Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Promotions > Summer Sale > Books > Afrikaans
Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en
-opsteller. Die Nuwe Afrikaanse Blokraaie bevat 60 blokraaie wat
opgelos word met leidrade asook 10 woordsoeke en 10 kriskras gebaseer
op algemene kennis. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se
blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.
In ’n węreld wat nooit ophou verander nie, moet suksesvolle leiers ook deurgaans die koers aanpas en veranderinge aanbring. Dit wat gister gesorg het vir sukses, werk nie meer vandag nie. Maar hoe lyk suksesvolle leierskap vandag? In Leierskap 101 bespreek Stephan Joubert en Johan Smith 101 aspekte van hoe leierskap vandag lyk. Hierdie unieke blik op leierskap bevestig dat leiers God se gestuurde dienaars is. Deur te kyk na sake soos integriteit, visie, leierskap in die kerk en gehoorsaamheid wys hulle dat leierskap nie ’n lyding hoef te wees nie, maar ’n heerlike en vervullende voorreg. Ontdek ’n heel nuwe waarheid oor leierskap en word die leier wat God bedoel het jy moet wees.
Het JY al ooit ’n GOOR WEEK gehad? Justin Chase het MAANDAG en
DINSDAG skaars oorleef, maar nou is dit . . . WOENSDAG!
Heinz en Aletté Winckler, een van Suid-Afrikas se mees glansryke paartjies, is passievol daaroor om te sien dat huwelike nie net oorleef nie, maar floreer. Hierdie boek probeer paartjies bemagtig en bemoedig om hul ware identiteit in God te ontdek, om sodoende die beste moontlike huweliksmaat te kan word en wees. Heinz en Aletté praat reguit, sonder om doekies om te draai oor die volgende onderwerpe: fondasies, bagasie, kommunikasie, seks en intimiteit, ouerskap, skoonouers en finansies. Hulle deel ook grepe uit hulle eie verhaal om te verduidelik dat daar vir almal hoop is.
Professor Nino Everhard word op sy kombuisvloer wakker met bloed oral. Iemand het ingebreek en hom en sy vrou, Willemien, aangeval, maar niks gesteel nie. Wat wou die aanvaller hę? Nino weet dit was nie toeval nie. Hy is uitgekies. Iemand wou vir hom ’n boodskap stuur. Op sy speurtog na antwoorde lei die leidrade hom op ’n kronkelpad deur sy verlede na die skadukant van die samelewing. Elke tree nader aan die waarheid is ook ’n tree nader aan lewensgevaar. Sal Nino die antwoorde kry waarna hy soek? En hoeveel van sy eie duiwels gaan hom langs die pad inhaal? Die beweging van bloed is ’n naelbytspanningsverhaal wat jou laat raai tot die einde.
In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en 'n klein niksnuts genaamd Muggie. In Saartjie se vakansie tref 'n orkaan 'n Johannesburgse woonbuurt en Saartjie kom af op 'n tweeling wie se ouers albei in die hospitaal is. In Saartjie se geheim laat Saartjie se ondeundheid haar soos gewoonlik weer in die moeilikheid beland. Galpil-hulle is net mooi gereed om vrugte vas te le wanneer 'n vreesaanjaende spook sy verskyning maak. Saartjie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die eerste vyf boeke in die Stalmaats-reeks verskyn nou vir die eerste keer saam in een lekkerlees-omnibus! Anri se lewe word onverwags op sy kop gekeer toe haar pa verplaas word en hulle moet verhuis. Sy mis haar beste maat en haar ou ryskool. Maar gelukkig ontmoet sy vir Megan en Karen, twee ruiters by haar nuwe ryskool. Sommer gou word Anri deel van die opwinding by die Dagbreek-ryskool waar sy gekies word om saam met die res van die Stalmaats die beginnerruiters te help. Daar wag hope avonture vir haar saam met Sugarplum, die spierwit merrie wat dadelik diep in haar hart kruip, en al die ander ongelooflike perde wat deel is van die ryskool. Die katterige Vinette is gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir Anri, Megan en Karen moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop. Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: 1. Perdedrome 2. Totsiens, Sugarplum (ATKV-kinderboektoekenning 2007) 3. Anri se plan 4. Die spookperd (ATKV-kinderboektoekenning 2008) 5. Die beroemde ruiter
Het jy al ooit gevoel jy het al alles op aarde probeer om ’n probleem op te los, maar dat niks werk nie? Het jy al ooit gewonder waar die moeilikhede wat jou in die gesig staar, vandaan kom? In Jou stryd behoort aan die Here verduidelik Joyce Meyer dat wanneer jy die duiwel – wat werklik is en aktief is in vandag se węreld – as jou ware vyand en die bron van jou probleme raaksien, jy dit kan oorkom en ’n lewe van vrede, vryheid, geloof en oorwinning leef. Wanneer jy die lewe se aanslae in die gesig staar, is daar sekere dinge wat jy vir jouself moet doen, soos om ywerig God se Woord te bestudeer en toe te pas, Hom te vertrou, te bid, ander te help, en ’n gesindheid van vertroue en ’n dankbare hart te handhaaf. Maar daar is ander dinge wat net God kan doen. Wanneer jy jou deel doen, doen God sy deel – en Hy is altyd gereed en gretig om jou te verdedig en te help. Joyce fokus nie net op die aard en strategieë van die vyand in hierdie vars benadering tot geestelike oorlogvoering nie, maar ook op die ware karakter en liefde van God, wat jou altyd na oorwinning sal lei. Ongeag hoe moeilik jou uitdagings ook al is, het jy alles wat jy nodig het om elke stryd te wen – want God is aan jou kant!
Vyf vooraanstaande sakemanne van Pretoria word koelbloedig met hul eie
jagwapens vermoor.
Ek sal elke dag 'n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla. So lui die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin die jagtog. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar's geen motief nie, geen leidrade nie, net 'n reeks naakfoto's, 'n hoogs ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media en die meedoenlose, onpeilbare sluipskutter. En deur dit alles moet Griessel sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel voor haar groot terugkeer-konsert, sy seun keer om nie skandes te maak nie, sy kollegas weerhou daarvan om die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende kragte van drank in toom probeer hou. Sewe dae van hel.
Die Klasgids (Laerskool) is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand
wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 1-7. Dit dien as
ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense
wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, ensovoorts.
Die Klasgids - Hoërskool is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand
wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 8-12. Dit dien
as ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders,
mense wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, en
leerders kan dit met vrug vir selfstudie gebruik.
Die kleurvolle en gebruikersvriendelik handleiding is vir Afrikaans
Huistaalleerders van graad 4-7 opgestel. Die handleiding som die teorie
van taalleer sowel as literęre begrippe vir die laerskoolleerder op.
Wenke in die benadering van leesvaardigheid word ook gegee.
Toe die eerste bomme op Februarie 2022 Kijif aan flarde skiet, was Kobus Olivier gereed. Maar om te vlug was bloot nie ’n opsie nie – wat sou van sy vier geliefde honde word? In Met my honde word Kobus en sy vier brakke se verhaal vertel. Die angswekkende nagte terwyl bomme om hul neerreën, die verhaal van onvoorwaardelike liefde tussen mens en dier, en hoe jy selfs tydens ’n oorlog op die hulp van vreemdelinge kan staatmaak.
Lemmer se Eerste Algemene Wet: Moenie betrokke raak nie. Hy pas dit veral toe in sy werk as vryskut-lyfwag by Body Armour, waar hy laag af is op die pryslys, want hy’s die een met die kriminele rekord, die gebrekkige sosiale vaardighede en die baie kort humeur. Wanneer die mooi, ryk Emma le Roux hom huur en begin vertel van onwaarskynlike bedreigings en ’n broer wat sy vas glo ná twintig jaar soos ’n Lasarus uit die dood uit opgestaan het, stof hy ook ’n ander ou Wet af: Moenie klein vroue vertrou nie. Maar wat, welvarende mense lieg en as dit ál gevaar is wat hy moet hanteer, dan vat hy die geld, baie dankie. Daarom vlieg hy op 26 Desember saam met haar Laeveld toe – en só begin ’n koorsagtige tog deur ’n węreld van gierigheid en korrupsie, ekologiese stryde en sameswerings . . . en moord. In ’n lokval skiet hulle boonop vir Emma. Lemmer het nog nooit as ’n lyfwag gefaal nie, en om sy vyande te identifiseer gaan lewensgevaarlik wees, want hul ontmaskering gaan internasionale implikasies hę. Maar Lemmer is siek en sat daarvoor om onsigbaar te wees. Iemand moet betaal – en hy gaan nie rus voor dié rekening nie vereffen is nie.
This new, slimmer edition is even more compact, user friendly and
affordable!
Jesus en die kindertjies Bybel-legkaart is ʼn 1000-stuk kartonlegkaart, ideaal vir meisies en seuns ouderdom 12 jaar en ouer. Dit illustreer die verhaal waar Jesus die kindertjies seën, soos vervat in Markus 10:13-16, saam met die Bybelvers “Wees altyd vol blydskap. Moenie ophou bid nie. Wees in alle omstandighede dankbaar” uit 1 Tessalonisense 5:16-18. Die legkaartstukkies en hoë kwaliteit van hierdie Bybel-legkaarte sal jou kind se fynmotoriese vaardighede en waarnemingsvermoë ontwikkel. Kinders word ook nader aan die Bybeltoneel gebring en kan nadink oor die Bybelvers terwyl hulle hierdie pragtige illustrasie voltooi.
Die Slimkoppe-werkboeke vir graad 4 tot 6 dek die hele kurrikulum vir Afrikaans, Engels en Wiskunde. Elke boek is propvol kleurryke aktiwiteite wat kinders speel-speel hul taal-en wiskundevaardighede help oefen.
Alle kinders is bang vir iets. As hulle sę hulle is nie, lieg hulle.” Joshua Reinders maak ’n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand ’n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En mense is nie almal mense nie ... “Almal het geheime,” waarsku Joshua se nuwe vriend Gio. Joshua besef net nie hoe naby daardie geheime aan hom lę nie. En wanneer hy dit uitvind, gaan sy hele węreld op sy kop keer. Die weerwolwe wag vir hom ...
Achieve better marks in Afrikaans (Grade 7-12) Afrikaans+ is a learner-friendly guidebook which caters for additional language learners who want to achieve better marks in Afrikaans. This practical guide contains explanations in English and is filled to the brim with examples. It explains tests and exams used for both the DBE and IEB and was written by a panel of educational experts who understand the needs of additional language learners. This book is completely up to date. The Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) has just been re-issued, blindsiding many a teacher with the changes in Afrikaans grammar rules. While the AWS is seen as the touchstone for Afrikaans language practitioners, it could be a daunting book to use in the classroom. Afrikaans+ was written with the most recent changes to the AWS in mind, and presents these grammar rules in a clear, practical manner. Every chapter in the book also offers free online support - exercises, answers and examples - which will be kept up to date by the panel. The book contains six sections: 1. Comprehension - Begrip: This explains how you should approach a comprehension test, how to look for the answers, and provides tips on how to understand the questions. It also explains how to make summaries. Visual texts, such as cartoons, graphs and maps, are also explained. 2. Grammar - Taal: This is a step-by-step guide to understanding the “how” and the “why” of Afrikaans grammar. You will be guided with English explanations and Afrikaans examples on things like word order, tenses, adjectives, adverbs, time, numbers, plural and diminutive forms, the negative, active and passive voice, pronouns, participles and abbreviations. There are sections offering basic knowledge to help the struggling learner through the exam. But there are also more advanced sections for the learner who wants to get an A and for the teacher who wants to become familiar with all the changes in the AWS. 3. Literature - Letterkunde: Everything you need to know about prose, drama, short stories and poetry. What is the difference between a metaphor and a simile? Who is the protagonist and who the antagonist? We use simple explanations and good examples of all these and other literature terms. 4. Oral - Mondeling: The book contains practical pointers on how to prepare for different kinds of oral, such as interviews, prepared speeches, introducing and thanking a speaker, roleplay, how to make a vlog and how to discuss the booklist you have to read for grade 12. Examples of all these are given, and more are provided online. 5. Vocabulary - Woordeskat: You will always need vocabulary for essays and orals. With the most recent vocabulary on food, technology, life after school, sport and lots more, you will be well prepared. 6. Written work - Skryfwerk: This section starts with a step-by-step approach to writing: how to choose a topic, how to do your planning, what not to use in an essay and how to end your story. The examples of all the different types of written work (essays, long and short transactional writing) and tips on each, will help you to master each one. Online you will be able to read through more examples.
Die John C. Maxwell Dagbeplanner 2023 spog met unieke, nuwe ontwerpe in ’n A5 kunsleer-formaat en bevat wysheid in insig van John Maxwell, befaamde leierskapdeskundige. Besigheidsmense kan nou ’n beplanner kies wat aan hulle behoeftes én smaak voldoen. Kenmerke sluit in:
Die vierde boek in ‘n reeks. Al die boeke is met intensiteit baie fyn geskryf, Christof neem die leser op vlerke, elkeen het ‘n besonderse boodskap betreffende die natuur wat uitgedra word, dit gaan oor skryfkuns, vertelkuns wat jou vasvang, nie net oor die spesifieke reise wat gekies is nie, maar veral hoé dit beskryf is. Ervaar die passie waarmee dit geskryf is, met balans die natuurlewe uitbeeld soos dit daar gebeur, die unieke manier hoe die tonele en prentjies in die reisjoernaal die gebeure in Afrikaans vasvat, ook in die ruskampe, hoe die woorde ingespan word. In die natuur gebeur daar nooit niks nie, al is daar byvoorbeeld nie ‘n leeujag nie, Christof en sy vrou volg die gebeure soos dit daar in die natuur met hul besoeke gebeur, die leser sien nie net die prentjies en tonele, wat beskryf word, hoor die geluide van die bos nie, maar ervaar dit asof hy/sy daar mét hulle is, jy ruik dit, proe dit, jy kan daaraan vat. Die natuurlewe het sy eie ritme en bekoring, nét soos musiek, met elke lewende wese wat, in die omgewing waarin hulle moet oorleef, die sintuie en vaardighede wat aan hulle, eie aan hul soort, toegedeel is, ook teen die elemente inspan om hul spesie se voortbestaan te verseker. Dit is soos dit in die Op Vlerke boeke geskilder word, met eie ritme, die note hou, om uiting aan elkeen se oorlewingsmeganisme te gee. Die manier van uitdrukking gee, diere, voëls beskryf, hier en daar ‘n insek, wat hulle doen, hoé, interaksie, beweging, gevoel, klanke, wat jou vasvang, die omgewing, plantegroei, die veld lewe gee, water, die terrein, dít is waaroor die boeke gaan, die skryfkuns met spesifiek die natuurlewe, waarin mens die skryfstyl kan uitleef wat met elke sintuig van jou praat.
Learn to Read with Tippie the Elephant!
Die debat oor emigrasie is so oud soos Suid-Afrika se demokrasie self. Toe die “nuwe Suid-Afrika” in 1994 aangebreek het, het talle mense die land verlaat uit vrees vir wat ‘n meerderheidsbewind sou inhou. Nog meer het in die jare sedertdien getrek opsoek na ‘n beter lewe en Suid-Afrikaanse gemeenskappe is nou in plekke soos Kanada, Engeland en Australië te vinde. Vandag, 25 jaar ná demokrasie en in die lig van kwynende optimisme oor die toekoms van die land, is daar nuwe lewe in die debat oor emigrasie. Hierdie keer word dit nie net in reaksionęre kringe gevoer nie, maar om die eetkamertafels van meerdere Suid-Afrikaners. Met die realiteit van nege vermorste jare wat aan ons beursies en toekomsmoontlikhede knaag, en die aanloklike geleenthede wat die globale ekonomie bied, vra al hoe meer mense, “Moet ek waai?” In Moet ons waai? takel meer as 20 van Suid-Afrika se voorste meningsvormers, insluitend Piet Croucamp, Dana Snyman, Melanie Verwoerd en Jonathan Jansen, hierdie vraag. Dit is poging tot insig oor ‘n kwessie wat swaar weeg op ons kollektiewe psige, en ‘n uitdaging aan elke persoon wat dit oorweeg om te waai, reeds gegaan het of besluit het om te bly om te floreer as Suid-Afrikaners waar ook al hulle hulself mag bevind.
In die laaste boek in die gewilde trilogie begin Lehandi se matriekjaar slegter as ’n rugbywedstryd wat uitgereen het. Haar ma is verloof en Prissie die Vissie is saam met haar strooimeisie. En dit terwyl Lehandi alweer single is. Boonop het die nerd Peyton van vakansie af teruggekom met spiere en kontaklense. En alles verander skielik handomkeer, 180 grade in die verkeerde rigting, wanneer haar vorige BFF Reqita weer terugstap in haar lewe in. |
You may like...
Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te…
PJ Botha, Geo Botha
Paperback
Die Kaapse Slawe - 'n Kultuurhistoriese…
Eunice Bauermeester
Hardcover
(1)
|