![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Promotion > New Reads > Afrikaans
’n Keur van al Marinda se toekatyd-resepte, die goue gunstelinge waarmee sy grootgeword het! Vier die lewe en dek ’n feestafel wat kreun van oorvloed: beesstert, pasteie, kerrieafval, skaapstertjies, varkribbetjie, doeksagte lamstjops. Brode, patees en nostalgiese slaaie sorg vir bykos. Vir weeksaande is daar lipaflek-pastas en vir suikertande outydse Cremoratert, poffers en vele verassings. En as bonus–konfyte, souse, blatjang en ander inmaaksels staan nou ook hul plek vol in haar reseptespens.
Ek het die land leer ken, my lewe bedryf nie beter of slegter as ander
nie. Die oes was nie ryker of skraler as dié van ander nie, maar dit
was vol goeie are. Tog het ek geweet dat ek kom doodgaan langs die
Valschrivier. Ek het dit kom soek soos die olifante.
Joernalis en meestersstudent Rachel April se lyk word gevind met ’n
steekwond in haar hart. Lesea du Plessis, ’n medestudent, stel
ondersoek in. Sy het Rachel se dogtertjie belowe sy sal uitvind wat met
haar ma gebeur het.
Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het, se geraamtes
word in ’n veld opgediep.
Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op
Worcester. Wanneer hy die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort,
moet Julia dringend sake beredder – ten spyte van die feit dat sy
gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie.
Om dinge nog meer te kompliseer is Julia heimlik daarvan oortuig dat
die aangeklaagde skuldig is aan moord.
Isabella voel nie soos die tradisionele beeldskone heldin wat jy op ’n
silwerskerm gaan raaksien nie, want sy is ietwat sag om die kante en
haar hare het ’n onbuigbare wil van hul eie. Sy besluit die tyd het
aangebreek vir opwinding en avontuur, want sy wil nie meer stry teen
die knaende begeerte in haar om skaamteloos aan die ontvangkant van ’n
man se hartstogtelike liefde te wees nie.
Wanneer Suster Libby Lucas by Noordeberg Hospitaal begin werk, hoop sy
dat dit vir haar ’n nuwe begin sal wees. En dat sy al haar geheime in
die verlede sal kan los.
1991. Israel in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit
Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind. En ’n geskikte rekruut
vir ’n uiters sensitiewe operasie: die diefstal van broodnodige
radartegnologie by die Suid-Afrikaanse Lugmag, as teenvoeter vir
Siriese missiele.
Oudrecce André Lombard vlug na ’n Ortodokse kerk in die Oekraïne om sy
grensoorlogwonde te gaan lek, maar sy nuutgevonde vrede hou nie lank
nie ...
Bekende sakeman Peet Hoffman word laatnag in sy studeerkamer
doodgeskiet.
Nicci de Wee is weer op die spoor van ’n nuwe booswig … en hierdie keer
is dit persoonlik. Een van haar eie spanlede, Stella, word vermis. Het
sy bloot op die ingewing van die oomblik weggegaan omdat sy ’n
blaaskans van alles en almal nodig gehad het, of is sy ontvoer? Nicci
kan nie die gevoel afskud dat Stella die nuutste slagoffer van die
diaboliese krimineel is wat talentvolle jong vroue in openbare plekke
teiken en hulle oënskynlik in die niet laat verdwyn nie.
Bianca Fabricious, hygromanskrywer en nuwe eienaar van die
Strandlopergastehuis op St. Helenabaai, het skaars haar voete
gevind of die uitsig voor haar kamervenster verander in ’n
misdaadtoneel.
Dana Snyman se verbintenis met rugby kom van ver af. Op vier woon hy
saam met sy pa ’n eindstryd op Coetzenburg by, en hoor hy die naam
Dawie de Villiers vir die eerste keer. Kort hierna kry hy sy eerste
rugbybal, ’n geskenk van Dok Craven . . . Van klubrugby op stowwerige
dorpsvelde tot die glorie van drie Wêreldbekers; dis stories dié
wat aankom oor ’n leeftyd. Wie de hel is Johnny Joubert? is –
nes rugby – kleurryk, sonder fiemies, en eg Suid-Afrikaans.
In ’n pragtige plattelandse dorpie ontvou ’n ondenkbare tragedie.
Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, se lewe eindig skielik, en die
gemeenskap, saam met die res van die land, is geruk. Julian
Jansen, skrywer van topverkoperboeke soos Moord op Stellenbosch,
het as misdaadverslaggewer vir Rapport van die begin af oor die saak
geskryf. Hy benut sy uitgebreide kontakte binne die polisie, sowel as
onderhoude met vriende en familie om die gebeure te rekonstrueer en om
Deveney Nel te eer.
Sara: In dié roman word die leser word meegesleur na die
Middel-Bronstydperk, na verskeie gebeure, na Abraham se stanings en
huwelik, sy swakhede en sy geloofspad, en die lewe van sy vrou Sara.
Hanna: Hanna is kinderloos. Haar man moet seuns hê om sy
priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en ná nege jaar
trou hy weer. Peninna skenk die lewe aan die een kind ná die ander. Sal
Hann guns kan vind in die oë van die God sodat Hy haar lamp weer
aansteek?
Moord aan boord van die Leonardo
Kan ’n ongewone stokperdjie jou span se rugbytoer red? Hoe ver sal jy gaan om seker te maak jy het genoeg tydvir soveel sportsoorte as moontlik? Kan ’n klomp vrotperskes die begin van ’n cool nuwe sportsoort wees? Hierdie boek bevat 7 sportstories wat jou tone sal laatomkrul van lekkerkry!
Annelie Botes se afsterwe op 12 Desember 2024 het die einde van ’n era
ingelui. ’n Era van byna meer as twee dekades waarin sy gedagtes,
opinies en insigte oor die lewe met ’n toegewyde lesersgehoor gedeel
het. Vir Afrikaans lesers was haar weeklikse rubrieke ’n bron waaruit
hulle mildelik geskep het om sin te maak van die wêreld en om
inspirasie te vind sodat hul eie skale kon balanseer.
Lottie kry die hoofrol in ’n musiekblyspel en dit gee haar die kans om
vir Daniel te beïndruk met haar talent as ’n singende krap, maar dis
nie net sang en dans by die skool nie. Lottie se vriendskap met Mieke
en Jess is aan’t skerwe, maak nie saak hoe hard sy probeer om almal
bymekaar te hou nie. Gaan Lottie weer ’n verbysterende bestie-blaps
beleef?
Lottie Brooks is byna 12 jaar oud en haar lewe is amptelik verby. Sy
gaan amper hoërskool toe sonder enige vriende aan haar sy of ’n
swierige kapsel. Boonop het sy besef dat sy te plat is om ’n BRA te
dra! Sy kan maar net so wel opgee en hiberneer saam met haar hamsters.
In vloei/stof ontgin Gilbert Gibson temas soos die liefde/verhoudings, kinderherinneringe, geskiedkundige gegewens, geweld/oorlog, die belewenis van landskap, en die verloop van tyd/die dood op vernuftige wyse. Soos in sy vorige bundels, bewys hy dat hy ’n meester is van die hermetiese digkuns – gedigte wat deur ’n spel met taal en vorm vervreemding teweegbring. Die leser word uitgedaag om die betekenis van die gedigte te ontsluit. Die digter en literêre kritikus Louis Esterhuizen beskryf die bundel as volg: “Inderdaad digverweefde gedigte wat net soveel verhul as wat dit probeer onthul; verbrokkelde verse wat voortstu met verskuiwende betekenisvlakke en versplinterde (wan)begrip waartydens die leser genoodsaak word om ’n aktiewe rol te speel in die (re-)konstruksie van die teks.”
StorieKos is veel meer as net nog 'n kookboek. In StorieKos nooi Frik jou uit om saam met hom op reis te gaan vanaf die Karoo tot in Kaïro en van Rusland tot in Rome. Dit is 'n kos-reisverhaal waarin hy sy passie vir “peasant food” of plattelandse kos deel – resepte en stories van mense en ervarings versamel oor 'n tydperk van bykans vier dekades. Hy deel die eenvoud en opregtheid van hierdie geregte wat die toets van tyd weerstaan het en deur die jare aangepas is in die kombuise van generasies van huiskokke. Op sy reise dwarsoor die wêreld het mense hom ingenooi in hul huise en harte, die geheime van ou familieresepte met hom gedeel en het hy saam met hulle baie van hierdie disse leer kook in plattelandse kombuise en klein restaurante. As jy dus hou van reis, mense en hul stories en boonop ook lief is vir kook, is hierdie 'n boek vir jou.
’n Deernisvolle roman oor die kronkelpaaie van die lewe en die liefde.
Marco Romanelli, ’n Italianer wat in ’n konsentrasiekamp was, gaan woon
in 1948 om gesondheidsredes in die Bosveld. Daar ontmoet hy vir dr.
Lettie Viljoen. Die liefde blom tussen hulle . . . maar dan breek
die polio-epidemie van die jare vyftig uit.
Prinses Paris het ’n besige dag voor haar. Maar as haar kroon gesteel word, is Paris bang dat sy nie die koning sal kan verteenwoordig nie. Sy ontmoet luiperde, ’n olifant en ’n buffel en sy besef dat elkeen ’n unieke probleem het. Maar sal sy hulle kan help? En sal sy haar kroon betyds terugkry om die koning te kan ontmoet? Kom saam op hierdie Afrika-avontuur met Paris, Kobe en Chunk (die hele Tebow-familie) en besef dat om ander te help die belangrikste doel van alles is.
Suid-Afrika se Mnr. Pinotage, Beyers Truter, se passie vir die lewe en wyn is oral bekend. In hierdie boek kyk hy terug op sy eerste treë as wynmaker van Kanonkop, asook die deftige funksie in Londen toe hy in 1991 as Wynmaker van die Wêreld aangewys is. Hy vertel ook van die vlammetjie wat altyd in hom gebrand het om op sy eie plaas wyn te maak en die groot oomblik van Beyerskloof se eerste oes. Sy lewensreis as eienaar en wynmaker van Beyerskloof is een van vriendskap, nederigheid en lojaliteit. Die bekende ou skrywer van cowboy-boeke Louis L'Amour se betekenis van traildust was nog altyd vir hom 'n rigsnoer in sy lewe as wynmaker, ouer en vriend. Beyers sien altyd die humor in situasies raak en dis een van die redes hoekom hy die wyntoere so baie geniet het saam met Jannie Engelbrecht, Jan-Boland Coetzee, Kevin Arnold en Johan Malan. Hy het ook 'n lang paadjie geloop met die bekende Etzebeth-rugbybroers, asook Koos Kombuis. Hy deel ook sy liefde vir sy honde, duik, seekos en Namibië. |
![]() ![]() You may like...
The Oxford Handbook of Sound Studies
Trevor Pinch, Karin Bijsterveld
Hardcover
R5,769
Discovery Miles 57 690
Computer Vision and Pattern Recognition…
Jun Zhou, Xiao Bai, …
Hardcover
R6,081
Discovery Miles 60 810
Modern Macroeconomics - Its Origins…
Brian Snowdon, Howard R Vane
Paperback
R1,872
Discovery Miles 18 720
|