0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (3)
  • R100 - R250 (10)
  • R250 - R500 (14)
  • R500+ (10)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Verwysing

Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade Stories (Afrikaans, Paperback): Nathan Trantraal Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade Stories (Afrikaans, Paperback)
Nathan Trantraal 1
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 4 - 8 working days

‘Miskien issit omdat poverty my define en nie die racial politics vannie land ie.’

Wit issie ’n colour nie is ’n versameling verhale oor grootword en die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek, sosio- ekonomiese kwessies en bruin kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika waarin ons ons bevind. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings van pogings om die lewe op die Vlakte te navigeer. Hierdie versameling is diep persoonlik en ’n ontstellend waar weergawe van die lewe aan die ander kant van die spoor, geskryf in Kaapse Afrikaans.

Benut ons Inheemse Bome (Afrikaans, Paperback, 3rd revised ed): Fanie Venter, Venter, Fanie & Julye-Ann, Julye-Ann Venter Benut ons Inheemse Bome (Afrikaans, Paperback, 3rd revised ed)
Fanie Venter, Venter, Fanie & Julye-Ann, Julye-Ann Venter; Photographs by Pitta Joffe
R470 R419 Discovery Miles 4 190 Save R51 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Benut ons Inheemse Bome is ongetwyfeld die nuttigste en mees praktiese boek wat oor die onderwerp in Suid-Afrika gepubliseer is.
Hierdie derde en hersiene uitgawe bevat 22 meer boomspesies. Die 163 boomsoorte is alfabeties volgens botaniese naam gerangskik, met meer as 850 volkleur foto’s geïllustreer en volledig bespreek.
Die volgende inligting is vir elke boomsoort ingesluit:
'n Inleidende afdeling oor die kweek van bome deur saad, steggies en stamsteggies.
'n Volledige spesiebeskrywing, kenmerke waaraan die boom uitgeken kan word, blom- en dratye, natuurlike verspreiding en habitat.
Die ekologiese rol en benutting deur soogdiere, voëls en insekte.
Ekonomiese waarde en gebruik deur die mens in tuine, op plase en elders as ’n bron van voedsel, vesel en medikasie.
Eienskappe van die hout en benutting daarvan deur die mens.
Duidelike riglyne oor die ent en kweek van elke boomsoort.
'n Kaart wat die natuurlike verspreiding van elke boomsoort aandui.
Meer as 850 volkleur foto’s wat met sorg uitgesoek is om die teks te komplementeer en te illustreer.
Die boek bevat ’n tabel wat boombenutting deur diere, voëls en insekte saamvat, bronverwysings en ’n indeks van algemene en botaniese name.
Hierdie waardevolle inheemse boomgids behoort die naslaan- en gebruiksbron te wees van elke tuinier, boer, natuurliefhebber, boomkweker, bosbouer en natuurbewaarder – trouens enigeen met ’n liefde en waardering vir bome.

Ook in Engels beskikbaar: Making the Most of Indigenous Trees

Ons praat Afrikaans - diverse mense - een taal (Afrikaans, Hardcover): Douw Greeff, SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Ons praat Afrikaans - diverse mense - een taal (Afrikaans, Hardcover)
Douw Greeff, SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
R287 Discovery Miles 2 870 Ships in 4 - 8 working days

Ons praat Afrikaans – diverse mense – een taal is meer as net nog ’n fotoboek: dit is die eindproduk van ’n projek wat sy ontstaan gevind het in een individu se liefde vir die Afrikaanse kultuur en taal, Douw Greeff. Die projek is geloods in 2016 toe fotograwe (amateur en ook professioneel) genader is om werke in te skryf wat hulle voel die Afrikaanse kultuur en taal raakvat. Verskeie inskrywings is ontvang en die top foto’s het deurgegaan na ’n beoordelings-rondte, waar ’n paneel die beste foto’s gekies het om in hierdie pragpublikasie te pronk.

Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Tracey Hawthorne Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Tracey Hawthorne
R120 R111 Discovery Miles 1 110 Save R9 (7%) In Stock

Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika bied aan die jong leser 'n fassinerende blik op die reptiele van die streek. Met behulp van volkleur fotoÆs en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die algemene reptielspesies in Suider-Afrika kan identifiseer.

Keur Uit Handhaaf (Afrikaans, Book): Keur Uit Handhaaf (Afrikaans, Book)
R53 Discovery Miles 530 Ships in 4 - 8 working days
Ensibuko Yaffe Abaganda (Afrikaans, English, Hardcover): Robert Nviiri M. F. O. Ensibuko Yaffe Abaganda (Afrikaans, English, Hardcover)
Robert Nviiri M. F. O.
R749 Discovery Miles 7 490 Ships in 10 - 15 working days
Woordeboek Vir Die Gesondheidswetenskappe / Dictionary for the Health Sciences (Afrikaans, English, Hardcover, 2nd Revised... Woordeboek Vir Die Gesondheidswetenskappe / Dictionary for the Health Sciences (Afrikaans, English, Hardcover, 2nd Revised Edition)
A.J. Brink 1
R820 R720 Discovery Miles 7 200 Save R100 (12%) Ships in 4 - 8 working days

Die opgedateerde, uitgebreide, verklarende en tweetalige Woordeboek vir Gesondheidswetenskappe is gebaseer op die Woordeboek van Afrikaanse Geneeskundeterme wat in Januarie 1979 verskyn en reeds agt drukke beleef het. Hierdie tweede uitgawe poog om 'n kosbare wetenskap- en kultuurskat op te dateer en aan te vul. Die nuwe uitgawe bevat sowat 10 000 meer inskrywings as die eerste uitgawe en sowat 8 000 terme is geherdefinieer. Die aanbieding is nie alleen van waarde vir voor- en nagraadse studente en praktisyns in alle fasette van die gesondheidswetenskappe nie, maar ook vir vertalers, taalkundiges en joernaliste, Afrikaans- en/of Engelssprekend.

Vratjievrugbliksembos en ander Magaliesbergbome (Afrikaans, Hardcover): Naas Grove, Grové, Naas Vratjievrugbliksembos en ander Magaliesbergbome (Afrikaans, Hardcover)
Naas Grove, Grové, Naas
R445 R397 Discovery Miles 3 970 Save R48 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die eerste volledige streekgids oor die inheemse bome wat in die Magaliesberg voorkom.
Beskrywing van meer as 170 spesies inheemse bome wat in die Magaliesberg voorkom georden volgens FSA-nommer
Familie- en genusbekrywings van die boomspesies
Oorsprong en verklaring van wetenskaplike name en die beskermingstatus van bome
Afrikaanse streekname wat 'n ryk taal- en kultuurerfenis verteenwoordig
Boomname in Afrikaans, Engels en / of in Setswana of isiZulu
Meer as 350 kleurfoto's
Interessante boomstories, ekologiese inligting en allerlei nuttige praktiese wenke oor die gebruik en aanwending van inheemse bome
Opgedateerde wetenskaplike en gewone name

Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Alan Weaving Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Alan Weaving
R120 R111 Discovery Miles 1 110 Save R9 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die insekte van die streek. Met behulp van volkleurfoto’s en maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene insekgroepe in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul gedrag en ongewone eienskappe.

Explanatory dictionary of politics / Verklarende politieke woordeboek - Bilingual core terms and definitions in political... Explanatory dictionary of politics / Verklarende politieke woordeboek - Bilingual core terms and definitions in political science / Tweetalige kernterme en -definisies in politieke wetenskap (English, Afrikaans, Paperback)
Albert Venter, Susan Botha, Louis du Plessis, Marietta Alberts
R802 Discovery Miles 8 020 Ships in 2 - 4 working days

The Explanatory Dictionary of Politics (EDP) contains 2 620 key political terms and definitions. The main goal of the EDP is to facilitate a proper understanding of the political realm. The EDP provides assistance to subject specialists and language practitioners. The disciplines involved, which are loosely referred to as the political sciences, include politics, international politics, international relations, African politics, strategic studies, as well as aspects of political development, political administration and political economy. Die Verklarende Politieke Woordeboek (VPW) is gebaseer op die bekroonde tweetalige Nuwerwetse Politieke Woordeboek (NPW) van 2011, en bevat 2 620 politieke kernterme en -definisies. Die hoofdoel van die VPW is om behoorlike begrip van die politieke bestel moontlik te maak. Die VPW verleen hulp aan vakspesialiste en taalpraktisyns. Die dissiplines betrokke en waarna breedweg as die politieke wetenskappe verwys word, sluit in politiek, internasionale politiek, internasionale verhoudinge, Afrikapolitiek, strategiese studies, sowel as aspekte van politieke ontwikkeling, politieke administrasie en politieke ekonomie.

Navorsing - 'n Gids vir die beginnernavorser (Afrikaans, Paperback, 1): Ina Joubert, Cycil Hartell, Kobus Lombard Navorsing - 'n Gids vir die beginnernavorser (Afrikaans, Paperback, 1)
Ina Joubert, Cycil Hartell, Kobus Lombard
R550 Discovery Miles 5 500 Ships in 7 - 10 working days

Navorsing: 'n Gids vir die beginnernavorser behandel basiese inligting oor navorsing vir beginnernavorsers. Die boek kan ook gebruik word by die onderrig van navorsing. Onderwerpe soos selfbestuur, verhouding met jou studieleier, kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing, asook gemengde navorsingsmetodes word verduidelik met voorbeelde en praktiese benaderings. Daar is ook 'n hoofstuk ingesluit wat die navorser sal help met die aanbieding van navorsingsresultate, soos by konferensies. Akademici vanuit die wye spektrum van die opvoedkundedissipline van verskeie universiteite het 'n bydrae tot die boek gelewer. Die onderskeie uitgangspunte van die skrywers tot die inhoud van hulle hoofstukke dra by tot die sukses van die boek. Die voorwoord is geskryf deur Prof. Irma Eloff, wat 'n nasionaal en internasionaal erkende navorser is. Reeds 50 meesters- en doktorale studente het hulle studies in opvoedkundige sielkunde onder haar leiding voltooi. In 2012 is sy aangewys as een van drie mees invloedryke vroue in sakebestuur in Suid-Afrika, in die kategorie Opvoeding.

Draer van 'n droom - Die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse akademie vir wetenskap en kuns 1909 - 2009 (Afrikaans,... Draer van 'n droom - Die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse akademie vir wetenskap en kuns 1909 - 2009 (Afrikaans, Hardcover)
Pieter Kapp
R95 Discovery Miles 950 Ships in 4 - 8 working days

Dr.Pieter Kapp het onlangs die Stalsprys vir Geskiedeniswetenskap van die Akademie vir wetenskap en kuns ontvang, spesifiek vir draer van 'n droom, 'n reuse werk waaraan hy jare van navorsing toegewy het. Die boek gee 'n oorsig van die vorming van Afrikaanse kultuur oor die afgelope 100 jaar, ryklik geillustreer met foto's en dokumente.

Gesprekke Oor Ingrid Jonker (Afrikaans, Paperback): L.M. van der Merwe Gesprekke Oor Ingrid Jonker (Afrikaans, Paperback)
L.M. van der Merwe
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 4 - 8 working days

'n Versameling van gesprekke met vriende en kennisse van die digter Ingrid Jonker, met kommentaar deur 'n sielkundige. 'n Nuwe boek oor die immer gewilde Ingrid Jonker. Gesprekke oor Ingrid Jonker bevat persoonlike herinneringe van Ingrid se suster Anna, haar psigiater en vriende soos Jan Rabie en Marjorie Wallace, W.A. de Klerk, Berta Smit, Uys Krige en Andre P. Brink. Gesprekke wat dertig jaar gelede deur dr. L.M. van der Merwe, kliniese sielkundige, op band opgeneem is, is deur Petrovna Metelerkamp in boekvorm verwerk. Dit werp 'n nuwe lig op die lewe en tragiese sterwe van die jong Ingrid Jonker.

Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Sean Fraser Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Sean Fraser
R120 R111 Discovery Miles 1 110 Save R9 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika bied aan die jong leser ’n fassinerende blik op die diere lewe van die streek. Met behulp van volkleur foto’s en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die meer algemene soogdierspesies in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en teelgewoontes.

The English Afrikaans Xhosa Zulu Aid - Word Lists and Phrases in Four Languages (English & Foreign language, Paperback): Isabel... The English Afrikaans Xhosa Zulu Aid - Word Lists and Phrases in Four Languages (English & Foreign language, Paperback)
Isabel Uys
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Selfs net 'n paar woorde aan 'n persoon in sy eie taal kan wondere verrig. Hierdie titel is bedoel om nuwe woorde aan te leer, woordeskat uit te brei en kommunikasievaardighede in Engels, Afrikaans, Xhosa of Zulu te verbeter. 'n Staatmakerhulpmiddel vir leerders, onderwysers en almal wat hul kennis van die tale wil verbeter.

Lam Ter Slagting (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Lam Ter Slagting (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wat het ’n geheime organisasie en ’n kultus met korrupsie in hoë plekke te doen?

Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om ’n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit ’n reeks is nie.

Maar die spoor is koud. Identifikasie is onmoontlik vanweë hu gesigbeserings. Dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens ’n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is ’n belofte van nog ’n moord oor drie en dertig dae.

Toe die outistiese forensiese beeldhouer in hegtenis geneem word, gaan rooi ligte aan vir Renata, en sy en haar span delf dieper. Word iets toegesmeer? Speel die obskure Noagsgemeente dalk ’n rol? Tot watter mate sal die Vrymesselaars een van hulle lede beskerm? Wat weet Mistress Raven, die eienares van die kerker waarin sado-masochiste hul seksspeletjies beoefen? En wat sal die versteurde Chanté Naudé-Mulder nóg doen om Stefan deel van haar lewe te maak?

Lam ter slagting vertel die verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en ’n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede van ’n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary.

Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n Monumentjagter (Afrikaans, Paperback): Jackie Grobler Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n Monumentjagter (Afrikaans, Paperback)
Jackie Grobler 2
R303 Discovery Miles 3 030 Ships in 2 - 4 working days

Daar is nie ’n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers ’n monument in sy visier het, sal hy dit vind.

In hierdie boek reis hy oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts. In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan ’n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers.

Elke provinsie sal ’n kaart hê wat die monumente aandui.

Oranje Boven - Nederlands Voor Zuid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Oranje Boven - Nederlands Voor Zuid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
1
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 4 - 8 working days

Afrikaanssprekendes het ’n voorsprong met die aanleer van Nederlands as vreemde taal, maar daar is min Afrikaanssprekendes wat Nederlands werklik vlot kan praat. Hierdie is 'n handboek wat spesifiek geskryf is met die voordeel – en nadeel! – van Afrikaans as intreepunt tot Nederlands. Ehlers en Van Beek fokus op wat vir ’n Afrikaanssprekende vreemd sal wees in die Nederlands. Heelwat aandag word ook bestee aan die kultuurverskille tussen die Afrikaanse en Nederlandse samelewings wat die aanleer van die taal in konteks plaas – en menige faux pas kan verhoed! Die outeurs is gebore en getoe Nederlanders wat reeds meer as tien jaar in Suid-Afrika woon. Hulle ken die Nederlandse taal en kultuur soos net ’n moedertaalspreker dit ken.

Uniwrsityt - Wat jy moet weet (Afrikaans, Paperback): Johan Fourie Uniwrsityt - Wat jy moet weet (Afrikaans, Paperback)
Johan Fourie
R160 Discovery Miles 1 600 Ships in 2 - 4 working days

Die universiteit is 'n plek waar jy jouself kan ontdek, waar jy leer waarvan jy hou, waarin jy glo, selfs hoe om die wereld 'n beter plek te maak. Dis 'n plek waar jy beste vriende maak, en nie net buddies nie, hegte egte vriende. Dis 'n plek waar jy hom of haar ontmoet, die een. Dis 'n plek waar jy mense leer ken wat jy oor 27 jaar in 'n kroeg in Parys (Europa of Suid-Afrika) raakloop en saam 'n bier op die goeie tye drink. Waarom die titel oor 'n universiteitsloopbaan? Minder as 'n kwart van alle eerstejaars vang uiteindelik graad! Waarom sou Uniwrsityt dan belangrik vir voornemende studente wees? Die titel dui aan dat die titel 'n anderste kyk op die universiteit is, en dit is anders. Dit neem die leser op 'n reis deur die akademiese denkproses. Van ons land se bekendste akademici en denkers het tyd afgeknyp om voornemende studente van raad te bedien oor die lewe op universiteit. Derduisende leerders is steeds onseker oor die lewe op universiteit – en dit sluit vakkeuses, en selfs die keuse van studierigtings in. Die titel verduidelik wat van voornemende studente te wagte sal wees, hoe studente daardie keuses kan uitoefen, en waar hulle raad kan kry. Hierdie teks sal waarskynlik die heel eerste akademici geskrif wees wat skoolverlaters lees, want anders as talle ander selfhelpboeke, dompel Uniwrsityt die leser midde in die diskoers wat op sy/hy op universiteit te wagte sal wees. Dit is 'n akademiese werk, vir voornemende akademici, deur ons land se voorste akademici. Inligting oor al die universiteite in ons land, nie net die bekendes nie, word voorsien.

Reis Deur Die Hart (Afrikaans, Paperback): Leandra Naude Reis Deur Die Hart (Afrikaans, Paperback)
Leandra Naude
R298 Discovery Miles 2 980 Ships in 2 - 4 working days

Liefde en spanning verweef

Arriana, ’n maatskaplike werker, brand uit weens te lang ure se werk asook om die heeltyd met volwassenes en kinders se probleme te doene te kry. Teen die einde van ’n uitmergelende vergadering met die maatskaplike bestuur in die gemeenskap waar sy werk, bedank sy op die ingewing van die oomblik.

’n Vriend reël vir haar werk in Mauritius as ’n kroegdame/kelnerin by ’n eksklusiewe hotel in Mauritius, en binne maande word haar lewe handomkeer verander.

Sy ontmoet die enigmatiese biljoenêr-Ier Finnigian O’Reilly wat met sy sjarme en persoonlikheid haar hart kort voor lank in die palm van sy hand hou. En hy is nie onaangeraak deur Arriana se plat-op-die-aarde-persoonlikheid nie.

Alles is egter nie pluis op die eiland nie. Jong meisies raak die een na die ander weg, en toe Arriana ook ontvoer word, word ’n nes van mensehandel oopgeruk. Gaan Finnigan, die plaaslike polisie en Interpol egter betyds wees om Arriana en die jong meisies se lot te keer?

Aval Onone Nkobo Bulu One Nta'an - a Avale vi a wulu (Afrikaans, Paperback): David Amvembe Amvembe Aval Onone Nkobo Bulu One Nta'an - a Avale vi a wulu (Afrikaans, Paperback)
David Amvembe Amvembe
R318 Discovery Miles 3 180 Ships in 10 - 15 working days
Melk Die Heilige Koeie - Van Baarde En Banting Tot Zupta En Zol (Afrikaans, Paperback): Deon Maas Melk Die Heilige Koeie - Van Baarde En Banting Tot Zupta En Zol (Afrikaans, Paperback)
Deon Maas
R311 Discovery Miles 3 110 Ships in 2 - 4 working days

Skreeusnaaks en uittartend soos net Deon Maas kan.

In hierdie boek ontsien Maas niks of niemand nie. Hy skryf onbeskaamd en doodeerlik oor allerlei eg Suid-Afrikaanse heilige koeie. Afrikaans op kampusse, selfies, baarde, banting, die Guptas en die sogenaamde Stellenbosch Mafia loop deur onder die uitgesproke skrywer se skerp pen. Sy blatante eerlikheid oor alles van mans se “menere” tot Julius Malema, gay huwelike en NG-dominees is verfrissend.

Dit is vlymskerp, omstrede en onvergeetlik.

Splinters en dorings uit die Rosestad se verlede (Afrikaans, Paperback): Hannes Haasbroek Splinters en dorings uit die Rosestad se verlede (Afrikaans, Paperback)
Hannes Haasbroek
R310 Discovery Miles 3 100 Ships in 2 - 4 working days

In Splinters en Dorings uit die Rosestad se Verlede stel Hannes Haasbroek die stad se kostelikhede en treurmares uit die verre verlede te boek. Hierdie ware verhale uit Bloemfontein se verlede word hoofsaaklik gebaseer op inligting uit oorspronklike dokumente in die Vrystaatse Provinsiale Argief­bewaarplek en Bloemfonteinse koerante, en aangevul deur bestaande sekondere bronne. Die geskiedkundige foto’s is verkry uit die versamelings van die Nasionale Museum, Oliewenhuis-kunsmuseum, Vrystaatse Provinsiale Argiefbewaarplek en die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein.

Ensibuko Yaffe Abaganda (Afrikaans, English, Paperback): Robert Nviiri M. F. O. Ensibuko Yaffe Abaganda (Afrikaans, English, Paperback)
Robert Nviiri M. F. O.
R425 Discovery Miles 4 250 Ships in 10 - 15 working days
A Bibliography of the First Editions in Book Form of the Writings of Charles and Mary Lamb Published Prior to Charles... A Bibliography of the First Editions in Book Form of the Writings of Charles and Mary Lamb Published Prior to Charles Lamb's Death in 1834 (Afrikaans, Paperback)
Luther Samuel Livingston
R701 R630 Discovery Miles 6 300 Save R71 (10%) Ships in 10 - 15 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Road from Geochemistry to…
Surendra P. Verma Hardcover R3,946 Discovery Miles 39 460
Multi-model Jumping Systems: Robust…
Shuping He, Xiaoli Luan Hardcover R2,876 Discovery Miles 28 760
Lectures on Rhetoric and Belles Lettres
Hugh Blair Paperback R637 Discovery Miles 6 370
Uncommon Paths in Quantum Physics
Konstantin V. Kazakov Hardcover R3,163 R2,181 Discovery Miles 21 810
The Orations of Marcus Tullius Cicero…
Marcus Tullius Cicero Paperback R638 Discovery Miles 6 380
Extracting Physics from Gravitational…
Tjonnie G. F. Li Hardcover R3,854 R3,572 Discovery Miles 35 720
Chalcogenide Glasses - Preparation…
J-L. Adam, X. Zhang Hardcover R6,190 Discovery Miles 61 900
Sunbeam SFS-300 3-Tier Food Steamer
R920 Discovery Miles 9 200
Ultra-Link PJ90 850 Lumens Full HD…
R4,009 R3,129 Discovery Miles 31 290
Hondman
Dav Pilkey Paperback R275 R258 Discovery Miles 2 580

 

Partners