![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Promotion > New Reads > Afrikaans
Jong dokters Mia en Dolf word vir drie dae in ’n hysbak vasgevang ná ’n
ontploffing. Hulle leer mekaar in daar die put van vrees en pyn ken.
Samantha, ’n kunstenaar, woon met haar hond op Kruisklipbaai ná haar
verloofde se dood. Sy stel glad nie in ’n verhouding belang nie. Staan
sy egter ’n kans teen die ernstige man wat haar en Wolf een oggend uit
die seestroom red?
Niekie Rabie is haar moeilike aktrise-suster, Irene, se oorwerkte assistent en val al jare lank vir Irene se miserabele akteur-ekse. Ná haar laaste traumatiese verhouding sweer sy alle mans af. Toe die aksieheld Ruhan Arendse op die filmstel verskyn, bly Niekie ver uit sy pad, want Irene het die man vir haarself opgeëis. Ruhan laat hom egter nie voorskryf nie en sien Niekie raak in die skadu van haar suster, en ontdek haar talent. Maar wat is sy motiewe?
Catryn wil nie met ’n ryk wynboer trou nie. Sy wil eerder haar eie kleremaakbesigheid aan die Kaap de Goede Hoop begin. Claude kom Kaap toe om die hart van sy eertydse minnares, die goewerneur se vrou, terug te wen. Toe hy en Catryn saam die goewerneur se vrou se gesteelde pêrelhalssnoer moet opspoor, spat die vonke. Die verhouding tussen hulle raak al warmer, en skandale dreig. Sal hulle die vuurproef deurstaan?
Charl bestuur ’n groot vervoerbesigheid en sorg al jare vir sy drie
jonger sibbe. Hy het nie tyd vir verhoudings nie, selfs nie vir Renise,
sy jeugliefde nie. Tot hy haar een aand gestrand langs ’n gevaarlike
pad met ’n stukkende motor vind. Hy moet dringend ’n vrag gaan aflaai
en neem haar, ter wille van haar veiligheid, saam met hom. |
You may like...
Mommy Has Cancer - What I Learned about…
Corey L Stevenson
Hardcover
Exam Ref MD-101 Managing Modern Desktops
Andrew Bettany, Andrew Warren
Paperback
R1,011
Discovery Miles 10 110
|