0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R100 - R250 (16)
  • R250 - R500 (36)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Promotion > New Reads > Afrikaans

Jan Braai Junior - In die Kombuis (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Jan Braai Junior - In die Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R250 R190 Discovery Miles 1 900 Save R60 (24%) In Stock

Jan Braai Junior In die kombuis is ’n boek vir die volgende geslag. Dis geskryf in Jan Braai se kenmerkende styl en die hele gesin kan die maklik volgbare, stapvir-stap-resepte geniet. Gemik op jong kinders om hulle te help om heerlike kos suksesvol te maak en vertroue in hul vaardighede in die kombuis te ontwikkel, pak jy ’n lewenslange reis aan waar jy spesiale etes met gemak en selfvertroue sal kan maak.

Hierdie gebruikersvriendelike boek bevat die grondbeginsels van kookkuns wat elke persoon behoort te ken, en gebruik basiese toerusting en sakpas bestanddele.

Met Jan Braai se wenke en raad sal Jan Braai Junior In die kombuis jou gereedmaak om vir die res van jou lewe soos ’n kampioen te kook!

Ena Murray Speurverhale (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Speurverhale (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R350 R259 Discovery Miles 2 590 Save R91 (26%) Ships in 5 - 10 working days

Drie van die die geliefde Ena Murray se heel beste speur- en spanningsverhale word hier byeengebring:

In Satan van Zimbabwe begin die intrige met 'n koerantberig oor 'n bloedlose lyk met erg verswakte organe. Kan dit die volmaakte moord wees, of is daar bonatuurlike kragte ter sprake? Êrens, verskuil in die mis tussen die mistieke Zimbabwe-ruïnes, lê die antwoord.

In Die man met die geel oë gee die werkgewers van geheime agent majoor Brand Böhm aan hom 'n unieke opdrag: dié aangewese "Suid-Afrikaanse James Bond" moet saam met 'n vrou van sy keuse een nag lank die stad rooi te verf, en hom in die proses so skandelik
gedra dat hy oneervol uit die weermag ontslaan sal word.

En in Onrus op Oshakati hoop dr. Linda Maartens sy kan die donker wolk wat oor haar professionele naam hang, ontvlug. Maar die verlede het ’n manier om 'n mens te agtervolg . . . Terreuraktiwiteite en dwelmsmokkelary vier hoogty – en kort voor lank word sy in ’n
web van misdaad vasgespin.

Stophorlosie - 7 Sport Stories (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Stophorlosie - 7 Sport Stories (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Gwendolene Van Der Merwe
R120 R109 Discovery Miles 1 090 Save R11 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Kan ’n ongewone stokperdjie jou span se rugbytoer red? Hoe ver sal jy gaan om seker te maak jy het genoeg tydvir soveel sportsoorte as moontlik? Kan ’n klomp vrotperskes die begin van ’n cool nuwe sportsoort wees?

Hierdie boek bevat 7 sportstories wat jou tone sal laatomkrul van lekkerkry!

Laastegoed - Rubrieke 2020?2024 (Afrikaans, Paperback): Annelie Botes Laastegoed - Rubrieke 2020–2024 (Afrikaans, Paperback)
Annelie Botes
R350 R310 Discovery Miles 3 100 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Annelie Botes se afsterwe op 12 Desember 2024 het die einde van ’n era ingelui. ’n Era van byna meer as twee dekades waarin sy gedagtes, opinies en insigte oor die lewe met ’n toegewyde lesersgehoor gedeel het. Vir Afrikaans lesers was haar weeklikse rubrieke ’n bron waaruit hulle mildelik geskep het om sin te maak van die wêreld en om inspirasie te vind sodat hul eie skale kon balanseer.

Die rubrieke in hierdie bundel het van 2020 tot 2024 verskyn en volg op Voetstoots, ’n keur van Annelie se rubrieke tussen 2006 en 2020. Vir die menigte lesers vir wie Annelie se stem oor die jare ’n vertroude instelling geraak het, is haar menings ’n besielende kleinood
waarheen hulle meermale sal terugkeer om woorde te vind wanneer dit in hul eie stemme ontbreek.

Hierdie bundel is ’n versameling kantaantekeninge tydens tydperke van ingrypende inkeer en verlies. In Maart 2020 het die Covid-19-pandemie die wêreld getref – bunkertyd in Annelie se taal. In haar wêreld was die tyd van korona ’n voorspel tot haar eie finale
periode van aflegging, siekte, amputasie en uiteindelik, die onvermydelike seisoen van “die engele met raspervlerke”.

Die Volmaakte Moord (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Die Volmaakte Moord (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R320 R279 Discovery Miles 2 790 Save R41 (13%) Ships in 5 - 10 working days

Moord aan boord van die Leonardo

Forensiese patoloog Madelein Blignaut het al te veel dood in haar loopbaan gesien. Ná nog ’n ontstellende hofsaak besluit sy om ontvlugting te gaan soek op die Leonardo, ’n luukse passasierskip wat deur die verre ooste vaar.

Daar ontmoet sy ’n groep fassinerende Suid-Afrikaners: Die bekroonde pianis Tibor Lindeque wat kort-kort bekommerd vir haar kyk en ’n aantreklike kulkunstenaar Helmut Coleman wat gou vir haar onweer-staanbaar raak.

Wanneer hulle op Okinawa afklim, vertel Tibor vir haar die inwoners van hierdie eiland word oeroud. “Daar is nie dood op Okinawa nie.”

Maar hy is verkeerd. Kort voor lank tref hulle die een na die ander medepassasier se lyk aan. ’n Storm dwing hulle na dieper waters toe, en dan besef Madelein daar is ’n moordenaar op die Leonardo. Wie is dit? Wat wil hulle hê? En, meer belangrik, wie’s volgende?

Lottie Brooks 2: Die Verbysterende Bestie-Blapse van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback): Katie Kirby Lottie Brooks 2: Die Verbysterende Bestie-Blapse van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback)
Katie Kirby; Translated by Zelda Bezuidenhout
R230 R175 Discovery Miles 1 750 Save R55 (24%) Ships in 5 - 10 working days

Lottie kry die hoofrol in ’n musiekblyspel en dit gee haar die kans om vir Daniel te beïndruk met haar talent as ’n singende krap, maar dis nie net sang en dans by die skool nie. Lottie se vriendskap met Mieke en Jess is aan’t skerwe, maak nie saak hoe hard sy probeer om almal bymekaar te hou nie. Gaan Lottie weer ’n verbysterende bestie-blaps beleef?

Die grafdigter (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Die grafdigter (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R330 R285 Discovery Miles 2 850 Save R45 (14%) Ships in 5 - 10 working days

Soms lê ek in my bed, my lyf opgekrul om herinneringe aan hom, totdat dit voel asof die woonstel se dak oplig en die mure wegval en ek omhels word deur die nag se fluweelsagte duisternis. Dan dryf ek uit my lyf, tot in die buitenste ruim waar my ouers glo al vir dekades lank saam met ruimterommel en stukkies meteoriet, al om en om ’n hemelliggaam sweef.

Op my boekrak staan ’n geraamde foto van hulle, geneem net voor hul laaste ruimtesending. Hul gesigte is stroef, asof hulle geweet het dit is hul laaste missie.

Of dalk het hulle net in die son gekyk.

Mila Kozlowa is ’n Moskouse psigoterapeut wat tydens beradingsessies sit en fantaseer oor geroosterde salm en seks.

Sy dink ook aan haar kinderjare – sprokiesagtige besoeke aan ’n afgeleë hut in ’n berkewoud saam met haar ouma Babusja. Nou is Babusja oud en verswak en Mila is verantwoordelik vir haar. Wat steek haar ouma vir haar weg? Waar is Mila se ouers? Het hulle regtig tydens ’n ruimtereis verdwyn?

Intussen ontmoet Mila ’n Suid-Afrikaner wat sy oorlogtrauma met haar deel en kort voor lank begin die skeidslyn tussen werklikheid en fantasie vervaag. Waar eindig die droom en begin die realiteit? En vir hoe lank kan ’n mens jou eie leuens glo?

Lottie Brooks 1: Die Pynlik Patetiese Lewe van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback): Katie Kirby Lottie Brooks 1: Die Pynlik Patetiese Lewe van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback)
Katie Kirby; Translated by Zelda Bezuidenhout
R230 R175 Discovery Miles 1 750 Save R55 (24%) Ships in 5 - 10 working days

Lottie Brooks is byna 12 jaar oud en haar lewe is amptelik verby. Sy gaan amper hoërskool toe sonder enige vriende aan haar sy of ’n swierige kapsel. Boonop het sy besef dat sy te plat is om ’n BRA te dra! Sy kan maar net so wel opgee en hiberneer saam met haar hamsters.

30-Minute Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback): Louisa Holst 30-Minute Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback)
Louisa Holst
R380 R275 Discovery Miles 2 750 Save R105 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Lugbraaier-meester Louisa Holst weet net wat die mark wil hê en is terug met nog ’n vuurwarm treffer – propvol watertand-maaltye, kitsgereed in net 30 minute! Geniet smullekker biryani-hoenderslaai, pikante stokvis-en-jalapeño-gebak, varktjops met geroosterde chakalaka en stomende frikkadelle-en-pap. En die ietsie soets ter afronding? Ontspan, onweerstaanbare nageregte sorg vir daardie soete verleiding – alles kant en klaar in net 30 minute.

Die Laaste Leuen (Afrikaans, Paperback): Anita du Preez Die Laaste Leuen (Afrikaans, Paperback)
Anita du Preez
R320 R230 Discovery Miles 2 300 Save R90 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Sophia het weer een van die episodes gehad waar sy eenvoudig wegraak. Asof sy in die put is waarin sy as kind met haar troetelkuiken, Rebecca, geval het. Swart. Niks.

Toe sy bykom, vind sy haar man, die popster Max Bladen, met ’n bloederige wond aan sy kop. Wie het Max reg hier in hul leefkamer aangeval? Dit kan tog nie wees dat sý . . .?

Te midde van ’n mediasirkus, word Sophia gearresteer. En sy sal bitter vinnig ’n manier moet vind om haar onskuld te bewys – al kan sy niks onthou nie.

Sekelmaan (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Sekelmaan (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R259 Discovery Miles 2 590 Save R101 (28%) Ships in 5 - 10 working days

’n Groep jong Suid-Afrikaanse Jode, die teiken van ’n terreuraanval in Kairo, is die vlam in ’n kruitvat vir grootskaalse oorlog in die Midde-Ooste. In die middel daarvan, die joernalis Ruby Heyns, in besit van verdoemende inligting wat die skaal in dié konflik kan swaai.

Wanneer Ruby Heyns oornag verdwyn, moet Staatsekuriteit se Reuben Kruger al sy tegniese kennis inspan om haar spoor op te tel. Spanning en aksie uit die boonste rakke!

Super C - Van swaarmoedige Sannie tot supervrou (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Super C - Van swaarmoedige Sannie tot supervrou (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R280 R200 Discovery Miles 2 000 Save R80 (29%) Ships in 5 - 10 working days

Susan Coetzer was ’n swaarmoedige Sannie eerder as Susan Super C. Christus met sy wyse rigtingwysers het haar begeester om haar moue op te rol en geestelike transformasiewerk in haar lewe te doen. Hierdie proaktiewe werk het ’n paar mooi dinge gebring soos vryheid, vrede en wysheid. Susan nooi jou om saam met haar op ’n reis te gaan. Mag hierdie reis jou aanspoor om nooit moed te verloor nie, maar aan te hou stap totdat jy ook ’n energieke, veerkragtige en borrelende mens in Christus is.

Cara (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Cara (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R320 R235 Discovery Miles 2 350 Save R85 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Cara is ná twee wêreldoorloë eindelik op pad terug na haar geboorteland. Sy is destyds wettig deur die Du Toits aangeneem en sy en Clarabelle het  saam grootgeword. Na haar weggaan het die twee gereeld gekorrespondeer, maar later het die oorlog tussenbeide gekom. Sy word goed ontvang en almal is begaan oor haar welstand, maar sy bly verward en eensaam. Vir haar voel dit soms of sy vir die res van haar lewe op reis sal wees. Het sy eindelik haar bestemming bereik? Tyd sal wel leer.

Sarah Plus Een (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Sarah Plus Een (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R290 R210 Discovery Miles 2 100 Save R80 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Sarah het geen begeerte om met grasie oud te word nie. Sy dra onpaar oorbelle, ’n groot sonbril en haar hare is bloedrooi gekleur. Wat sy wel nie op haar ouderdom verwag het nie, is om na haar 55ste martriekreünie genooi te word. En boonop vereis die uitnodiging dat sy ’n metgesel saambring  – wat sy, ’n weduwee, wáár moet kry? Sy is nuuskierig oor die affêre, maar om na haar grootworddorp terug te keer gaan ou wonde oopkrap. En sy gaan vir Franco, die hartevertrapper, weer in die oë moet kyk!

Die Man van Elders (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Die Man van Elders (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R255 Discovery Miles 2 550 Save R95 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Ná drie jaar op ’n passasierskip smag Jean Botha na ’n plek wat syne is en waar hy gewoon net mens kan wees. Tans verkeer hy elders: iewers en tegelykertyd nêrens.

Die oomblik toe hy terug op eie bodem vir Renette Brink op Stellenbosch ontmoet, weet Jean een ding vir seker: Hy sal haar nooit weer kan vergeet nie. Maar Renette is verloof aan Martin Hoogendyk, ’n gesiene boer van die Oos-Vrystaat.

Toe sy vriend Duncan Weston aanbied dat Jean op sy plaas naby Bethlehem gaan toesig hou oor die bedrywighede daar, gryp hy die die geleentheid dadelik aan. Op Heuningkrans slyp hy sy nuutgevonde kunstalent en begin sy eie skilderye te verkoop. Hy besoek selde die dorp en vermy so enige onverwagse herontmoeting met Renette.

Intussen is onheil besig om in die pasgetroude Hoogendyks se huishouding te ontvou. Gaan Renette betyds die regte besluit maak?

’n Meesleurende roman oor twee mense wat hulself vir die keuses van die verlede moet vergewe voor hulle ’n ware tuiskoms en liefde kan vind.

Weg is nie 'n plek nie (Afrikaans, Paperback): Santie van der Merwe Weg is nie 'n plek nie (Afrikaans, Paperback)
Santie van der Merwe
R290 R210 Discovery Miles 2 100 Save R80 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Natasja bevind haar vroegoggend op die snelweg, tien ure noord van Kaapstad. Al haar besittings is agter in die kar en sy sweer sy sit haar voete nooit weer naby Johnny nie. Eers nadat sy op die N18 afgedraai het, onthou Natasja: George, haar pa se boesemvriend, woon nog op Lelievlei. Miskien moet sy gaan aanklop?

In dié aangrypende roman herinner die skrywer ons hoe die liefde ons almal raak. En soms skenk die heelal vir jou ’n beskermengel wanneer jy dit die nodigste het.

Paris, ?n prinses met ?n missie (Afrikaans, Paperback): Demi-Leigh Tebow Paris, ’n prinses met ’n missie (Afrikaans, Paperback)
Demi-Leigh Tebow; Illustrated by Olga Ivanov, Aleksey Ivanov
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Prinses Paris het ’n besige dag voor haar. Maar as haar kroon gesteel word, is Paris bang dat sy nie die koning sal kan verteenwoordig nie. Sy ontmoet luiperde, ’n olifant en ’n buffel en sy besef dat elkeen ’n unieke probleem het. Maar sal sy hulle kan help? En sal sy haar kroon betyds terugkry om die koning te kan ontmoet? Kom saam op hierdie Afrika-avontuur met Paris, Kobe en Chunk (die hele Tebow-familie) en besef dat om ander te help die belangrikste doel van alles is.

Kronkelpad (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): Irma Joubert Kronkelpad (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
Irma Joubert
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Deernisvolle roman oor die kronkelpaaie van die lewe en die liefde. Marco Romanelli, ’n Italianer wat in ’n konsentrasiekamp was, gaan woon in 1948 om gesondheidsredes in die Bosveld. Daar ontmoet hy vir dr. Lettie Viljoen. Die liefde blom tussen hulle . . . maar dan breek die polio-epidemie van die jare vyftig uit.

Met ander woorde (Afrikaans, Paperback): Wilna Adriaanse Met ander woorde (Afrikaans, Paperback)
Wilna Adriaanse
R350 R255 Discovery Miles 2 550 Save R95 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Toe Kristina een aand vermis raak nadat sy gaan draf het, bel haar huismaats die polisie. Hulle kry haar in die vroeë oggendure teen die berg. Sy kan nie onthou wat met haar gebeur het nie; daar is ook geen verklaring vir die drastiese persoonlikheidsverandering wat sy ondergaan het nie. Ten einde raad word die hulp van psigiater Ben Krige ingeroep. By sy kliniek is Kristina vir hom soos ’n labirint–vreemd en onbekend. Al wat hulle het, is woorde. Maar geleidelik breek woorde alle grense af.

Vloei/Stof (Afrikaans, Paperback): Gilbert Gibson Vloei/Stof (Afrikaans, Paperback)
Gilbert Gibson
R395 Discovery Miles 3 950 Ships in 6 - 10 working days

In vloei/stof ontgin Gilbert Gibson temas soos die liefde/verhoudings, kinderherinneringe, geskiedkundige gegewens, geweld/oorlog, die belewenis van landskap, en die verloop van tyd/die dood op vernuftige wyse.

Soos in sy vorige bundels, bewys hy dat hy ’n meester is van die hermetiese digkuns – gedigte wat deur ’n spel met taal en vorm vervreemding teweegbring. Die leser word uitgedaag om die betekenis van die gedigte te ontsluit.

Die digter en literêre kritikus Louis Esterhuizen beskryf die bundel as volg: “Inderdaad digverweefde gedigte wat net soveel verhul as wat dit probeer onthul; verbrokkelde verse wat voortstu met verskuiwende betekenisvlakke en versplinterde (wan)begrip waartydens die leser genoodsaak word om ’n aktiewe rol te speel in die (re-)konstruksie van die teks.”

Storiekos - Op Reis Na Resepte (Afrikaans, Paperback): Frik de Jager Storiekos - Op Reis Na Resepte (Afrikaans, Paperback)
Frik de Jager
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

StorieKos is veel meer as net nog 'n kookboek. In StorieKos nooi Frik jou uit om saam met hom op reis te gaan vanaf die Karoo tot in Kaïro en van Rusland tot in Rome.

Dit is 'n kos-reisverhaal waarin hy sy passie vir “peasant food” of plattelandse kos deel – resepte en stories van mense en ervarings versamel oor 'n tydperk van bykans vier dekades. Hy deel die eenvoud en opregtheid van hierdie geregte wat die toets van tyd weerstaan het en deur die jare aangepas is in die kombuise van generasies van huiskokke.

Op sy reise dwarsoor die wêreld het mense hom ingenooi in hul huise en harte, die geheime van ou familieresepte met hom gedeel en het hy saam met hulle baie van hierdie disse leer kook in plattelandse kombuise en klein restaurante.

As jy dus hou van reis, mense en hul stories en boonop ook lief is vir kook, is hierdie 'n boek vir jou.

Stofpaaie In 'n Wynglas (Afrikaans, Paperback): Beyers Truter Stofpaaie In 'n Wynglas (Afrikaans, Paperback)
Beyers Truter; As told to Riaan Gerber
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Suid-Afrika se Mnr. Pinotage, Beyers Truter, se passie vir die lewe en wyn is oral bekend. In hierdie boek kyk hy terug op sy eerste treë as wynmaker van Kanonkop, asook die deftige funksie in Londen toe hy in 1991 as Wynmaker van die Wêreld aangewys is.

Hy vertel ook van die vlammetjie wat altyd in hom gebrand het om op sy eie plaas wyn te maak en die groot oomblik van Beyerskloof se eerste oes. Sy lewensreis as eienaar en wynmaker van Beyerskloof is een van vriendskap, nederigheid en lojaliteit. Die bekende ou skrywer van cowboy-boeke Louis L'Amour se betekenis van traildust was nog altyd vir hom 'n rigsnoer in sy lewe as wynmaker, ouer en vriend.

Beyers sien altyd die humor in situasies raak en dis een van die redes hoekom hy die wyntoere so baie geniet het saam met Jannie Engelbrecht, Jan-Boland Coetzee, Kevin Arnold en Johan Malan. Hy het ook 'n lang paadjie geloop met die bekende Etzebeth-rugbybroers, asook Koos Kombuis. Hy deel ook sy liefde vir sy honde, duik, seekos en Namibië.

Riviere in die Wildernis (Afrikaans, Paperback): Karlien van Jaarsveld Riviere in die Wildernis (Afrikaans, Paperback)
Karlien van Jaarsveld
R320 R279 Discovery Miles 2 790 Save R41 (13%) Ships in 7 - 11 working days

In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit. Daar waar sy met Hom kan gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en met deernis luister.

Karlien vertel van haar kronkelpaaie van pyn en verlies en hoe sy deur die jare daardie paaie gevleg met haar onwrikbare geloof gestap het. In hierdie poëtiese teks vol beeldspraak en vloeiende kreatiwiteit gesels sy oor kwesbare grepe uit haar lewe. Sy deel met die leser haar ondersoeke in die Woord, die suiwer leringe van Jesus, sielvolle gedigte, lirieke en diep persoonlike gewaarwordinge.

In Riviere in die wildernis leer ons Karlien ken soos nog nooit tevore nie.

In haar arms het sy al lewe, siekte en dood vasgehou en geleer hoe om, of die Here nou gee óf neem, steeds ’n halleluja te sing.

Die Dogters van Casalina (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers Die Dogters van Casalina (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R300 R239 Discovery Miles 2 390 Save R61 (20%) Ships in 7 - 11 working days

Ciska Luckhoff, ’n joernalis by Dagblad, se lewe verander handomkeer wanneer beide haar ouers kort na mekaar sterf en haar geliefde, Liam, gediagnoseer word met ’n lewensbedreigende siekte. Gedurende hierdie tyd neem sy onbetaalde verlof om as voltydse versorger en broodwinner op te tree met haar deeltydse werk as manuskripontleder en skrywer.

Haar omstandighede dreig egter om haar onder te kry en sy nader haar ma se sielkundige, Isobelle Verwey. Isobelle staan Ciska nie net by gedurende hierdie traumatiese tyd nie, maar word ook ’n hegte vriendin.

’n Bejaarde kunstenaar, Francina Bernardi, nader Ciska om haar memoires te skryf en Isobella moedig haar aan om die aanbod te aanvaar. Opsoek na ’n nuwe begin en begrip vir God se plan vir haar lewe, gryp Ciska die geleentheid aan. Sy vertrek na Casalina, die drietoringhuis naby Knysna, waar sy deel van die Bernardi-familie se huishouding raak. Sy vind inspirasie in die intrige van die muurskilderye, waarin die kunstenaar met taferele daarop haar en haar man se lewensgeskiedenis verbeeld.

Maar die teenwoordigheid van ’n aantreklike Bernardi-nasaat verwar haar omdat sy nie weet hoe om haar verlede af te sluit óf wat om met haar nuwe gevoelens te maak nie. Tydens Kerstyd by Casalina ontvou ’n verhaal wat die verlede en hede se geheime ontrafel. Ciska moet vrede maak met ’n skokkende ontdekking sodat die dogters van Casalina uiteindelik in ’n sirkel van genade kan terugkeer.

Sinkhuis Resepte (Afrikaans, Paperback): Willie Strauss Sinkhuis Resepte (Afrikaans, Paperback)
Willie Strauss
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sinkhuisresepte is Willie Strauss se tweede kookboek en volg op Daar is ‘n engel in my koskas (Human & Rousseau). Hierdie boek is propvol heerlike, pretensielose resepte.

In sy sinkhuis, een van die oorspronklike huise in Cullinan, maak Willie vinnige en maklike kos wat hy vir gaste as ’n visuele en kreatiewe fees voorsit. Die leser kan uitsien na meer as 100 smaakvolle resepte met bestanddele wat jy in jou koskas het. Willie se stories gaan jou laat glimlag en sommige sal jou laat terugverlang na jou ma en ouma se kombuis met bekende geure van anys, vleispastei, appelkoos en bros blaardeeg.

Interessante nuutjies soos vye-en-biltong-paella is ook op die spyskaart en Sinkhuisresepte sluit selfs af met peuselhappies vir jou dierekinders.

Nostalgiese stories en resepte waarmee jy grootgeword het is so deel van Willie dat jy nie kan help om met ’n glimlag na hom te luister of sy stories te lees en sy resepte te gebruik nie. Hierdie boek nooi jou om saam met Willie in sy sinkhuis te kuier.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Stick N Neon Cube with White Stripes…
R602 R475 Discovery Miles 4 750
More String Time Joggers
Kathy Blackwell, David Blackwell Sheet music R293 Discovery Miles 2 930
International Strategic Alliances: Joint…
Frederick D. Lipman, Larry Dongxiao Qiu Hardcover R1,734 Discovery Miles 17 340
Breaking the Spirit of Delilah…
Andrew Towe Paperback R453 R423 Discovery Miles 4 230
Mammal guide of Southern Africa…
Burger Cillie Paperback R570 Discovery Miles 5 700
Essentials of Pentecostal Theology
Tony Richie Hardcover R1,165 R983 Discovery Miles 9 830
Spaceflight Associated Neuro-Ocular…
Andrew G. Lee, Joshua Ong Paperback R2,945 Discovery Miles 29 450
Genocide Denials and the Law
Ludovic Hennebel, Thomas Hochmann Hardcover R3,284 Discovery Miles 32 840
Queen Of Our Times - The Life Of…
Robert Hardman Hardcover R586 Discovery Miles 5 860
Big Data and Smart Service Systems
Xiwei Liu, Rangachari Anand, … Hardcover R1,961 R1,830 Discovery Miles 18 300

 

Partners