0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R100 - R250 (6)
  • R250 - R500 (12)
  • -
Status
Brand

Promotions > Loadshedding > Books > Afrikaans

Low Carb Is Lekker Drie (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker Drie (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse
bundle available
R320 R256 Discovery Miles 2 560 Save R64 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Met Low Carb is Lekker Drie sit Inè Reynierse die reis voort wat sy in 2015 begin het toe haar bekroonde kookboek, Low Carb is Lekker, die land stormenderhand verower het.

Inè se resepte voorsien in die behoefte vir koolhidraatbewuste, suikervrye en graanvrye maaltye, maar plaas die klem op hoër voedingswaarde en gesonde eetgewoontes. Vir haar geregte het jy nie spesialiteitsbestanddele of duur kosplaasvervangers nodig nie.

Omdat sy op ’n klein Bolandse dorp woon, het sy geleer om kreatief te wees met wat sy byderhand het: vleis en suiwel van goeie gehalte, en die varsste groente en kruie. Haar slaaisouse, doopsouse, souse en glutenvrye meelmengsels vorm die grondslag van ’n voortreike verskeidenheid resepte vir van ontbyt tot aandete en van weekdaggesinsmaaltye tot naweek-onthaalkos.

Danksy haar fokus op die verbetering van algemene gesondheid en welstand is Inè se resepte ideaal vir enigeen wat elke dag van die week goeie kos op die tafel wil sit.

Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Rassie Erasmus, David O'Sullivan Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Rassie Erasmus, David O'Sullivan
bundle available
R350 R241 Discovery Miles 2 410 Save R109 (31%) Ships in 5 - 10 working days

Rassie Erasmus is al geniaal genoem. Hy is al roekeloos genoem. Nog sy lewe lank het hy dinge anders gedoen. Nou sal Rassie op sy kenmerkende openhartige manier gesels oor sy lewe vol voorspoed en teëspoed, op en weg van die rugbyveld – as Springbokspeler, provinsiale afrigter, en as die hoofafrigter wat die nasionale span na die Rugbywêreldbeker-sege in 2019 en ook in die aanloop tot 2023 se Wêreldbeker gelei het.

Hy sal terugkyk op sy loopbaan as speler en afrigter, iemand wie se ingebore rugby-instink, vermoë om ’n wedstryd anders te lees en aptyt vir harde werk hom nog altyd onderskei het, en gelei het tot omstredenheid en mislukking, maar ook dawerende sukses.

Rassie werk saam met die bekende joernalis David O’Sullivan om sy lewensverhaal te vertel. David is ’n bekroonde skrywer en omroeper.

Hierdie Land - Daar Is Iets Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Various Hierdie Land - Daar Is Iets Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Various; Foreword by Nicol Stassen
bundle available
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 4 - 8 working days

Wat is vir jou uniek en kosbaar aan Suid-Afrika? Wat laat jou verlang? Wat laat jou lag? Wat maak jou trots? Is dit ’n spesifieke landskap, landmerk, kos, dier, plant, liedjie of tradisie? Vir elkeen is dit iets anders.

In hierdie bundel beskryf verskeie skrywers, kunstenaars en ander bekendes wat vir hulle besonders is aan Suid-Afrika. Die bundel bestaan uit kort sketse (1000 woorde of minder) en enkele gedigte. ’n Verskeidenheid van perspektiewe op wat belangrik en spesiaal aan Suid-Afrika is, word van mense van verskillende ouderdomme en agtergronde gegee.

Dit sluit nostalgiese herinneringe uit die verlede, reisbeskrywings, ’n komiese bespreking van die ikoniese Suid-Afrikaanse melktert, ’n essay oor die merkwaardige fossielvondste van die land, en nog vele meer, in.

Blinde Mol Of Wyse Uil? - Hoe Om Met Integriteit Te Leef (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Blinde Mol Of Wyse Uil? - Hoe Om Met Integriteit Te Leef (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
bundle available
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) In Stock

“Met hierdie boek wil ek almal aanmoedig om minder blinde mol en meer wyse uil te word.”

Daar is ’n groot behoefte aan mense met integriteit – mense met die volledige stel goue eienskappe wat hulle veelsydige, standvastige en betroubare wyse uile maak. Mense op wie jy kan peil trek.

Susan Coetzer, bekende skrywer en motiveringsspreker help jou op haar skreeusnaakse maar eerlike manier om jou eie lewe te ondersoek en seker te maak dat jy met integriteit leef.

Rooigety (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Rooigety (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
bundle available
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe ver sal jy gaan om jou kind te beskerm?

Inwoners van Makulu Manzi het skaars herstel van die kinderpornografieskandaal wat die dorp vroeër die jaar getref het. Nou is daar gerugte van moetiemoorde en ekstremistiese groepe wat kinders werf vir selfmoordbomaanvalle. Die plaaslike skool stuur rebelse tieners na regrukkampe, en selfs georganiseerde bloedskenking word met agterdog bejeën.

Wanneer Daleen Boshoff se dogter tydens ’n uitstappie op die lyk van ’n tienerseun afkom, ruk dit die fondament onder hul uit. Is dit inderdaad moord vir moetie? Of hou die vermiste kinders verband met die bomaanvalle teen die kus van Afrika?

Rooigety is die opvolg van Dooiegety (2019).

Betereinder - Wees Die Verskil (Afrikaans, Paperback): Schalk W. van Heerden Betereinder - Wees Die Verskil (Afrikaans, Paperback)
Schalk W. van Heerden 1
bundle available
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) In Stock

Betereinder is ’n menslike gids oor hoe om te floreer in Suid-Afrika.

Schalk W van Heerden verbreed lesers se verwysingsraamwerk in die hoop dat hulle 'n aktiewe rol in die land sal speel. Hy ondersoek huidige rassegesindhede en gee wenke oor hoe die wit middelklas beter met hul medemens kan omgaan. Hy wys hoe armoede bekamp kan word.

Schalk beantwoord moeilike vrae en deel stories met humor en empatie wat die leser se hart sal aangryp en ook sal laat glo dat hulle 'n verskil kan maak.

Hulle Noem Haar Carminda (Afrikaans, Paperback): E. Kotze Hulle Noem Haar Carminda (Afrikaans, Paperback)
E. Kotze
bundle available
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Skipper Mias Mulder keer uit Walvisbaai terug na Ei-Land aan die Weskus toe hy hoor dat ’n ander man by sy verloofde kuier. Hy leen ’n motorfiets en pak die lang rit na sy tuisdorp toe aan. Op pad kom hy ’n vrou, Carminda, teë wat gestrand is en ’n geleentheid soek. Sy ry agterop die motorfiets saam en klou styf aan hom vas. Eers geleidelik word haar hartseer herkoms bekend.

Hulle noem haar Carminda is ’n verhaal van liefde wat byna alles bedek, hoewel spoke uit die verlede bly pla.

Misfit - Stories Vannie Anne Kant (Afrikaans, Paperback): Chase Rhys Misfit - Stories Vannie Anne Kant (Afrikaans, Paperback)
Chase Rhys
bundle available
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) In Stock

Misfit bevat verwerkte rubrieke en kortverhale wat oorspronklik in Rapport gepubliseer is. Hierdie stories onnesoek issues van identiteit, seksualitieit, gesinsdinamika ennie daaglikse lewe van mense aan die rand vannie samelewing – die misfists.

Ons leer ken vir Nana, ’n onverwagse geestelike gids (dink Boeddha met geperoxide hare in ’n updo) wat van drag races hou. Daar’s oek stories oor die lockdown-familiebraai oor Zoom, hoe seksualiteit innie bruin gemeenskap navigeer word en hul oupa se twie unsuspecting girlfriends wat by sy begrafnis ankom.

En verhale oor die ervaring van gemarginaliseerde mense van Ocean View en binne die groter samelewing. In hierdie bundel, geskryf in Kaaps, weerklink die outentisiteit en humor waarvoor Chase Rhys bekend is.

Jan Smuts 1870-1950 - 'n Fotobiografie (Afrikaans, Paperback): Anton Joubert Jan Smuts 1870-1950 - 'n Fotobiografie (Afrikaans, Paperback)
Anton Joubert; Foreword by Fransjohan Pretorius
bundle available
R430 Discovery Miles 4 300 In Stock

Daar is al soveel oor Jan Smuts geskryf. Smuts is in baie opsigte steeds ’n raaisel, veral wat sy komplekse persoonlikheid betref.

Hierdie chronologiese rangskikking van foto’s uit sy lewe bied ‘n beeld van hom as mens, staatsman, bevelvoerder en politikus.

Dis ’n visuele reis deur die lewe van een van ons grootste staatsmanne.

Marinda Kook - Met Blikkies En Pakkies (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Kook - Met Blikkies En Pakkies (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
bundle available
R310 R225 Discovery Miles 2 250 Save R85 (27%) In Stock

Staan jy gereeld voor jou oop koskas en kopkrap vir inspirasie vir heerlike gesinskos of ietsie anders? Dan het Marinda Engelbrecht vir jou die antwoord.

In haar derde boek wys Marinda hoe jy doodgewone blikkies en pakkies kan optower in spoggerige disse, wat met die grootste selfvertroue aan familie en vriende voorgesit kan word. Min mense sal die verskil proe tussen die watertandlekker-boontjiesop wat jy met blikkies en pakkies berei het en die ware jakob. Met ’n paar koskasbestanddele en gekoopte skilferdeeg kan jy ’n geurige pastei maak en jy hoef nie meer ure lank te swoeg met vleis, hoender- of visgeregte nie – blikkies en pakkies is die kitsantwoord.

Pak met jou volgende kruideniersware-aankope ’n paar blikkies tamaties, peulgroente, sampioene, vis, vleis en natuurlik ingedampte melk en kondensmelk – in jou inkopiemandjie, en met Marinda kook met blikkies en pakkies byderhand kan jy feitlik enige smulgereg berei.

Ver In Die Wereld (Afrikaans, Paperback): Frederik de Jager Ver In Die Wereld (Afrikaans, Paperback)
Frederik de Jager
bundle available
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Ver in die wêreld is 23 stories oor die lewe in die buiteland. Sommige van die vertellings is suiwer fiksie en ander is intiem persoonlike ervarings. Dis verhale oor die verlies aan die bekende, die verlange huis toe, maar ook oor die aanpassing in die verre vreemde wat dikwels met ’n goeie skoot humor gepaard gaan.

Skop jou skoene uit, sit agteroor en laat jou wegvoer na Engeland, Nieu-Seeland, Australië, Kanada, of na een van die ander plekke waar Suid-Afrikaners nesgeskrop het.

Helene de Kock Keur 8 - Abel se Dogters / Soetwyn vir 'n Sondagkind (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Helene de Kock Keur 8 - Abel se Dogters / Soetwyn vir 'n Sondagkind (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
bundle available
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) In Stock

Helene de Kock Keur 8 sluit in ’n Oos-Vrystaatse familiesage en een van haar wynlandromans.

In Abel se dogters smag Abel Buitendag se dogters na meer warmte en kontak. Sedert hul ma se dood, toe hulle nog klein was, klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos hulle een vir een uit die huis verlaat en deel word van die groter wêreld, gryp die lewe hul met woede en vreugde vas. Hulle ervaar die mooi, en ook die bitterheid, wat liefde bring. Adelien bevind haar skielik op ’n plek waar sy dringend haar eie hart moet leer ken. Bernadette loop ’n pad wat geen vrou ooit self sal kies nie. En Christelle kan eenvoudig nie haar jeugliefde vergeet nie.

Soetwyn vir ’n Sondagkind is die verhaal van ’n jong meisie wat vir die eerste keer voor die kompleksiteite van die lewe te staan kom en in die proses ryp word. Kleintyd al het Nicola besluit dat sy eendag soetwyn gaan maak op haar steifpa se wynplaas. Maar wanneer sy terugkom van haar studie in die buiteland, het dinge verander.

Die Wonderwereld Van Willem Landman (Afrikaans, Paperback): Johan Kruger Die Wonderwereld Van Willem Landman (Afrikaans, Paperback)
Johan Kruger
bundle available
R267 Discovery Miles 2 670 In Stock

Die wonderwêreld van Willem Landman gaan onder andere oor Mintaka, een van drie sterre in Orion se gordel. Dis eintlik tweelingsterre, die een ʼn bloureus, die soldaat, en die ander sagter, vriendeliker. Dit speel op die twee broers in die boek: Alex, meestermanipuleerder en sy afwesige broer, Zander.

Alex het vir hom ʼn aansienlike sakeryk uit gekonkel opgebou. Hy het vir hom ʼn vesting op ʼn koppie gebou nadat hy Bella, die Griekwa-vrou aan wie se familie die grond reeds geslagte behoort, bedrieg en die munispaliteit omgekoop het. Van daar bedryf hy sy sake en daarheen laat kom hy sy “agente”. Hy is magsbehep en ʼn sekspes. Hy is ook psigoties, bossies en vermoedelik skisofrenies.

Die karakter wat die kollig steel, is die titelkarakter, Willem Landman – een van Alex se agente. Lesers het hom leer ken as die sukkelende kulkunstenaar in Die formidabele Ling Ho. Willem is ʼn formidabele bullshitter, ’n stiksienige siener wat moontlik, per ongeluk, wel oor sekere gawes beskik, effens kommin, ongeleerd maar vol planne en ʼn oog vir ʼn gaping. Onrus broei in die gemeenskap en dinge word op die spits gedryf wanneer ’n hele paar agente tegelyk by Alex se vesting byeenkom.

Disney Doc McStuffins: 3 in 1 Inkleur, Storie en Aktiwiteite (Afrikaans, Paperback): Disney Doc McStuffins: 3 in 1 Inkleur, Storie en Aktiwiteite (Afrikaans, Paperback)
R35 R26 Discovery Miles 260 Save R9 (26%) Ships in 4 - 8 working days
Mynie Speel Met Vuur (Afrikaans, Paperback): Mynie Steffens Mynie Speel Met Vuur (Afrikaans, Paperback)
Mynie Steffens
bundle available
R250 R195 Discovery Miles 1 950 Save R55 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Mynie Steffens bely in haar eie woorde sy is ’n selferkende braaiverslaafde en kook al sedert sy 10 jaar oud was, op die vuur! “Alles smaak soveel beter as dit op die vuur gaargemaak word,” sê sy. “Ek soek altyd enige moontlike verskoning om ’n indrukwekkende, dag lange braai te reël.”

Danksy die ervaring wat sy oor reis en braai opgedoen het tydens haar TV-kosmaakprogram “Speel met vuur”, asook deur spyseniering vir private braaigeleenthede, het Mynie besluit om haar idees verder te voer. Die resultaat is hierdie kookboek van braaiproe-spyskaarte – die beste braaivermaak ooit. Mynie nooi jou om pret te hê elke keer as jy braai, met alles van spyskaarttemas en smaaklike (dikwels onkonvensionele) resepte tot gepaste musiekspeellyste en prettige feite!

Hetsy jy dus ’n braaigroentjie is of jouself as ’n braaikenner beskou, sluit gerus aan by die partytjie en leer nuwe truuks op Mynie se manier.

Kosbaar - Skep Herinneringe Met 'n Feesmaal (Afrikaans, Paperback): Elmarie Berry Kosbaar - Skep Herinneringe Met 'n Feesmaal (Afrikaans, Paperback)
Elmarie Berry; Photographs by Lindy Kriek
bundle available
R400 R319 Discovery Miles 3 190 Save R81 (20%) Ships in 5 - 10 working days

KOSBAAR is Elmarie Berry se eerste kookboek hoewel sy reeds sedert 2015 ’n bekende kosblogskrywer is. Haar hartsbegeerte is om ’n boek uit te gee wat jou siel sal voed en waarmee jy in jou kombuis met jou nabye vriende en familie herinneringe kan skep.

In haar eie woorde: “Kos is ’n manier en plek om bymekaar te kom, om rustig te raak en om jou hart oop te maak om te deel, lief te hê en lekker te lag. Geniet die reis en samesyn!”

KOSBAAR bevat meer as 100 eg Suid-Afrikaanse resepte. Met ’n Libanese ouma toon haar kosvoorkeure ’n goeie mengsel van boerekos met ’n sterk Libanese invloed. Daar is ou gunstelinge soos roosterkoek en nostalgiese melktert, en party kry ’n nuwe baadjie, soos malvapoeding met ’n pinotagesous, gebakte patat met za’tar-speserye, New York Shake Shack-kaasburgers en stadig geroosterde lamskouer met jogurtplatbrood.

KOSBAAR bevat ook heelwat graanvrye resepte omdat Elmarie onlangs uitgevind het sy is allergies vir graan.

Dwars - Rare Karakters Onder Ons (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Dwars - Rare Karakters Onder Ons (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
bundle available
R306 Discovery Miles 3 060 Ships in 4 - 8 working days

Dwarstrekkers, nonkonformiste, buitestaanders, randeiers...Noem hulle wat jy wil, Suid Afrika het meer as sy deel eksentrieke karakters opgelewer wat mense van die vroegste tye af na hulle asem laat snak of verstom agter hulle hand laat fluister het.

Hierdie rare mense het met die jare hul merk gemaak op vele terreine.

Dis hulle wat Daniël Lotter aan 'n nuwe geslag lesers bekendstel.

Herlewing - Transvaal En Die Grensgebiede In Die Naoorlogsjare, 1902-1910 (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Herlewing - Transvaal En Die Grensgebiede In Die Naoorlogsjare, 1902-1910 (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
bundle available
R420 R310 Discovery Miles 3 100 Save R110 (26%) Ships in 4 - 8 working days

In die vierde deel van die reeks Imperiale somer word aan Marabastad, die separatistiese kerke, die opkoms van die Afrikaners in die naoorlogsjare, die emigrasie van blankes na Oos-Afrika ná die oorlog, en die veldtog ten behoewe van die Indiërbevolking onder leiding van Gandhi aandag gegee. Anekdotes en kameebeskrywings kleur die vertelling in.

Dié deel lewer 'n belangrike bydrae tot 'n voorheen minder bekende tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en sal 'n wye leespubliek en nie net vakkundiges nie boei.

30 Beste Bokke (Afrikaans, Paperback): Dawie Boonzaaier 30 Beste Bokke (Afrikaans, Paperback)
Dawie Boonzaaier
bundle available
R370 R318 Discovery Miles 3 180 Save R52 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Wie is die beste Springbok van die moderne era?

Hoe kies jy tussen Bakkies Botha en Eben Etzebeth? Was Jaque Fourie of Lukhanyo Am die beste buitesenter? Moet Os du Randt of Beast Mtawarira jou skrum anker? Sou Juan Smith vir Pieter-Steph du Toit disnis duik? Soek jy Joost van der Westhuizen se skeppende spel, of Fourie du Preez se berekende skopvoet?

Hierdie vrae, en soveel meer word deur ’n gesaghebbende paneel van voormalige Bok-afrigters soos Carel du Plessis, Nick Mallett, Jake White en Peter de Villiers, asook van die land se top rugbyskrywers, in die Rapport 30 beste Bokke beantwoord. Die tydperk het ingesluit drie Wêreldbekers en Drienasies-titels, een Rugbykampioenskap-titel, ’n destydse wêreldrekord van 17 agtereenvolgende wedstryde sonder ’n nederlaag, en twee reeksseges oor die Britse en Ierse Leeus.

Dié boek stel ons voor aan die 30 beste Bokke. Dit bevat ook onderhoude, statistiek, foto’s en staaltjies uit die kleedkamer. Onmisbaar vir elke rugby-liefhebber.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Extra Good Things
Yotam Ottolenghi, Noor Murad, … Paperback  (1)
R595 R475 Discovery Miles 4 750
Winning The Property Game - Lessons From…
Koketso Sylvia Milosevic Paperback R340 R292 Discovery Miles 2 920
The South African Air Fryer Cookbook
Louisa Holst Paperback R340 R292 Discovery Miles 2 920
Too Hard To Forget
Tessa Bailey Paperback R280 R224 Discovery Miles 2 240
Sabotage - Eskom Under Siege
Kyle Cowan Paperback  (2)
R300 R240 Discovery Miles 2 400
Rugby World Cup France 2023 - The…
Simon Collings Paperback R390 R312 Discovery Miles 3 120
Too Beautiful To Break
Tessa Bailey Paperback R255 R197 Discovery Miles 1 970
Truth To Power - My Three Years Inside…
Andre de Ruyter Paperback  (2)
R360 R281 Discovery Miles 2 810
Insomnia
Sarah Pinborough Paperback R397 Discovery Miles 3 970
Hiking Beyond Cape Town - 40 Inspiring…
Nina du Plessis, Willie Olivier Paperback R320 R250 Discovery Miles 2 500

 

Partners