![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Promotions > Loadshedding > Books > Afrikaans
Portchie is een van Suid-Afrika se suksesvolste kunstenaars, maar wie
is die man wat agter die skilderye skuil? Waar kom die naam Portchie
vandaan? En hoe en wanneer het Jan Hendrik Viljoen van die klein dorpie
Tweeling in die Vrystaat, aangemeld om die wêreldbekende kunstenaar
Portchie te word? Hierdie memoir kombineer Portchie se inspirerende
verhaal met foto’s, staaltjies en selfs resepte. Dit vertel die storie
agter die storie: onopgesmuk, sonder tierlantjies, maar met ’n tikkie
flair.
Daar is mense wie se lewens van die begin af anders verloop. Sulke mense se liefde lê nie op die gewone plekke en paaie nie, maar juis daar waar min ooit die moed sal hê om hul toekoms te gaan haal. Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil. Dan red die Namavrou Letgoed haar uit ’n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ’n magiese plek word. Hier maak tyd soms ’n deur agtertoe oop … Twa die Tydloper is ’n aangrypende roman oor een mens se groei wat lesers sal meevoer en met nuwe oë na die wêreld om hulle sal laat kyk.
Dié diabetes-leefstylgids, wat oorspronklik in Engels verskyn het en waarvan meer as 40 000 eksemplare wêreldwyd verkoop is, is ’n onontbeerlike hulpmiddel vir enigiemand, van jonk tot oud, met Tipe 1- of Tipe 2-diabetes. Sukkel jy dalk reeds met insulienweerstandigheid, metaboliese sindroom of prediabetes? Slaan diabetes betyds hok met die leefstylwenke en maklike resepte in hierdie boek.
Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste
verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd
Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns
en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan daar gebeur. En
vreeslike dinge gebeur inderdaad. Dit is Harry se tweede jaar op
Hogwarts en nuwe probleme wag op hom. Hy hoor vreemde fluisterstemme
deur leë gange – en dan begin die aanvalle . . .
Sy sal notas maak oor haar kinders, besluit 'n vrou voor haar jongste se geboorte. “Voor ek vergeet. Voor hulle groot is, weg, in 'n oogwink.” Sy lê oomblikke vas: die vrae sonder antwoorde, gebedjies, 'n eerste wisseltand, sywurms, huisvergaderings, die huiskat wat kleintjies kry en drome van eendag. Sing, Mamma, Sing is haar opgaaf van die frustrasie, weekheid, verwondering, trots en benoudheid wat elke ma ken. Dis haar kennismaking met ouers se grootste vrees en verlies wanneer die jongste op byna agt en dertig sterf. Die boek sluit aan by die genre van die moeder-memoir en die subgenre van verlies.
Hoe Sara Koordom op Rooiduin in die verre Noord-Kaap aangeland het, is ’n raaisel. Sy het gekom soos die woestynwind – een dag was sy daar, en niemand weet van waar nie. En hoekom sy op Rooiduin bly, is selfs ’n groter raaisel. Dis nie lank nie of die hele dorp merk op watter raakvatter Sara is. Tot meneer Thüneman van die Algemene Handelaar het gevra of sy twee keer ’n week die pos kan kom uitsorteer. En vir klein Kuikentjie Boskat is sy soos ’n eie ma. Sara voel veral tuis by ouma Spriet en oom Alles, wat met die helm gebore is. En by ant Korreltjie, wat haar geleidelik leer van patrone uitlê en rokkies maak. Maar die bedreiging wat Piet Boskat inhou, roep die spoke van Sara se verlede op. Kan sy vir haar ’n weg ooptrap om vry te kom van die gevare van die hede én van die verlede? En terselfdertyd die mense beskerm vir wie sy so lief geword het? ’n Aangrypende, meelewende roman deur die skrywer van die hoog aangeskrewe debuut Die kinders van Spookwerwe.
Twee inspirerende topverkoper-romans in een omnibus
Die Skot Quinn Sutherland het Ella du Toit se hart ses maande gelede
gebreek toe hy bloot opgehou het om op haar teksboodskappe te antwoord.
Dat die dokter wat mynbaas Hans-Peter Kranz aangestel het al die tyd ’n vrou is, het die dorpenaars op Kolmanskop vroeg in die twintigste eeu heeltemal oorhoops. Dokter Alexandra Stackelberg kom om die x-straalmasjien by die diamantmyn te bedryf – nie bloot om mediese redes nie, maar ook om diamantdiewe vas te trek. Haar werk raak ’n morele dilemma en twee mans ding mee om haar aandag, terwyl oorlogswolke op die horison saampak... Soos Kolmanskop se mense deur die sand sif na diamante, so sif een van hulle later jare deur herinneringe, op soek na sekerheid en die waarheid agter een van hulle se dood. Hemel en aarde en ons is ’n whodunit met ’n konsepsuele kinkel, ’n verkenning van identiteit, bewussyn, verwording en vergetelheid.
Waarheen vlug jy as huis nie meer huis is nie? Na jare se afpersing, agterdogtigheid en alkoholmisbruik, slaan Emma se man, Gert, haar byna in die hospitaal in. By hom kan sy nie verder bly nie, dit sal haar lewe kos. Sy vlug vanuit hulle klein myndorpie in Mpumalanga met nie veel meer as die klere aan haar rug nie. Maar waarheen en wat gemaak sonder geld, 'n werk, of familie wat haar kan ondersteun? So kies Emma koers Kaap toe, en bid vir die beste. Die tog suid is angstig en eensaam, en uiteindelik gee haar motor die gees naby Stilbaai. Nes dit lyk of haar gebede op dowe ore val, kom 'n plaaslike boer, Dewald, tot haar redding. Noodgedwonge nooi hy haar om by hom op die plaas te bly terwyl sy wag vir die kar se herstel. Maar iets skort op Dewald se werf; die plaas boer agteruit, die olyfboorde is oorgroei, en die foto's van hom as gelukkige jonggetroude staan nog die huis vol. Dewald is te jonk om 'n wewenaar te wees, maar dis sy lot in die lewe. Vir hom bring Emma se aankoms nuwe lig, vir haar kan hy die heenkome wees wat sy nog altyd gesoek het. Maar as hulle die liefde wat tussen hulle ontstaan wil kans gee, gaan albei eers moet vrede maak met die verlede. Want Gert het nog nie vir Emma laat gaan nie, en oudvriendin Julia wil vir Dewald hê, en sal doen wat sy moet om hierdie onverwagse inkommer uit die weg te ruim. Vlug van gister is 'n hartroerende verhaal van tweede kanse en oorbegin wat lesers weer sal laat glo in ware liefde.
Beleef jy God elke dag? God woon in die gewone, en ons kan onsself leer
om Hom daarin raak te sien. Ons kan die lewe opnuut beleef gevul met sy
teenwoordigheid. Tom Smith wys ons hoe ons daagliks meer bewus kan wees
van God in ons lewe: In ons gaan slaap, wakker word, soeke, reis, werk,
speel, eet, seerkry, rus en in die dood. Hy help ons om te sien dat ons
verhouding met God nie daaroor gaan om meer goed in ’n alreeeds
bedrywige lewe in te prop nie; dit gaan daaroor om God in alles te
ontdek.
Net vriende. Dis al wat hulle is, sweer Karabo en Will. En dis waar.
Maak jou sitplekgordel vas vir 'n monster-avontuur! Adriaan hou van karre. En motorfietse. En vliegtuie. Hoe groter en vinniger, hoe beter. Op 'n dag ontdek hy en sy pa die wrak van 'n ou monsterbakkie in 'n stowwerige motorhuis. Sy pa besluit om die monsterbakkie reg te maak ... en dit is die begin van 'n maltrap - avontuur!
Kan sy dit weer doen?
Toe Ami hoor dat ’n man voor haar gim geskiet is, weet sy daar is
moeilikheid. Hoekom is die Valke op die misdaadtoneel? Was dit ’n
sluipmoord? En wat is dit wat die speurder optel en in sy sak druk?
Voor Ami hierdie raaisels kan oplos, kruis haar pad met dié van ’n
Duitse joernalis wat bewerings van ’n ontstellende voorval in Mosambiek
ondersoek. Is daar werklik ’n verband tussen die twee stories?
Suid-Afrika se skoonheid en koloniale geskiedenis het seker gemaak dat verskeie bloubloediges deur die eeue heen sterk bande met die land ontwikkel het. Só is daar byvoorbeeld die Nederlandse prinses Irene van Lippe-Biesterfeld, met haar groot liefde vir die Karoo, wat hard baklei het teen skaliegas-ontginning deur die Nederlandse petroleummaatskappy Shell. As godsdienstige of politieke leiers - dikwels van adellike afkoms - in die Oosterse kolonies té veel geluide begin maak het, is hulle na die Kaap verban, wat 'n deurslaggewende rol gespeel het in die land se slawegeskiedenis: Hiervan getuig die verhale van sjeg Joesoef en die radja van Tambora. Watter spoor het die Napoleons in Durban agtergelaat? En George Rex, stigter van Knysna, wat dan nou op 'n druppel water soos koning George III van Engeland gelyk het? Hoe het dit gekom dat prinses Anne van Brittanje se oorkrabbetjie dwarsdeur 'n volstruis se pens gegaan het? Konstantyn II, die laaste Griekse koning, prinses Charlotte van Liechtenstein en die Karadjordjević's van Serwië het hulle eie bande met Suid-Afrika - en die kroonprins van Albanië praat Afrikaans! Hoe het dit alles gebeur? En hoekom lui die naam lady Juana Smith 'n klokkie? Blou bloed: koninklike spore in Suid-Afrika gaan soek antwoorde op hierdie en nog baie ander vrae.
Hoe kleiner die plek, hoe groter sy geheime
Ja, die ketodieet is al lankal bekend; jy het daarvan gehoor maar
verstaan die konsep nie heeltemal nie en dink dis te duur. Of miskien
het jy dit getoets maar is oorweldig deur ’n oorvloed dikwels
teenstrydige inligting en het jy moed opgegee. Miskien volg jy dit
noukeurig maar het jy nuwe inspirasie nodig. Daar kom in elk geval
altyd nuwe inligting na vore. Ná die wegholsukses van sy eerste boek
twee jaar gelede, Living the Ultimate Keto Lifestyle, het
Hendrik Marais besluit dis tyd om die ketogeniese leefstyl aan selfs
meer mense bekend te stel, terwyl hy aanhangers terselfdertyd ’n
vereenvoudigde uiteensetting van die jongste neigings en ’n volledige
stel maklike en smaaklike resepte wou bied.
Ná ’n jagongeluk is niks op die familieplaas Soetkloof ooit weer dieselfde nie. Die 15-jarige De Viljee is dood en sy broer en suster, die 18-jarige tweeling Cornél en Ragel, se lewe is verwoes. Cornél slaan op die vlug, want hy kan nie sy gebroke ouers in die oë kyk nie. Die koeël het immers uit sy jaggeweer gekom. In die nasleep van die tragedie moet Ragel meisie-alleen red wat te redde is op Soetkloof. Dan kom daar ’n groot droogte en die Opkomsrivier, hul laaste oorblywende reddingsboei, verdor. Boonop is hul grond in die gedrang, want ’n yslike bewaringsgroep wil al die plase in die distrik op koop. Gaan Ragel aanhou om vir haar erfgrond te baklei of gaan die noodlot die oorhand kry? Kan die luiperdman die jong, taai vrou weer ’n proesel van lewensvreugde gee? En gaan Cornél ooit lewend na Soetkloof terugkeer? Solank as die aarde, Lucia Prinsloo se derde roman, is uiteindelik ’n verhaal van oorwinning en hoop. Want solank as die aarde bly staan, sal saaityd en oestyd nie ophou nie, sal koue weer warm word, winter weer somer en nag weer dag.
Mary, oftewel Prinses Marié Elizabeth van Habsburg, staan op trou met Prins Octavius van die prinsdom van Kyburg. Hy is egter ver van haar ideale man: Oorlogsugtig en wreed. Dan daag die aantreklike skeepskaptein Francis le Cluc met ’n belangrike brief vir haar op. Met die lag in sy oë laat hy dadelik haar hart vinniger klop. Daar mag egter niks tussen hulle wees nie. Sal Mary van Francis se betowerende soene kan vergeet? Gaan sy plig, eer en haar familie se goeie naam eerste plaas? En wat gaan Francis kies: Die bloedband met sy broer of sy liefde vir Mary?
In 2021, is Damian de Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy
force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie
sandduine gespeel. Die man wattie media ‘The Railway Ripper' noem,
het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse
en sandduine rondomie Western Cape. Hy praat met ex-detective
Michelle Wakefield ma soe meer sy die feite vi Damian ytlê, soe minner
vestaan hy wat rêrag daityd gebeerit.
Newman se Voëls volgens Kleur bied vir die beginnervoëlkyker ’n
vinnige, eenvoudige manier om Suider-Afrika se algemeenste voëls
volgens hul kleur te identifiseer. Die vierde uitgawe van dié nuttige
geïllustreerde gids is bygewerk met die nuutste gewone voëlname,
uitgebreide habitatinligting en die mees onlangse verspreidingkaarte.
Die leersame inleiding bevat praktiese wenke oor die uitken van voëls,
inligting oor voëlanatomie en -klassifikasie, en raad oor waar om vir
voëls te soek en wat jy op só ’n uitstappie moet inpak.
Bettina is wyd bekend vir haar weeklikse rubrieke vir LitNet en as iemand wat opstaan vir reg en geregtigheid. Sy het haar 50 gunsteling-meningstukke gekies en sê: “My rubrieke is nie bedoel om net nog 'n eggokamer te wees waar mense nét dit weerspieël sien waarin hulle glo nie. Juis nie. Wat ek hoop om elke week te doen is om mense aan die dink en aan die gesels te kry.”
Die verstommende storie van ’n sakelegende wat een van Afrika se welvarendste maatskappye uit niks opgebou het. Anton Rupert was 'n Karooseun wat in die Depressie grootgeword het, en dit skaars kon bekostig om te gaan studeer, maar sy Rembrandt groep word uiteindelik ʼn wêreldleier in o.m. luukse goedere. Wat was Rupert se geheim? Rupert se oorspronklike sienings oor die skepping van werk en welvaart in ‘n sukkelende ekonomie is sy blywende nalatenskap met diepgaande lesse vir Suid-Afrika vandag. Sy storie is meer relevant as ooit. Hier vertel die gesoute sakeskrywer Ebbe Dommisse die volle verhaal, vol kleur en anakdotes, in dié opgedateerde uitgawe van sy hoogaangeskrewe biografie van Rupert.
Bea Malan, oftewel, Koningin Bea, vind met 'n skok uit haar ouers gaan
skei en dat sy en haar ma na Johannesburg verhuis. Nou bevind sy haar
tussen vreemde kinders in 'n stad wat sy nie ken nie en 'n skool wat sy
nie verstaan nie. Maar namate haar geheim al swaarder op haar druk,
beweeg sy nader daaraan om nuwe mense – en dinge – in haar lewe toe te
laat. Sy sal moet grootword as sy nie wil toelaat dat die lewe haar
soos borrelgom kou nie. |
![]() ![]() You may like...
The Law Of Arbitration - South African…
Peter Ramsden
Paperback
![]()
The Scent of Yellow Roses - A Memoir of…
Susan M Harriman Smelser
Hardcover
R734
Discovery Miles 7 340
Autonomous Versus Domestic Concepts…
Franco Ferrari, Friedrich Rosenfeld
Hardcover
R6,198
Discovery Miles 61 980
Gripping GAAP 2024/2025 - Your Guide To…
Cathrynne Service
Paperback
![]() R1,540 Discovery Miles 15 400
The PROACT (R) Root Cause Analysis…
Kenneth C Latino, Mark A. Latino, …
Hardcover
R1,817
Discovery Miles 18 170
|