Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika bied aan die jong leser 'n fassinerende blik op die reptiele van die streek. Met behulp van volkleur fotoĆs en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die algemene reptielspesies in Suider-Afrika kan identifiseer.
Selfs net 'n paar woorde aan 'n persoon in sy eie taal kan wondere verrig. Hierdie titel is bedoel om nuwe woorde aan te leer, woordeskat uit te brei en kommunikasievaardighede in Engels, Afrikaans, Xhosa of Zulu te verbeter. 'n Staatmakerhulpmiddel vir leerders, onderwysers en almal wat hul kennis van die tale wil verbeter.
The Explanatory Dictionary of Politics (EDP) contains 2 620 key political terms and definitions. The main goal of the EDP is to facilitate a proper understanding of the political realm. The EDP provides assistance to subject specialists and language practitioners. The disciplines involved, which are loosely referred to as the political sciences, include politics, international politics, international relations, African politics, strategic studies, as well as aspects of political development, political administration and political economy. Die Verklarende Politieke Woordeboek (VPW) is gebaseer op die bekroonde tweetalige Nuwerwetse Politieke Woordeboek (NPW) van 2011, en bevat 2 620 politieke kernterme en -definisies. Die hoofdoel van die VPW is om behoorlike begrip van die politieke bestel moontlik te maak. Die VPW verleen hulp aan vakspesialiste en taalpraktisyns. Die dissiplines betrokke en waarna breedweg as die politieke wetenskappe verwys word, sluit in politiek, internasionale politiek, internasionale verhoudinge, Afrikapolitiek, strategiese studies, sowel as aspekte van politieke ontwikkeling, politieke administrasie en politieke ekonomie.
Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die insekte van die streek. Met behulp van volkleurfoto’s en maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene insekgroepe in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul gedrag en ongewone eienskappe.
Dr.Pieter Kapp het onlangs die Stalsprys vir Geskiedeniswetenskap van die Akademie vir wetenskap en kuns ontvang, spesifiek vir draer van 'n droom, 'n reuse werk waaraan hy jare van navorsing toegewy het. Die boek gee 'n oorsig van die vorming van Afrikaanse kultuur oor die afgelope 100 jaar, ryklik geillustreer met foto's en dokumente.
'n Versameling van gesprekke met vriende en kennisse van die digter Ingrid Jonker, met kommentaar deur 'n sielkundige. 'n Nuwe boek oor die immer gewilde Ingrid Jonker. Gesprekke oor Ingrid Jonker bevat persoonlike herinneringe van Ingrid se suster Anna, haar psigiater en vriende soos Jan Rabie en Marjorie Wallace, W.A. de Klerk, Berta Smit, Uys Krige en Andre P. Brink. Gesprekke wat dertig jaar gelede deur dr. L.M. van der Merwe, kliniese sielkundige, op band opgeneem is, is deur Petrovna Metelerkamp in boekvorm verwerk. Dit werp 'n nuwe lig op die lewe en tragiese sterwe van die jong Ingrid Jonker.
Wat het ’n geheime organisasie en ’n kultus met korrupsie in hoë plekke te doen? Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om ’n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit ’n reeks is nie. Maar die spoor is koud. Identifikasie is onmoontlik vanweë hu gesigbeserings. Dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens ’n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is ’n belofte van nog ’n moord oor drie en dertig dae. Toe die outistiese forensiese beeldhouer in hegtenis geneem word, gaan rooi ligte aan vir Renata, en sy en haar span delf dieper. Word iets toegesmeer? Speel die obskure Noagsgemeente dalk ’n rol? Tot watter mate sal die Vrymesselaars een van hulle lede beskerm? Wat weet Mistress Raven, die eienares van die kerker waarin sado-masochiste hul seksspeletjies beoefen? En wat sal die versteurde Chanté Naudé-Mulder nóg doen om Stefan deel van haar lewe te maak? Lam ter slagting vertel die verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en ’n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede van ’n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary.
Daar is nie ’n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers ’n monument in sy visier het, sal hy dit vind. In hierdie boek reis hy oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts. In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan ’n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers. Elke provinsie sal ’n kaart hę wat die monumente aandui.
Geskryf vir almal wat daagliks met Afrikaans in die praktyk te make kry; inligting is aangeskaf oor aanhalingstekens, aanspreek vorme, koppeltekens, vertalings van talle Engelse woorde en korrekte uitspraak van moelike woorde is gegee.
In Splinters en Dorings uit die Rosestad se Verlede stel Hannes Haasbroek die stad se kostelikhede en treurmares uit die verre verlede te boek. Hierdie ware verhale uit Bloemfontein se verlede word hoofsaaklik gebaseer op inligting uit oorspronklike dokumente in die Vrystaatse Provinsiale Argiefbewaarplek en Bloemfonteinse koerante, en aangevul deur bestaande sekondere bronne. Die geskiedkundige foto’s is verkry uit die versamelings van die Nasionale Museum, Oliewenhuis-kunsmuseum, Vrystaatse Provinsiale Argiefbewaarplek en die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein.
Die universiteit is 'n plek waar jy jouself kan ontdek, waar jy leer waarvan jy hou, waarin jy glo, selfs hoe om die wereld 'n beter plek te maak. Dis 'n plek waar jy beste vriende maak, en nie net buddies nie, hegte egte vriende. Dis 'n plek waar jy hom of haar ontmoet, die een. Dis 'n plek waar jy mense leer ken wat jy oor 27 jaar in 'n kroeg in Parys (Europa of Suid-Afrika) raakloop en saam 'n bier op die goeie tye drink. Waarom die titel oor 'n universiteitsloopbaan? Minder as 'n kwart van alle eerstejaars vang uiteindelik graad! Waarom sou Uniwrsityt dan belangrik vir voornemende studente wees? Die titel dui aan dat die titel 'n anderste kyk op die universiteit is, en dit is anders. Dit neem die leser op 'n reis deur die akademiese denkproses. Van ons land se bekendste akademici en denkers het tyd afgeknyp om voornemende studente van raad te bedien oor die lewe op universiteit. Derduisende leerders is steeds onseker oor die lewe op universiteit – en dit sluit vakkeuses, en selfs die keuse van studierigtings in. Die titel verduidelik wat van voornemende studente te wagte sal wees, hoe studente daardie keuses kan uitoefen, en waar hulle raad kan kry. Hierdie teks sal waarskynlik die heel eerste akademici geskrif wees wat skoolverlaters lees, want anders as talle ander selfhelpboeke, dompel Uniwrsityt die leser midde in die diskoers wat op sy/hy op universiteit te wagte sal wees. Dit is 'n akademiese werk, vir voornemende akademici, deur ons land se voorste akademici. Inligting oor al die universiteite in ons land, nie net die bekendes nie, word voorsien.
Ons almal weet wat die groot vyf is, maar wat is die groot ses? Of die groot twaalf? Wat is die langste gebou in die Suidelike halfrond, en waar is dit gelee? Wie was die eerste Suid Afrikaner wat Mount Everest geklim het, en wanneer en waar was die eerste rugby wedstryd in Suid-Afrika gespeel? Die antwoorde op hierdie vrae, en op nog baie meer kan gevind word in Van Lill se Suid-Afrikaanse Trivia. Kategoriee soos natuur, sport, politiek en vermaak sluit sulke diverse onderwerpe in soos Suid-Afrikaanse lighuise, ons politieke leiers, verlede en hede, die byname van rugby spelers en wereldbekende musikante wat in Suid-Afrika gebore is. Die titel vertel die leser meer oor die biologiese diversiteit van Suid-Afrika, die land se rykdom in goud, berge en bewaringsgebiede, tolpaaie en stede en sodoende beklemtoon dit die rykdom en verskydenheid in hierdie wonderlike land.
Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika bied aan die jong leser ’n fassinerende blik op die diere lewe van die streek. Met behulp van volkleur foto’s en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die meer algemene soogdierspesies in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en teelgewoontes.
Liefde en spanning verweef Arriana, ’n maatskaplike werker, brand uit weens te lang ure se werk asook om die heeltyd met volwassenes en kinders se probleme te doene te kry. Teen die einde van ’n uitmergelende vergadering met die maatskaplike bestuur in die gemeenskap waar sy werk, bedank sy op die ingewing van die oomblik. ’n Vriend reël vir haar werk in Mauritius as ’n kroegdame/kelnerin by ’n eksklusiewe hotel in Mauritius, en binne maande word haar lewe handomkeer verander. Sy ontmoet die enigmatiese biljoenęr-Ier Finnigian O’Reilly wat met sy sjarme en persoonlikheid haar hart kort voor lank in die palm van sy hand hou. En hy is nie onaangeraak deur Arriana se plat-op-die-aarde-persoonlikheid nie. Alles is egter nie pluis op die eiland nie. Jong meisies raak die een na die ander weg, en toe Arriana ook ontvoer word, word ’n nes van mensehandel oopgeruk. Gaan Finnigan, die plaaslike polisie en Interpol egter betyds wees om Arriana en die jong meisies se lot te keer?
Skreeusnaaks en uittartend soos net Deon Maas kan. In hierdie boek ontsien Maas niks of niemand nie. Hy skryf onbeskaamd en doodeerlik oor allerlei eg Suid-Afrikaanse heilige koeie. Afrikaans op kampusse, selfies, baarde, banting, die Guptas en die sogenaamde Stellenbosch Mafia loop deur onder die uitgesproke skrywer se skerp pen. Sy blatante eerlikheid oor alles van mans se “menere” tot Julius Malema, gay huwelike en NG-dominees is verfrissend. Dit is vlymskerp, omstrede en onvergeetlik.
|
You may like...
A Bibliography of the First Editions in…
Luther Samuel Livingston
Paperback
R629
Discovery Miles 6 290
The Manual of Peace - Embracing I, Evils…
Thomas Cogswell Upham
Paperback
R737
Discovery Miles 7 370
Lectures On The Gospel According To St…
George James Cowley-Brown
Paperback
R806
Discovery Miles 8 060
Cyclopedia of Engineering - A Complete…
Ill ). American School (Lansing
Paperback
R775
Discovery Miles 7 750
Goed Om Te Weet - Die Feiteboek Vir…
Hans Buttner, George Claassen
Paperback
R415
Discovery Miles 4 150
|