0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (6)
  • R100 - R250 (14)
  • R250 - R500 (18)
  • R500+ (10)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Verwysing

Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade Stories (Afrikaans, Paperback): Nathan Trantraal Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade Stories (Afrikaans, Paperback)
Nathan Trantraal 1
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

‘Miskien issit omdat poverty my define en nie die racial politics vannie land ie.’

Wit issie ’n colour nie is ’n versameling verhale oor grootword en die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek, sosio- ekonomiese kwessies en bruin kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika waarin ons ons bevind. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings van pogings om die lewe op die Vlakte te navigeer. Hierdie versameling is diep persoonlik en ’n ontstellend waar weergawe van die lewe aan die ander kant van die spoor, geskryf in Kaapse Afrikaans.

Huisgenoot: Het jy geweet? (Afrikaans, Paperback): Huisgenoot Huisgenoot: Het jy geweet? (Afrikaans, Paperback)
Huisgenoot
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) In Stock

Wat doen jy wanneer jou kind uit die bloute ’n vraag vra waarop jy nie dadelik die antwoord het nie? Of dalk dink jy dat jy die antwoord het, maar jou kind is nie heeltemal tevrede met jou verduideliking nie?

Huisgenoot se gewilde Het jy geweet?-reeks bied sedert 2017 interessante inligting vir kinders én hul ouers en het ’n betroubare bron vir skooltake geword. Vir die eerste keer is daar ’n versameling van onderwerpe beskikbaar. Vind alles uit oor ons pragtige land Suid-
Afrika: ons amptelike landstale, die simboliek van ons landsvlag, ons erfenisgebiede en nasionale simbole, die Groot Vyf, ons besonderse plantegroei, en ons land se handel en nywerheid. Kom leer saam oor die voedselketting, fotosintese, die watersiklus, elektriese stroombane en die periodieke tabel, en verwonder jou aan verstommende feite en infografika oor die planete, die melkweg, die aarde se lae, en soveel meer.

Het jy geweet? is propvol inligting wat oud én jonk sal laat uitroep: “Dít het ek nie geweet nie!”

Ons praat Afrikaans - diverse mense - een taal (Afrikaans, Hardcover): Douw Greeff, SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Ons praat Afrikaans - diverse mense - een taal (Afrikaans, Hardcover)
Douw Greeff, SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
R287 Discovery Miles 2 870 Ships in 6 - 10 working days

Ons praat Afrikaans – diverse mense – een taal is meer as net nog ’n fotoboek: dit is die eindproduk van ’n projek wat sy ontstaan gevind het in een individu se liefde vir die Afrikaanse kultuur en taal, Douw Greeff. Die projek is geloods in 2016 toe fotograwe (amateur en ook professioneel) genader is om werke in te skryf wat hulle voel die Afrikaanse kultuur en taal raakvat. Verskeie inskrywings is ontvang en die top foto’s het deurgegaan na ’n beoordelings-rondte, waar ’n paneel die beste foto’s gekies het om in hierdie pragpublikasie te pronk.

Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Tracey Hawthorne Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Tracey Hawthorne
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) In Stock

Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika bied aan die jong leser 'n fassinerende blik op die reptiele van die streek. Met behulp van volkleur fotoÆs en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die algemene reptielspesies in Suider-Afrika kan identifiseer.

Vratjievrugbliksembos en ander Magaliesbergbome (Afrikaans, Hardcover): Naas Grove, Grové, Naas Vratjievrugbliksembos en ander Magaliesbergbome (Afrikaans, Hardcover)
Naas Grove, Grové, Naas
R445 R397 Discovery Miles 3 970 Save R48 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die eerste volledige streekgids oor die inheemse bome wat in die Magaliesberg voorkom.
Beskrywing van meer as 170 spesies inheemse bome wat in die Magaliesberg voorkom georden volgens FSA-nommer
Familie- en genusbekrywings van die boomspesies
Oorsprong en verklaring van wetenskaplike name en die beskermingstatus van bome
Afrikaanse streekname wat 'n ryk taal- en kultuurerfenis verteenwoordig
Boomname in Afrikaans, Engels en / of in Setswana of isiZulu
Meer as 350 kleurfoto's
Interessante boomstories, ekologiese inligting en allerlei nuttige praktiese wenke oor die gebruik en aanwending van inheemse bome
Opgedateerde wetenskaplike en gewone name

Benut ons Inheemse Bome (Afrikaans, Paperback, 3rd revised ed): Fanie Venter, Venter, Fanie & Julye-Ann, Julye-Ann Venter Benut ons Inheemse Bome (Afrikaans, Paperback, 3rd revised ed)
Fanie Venter, Venter, Fanie & Julye-Ann, Julye-Ann Venter; Photographs by Pitta Joffe
R470 R419 Discovery Miles 4 190 Save R51 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Benut ons Inheemse Bome is ongetwyfeld die nuttigste en mees praktiese boek wat oor die onderwerp in Suid-Afrika gepubliseer is.
Hierdie derde en hersiene uitgawe bevat 22 meer boomspesies. Die 163 boomsoorte is alfabeties volgens botaniese naam gerangskik, met meer as 850 volkleur foto’s geïllustreer en volledig bespreek.
Die volgende inligting is vir elke boomsoort ingesluit:
'n Inleidende afdeling oor die kweek van bome deur saad, steggies en stamsteggies.
'n Volledige spesiebeskrywing, kenmerke waaraan die boom uitgeken kan word, blom- en dratye, natuurlike verspreiding en habitat.
Die ekologiese rol en benutting deur soogdiere, voëls en insekte.
Ekonomiese waarde en gebruik deur die mens in tuine, op plase en elders as ’n bron van voedsel, vesel en medikasie.
Eienskappe van die hout en benutting daarvan deur die mens.
Duidelike riglyne oor die ent en kweek van elke boomsoort.
'n Kaart wat die natuurlike verspreiding van elke boomsoort aandui.
Meer as 850 volkleur foto’s wat met sorg uitgesoek is om die teks te komplementeer en te illustreer.
Die boek bevat ’n tabel wat boombenutting deur diere, voëls en insekte saamvat, bronverwysings en ’n indeks van algemene en botaniese name.
Hierdie waardevolle inheemse boomgids behoort die naslaan- en gebruiksbron te wees van elke tuinier, boer, natuurliefhebber, boomkweker, bosbouer en natuurbewaarder – trouens enigeen met ’n liefde en waardering vir bome.

Ook in Engels beskikbaar: Making the Most of Indigenous Trees

Keur Uit Handhaaf (Afrikaans, Book): Keur Uit Handhaaf (Afrikaans, Book)
R53 Discovery Miles 530 Ships in 6 - 10 working days
Ensibuko Yaffe Abaganda (Afrikaans, English, Hardcover): Robert Nviiri M. F. O. Ensibuko Yaffe Abaganda (Afrikaans, English, Hardcover)
Robert Nviiri M. F. O.
R696 Discovery Miles 6 960 Ships in 18 - 22 working days
Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Sean Fraser Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Sean Fraser
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika bied aan die jong leser ’n fassinerende blik op die diere lewe van die streek. Met behulp van volkleur foto’s en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die meer algemene soogdierspesies in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en teelgewoontes.

Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Alan Weaving Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Alan Weaving
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die insekte van die streek. Met behulp van volkleurfoto’s en maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene insekgroepe in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul gedrag en ongewone eienskappe.

The English Afrikaans Xhosa Zulu Aid - Word Lists and Phrases in Four Languages (English & Foreign language, Paperback): Isabel... The English Afrikaans Xhosa Zulu Aid - Word Lists and Phrases in Four Languages (English & Foreign language, Paperback)
Isabel Uys
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Selfs net 'n paar woorde aan 'n persoon in sy eie taal kan wondere verrig. Hierdie titel is bedoel om nuwe woorde aan te leer, woordeskat uit te brei en kommunikasievaardighede in Engels, Afrikaans, Xhosa of Zulu te verbeter. 'n Staatmakerhulpmiddel vir leerders, onderwysers en almal wat hul kennis van die tale wil verbeter.

Explanatory dictionary of politics / Verklarende politieke woordeboek - Bilingual core terms and definitions in political... Explanatory dictionary of politics / Verklarende politieke woordeboek - Bilingual core terms and definitions in political science / Tweetalige kernterme en -definisies in politieke wetenskap (English, Afrikaans, Paperback)
Albert Venter, Susan Botha, Louis du Plessis, Marietta Alberts
R690 Discovery Miles 6 900 Ships in 4 - 6 working days

The Explanatory Dictionary of Politics (EDP) contains 2 620 key political terms and definitions. The main goal of the EDP is to facilitate a proper understanding of the political realm. The EDP provides assistance to subject specialists and language practitioners. The disciplines involved, which are loosely referred to as the political sciences, include politics, international politics, international relations, African politics, strategic studies, as well as aspects of political development, political administration and political economy. Die Verklarende Politieke Woordeboek (VPW) is gebaseer op die bekroonde tweetalige Nuwerwetse Politieke Woordeboek (NPW) van 2011, en bevat 2 620 politieke kernterme en -definisies. Die hoofdoel van die VPW is om behoorlike begrip van die politieke bestel moontlik te maak. Die VPW verleen hulp aan vakspesialiste en taalpraktisyns. Die dissiplines betrokke en waarna breedweg as die politieke wetenskappe verwys word, sluit in politiek, internasionale politiek, internasionale verhoudinge, Afrikapolitiek, strategiese studies, sowel as aspekte van politieke ontwikkeling, politieke administrasie en politieke ekonomie.

Gesprekke Oor Ingrid Jonker (Afrikaans, Paperback): L.M. van der Merwe Gesprekke Oor Ingrid Jonker (Afrikaans, Paperback)
L.M. van der Merwe
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

'n Versameling van gesprekke met vriende en kennisse van die digter Ingrid Jonker, met kommentaar deur 'n sielkundige. 'n Nuwe boek oor die immer gewilde Ingrid Jonker. Gesprekke oor Ingrid Jonker bevat persoonlike herinneringe van Ingrid se suster Anna, haar psigiater en vriende soos Jan Rabie en Marjorie Wallace, W.A. de Klerk, Berta Smit, Uys Krige en Andre P. Brink. Gesprekke wat dertig jaar gelede deur dr. L.M. van der Merwe, kliniese sielkundige, op band opgeneem is, is deur Petrovna Metelerkamp in boekvorm verwerk. Dit werp 'n nuwe lig op die lewe en tragiese sterwe van die jong Ingrid Jonker.

Draer van 'n droom - Die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse akademie vir wetenskap en kuns 1909 - 2009 (Afrikaans,... Draer van 'n droom - Die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse akademie vir wetenskap en kuns 1909 - 2009 (Afrikaans, Hardcover)
Pieter Kapp
R95 Discovery Miles 950 Ships in 6 - 10 working days

Dr.Pieter Kapp het onlangs die Stalsprys vir Geskiedeniswetenskap van die Akademie vir wetenskap en kuns ontvang, spesifiek vir draer van 'n droom, 'n reuse werk waaraan hy jare van navorsing toegewy het. Die boek gee 'n oorsig van die vorming van Afrikaanse kultuur oor die afgelope 100 jaar, ryklik geillustreer met foto's en dokumente.

Lam Ter Slagting (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Lam Ter Slagting (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wat het ’n geheime organisasie en ’n kultus met korrupsie in hoë plekke te doen?

Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om ’n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit ’n reeks is nie.

Maar die spoor is koud. Identifikasie is onmoontlik vanweë hu gesigbeserings. Dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens ’n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is ’n belofte van nog ’n moord oor drie en dertig dae.

Toe die outistiese forensiese beeldhouer in hegtenis geneem word, gaan rooi ligte aan vir Renata, en sy en haar span delf dieper. Word iets toegesmeer? Speel die obskure Noagsgemeente dalk ’n rol? Tot watter mate sal die Vrymesselaars een van hulle lede beskerm? Wat weet Mistress Raven, die eienares van die kerker waarin sado-masochiste hul seksspeletjies beoefen? En wat sal die versteurde Chanté Naudé-Mulder nóg doen om Stefan deel van haar lewe te maak?

Lam ter slagting vertel die verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en ’n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede van ’n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary.

Afrikaans Op Sy Beste - Hulp Met Moderne Taalkwessies (Afrikaans, Paperback): A.F. Prinsloo, F.F. Odendal Afrikaans Op Sy Beste - Hulp Met Moderne Taalkwessies (Afrikaans, Paperback)
A.F. Prinsloo, F.F. Odendal
R57 Discovery Miles 570 Ships in 4 - 6 working days

Geskryf vir almal wat daagliks met Afrikaans in die praktyk te make kry; inligting is aangeskaf oor aanhalingstekens, aanspreek vorme, koppeltekens, vertalings van talle Engelse woorde en korrekte uitspraak van moelike woorde is gegee.

Oranje Boven - Nederlands Voor Zuid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Oranje Boven - Nederlands Voor Zuid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
1
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

Afrikaanssprekendes het ’n voorsprong met die aanleer van Nederlands as vreemde taal, maar daar is min Afrikaanssprekendes wat Nederlands werklik vlot kan praat. Hierdie is 'n handboek wat spesifiek geskryf is met die voordeel – en nadeel! – van Afrikaans as intreepunt tot Nederlands. Ehlers en Van Beek fokus op wat vir ’n Afrikaanssprekende vreemd sal wees in die Nederlands. Heelwat aandag word ook bestee aan die kultuurverskille tussen die Afrikaanse en Nederlandse samelewings wat die aanleer van die taal in konteks plaas – en menige faux pas kan verhoed! Die outeurs is gebore en getoe Nederlanders wat reeds meer as tien jaar in Suid-Afrika woon. Hulle ken die Nederlandse taal en kultuur soos net ’n moedertaalspreker dit ken.

Nuwe Drome (Afrikaans, Paperback): Cecilia Nortje Nuwe Drome (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Nortje
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 6 working days

Cecilia Nortjé se eerste omnibus!

Cecilia Nortjé is bekend vir die diepte in haar romanses, en die eg menslike verhoudings tussen die karakters.

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Cecilia se vorige Romanzas, Die weddenskap, Toekomsbelofte en Net ’n stukkie papier.

Die weddenskap:
Sy’s uit die staanspoor teë op Bret de Koning. Hy’s ryk, báie ryk. En Sam kén rykes. Sy’t haar stel met hulle deeglik afgetrap

Teen haar sin doen sy die smeeysterwerk vir die restourasie van Koningskop. Sy’t die geld dringend nodig, maar nie Bret se onuitstaanbare inmenging nie.

Toe hy met die belaglike weddenskap vorendag kom, laat sy haar intrek. Uit pure hardkoppigheid. As hy haar wil oortuig van die voordele van geld, sal hy moet mooi dink. ’n Besoek aan ’n eksotiese eiland sal haar nie oortuig nie.

Maar hoe kan sy hóm oortuig? En wat het haar besiel om haar eie sukkelende smeeysterbesigheid op die spel te plaas?

Toekomsbelofte:
Katja hoef nie daarvan oortuig te word dat sy die vurige maar jonger Isao liefhet nie. Wat sy nie weet nie, is of die vyf jaar ouderdomsverskil tussen hulle ’n gesamentlike toekoms onmoontlik maak. Ja, en hoe gemaak met die groenoogmonster op haar skouer? Sy weet immers wat ’n mooi jong meisie aan haar eksman gedoen het.

Vir eers moet Katja in elk geval konsentreer op die nuwe klerereeks wat sy op die mark bring. Gelukkig is sukses iets wat soet op die tong lê. Maar o, daardie man wat sê hoe lief hy haar het …

Of is kennis en vertroue – en veral opregte liefde – groter as vyf jaar?

Net ’n stukkie papier:
Pippa kan nie glo sy het uiteindelik ’n vaste werk as spabestuurder by ’n luukse oord nie. Uiteindelik kan sy as alleenma vir haar seuntjie sorg. Maar haar droom eindig toe sy besef die oord se eienaar is die man wat vyf jaar gelede soos ’n groot speld verdwyn het met haar casinogeld in sy rekening en haar hart in sy hande.

Nee, sy wil hom beslis nie terughê nie. Sy wil net haar geld terughê en haar werk behou. Maar hoekom verafsku sy hom nie? Hy is immers ’n deurtrapte skelm.

Eienaardig dat hy haar met soveel afsku bejeën – sy was immers nie die een wat verdwyn het nie?

Trilingual Legal Dictionary / Drietalige Regswoordeboek - English, Afrikaans, Latin (English, Latin, Afrikaans, Hardcover, 3rd... Trilingual Legal Dictionary / Drietalige Regswoordeboek - English, Afrikaans, Latin (English, Latin, Afrikaans, Hardcover, 3rd edition)
V.G. Hiemstra, H.L. Gonin
R2,465 R2,052 Discovery Miles 20 520 Save R413 (17%) Ships in 4 - 8 working days

This edition contains more words than its predecessors, especially words from the commercial sphere. It follows a new style, namely to group derivations under the leading word instead of treating them as separate entries. There appear after the main word, in bold print and alphabetically, the suffixes to the main word with translations. Concessions have again been made to anglicisms for the sake of clarity of meaning.

Reis Deur Die Hart (Afrikaans, Paperback): Leandra Naude Reis Deur Die Hart (Afrikaans, Paperback)
Leandra Naude
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 6 working days

Liefde en spanning verweef

Arriana, ’n maatskaplike werker, brand uit weens te lang ure se werk asook om die heeltyd met volwassenes en kinders se probleme te doene te kry. Teen die einde van ’n uitmergelende vergadering met die maatskaplike bestuur in die gemeenskap waar sy werk, bedank sy op die ingewing van die oomblik.

’n Vriend reël vir haar werk in Mauritius as ’n kroegdame/kelnerin by ’n eksklusiewe hotel in Mauritius, en binne maande word haar lewe handomkeer verander.

Sy ontmoet die enigmatiese biljoenêr-Ier Finnigian O’Reilly wat met sy sjarme en persoonlikheid haar hart kort voor lank in die palm van sy hand hou. En hy is nie onaangeraak deur Arriana se plat-op-die-aarde-persoonlikheid nie.

Alles is egter nie pluis op die eiland nie. Jong meisies raak die een na die ander weg, en toe Arriana ook ontvoer word, word ’n nes van mensehandel oopgeruk. Gaan Finnigan, die plaaslike polisie en Interpol egter betyds wees om Arriana en die jong meisies se lot te keer?

Aval Onone Nkobo Bulu One Nta'an - a Avale vi a wulu (Afrikaans, Paperback): David Amvembe Amvembe Aval Onone Nkobo Bulu One Nta'an - a Avale vi a wulu (Afrikaans, Paperback)
David Amvembe Amvembe
R293 Discovery Miles 2 930 Ships in 18 - 22 working days
Oor Grense - 'n Lewe in die Media in 'n Tyd van Verandering (Afrikaans, Paperback): Ton Vosloo Oor Grense - 'n Lewe in die Media in 'n Tyd van Verandering (Afrikaans, Paperback)
Ton Vosloo
R320 Discovery Miles 3 200 Ships in 4 - 6 working days

Ton Vosloo is een van die mees gerekende koerant- en sakemanne in Suid-Afrika. Gedurende sy loopbaan van sowat sestig jaar het Suid-Afrika op politieke front ’n drastiese ommekeer ondergaan: die Nasionale Party het plek gemaak vir ’n ANC-regering, wat gelei het tot transformasie op sosiale, ekonomiese en sakefront.

In 1983 is Vosloo as die besturende direkteur van Naspers aangestel en het hy hom dit ten doel gestel om dié groep – wat in 1913 as mondstuk van die Nasionale Party gestig is – te vernuwe. Vosloo het die maatskappy deur diep, onstuimige waters gestuur: op ideologiese vlak was dit ’n geveg tot die dood toe met die regse Perskor-groep om die steun van Afrikaners te wen.

Naspers moes ook op kommersiële vlak moderniseer. Dit het uiteindelik gelei het tot die stigting van M-Net, Suid-Afrika se eerste betaaltelevisiekanaal. In 1992 is Vosloo as voorsitter van Naspers aangestel en het Koos Bekker die pos as besturende direkteur aanvaar. Onder Bekker se leiding het Naspers belê in die Chinese internetmaatskappy Tencent, en vinnig ontwikkel tot ’n groep wat vandag finansiële belange regoor die wêreld het. Dít sou nie moontlik gewees het sonder die fondasie wat Vosloo in die vroeë tagtigs vir sodanige vernuwing gelê het nie.

Oor Grense is Ton Vosloo se memoir oor sy lewe in die koerantwêreld in ’n tyd toe Naspers nog baklei het om die posisie as markleier, ’n tyd toe die koerante binne sy stal baie na aan die politici van die dag gestaan het. Met sy eiesoortige humorsin en styl as gesoute joernalis vertel Ton Vosloo die storie van Naspers en van sy uiteenlopende ervarings as koerantman en sakeleier.

Ook beskikbaar in Engels as Across Boundaries

Lang Pad Na Liefde (Afrikaans, Paperback): Cynthia Robertson Lang Pad Na Liefde (Afrikaans, Paperback)
Cynthia Robertson
R126 Discovery Miles 1 260 Ships in 4 - 6 working days

In Troosbosbaai by haar Ouma Saar wil Pascale haar stukkende lewe regmaak, haar wonde lek terwyl sy deur haar egskeiding gaan. Juis daarom is dit so vreemd dat God hierdie tyd kies om die Ierse biker, Callum Moriarty, oor haar pad te stuur.

Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n Monumentjagter (Afrikaans, Paperback): Jackie Grobler Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n Monumentjagter (Afrikaans, Paperback)
Jackie Grobler 2
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

Daar is nie ’n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers ’n monument in sy visier het, sal hy dit vind.

In hierdie boek reis hy oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts. In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan ’n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers.

Elke provinsie sal ’n kaart hê wat die monumente aandui.

Melk Die Heilige Koeie - Van Baarde En Banting Tot Zupta En Zol (Afrikaans, Paperback): Deon Maas Melk Die Heilige Koeie - Van Baarde En Banting Tot Zupta En Zol (Afrikaans, Paperback)
Deon Maas
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 6 working days

Skreeusnaaks en uittartend soos net Deon Maas kan.

In hierdie boek ontsien Maas niks of niemand nie. Hy skryf onbeskaamd en doodeerlik oor allerlei eg Suid-Afrikaanse heilige koeie. Afrikaans op kampusse, selfies, baarde, banting, die Guptas en die sogenaamde Stellenbosch Mafia loop deur onder die uitgesproke skrywer se skerp pen. Sy blatante eerlikheid oor alles van mans se “menere” tot Julius Malema, gay huwelike en NG-dominees is verfrissend.

Dit is vlymskerp, omstrede en onvergeetlik.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Topics in Nonparametric Statistics…
Michael G. Akritas, S. N. Lahiri, … Hardcover R4,298 R2,041 Discovery Miles 20 410
Applying Data Science - Business Case…
Gerhard Svolba Hardcover R2,428 Discovery Miles 24 280
The Henna Artist
Alka Joshi Paperback R375 Discovery Miles 3 750
Affective Dimensions in Chemistry…
Murat Kahveci, Marykay Orgill Hardcover R2,715 Discovery Miles 27 150
Impossible
Sarah Lotz Paperback R365 Discovery Miles 3 650
Rigor in Your Classroom - A Toolkit for…
Barbara R Blackburn Paperback R962 Discovery Miles 9 620
Magnetiize - Stop the chase. Understand…
John Sanei Paperback R345 R318 Discovery Miles 3 180
15 Invaluable Laws Of Growth - Live Them…
John C. Maxwell Paperback R426 Discovery Miles 4 260
Teaching Grade R
L. Excell, V. Linington Paperback  (1)
R467 Discovery Miles 4 670
Computational Finance with R
Rituparna Sen, Sourish Das Hardcover R3,990 Discovery Miles 39 900

 

Partners