0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R100 - R250 (16)
  • R250 - R500 (36)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Promotion > New Reads > Afrikaans

Maklik met Marinda - Al my resepte wat julle gesoek het en nog meer (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Maklik met Marinda - Al my resepte wat julle gesoek het en nog meer (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Keur van al Marinda se toekatyd-resepte, die goue gunstelinge waarmee sy grootgeword het! Vier die lewe en dek ’n feestafel wat kreun van oorvloed: beesstert, pasteie, kerrieafval, skaapstertjies, varkribbetjie, doeksagte lamstjops. Brode, patees en nostalgiese slaaie sorg vir bykos. Vir weeksaande is daar lipaflek-pastas en vir suikertande outydse Cremoratert, poffers en vele verassings. En as bonus–konfyte, souse, blatjang en ander inmaaksels staan nou ook hul plek vol in haar reseptespens.

Binnerym van Bloed - 'n Outobiografiese Roman (Afrikaans, Paperback): Antjie Krog Binnerym van Bloed - 'n Outobiografiese Roman (Afrikaans, Paperback)
Antjie Krog
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ek het die land leer ken, my lewe bedryf nie beter of slegter as ander nie. Die oes was nie ryker of skraler as dié van ander nie, maar dit was vol goeie are. Tog het ek geweet dat ek kom doodgaan langs die Valschrivier. Ek het dit kom soek soos die olifante.
 
Digter Antjie Krog keer terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaatse vlaktes bekoor haar – dit is haar tuiste; ook die tuiste van haar ma, die skrywer Dot Serfontein. Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp en haar skrywerskap vergelykbaar met die van haar dogter.
 
In Binnerym van bloed  breek Antjie Krog die grense tussen genres af en skryf sy oor hierdie verhouding wat haar bly fassineer en kasty. Sy gebruik briewe, dagboekinskrywings en versorgingsverslae om verrykende benaderings tot kreatiwiteit, ideologie en die waarheid van oud word bloot te lê.
 
Krog spoel die onoorkombare verskille tussen geslagte oop, maar wys ook die liefde en wedersydse bewondering tussen twee hoogs bekwame skrywers. Pragtig en indringend geskryf, delf Die binnerym van bloed in kulturele erfgoed, die land se Anglo-Boereoorlogverlede, kwessies van grondbesit en ras, ook romantiese verhoudings oor rasgrense heen.
 
Hierdie verhaal oor die verhouding tussen ’n ma en ’n dogter is Krog se mees persoonlike, ook haar mees universele.

Die Dood Van Rachel April (Afrikaans, Paperback): P.P. Fourie Die Dood Van Rachel April (Afrikaans, Paperback)
P.P. Fourie
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Joernalis en meestersstudent Rachel April se lyk word gevind met ’n steekwond in haar hart. Lesea du Plessis, ’n medestudent, stel ondersoek in. Sy het Rachel se dogtertjie belowe sy sal uitvind wat met haar ma gebeur het.

Dit blyk dat Rachel tydens ’n internskap by die Anglo-Boereoorlogmuseum iets ontdek het. Maar wat kan dit wees?

Gou raak dit duidelik iemand wil keer dat Lesea en haar aanneemboetie die waarheid oor Rachel se moord ontbloot. En nou is hulle self in doodse gevaar.

Leeumens (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Leeumens (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het, se geraamtes word in ’n veld opgediep.

Op aandrang van die Wes-Kaapse polisiehoof moet Kassie en Rooi die saak ondersoek, maar dit moet in die grootste geheimhouding plaasvind. Anders kan Kassie-hulle ook die gevaar loop om vermoor te word soos die drie speurders wat by die destydse verdwyningsaak betrokke was.

’n Stikdonker onderwêreld, waar antieke voorwerpe miljoene rande op swartmarkveilings behaal, duld nie inmenging nie . . .

Woestynblom (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Woestynblom (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Isabella voel nie soos die tradisionele beeldskone heldin wat jy op ’n silwerskerm gaan raaksien nie, want sy is ietwat sag om die kante en haar hare het ’n onbuigbare wil van hul eie. Sy besluit die tyd het aangebreek vir opwinding en avontuur, want sy wil nie meer stry teen die knaende begeerte in haar om skaamteloos aan die ontvangkant van ’n man se hartstogtelike liefde te wees nie.

Sy vlug uit die stad om van haar oorbeskermende ouers weg te kom en asem te skep in die oop ruimtes waar niemand vir haar voorskryf wat om te doen nie. Isabella soek ’n man wat haar voete onder haar gaan uitslaan en sy is vasbeslote om hom te kry. Iemand wat haar gaan liefhê vir wie sy in al haar volrondheid is. Tydens haar soektog ontmoet sy ’n hele paar mans wat nou nie almal eintlik as goeie mans met suiwer intensies beskou kan word nie. En wie is die geheimsinnige man wat oral onverwags opduik en pal op haar spoor bly?

Maar toe gebeur die ondenkbare tydens ’n gesinskrisis wat opduik. Al die geraamtes wat uit die kas begin tuimel dwing Isabella om tot stilstand te kom en die waarheid in die oë te staar. Sommige antwoorde kan ’n vrou net op haar knieë by die Here kry. Hulle sê die waarheid maak vry en die liefde bedek ’n menigte van sondes. Miskien sal die kronkelpaaie van Isabella se lewe haar ook na liefde en vryheid lei sodat selfs ’n verlore woestynblom soos sy kan blom.

Bloed van 'n vlinder (Afrikaans, Paperback): Marieta Carrick Bloed van 'n vlinder (Afrikaans, Paperback)
Marieta Carrick 1
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer Suster Libby Lucas by Noordeberg Hospitaal begin werk, hoop sy dat dit vir haar ’n nuwe begin sal wees. En dat sy al haar geheime in die verlede sal kan los.

Maar dan word ’n verpleegsters vermoor – haar lyk in ’n oënskynlike uitbeelding van skoonheid gerangskik.

Skielik voel dit weer asof die onheil Libby agtervolg waar ook al sy gaan. En asof haar verstand met haar begin parte speel.

Loop die moordenaar in die hospitaal rond? En wie stuur dreigende briewe aan Libby oor haar verlede?

Donkermaan (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Donkermaan (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

1991. Israel in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind. En ’n geskikte rekruut vir ’n uiters sensitiewe operasie: die diefstal van broodnodige radartegnologie by die Suid-Afrikaanse Lugmag, as teenvoeter vir Siriese missiele.

Die kandidaat: Ruth Heyns, doktorsgraadstudent in Tel Aviv. Maar sy trek die aandag van Teenspioenasie se ervare Gunther Eckhardt en die toenemende agterdog van die Lugmag-liaison, kolonel Leon Rutger...

Donker Vuur (Afrikaans, Paperback): Pieter Stoffberg Donker Vuur (Afrikaans, Paperback)
Pieter Stoffberg
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Oudrecce André Lombard vlug na ’n Ortodokse kerk in die Oekraïne om sy grensoorlogwonde te gaan lek, maar sy nuutgevonde vrede hou nie lank nie ...

Daar is landswyd onrus en die regering dreig om vryheid van geloof in te perk. Op ’n dag klop die plaaslike mafia aan die kerk se deur op soek na betaling in ruil vir “beskerming”. Wanneer priester Arkadi weier om afgepers te word, plaas hy sy lewe op die spel.

Intussen is die skone Olja uitgelewer aan ongure karakters op Kiëf se koue, ongenaakbare strate. Wanneer André tydens ’n aanval tot Olja se redding kom, bevind hy hom nie net midde-in ’n liefdesdriehoek nie, maar ook verstrengel in ’n oorlog tussen die kerk en die misdaadsindikaat.

Donker vuur, Pieter Stoffberg se vierde roman, neem die leser op ’n ysingwekkende tuimeltrein na ’n tyd van misdadigers en heiliges, antieke boekrolle en vreesaanjaende, moderne wapens.

Die Boekengel (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Die Boekengel (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Mara is uiteindelik vry van haar toksiese huwelik en trek terug Stellenbosch toe waar sy destyds gestudeer het. Sy koop ’n boekwinkel en begin stadig weer die toue van ou vriendskappe en haar lewe optel. Kort voor lank is sy betrokke by die lief en leed van haar vriende en kollegas wat soos familie vir haar raak.

Maar alles is nie idillies nie. Mara sukkel om haarself en haar geloof weer te vind ná alles wat in haar huwelik gebeur het. En sy maak boonop onverwagse vyande … Soos boeke wat een vir een van ’n lendelam boekrak aftuimel begin Mara en die mense om haar se omstandighede hulle inhaal.

En dan is daar Bart, die professor met die goeie siel en sagte oë wat in haar hart en boekwinkel kom rondkrap. Miskien kan hy vir Mara wys daar is meer vir haar bestem hier en by hom as wat sy in haar verlede agtergelaat het.

Skorpio (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Skorpio (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R375 R299 Discovery Miles 2 990 Save R76 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang die blye tyding dat hulle uiteindelik weer bevorder is tot die rang van kaptein. Maar hul vreugde is van korte duur. Die vergruisde liggaam van een van Cupido se beste vriende is gevind onder die motor waaraan hy in sy motorhuis gewerk het . . . was dit 'n ongeluk, of koelbloedige moord? En op ’n imposante plaas buite Stellenbosch ontplof ’n woonwa. Onverklaarbaar. Nadat die vuur geblus is, word ’n liggaam in die wrak gevind . . .

Die Drie Weduwees (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Die Drie Weduwees (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R350 R255 Discovery Miles 2 550 Save R95 (27%) In Stock

Ami het geweet die dag gaan kom dat sy moet afskeid neem van Paul de Jager, die afgetrede polisiegeneraal wat met mening teen alzheimers baklei het.

Maar wat sy nie verwag het nie, is sy laaste opdrag aan haar: Sy moet met behulp van sy drie eksvroue na ’n onopgeloste saak uit die 1990’s kyk.

Die drie weduwees, soos hulle genoem word, is aanvanklik ewe min lus om aan Paul se versoek gehoor te gee. Wanneer ’n vyftienjarige seun van Pretoria op pad kafee toe met net R20 in sy sak spoorloos verdwyn, behoort daar tog iewers ’n leidraad te wees –
iets meer as die wit paneelwa wat daardie dag in die straat opgemerk is.

Met haar eerste besoek aan die Moot besef Ami sy is in die moeilikheid. Hierdie storie gaan haar heel insluk en eers uitspoeg as die boomryke buurt se laaste geheim blootgelê is.

Die drie weduwees is die vierde boek in hierdie opwindende misdaadfiksiereeks. Dit volg op Minder as niks, Die verkeerde vrou en Al wat tel, maar kan ook alleen gelees word.

Nagdier (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Nagdier (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 5 - 10 working days

Bekende sakeman Peet Hoffman word laatnag in sy studeerkamer doodgeskiet.

’n Paar dae later word ’n egpaar in hul naweekhuis in die bos vermoor.

Die vroulike slagoffer is op ’n veel gruweliker wyse om die lewe gebring, maar die modus operandi van al drie moorde toon duidelike ooreenkomste.

Waarom het Terese Ebersohn se moordenaar haar met soveel passie gehaat? En hoe hou die drie moorde verband met die ontvoering van ’n bejaarde man kort daarna?

Voor hy hom kom kry, bevind majoor Alek Strauss hom in die middel van ’n klein oorlog waarin die raaisels van die hede slegs deur die verlede opgelos kan word.

Ten Slotte (Afrikaans, Paperback): Eben Etzebeth Ten Slotte (Afrikaans, Paperback)
Eben Etzebeth
R380 R299 Discovery Miles 2 990 Save R81 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Eben Etzebeth is tans die speler wat al die meeste toetswedstryde in die Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis gespeel het. Op die veld word hierdie ellelange slot se intelligensie, energie en aggressie gevrees, gerespekteer en dikwels nageboots – maar hy bly ongeëwenaard. 
 
Hy is lid van die Springbokke se senior leierskapsgroep, en speel ’n deurslaggewende rol in ’n ongelooflik suksesverhaal wat twee agtereenvolgende Wêreldbekers insluit, asook die span se posisie boaan die wêreldranglys die afgelope twee jaar. 

In hierdie eerlike en onderhoudende vertelling beskryf Eben van die vernaamste faktore vir sy buitengewone sukses, en hoe hy gefokus bly – op en van die veld af. Van sy beskeie kinderjare in Goodwood – ’n voorstad van Kaapstad waar niks maklik kom nie – regdeur sy vroeë klubloopbaan, tot by sy swaar verdiende plek in die Suid-Afrikaanse nasionale span, vertel Ten slotte die verhaal van ’n merkwaardige sportloopbaan.

Wie de hel is Johnny Joubert? - Notas van ?n rugbyliefhebber (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Wie de hel is Johnny Joubert? - Notas van ’n rugbyliefhebber (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dana Snyman se verbintenis met rugby kom van ver af. Op vier woon hy saam met sy pa ’n eindstryd op Coetzenburg by, en hoor hy die naam Dawie de Villiers vir die eerste keer. Kort hierna kry hy sy eerste rugbybal, ’n geskenk van Dok Craven . . . Van klubrugby op stowwerige dorpsvelde tot die glorie van drie Wêreldbekers; dis stories dié wat aankom oor ’n leeftyd. Wie de hel is Johnny Joubert? is – nes rugby – kleurryk, sonder fiemies, en eg Suid-Afrikaans.

Al die swendelaars (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Al die swendelaars (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R255 Discovery Miles 2 550 Save R95 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Op die vooraand van speurder Arrie Dogh se aftrede beland ’n oënskynlik doodgewone inbraaksaak op sy lessenaar. En wanneer hy begin ondersoek instel na die inbrekers op Louis Jooste se perdeplaas neffens Wildernis, besef hy daar skuil ’n slinkse slang in die gras.

Waar begin die storie wat Arrie eindelik oorvertel? By die Turkse perdekopers? By Jooste se ponzi wat Bertie en vriend Diek se neseiers ingesluk het? Of begin als by die miljoene wat uit ’n rusbank op Jooste se stoetplaas verdwyn het?

Eleksie op Erdvark (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Eleksie op Erdvark (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R290 R210 Discovery Miles 2 100 Save R80 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Soois Swart bedryf sy sukkelende koerantjie op die dorpie Erdvark in die Knersvlakte waar die afwesigheid van moderne tegnologie groot uitdagings aan hom stel. Met die naderende munisipale eleksie vermenigvuldig sy kopsorge.

Vir die eerste keer in ’n dekade word die regerende BA Minus deur twee ander partye teengestaan. Burgemeester Duimpie du Plooy dreig om sy kompos-onderneming se advertensies uit die koerant te onttrek indien hy ontevrede is met wat Soois skryf.

Soois moet ’n koorddans uitvoer tussen goeie joernalistiek en beriggewing wat nie aanstoot gee nie. Geensins ’n maklike taak nie, gegewe die talle strydpunte – die brandenste een die afwesigheid van spoeltoilette op die dorp. Die BA Minus is vurige kampvegters vir die
behoud van kleinhuisies en die opposisie driftige voorstanders vir vernuwing.

Wanneer ’n horingadder in ’n kleinhuisie sy tande in ’n kwesbare deel van ’n inwoner slaan, klap die eerste eleksieskoot amptelik. Van daar af gaan dit doller as kopaf.

Sweetie - Stories (Afrikaans, English, Paperback): Nataniel Sweetie - Stories (Afrikaans, English, Paperback)
Nataniel
R300 R219 Discovery Miles 2 190 Save R81 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie splinternuwe versameling van Nataniël bevat 31 stories — 5 in Engels, 26 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is uit Nataniël-produksies oor ’n periode van twee jaar: Ring Van Vuur, Nineveh Song, Cake Topper en Duif.

Bybelvroue-omnibus: Sara & Hanna (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens Bybelvroue-omnibus: Sara & Hanna (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sara: In dié roman word die leser word meegesleur na die Middel-Bronstydperk, na verskeie gebeure, na Abraham se stanings en huwelik, sy swakhede en sy geloofspad, en die lewe van sy vrou Sara. Hanna:  Hanna is kinderloos. Haar man moet seuns hê om sy priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en ná nege jaar trou hy weer. Peninna skenk die lewe aan die een kind ná die ander. Sal Hann guns kan vind in die oë van die God sodat Hy haar lamp weer aansteek?

Knal (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Knal (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Nicci de Wee is weer op die spoor van ’n nuwe booswig … en hierdie keer is dit persoonlik. Een van haar eie spanlede, Stella, word vermis. Het sy bloot op die ingewing van die oomblik weggegaan omdat sy ’n blaaskans van alles en almal nodig gehad het, of is sy ontvoer? Nicci kan nie die gevoel afskud dat Stella die nuutste slagoffer van die diaboliese krimineel is wat talentvolle jong vroue in openbare plekke teiken en hulle oënskynlik in die niet laat verdwyn nie.

Niemand weet wie hierdie ontvoerder is of wat hy aan die vermiste vroue doen nie. Hy is ’n spook, ’n onsigbare en ontasbare skim. En hulle kan nie uitpluis hoekom die klokke so onheilspellend lui, of wat die betekenis is van die klein silwer klokkies wat die skurk op die misdaadtonele los nie.

Te midde van die sirkelende ondersoek word Nicci ook oorrompel. Sy herwin haar bewussyn in ’n afgryslike nagmerrie van haar eie ... Vir Blackie en Henk word dit ’n verbete wedloop teen tyd. Hulle moet Nicci vind voor dit te laat is, ás dit nie alreeds is nie ... Is die duiwel wat hulle jag die een wat haar geneem het, of is daar iemand selfs meer sinister agter alles?

Iemand wat hulle dalk oorgeslaan het in hulle berekeninge?

Wyngaard het geen probleem daarmee om die karakters in haar boeke af te maai nie. Wat die bloedstollende vraag na vore bring ... Kan hierdie dalk Nicci de Wee se finale speursaak wees?

Die moord op Deveney Nel (Afrikaans, Paperback): Julian Jansen Die moord op Deveney Nel (Afrikaans, Paperback)
Julian Jansen
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In ’n pragtige plattelandse dorpie ontvou ’n ondenkbare tragedie. Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, se lewe eindig skielik, en die gemeenskap, saam met die res van die land, is geruk. Julian Jansen, skrywer van topverkoperboeke soos Moord op Stellenbosch, het as misdaadverslaggewer vir Rapport van die begin af oor die saak geskryf. Hy benut sy uitgebreide kontakte binne die polisie, sowel as onderhoude met vriende en familie om die gebeure te rekonstrueer en om Deveney Nel te eer.

Drie Moorde in die Baai (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Drie Moorde in die Baai (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bianca Fabricious, hygromanskrywer en nuwe eienaar van die Strandlopergastehuis op St. Helenabaai, het skaars haar voete gevind of die uitsig voor haar kamervenster verander in ’n misdaadtoneel.

Bianca probeer haarself as verdagte uitskakel en die regte boosdoener aan die kaak stel, maar dit veroorsaak ’n hele reeks onvoorsiene gebeure . . .  

Dié spanningsvolle en skerpsinnige intrige is boonop propvol kwinkslae én ontluikende romanse.

Roulette (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Roulette (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R320 R230 Discovery Miles 2 300 Save R90 (28%) Ships in 5 - 10 working days

In 1998 was hulle onskuldige tieners. In 2025 is hulle verdagtes.
Sersant Sollie Mthembu se nuwe ondersoek lei hom terug na ’n onopgeloste dossier van die negentigs. Om die moordenaar te stuit, en tegelyk iemand na aan hom se lewe te red, moet Sollie agter die kap van die byl kom: Is dit wraak? Of word mense stilgemaak?
Roulette is die bekroonde skrywer Sidney Gilroy se vyfde roman – ’n onthutsende krimi wat die gevolge van familiegeheime en gevaarlike speletjies onder die vergrootglas plaas.

Deja vu (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Deja vu (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R360 R285 Discovery Miles 2 850 Save R75 (21%) Ships in 7 - 11 working days

Wat skuil agter die Sheldon-fortuin?

Zabeth Meyer beland op Kronkelrivier om navorsing vir die krimiskrywer Wilbur Sheldon te doen. In sy skatryk familie se Victoriaanse herehuis, Sheldon Manor, kom sy al hul vreemde tragedies en intriges teë: Eers verdrink die oudste Sheldonkleinkind, en ’n paar jaar later sterf sewe Sheldons op een dag.

Net een erfgenaam van die Sheldon-fortuin bly oor: Die onbekwame Keith. En Ethel, die familiematriarg, is al in haar tagtigs.

Kort ná Zabeth se aankoms gebeur daar nog ’n ongeluk by Sheldon Manor en skielik lyk gebeure van vyf en twintig jaar gelede heel anders ...

Tussen Zabeth, Wilbur en die aantreklike Liam Sheldon moet hulle die dinastie se donker geheime en hul elkeen se eie verlede ontrafel voordat nog iemand seerkry.

Bonsaimeisies (Afrikaans, Paperback): Erla Diedericks Bonsaimeisies (Afrikaans, Paperback)
Erla Diedericks
R320 R250 Discovery Miles 2 500 Save R70 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Buig die boompie ...

Psigiater Ann Marais breek weg na die Wonderberge, maar ’n vlaag ontvoerings vertroebel haar vakansie. Speurder Marnus Mostert vertel haar van die grieselrige manier waarop die ontvoerder sy jong slagoffers martel voordat hy hulle vermoor:

Hy buig en snoei hulle soos Bonsaiboompies ...

Daar is net een mens wat hulle kan help: Samael de Kock, ’n martelspesialis, psigopaat en gevagene van Molenberg Psigiatriese Hospitaal. Kort voor lank is daar ’n vreesaanjaende magspel tussen Samael, Ann en die Tuinier, soos hulle die moordenaar noem.

Intussen duik ander karakters op om sake verder te kompliseer: ’n Plantkundige vasgevang in haar verlede, ’n geheimsinnige byeboer, en ’n gasteplaaseienaar met weermaggeraamtes in die kas.

Sal Ann die Tuinier kan help vastrek voordat hy weer sy snoeiskêr optel?

Donker Spoor (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Martin Steyn Donker Spoor (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Martin Steyn
R350 R310 Discovery Miles 3 100 Save R40 (11%) Ships in 7 - 11 working days

Waarheen sal die donker spoor hom lei?

Hulle kry haar lyk in ’n veld. ’n Tienermeisie – verkrag, gemartel, vermoor. En sy’s nie die eerste een nie.

Adjudant-offisier Jan Magson moet die reeksmoordenaar vang. Hy moet die slagoffers se ma’s en pa’s in die oë kyk en hul vrae beantwoord, maar hy kan nie. Hy kan nie eens sy eie vrae beantwoord nie. Want agter hom lê daar ook ’n donker spoor ...

Kort voor lank haal die moorde hoofopskrifte en die gemeenskap eis antwoorde:

Hoekom trek die polisie nie die boosaard vas nie? Toe ’n ma ’n brief vir die koerant skryf en ’n pa ’n beloning uitloof, word dinge op ’n mespunt gedryf. Bevind Magson hom op nóg ’n dwaalspoor of is hy uiteindelik op die donker spoor wat hom na die ware antwoorde sal lei?

Donker spoor was blitsverkoperskrywer Martin Steyn se bekroonde debuutroman.

In dié splinternuwe heruitgawe met ’n treffende nuwe omslag kan lesers weer saam met Jan Magson in die duistere psige van die moordenaar delf.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Because Of Winn-Dixie
Kate Dicamillo Paperback R210 R185 Discovery Miles 1 850
Public Procurement and Supply Chain…
I.M. Ambe, J.A. Badenhorst-Weiss Paperback R855 Discovery Miles 8 550
British Hoverflies - An Illustrated…
Alan Stubbs Hardcover R1,074 Discovery Miles 10 740
The Baghdad Set - Iraq through the Eyes…
Adrian O'Sullivan Hardcover R2,478 Discovery Miles 24 780
Aphid Ecology An optimization approach
A. F. G. Dixon Hardcover R5,309 Discovery Miles 53 090
The Broken Constitution - Lincoln…
Noah Feldman Paperback R463 R435 Discovery Miles 4 350
Chemical Physics of Intercalation
A. P. Legrand, A. Flandrois Hardcover R5,556 Discovery Miles 55 560
Perspectives on Fluorescence - A Tribute…
David M. Jameson Hardcover R6,250 Discovery Miles 62 500
Thermal Radiation - An Introduction
John R. Howell, M. Pinar Menguc, … Hardcover R2,669 Discovery Miles 26 690
Hunting The Seven - How The Gugulethu…
Beverley Roos-Muller Paperback R320 R286 Discovery Miles 2 860

 

Partners