![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Geneeskunde Showing 1 - 25 of 42 matches in Geneeskunde
Vir die vroue wat hy met sy rolprentsterglimlag betower het, was Chris Barnard ’n hartebreker. Vir sy pasiënte ’n harteheler. Dié nuwe biografie oor Suid-Afrika se beroemdste hartsjirurg vertel nie net van Barnard se kinderjare in Beaufort-Wes, sy prominente huwelike (en egskeidings) en flambojante lewe nie. James Styan ondersoek ook die impak van die historiese eerste hartoorplanting op Barnard se persoonlik lewe en op die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die algemeen, waar apartheidswetgewing dikwels die probleme van geneeskunde nog ingewikkelder gemaak het. Die rol van swart mediese personeel soos Hamilton Naki word bespreek, sowel as die intense wedywering wat tussen ander beroemde hartsjirurge en Barnard ontstaan het. Hoe het Barnard dit reggekry om hulle almal in dié resies om lewe en dood te wen? Hoeveel het sy welbekende sjarme daarmee te doen gehad? En wat is Barnard se nalatenskap vandag, in die lig van sy latere suksesse en aansienlike mislukkings? Styan dek dit alles in dié fassinerende nuwe blik op Chris Barnard wat uitgegee is om saam te val met die 50ste herdenking van die eerste hartoorplanting.
Toe sê sy, terwyl sy skuins afkyk na die mat, asof sy met haarself praat: “Vir te lank in my lewe het ek ongedefinieerd geleef. Ek weet nie wie ek is nie.” Iets of iemand moet die katalisator wees wat ’n mens aan die dink sit oor jouself. Die vrou van Waterkloof was dit vir my, die een wat my oor myself laat wonder en bewus gemaak het: hier binne is ’n mens. Die vraag laat vra het: Wie is ek? Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op ʼn reis wat eintlik ons almal sʼn is: Die pad van grootword en eienaarskap neem. Sy vertel hoe sommige kliënte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaar geskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venicia wat ’n tragiese symbool van verwaarlosing word. Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien – totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.
Hykie vertel in rou eerlikheid van sy stryd met ADHD. Van 'n weerlose seuntjie wat nie kon stilsit nie tot 'n jong man wat in Weskoppies opgeneem word en alles verloor. Hykie ondersoek die hele fenomeen van ADHD – hoeveel diagnoses daar gemaak word, hoe die medikasie ontstaan het, die samestelling en die newe-effekte daarvan. Hykie wys dat medikasie nie die enigste antwoord is nie. Hykie gee ook waardevolle raad aan Christene oor hoe om mense wat aan geestessiektes lei te ondersteun.
As ’n eietydse mediese speurder het die forensiese patoloog Ryan Blumenthal al derduisende outopsies uitgevoer wat tot die arrestasie van ’n groot aantal misdadigers gelei het. Dit is sy groot doel en strewe om oortreders aan die pen te help ry. In Outopsietafel beskryf hy van die moeilike lesse wat hy as ’n jong patoloog moes leer en hy vertel van die ongewone en dikwels grusame sterfgevalle wat hy al teëgekom het. Hy het gedurende sy loopbaan byvoorbeeld al etlike hoëprofielsterftes hanteer, sterftes weens natuurrampe en ook mense wat deur weerlig of wilde diere gedood is. Blumenthal bied ’n fassinerende blik op alles wat agter die skerms gebeur by die lykshuis. Al kan die dooies nie praat nie, het hulle nogtans baie om te sê – en Blumenthal is daar om te luister.
Voorwoord deur die outeur en reeksmoordenaar-ondersoeker, Gerard Labuschagne. Die forensiese patoloog, Hestelle van Staden sien byna daagliks die skadukant van die mens. Sy het al meer as 7000 outopsies behartig waarvan die meerderheid mense aan onnatuurlike oorsake oorlede is. In hierdie boek werp sy lig op nege lykskouings. Daar is die tragiese storie van baba Letitia Meyer wie se ma volgehou het sy het bloot uit 'n stootwaentjie geval . . . die moord op die bekende musikant Lucky Dube en die outopsie van 'n jong swanger vrou wie se dood medici laat kopkrap het. Outopsie bied 'n blik op die lewe van 'n forensiese patoloog in SuidAfrika en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan.
Ook in Engels beskikbaar: Knowledge Beats Cancer
’n Nuttige handleiding wat 'n ereplek in elke Suid-Afrikaanse huis behoort te he. Maklike oplossings op daaglikse probleempies wat in en om die huis ontstaan, word hier prakties en effektief beantwoord. Van die behandeling van algemene kwale soos slaaploosheid, tot die skoonmaak van yskaste en silwerware. Daar is nuttige raad vir die gaarmaak en preservering van voedsel, algemene noodhulpwenke asook wenke vir buitelugliefhebbers.
Met lewensgetroue hoedefinisie-illustrasies bied hierdie publikasie ’n uitsonderlike blik op al die belangrikste liggaamsdele en -stelsels, van kroontjie tot kleintoontjie. Akkurate terminologie in Afrikaans en Engels, asook definisies en verhelderende teks stel lesers verder in staat om grondige kennis van die spesiale eienskappe en werking van die verskillende liggaamstelsels op te doen.
Volksgeneeskuns in Suid-Afrika is ’n versameling van 8705 boererate en het die eerste keer in 1965 verskyn. Vandag, 60 jaar later, lyk die mediese en farmakologiese landskap totaal anders. Daarom is dit so interessant – en soms lagwekkend – om te sien hoe vinnig ons mediese en farmakologiese kennis intussen gevorder het. Die versameling bevat rate wat op bygeloof of tradisionele mondelinge oorlewering berus. Ander rate maak staat op veldkennis en die botaniese name van middels word verstrek. Daar word raat uitgedeel vir kwale van asma tot ylhoofdigheid. “Vermaaklike oomblikke is talryk vir die moderne leser – en die algemene gebruik van hondebloed, velle van pas geslagte katte, luislange en dies meer, laat ’n mens verbysterd – tot jy besef met hoeveel radeloosheid daar voor sekere siektes te staan gekom is.” Dr. Dione Prinsloo – geskiedkundige.
Die werk bied 'n sistematiese benadering tot anatomie. Hierdie benadering, in teenstelling met die regionale benadering wat deur mediese en tandheelkundige studente gevolg word, is veral gerig op medies-verwante beroepsrigtings soos verpleegkunde, radiografie, arbeidsterapie en fisioterapie. Die boek is in 'n maklik leesbare styl geskryf en daar word aan elk van bogenoemde kursusse se behoeftes voldoen.
Hierdie boek is waarskynlik een van die mees ongewone wat jy ooit sal lees - een wat jou denke oor gesondheid en jou hantering van stres in die daaglikse lewe sal verander. Weefselsoute - ook bekend as sel- of biochemiese soute - is 'n groep van 12 minerale wat perfek gebalanseerd in ons liggame teenwoordig behoort te wees sodat ons heeltemal gesond kan wees. Die soute word in die natuur in die aarde se gesteentes en grond aangetref en kom natuurlik voor in gewasse wat organies in mineraalryke grond gekweek is. Maar met die vinnige tempo van die moderne lewe en die tydbesparende gemors- en geprosesseerde kos wat ons geneig is om te eet, ontbreek dit in ons liggame en word ons vatbaar vir'n wye reeks kwale. Margaret Roberts deel in hierdie boek haar uitgebreide ervaring van hoe om die dieet met weefselsoute aan te vul en hoe dit nie net goeie gesondheid bevorder nie, maar ook spesifieke kwale behandel - in die vorm van 'n tablet wat maklik is om te neem of deur middel van druppels. Margaret beklemtoon dat dit ook belangrik is om baie vrugte, groente en kruie ryk aan die bepaalde minerale te eet, en die name daarvan verskyn in elke hoofstuk. Weefselsoute is binne almal se bereik omdat hulle goedkoop en geredelik by apteke oral in die land beskikbaar is. Dit is die natuur se manier om 'n moee, afgematte liggaam weer blakend gesond te maak en wakker en positiewe denke te herstel.
Leer alles wat jy moet weet om ’n voortreflike virusvegter te wees! Hierdie titel verduidelik sagkens wat 'n virus is (insluitend die Coronavirus), hoe om dit te beveg en hoe om jouself en die mense vir wie jy omgee te beveilig teen virusse. Dit gee ook wenke oor hoe om jouself en julle huis virusvry te hou, insluitend stappe oor hoe om jou hande te was en hoe en hoekom ons moet keer dat 'n virus oraloor versprei. Die boek is saamgestel om op 'n gerusstelende maar praktiese manier vrees uit die weg te ruim, en terselftertyd kinders aan te moeding en in te lig oor hoe om na hulle eie en ander se veiligheid om te sien.
Alternatiewe medisyne bestaan nie, net medikasie wat werk en medikasie wat nie werk nie. Maar as Oprah Winfrey, prins Charles en kruiekoningin Antoinette Pienaar onsin oor alternatiewe terapiee verkondig, hoe skei jy die kaf van die koring? Die wetenskapjoernalis en dosent George Claassen ontleed die intellektuele bedrog van aanvullende en alternatiewe genesers en hoe hulle nie deur regulasies in Suid-Afrika aanspreeklik gehou word vir die kwak-salwerbehandelings wat hulle aanbied nie. Hy bewapen ons met 'n onsin-verklikker om kwakke en gesondheidsbedrieers se twyfelagtige aansprake oor siektes te ontbloot en te herken.
’n Onontbeerlike gids vir die uitkenning van al die gevaarlike slange en algemene onskadelike slange in Suider-Afrika, sowel as belangrike en praktiese kitsinligting oor noodhulp ingeval van ’n slangbyt. Eenvoudige ikone, verspreidingskaarte, bondige teks en talle volkleurfoto's help om slange wat algemeen in die streek voorkom maklik uit te ken. Simptome en behandeling van slangbyte word beskryf, wat die leser lewensbelangrike noodhulpinligting gee. Slange en Slangbyt in Suider-Afrika is helder, prakties, maklik om te gebruik en van onskatbare waarde vir almal wat van die buitelewe hou.
IN
Dis een verhaal, maar ook nie. Asof vanuit twee hoeke in dieselfde vertrek, vertel ma en dogter van hul worsteling nadat Henriëtte op 18 gediagnoseer is en Marga en haar man, Frans, die verdoemende woorde moes hoor: Jul kind is skisofrenies. Nou is dit 30 jaar later en Marga en Henriëtte het vrede gemaak. Met die siekte, maar ook met mekaar.
Die daggaplant (Cannabis sativa) word al vir duisende jare gebruik. Dit is, inderdaad, ’n baie nuttige plant om materiaal en toue mee te vervaardig. Dit is egter die bekendste vir die psigotropiese effekte van dagga se aktiewe bestanddeel, tetrahidrokannabinol (THC). Die kwessie oor of dagga verslawend is, is nog nie heeltemal duidelik nie. Baie navorsing word gedoen om korrekte en interessante inligting vir gebruikers, hul naasbestaandes, handelaars en almal wat oor dagga wonder, beskikbaar te stel. Hierdie handleiding bring die leser op datum met alles wat ons weet aangaande dagga. Slegs wanneer al die feite op die tafel is, is dit sinvol om ’n opinie oor hierdie wonderlike plant te waag.
Deur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Dis die wese van skryfterapie - of journalling. En dis waarmee hierdie boek jou wil help: om deur jou gebrokenheid jouself te vind. Skryfterapie is 'n bewese manier om deur verlies en trauma te werk, ongeag wat die aard of omvang van jou trauma is - om amper letterlik “tot verhaal te kom”, selfs al dink jy jy kan nie skryf nie. Of jy jou werk verloor het, of deur 'n egskeiding moes worstel, of die slagoffer van misdaad was, of met 'n ernstige siekte gediagnoseer is, of 'n geliefde verloor het. Hierdie is alles lewensveranderende, traumatiese ervarings. Die antwoord oor die pad vorentoe lê in jouself: skryfterapie. Dis boonop iets wat jy in jou eie tyd kan doen, en op verskillende maniere, van letterlik 'n dagboek hou op papier, net vir jou eie oë bedoel, tot 'n digitale dagboek soos 'n aanlyn blog. Of selfs dig, of krabbel op papier ... Of dalk selfs jou memoires skryf. Alles help jou “om tot verhaal te kom”. Hierdie boek is jou praktiese journalling-gids met van inspirasie uit die werk van vele skrywers tot praktiese “Maar hoe skryf ek?”-wenke. Dis die eerste boek in Afrikaans oor skryfterapie. Rabe, 'n bekende in die media, skryf vir die eerste keer hier in boekformaat oor die selfdood van haar seun, waaroor daar al wyd berig is. |
You may like...
Neural Networks and Statistical Learning
Ke-Lin Du, M.N.S. Swamy
Hardcover
R4,008
Discovery Miles 40 080
Sojourner Truth as Orator - Wit, Story…
Suzanne P Fitch, Roseann Mandziuk
Hardcover
Reason, Morality, and Law - The…
John Keown DCL, Robert P George
Hardcover
R3,800
Discovery Miles 38 000
Health Monitoring and Personalized…
Alexia Briassouli, Jenny Benois-Pineau, …
Hardcover
R3,432
Discovery Miles 34 320
Transport of Water versus Transport over…
Carlos Ocampo-Martinez, Rudy R. Negenborn
Hardcover
Application of Machine Learning in…
Mohammad Ayoub Khan, Rijwan Khan, …
Paperback
R3,433
Discovery Miles 34 330
Financial Economics - A Concise…
Thorsten Hens, Marc Oliver Rieger
Hardcover
R3,184
Discovery Miles 31 840
|